Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nota aan Gloudina via Izak Bouwer
Nota aan Gloudina via Izak Bouwer [boodskap #8581] Di, 18 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Beste Gloudina,

Het jy my skrywe te lese gekry oor die kraaltjieaalwyn, boesmangif,
kambroo en dies meer? Ek kry al die idee dat iewers tussen UP an die
buiteland epos op die nuusgroepe sneuwel. Laat my tog weet wat
aangaan.

Moenie jou steur aan die ouens wat so smalend is oor is oor die
gedigte wat jy oorskryf nie. Wat die hart van vol is, loop die
mond van oor. Wat van 'n paar gedigte van Eugene Marais soos Dans
van die Re"en en Skoppensboer. Ons moet nooit sy ro vergeet in die neerpen
van Afrikaans nie. Hy was geniaal.

Beste wense
At de Lange
Re: Nota aan Gloudina via Izak Bouwer [boodskap #8594 is 'n antwoord op boodskap #8581] Wo, 19 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
amde...@gold.up.ac.za says...
>
> Beste Gloudina,
>
> Het jy my skrywe te lese gekry oor die kraaltjieaalwyn, boesmangif,
> kambroo en dies meer? Ek kry al die idee dat iewers tussen UP an die
> buiteland epos op die nuusgroepe sneuwel. Laat my tog weet wat
> aangaan.

Ja At, ek het jou vertelling oor die kraaltjie-aalwyne
en die Japannees wat gesê het die springhaas "went
for his jugulars" gelees en lekker gelag vir die laaste.
(My man leer Japannees en ons is gewoond aan daar-
die soort praat van Japannese.) Ek wou jou nog meer
vrae vra oor daardie wêreld, maar kon nie my draai
gister voor die rekenaar teveel kry nie.
So daardie kraaltjies van die aalwyne kon tot oor
'n honderd jaar oud wees!
Jammer om te hoor van die malaria. Hier in Kanada
het ons mos vreeslik baie muskiete. Dit was nog altyd
vir my 'n wonder as ek terugdink aan ons daar op die
eilande van die Oranje wat elke aand in die somer buite
geslaap het, en tog het die muskiete ons nie weggedra nie.
Terloops, Kanadese muskiete is baie stadiger en luier
as SA muskiete.
As jy daar in die noordkaap kom, gaan julle ooit op
die eilande? Ek is gebore op Perde-eiland. Die eiland
was verdeel in twee dele: Die Bo-eiland, waar ek gebly
het, was sosiaal deel van Marchand - ons moes oor 'n
brug loop na die primere skool (en met 'n bus tien myl
ry na Kakamas vir die hoëerskool.) Die Ondereiland het
sy eie primere skool en winkel gehad.
Nou wonder ek: bestaan Kakamas nog as 'n projek van
die NG Kerk? Kan bruinmense ook nou daar grond koop?
In my dae was dit nie moontlik vir iemand om meer as een
"erf " te besit nie. Dit het gelei tot 'n baie gesonde gelyk-
making van mense : mense kon nie baie ryk of baie arm
word nie, behalwe as hulle baie lui was. Ek hoop dit bly
so. Baie mense het gerebelleer teen die feit dat die kerk
die plek so met 'n amper ysterhand regeer het, maar ek is
dankbaar dat ek in so 'n egalitere gemeenskap die eerste
jare van my lewe deurgebring het. (Die feit dat die bruin-
mense uit daardie lewe uitgesluit was, het my net altyd
baie ongemaklik laat voel; bruinmense wat die wingerde
en die lusern en die vrugtebome net so lief gehad het soos
ons, maar nie toegelaat was om dit te besit nie.)
Gloudina
Re: Nota aan Gloudina via Izak Bouwer [boodskap #8614 is 'n antwoord op boodskap #8581] Do, 20 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:
> As jy daar in die noordkaap kom, gaan julle ooit op
> die eilande? Ek is gebore op Perde-eiland. Die eiland
> was verdeel in twee dele: Die Bo-eiland, waar ek gebly
> het, was sosiaal deel van Marchand - ons moes oor 'n
> brug loop na die primere skool (en met 'n bus tien myl
> ry na Kakamas vir die hoëerskool.) Die Ondereiland het
> sy eie primere skool en winkel gehad.

