Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Een van die dae nes Mexiko
Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86190] Sa, 25 Oktober 2003 07:51 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die laaste paar maande het ek letterlik gesien hoe die water al hoe meer en
meer agteruit gaan hier by eers. Eers het dit net 'n "smakie" gehad, maar
ek het my nie daaraan gesteur nie. Partykeer as ek die krane oopgedraai
het, het daar sulke gelerige snotterige gemors uitgekom, maar ek het gedog
dis in die pype. Ek, my man, ons huishulp en selfs ons honde het van tyd
tot tyd begin "goormaag" kry. Ek het bly sê "dis die water", maar niemand
wou my glo nie. Eergister gooi ek toe vir manlief 'n glas gewone kraanwater
in, en die lyk soos melk. En toe bars die bom. Die pompstasie wat die rou
riool moet filter is gebreek en die gemors loop in die Vaal Rivier in. Ons
plaaslike regering sien die water word vrotter en vrotter en in plaas
daarvan om die filters by die pompstatsie wat die water weer uitpomp te gaan
fix gooi hulle net meer en meer chemikalieë in die water. Toe bars nog 'n
bom. Die plaaslike regering weet al 2 jaar van die probleem, maar hulle het
niks daaraan gedoen nie, want "wie sê die planne wat deur Randwater voorgelê
is om die pompe te fix gaan werk". Randwater het al R36 miljoen gegee om
die pompstasies op te knap en die regering het nou ook vir die
munisipaliteit R40 miljoen gegee. As hulle nie teen volgende jaar die pompe
en filters reggemaak het nie, gaan daar sowat 1,5 miljoen mense sonder water
sit.

Elaine
Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86192 is 'n antwoord op boodskap #86190] Sa, 25 Oktober 2003 08:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Haai sjeim man - kry 'n petisie aan die gang om die feite aan almal in die
omgewing en aan nuwe intrekkers bekend te stel.
Lyk my julle betaal nie vir water nie, maar vir chemikalieë.
--
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3f9a2b70$0$64720@hades.is.co.za...
> Die laaste paar maande het ek letterlik gesien hoe die water al hoe meer en
> meer agteruit gaan hier by eers. Eers het dit net 'n "smakie" gehad, maar
> ek het my nie daaraan gesteur nie. Partykeer as ek die krane oopgedraai
> het, het daar sulke gelerige snotterige gemors uitgekom, maar ek het gedog
> dis in die pype. Ek, my man, ons huishulp en selfs ons honde het van tyd
> tot tyd begin "goormaag" kry. Ek het bly sê "dis die water", maar niemand
> wou my glo nie. Eergister gooi ek toe vir manlief 'n glas gewone kraanwater
> in, en die lyk soos melk. En toe bars die bom. Die pompstasie wat die rou
> riool moet filter is gebreek en die gemors loop in die Vaal Rivier in. Ons
> plaaslike regering sien die water word vrotter en vrotter en in plaas
> daarvan om die filters by die pompstatsie wat die water weer uitpomp te gaan
> fix gooi hulle net meer en meer chemikalieë in die water. Toe bars nog 'n
> bom. Die plaaslike regering weet al 2 jaar van die probleem, maar hulle het
> niks daaraan gedoen nie, want "wie sê die planne wat deur Randwater voorgelê
> is om die pompe te fix gaan werk". Randwater het al R36 miljoen gegee om
> die pompstasies op te knap en die regering het nou ook vir die
> munisipaliteit R40 miljoen gegee. As hulle nie teen volgende jaar die pompe
> en filters reggemaak het nie, gaan daar sowat 1,5 miljoen mense sonder water
> sit.
>
> Elaine
>
Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86193 is 'n antwoord op boodskap #86192] Sa, 25 Oktober 2003 08:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit was darem in die koerant en op die nuus. Daar is voorgestel ons moet
ons water koop, of as jy dit nie kan bekostig nie, moet jy maar water kook.
Gisteraand toe ons wil gaan water koop is daar net een 5l bottel water in
die hele Vanderbijlpark oor :) Die staan gelukkig nou in my yskas saam met
nog so 10l se gekookte water wat in die honde se bakke ingaan.

E

"Annette" skryf in boodskap news:bndcig$4fj$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Haai sjeim man - kry 'n petisie aan die gang om die feite aan almal in die
> omgewing en aan nuwe intrekkers bekend te stel.
> Lyk my julle betaal nie vir water nie, maar vir chemikalieë.
> --
> Annette
Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86194 is 'n antwoord op boodskap #86193] Sa, 25 Oktober 2003 08:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
En wat van die arme plante?:)))
--
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3f9a37da$0$64725@hades.is.co.za...
> Dit was darem in die koerant en op die nuus. Daar is voorgestel ons moet
> ons water koop, of as jy dit nie kan bekostig nie, moet jy maar water kook.
> Gisteraand toe ons wil gaan water koop is daar net een 5l bottel water in
> die hele Vanderbijlpark oor :) Die staan gelukkig nou in my yskas saam met
> nog so 10l se gekookte water wat in die honde se bakke ingaan.
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:bndcig$4fj$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Haai sjeim man - kry 'n petisie aan die gang om die feite aan almal in die
>> omgewing en aan nuwe intrekkers bekend te stel.
>> Lyk my julle betaal nie vir water nie, maar vir chemikalieë.
>> --
>> Annette
>
Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86196 is 'n antwoord op boodskap #86194] Sa, 25 Oktober 2003 09:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 25 Oct 2003 10:52:02 +0200, "Annette" wrote:

> En wat van die arme plante?:)))

dié word bemes

DD
Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86197 is 'n antwoord op boodskap #86193] Sa, 25 Oktober 2003 09:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gelukkig maak julle darem baie geld daar op die Rand! Ons drink maar
eerder bier! Maar dan het ons nou nie 'n waterprobleem nie.....wat de
hel, bring nog 'n bier!

"Elaine" skryf in boodskap news:3f9a37da$0$64725@hades.is.co.za...
> Dit was darem in die koerant en op die nuus. Daar is voorgestel ons moet
> ons water koop, of as jy dit nie kan bekostig nie, moet jy maar water kook.
> Gisteraand toe ons wil gaan water koop is daar net een 5l bottel water in
> die hele Vanderbijlpark oor :) Die staan gelukkig nou in my yskas saam met
> nog so 10l se gekookte water wat in die honde se bakke ingaan.
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:bndcig$4fj$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Haai sjeim man - kry 'n petisie aan die gang om die feite aan almal in die
>> omgewing en aan nuwe intrekkers bekend te stel.
>> Lyk my julle betaal nie vir water nie, maar vir chemikalieë.
>> --
>> Annette
>
Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86200 is 'n antwoord op boodskap #86196] Sa, 25 Oktober 2003 10:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Klink vir my meer na besnot:)
Annette

>
>> En wat van die arme plante?:)))
>
> dié word bemes
>
> DD
>
Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86208 is 'n antwoord op boodskap #86200] Sa, 25 Oktober 2003 17:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 25 Oct 2003 12:25:15 +0200, "Annette" wrote:

> Klink vir my meer na besnot:)
> Annette
>
>

>>> En wat van die arme plante?:)))

>> dié word bemes

>> DD


>

En wat dit nog meer interessant maak
is dat Elaine'hulle nou nog steeds aan
die munisipaliteit water betaal en ook
aan die cafe:-)

DD
Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86214 is 'n antwoord op boodskap #86208] Sa, 25 Oktober 2003 20:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Juis, Juis.
--
Annette
> En wat dit nog meer interessant maak
> is dat Elaine'hulle nou nog steeds aan
> die munisipaliteit water betaal en ook
> aan die cafe:-)
>
> DD
>
Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86217 is 'n antwoord op boodskap #86194] Sa, 25 Oktober 2003 22:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
As die "acid rain" hulle nie doodmaak nie, kan niks hulle doodmaak nie :)

"Annette" skryf in boodskap news:bnddos$598$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> En wat van die arme plante?:)))
> --
> Annette
Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86218 is 'n antwoord op boodskap #86208] Sa, 25 Oktober 2003 22:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek gebruik nog steeds kraanwater om in te bad en my swembad vol te maak :)

"DD" wrote:

> En wat dit nog meer interessant maak
> is dat Elaine'hulle nou nog steeds aan
> die munisipaliteit water betaal en ook
> aan die cafe:-)
>
> DD
>
Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86219 is 'n antwoord op boodskap #86197] Sa, 25 Oktober 2003 22:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek hou nie van bier nie! Sies ga...

"Sandvlooi" skryf in boodskap news:bndg2m$1m94$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
> Gelukkig maak julle darem baie geld daar op die Rand! Ons drink maar
> eerder bier! Maar dan het ons nou nie 'n waterprobleem nie.....wat de
> hel, bring nog 'n bier!
Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86232 is 'n antwoord op boodskap #86218] So, 26 Oktober 2003 09:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
>
> "DD" wrote:
>
>> En wat dit nog meer interessant maak
>> is dat Elaine'hulle nou nog steeds aan
>> die munisipaliteit water betaal en ook
>> aan die cafe:-)

>> DD


> Juis, Juis.
> Annette

>
> "Elaine"
> Ek gebruik nog steeds kraanwater om in te bad en my swembad vol te maak :)

Kraanwater.... ten minste is die k & a van toepassing:-)))

DD
Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86294 is 'n antwoord op boodskap #86219] Ma, 27 Oktober 2003 06:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy sal as jou water so 'n klankie op het, of jy die rolle eenkant toe moet
skuif om 'n beker water te kan skep! Moet egter nie verkeerd dink nie, ons
land het gelukkig seker van die skoonste publieke watersisteme in die