Ek het een keer so 'n bietjie op die verskillende eilande rond
gedwaal net om te sien wat aangaan. Maar omdat die eilande nie
deel van die woestynlewe is nie, vertoef ek nie by hulle nie.

> Nou wonder ek: bestaan Kakamas nog as 'n projek van
> die NG Kerk? Kan bruinmense ook nou daar grond koop?
Ek het nooit geweet dat Kakamas 'n projek van die NG kerk is nie.
In die Nuwe Suid Afrika kan enige mens op enige plek grond koop.

> In my dae was dit nie moontlik vir iemand om meer as een
> "erf " te besit nie. Dit het gelei tot 'n baie gesonde gelyk-
> making van mense : mense kon nie baie ryk of baie arm
> word nie, behalwe as hulle baie lui was. Ek hoop dit bly
> so.

Dit is nie meer so nie. Orals langs die rivier begin die
konglomerate hulle kop uitseek. Die druiwebedryf neem oor. Reuse
boorde word kilometers ver die dorland in gemaak. Die Ou Grote se
lewensvog word tot die laaste druppel getap. Die kanse op 'n ramp
wanneer El Nino weer grynslag word bu die dag groter. Daar is nou
heelwat stinkrykes langs die rivier. Maar die armoede neem ook
oorhand toe. Swartmense was haas onbekend langs die Gariep. Maar
nou begin hulle al hoe meer die bruinmense te verdring. 'n Nare
kookpot is aan die ontwikkel.

> Baie mense het gerebelleer teen die feit dat die kerk
> die plek so met 'n amper ysterhand regeer het, maar ek is
> dankbaar dat ek in so 'n egalitere gemeenskap die eerste
> jare van my lewe deurgebring het. (Die feit dat die bruin-
> mense uit daardie lewe uitgesluit was, het my net altyd
> baie ongemaklik laat voel; bruinmense wat die wingerde
> en die lusern en die vrugtebome net so lief gehad het soos
> ons, maar nie toegelaat was om dit te besit nie.

Dit was nie altyd so nie. Een mens wat hom verset het teen die
onteiening van die bruinmens, was generaal Herzog. Ongelukkig het
hy die stryd verloor teen hulle wat alles wou opraap vir net die
witmens. As 'n mens sy biografie deur CM van den Heever deurwerk,
kom jy diep onder die indruk hoe die vaders van apartheid selfs
nie geskroom het om groot Afrikaners soos Smuts en Herzog en hulle
volgelinge te verwoes nie.

Terloops, so van Herzog gepraat. Baie mense het 'n heldeverering
vir Mandela as die argitek van die Nuwe Suid Afrika. Maar luister
'n bietjie na die die volgende boodskap van die Ou Genraal (p667):

"Ons weg le langs die grootpad van gelykheid en gelykwaardigheid
en nie langs die van oorheersing en selfsug nie - dit is my boodskap
aan die Afrikanervolk. Gee my gelykheid en gelykwaardigheid, betrag
in die gees van onderlinge eerbied, en die bronne van twis en
verdeeldheid ... sal opdroog, en waar vandag tweedrag en vyandskap
heers, sal more vriendskap en samewerking groei. ... Sonder hierdie
fondament kan geen volk opgebou word nie, kan selfs geen volk
bestaan nie."

Nou, 50 jaar later, hoe louter waar blyk die Ou Generaal nie te
gewees het nie?

Beste wense
At de Lange
Re: Nota aan Gloudina via Izak Bouwer [boodskap #8632 is 'n antwoord op boodskap #8581] Sa, 22 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
amde...@gold.up.ac.za says...

>> Nou wonder ek: bestaan Kakamas nog as 'n projek van
>> die NG Kerk? Kan bruinmense ook nou daar grond koop?
> Ek het nooit geweet dat Kakamas 'n projek van die NG kerk is nie.

At,
Dit verbaas my regtig dat jy nie geweet het dat
die hele Kakamas-nedersetting 'n projek van die
NGKerk was nie. Dis daarom dat jy plekke kry
soos Marchand (waar ek grootgeword het), Alheit
en Luderitz, almal name van predikante wat op die
"Hoofkommissie" van die Kaapse Sinode gedien
het, belas met die administrasie van die plek.
Dit is begin in die vroeë jare van hierdie eeu om
mense te help wat verarm het in die Boere-oorlog
en in 'n verwoestende droogte in daardie wêreld.
Mense het grond spotgoedkoop gekry, as hulle gehelp
het om die eilande gelyk te maak en kanale te bou.
Die kerk het totale mag oor die plek gehad. Net hul
eie winkels is toegelaat; hulle het hul eie meul gehad.
Geen alkohol is in die nedersetting toegelaat nie. Elke
boer kon net een erf besit. Ek beskou Kakamas as 'n
vroeë eksperiment in Kommunisme, nog voor 1917,
toe hulle in Rusland daarmee begin het.
Na die Tweede Wêreldoorlog het sommige mense
begin objekteer teen die ondemokratiese manier waarop
die Kerk alles beheer het. Die kerk het toe direk twee
boere aangestel om op die "Hoofkommissie " te dien.
(My pa was een van hulle.) Daar was egter meer agitasie.
Die saak is in die Parlement bespreek. Hulle moes selfs
vir Smuts "hinder" by die V.V.O. se stigtingsvergadering
in San Fransisco, want dit het so 'n brandende saak geword
in 1948. Ek is nie so goed op hoogte van wat daarna gebeur
het nie. Maar tot aan die einde van die vyftigerjare, toe my
pa sy erf verkoop het, was dit nog onder die kerk se kontrole.
Dis ook interessant wat jy skryf van Herzog. Ek het altyd
van sy gesig op foto's gehou. Is ek reg dat sy party en Smuts
s'n saamgesmelt het op een stadium, en dis hoekom hulle
die "Smelters" genoem was? My oupa aan moederskant
was 'n "Smelter."

Gloudina
Re: Nota aan Gloudina via Izak Bouwer [boodskap #8633 is 'n antwoord op boodskap #8581] Sa, 22 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , iz...@igs.net says...
>
> In article ,
> amde...@gold.up.ac.za says...

Ek besef eers later ek het 'n fout gemaak met die
naam van een dorpie in die Kakamas-nedersetting.
Dis nie "Luderitz" nie, maar Lutzburg. En dis nie
vernoem na 'n predikant nie maar na Japie Lutz, die
begaafde ingenieur wat verantwoordelik was vir die
bou van die sisteem van besproeiingskanale wat die
bewerking van die walle en eilande van die Oranje
in daardie streek moontlik gemaak het.
Mense besef nie watter ingenieurswonder sommige
van daardie besproeiing-sisteme is nie. In die geval
van die Kakamas-nedersetting moes hulle 'n plek vind
op die rivier wat hoëer is as die plekke wat hulle wou
besproei. (Die plek se naam is "Neus.") Daar het hulle
toe 'n kanaal, met 'n sluis, begin. Dit is vandaar waar
die water dan vloei na al die plekke wat dit benodig.
Maar om die water op die eilande te kry, moet jy dan
die water met groot pype onder sylope van die rivier
deurbring na die eiland toe. Pype so groot dat mense
daarin kan rondloop.
Dis dan wat ook gebeur het met die jaarlikse "Oproep,"
wanneer elke boer, of sy verteenwoordiger, gaan om die
sisteem te inspekteer en te repareer waar nodig. Daar was
gewoonlik stompe hout wat in die pype vasgevang was,
en die mense wat aangebied het om in die pype in te gaan
en daar in die donker onder die water van die rivier te
werk, was lokale helde. Hulle was gewoonlik dieselfde
waaghalse wat gedurende tye as die rivier in vloed is en
die brue oorstroom, op 'n stomp op die een oewer van
die rivier ingespring het en gehoop het dat hulle na 'n ruk
op die ander oewer laer af weer by die wal sou uitkom.

Gloudina
Vorige onderwerp: Die Afrikaner: NP besig met laaste stuiptrekkings
Volgende onderwerp: Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 05:54:44 MGT 2024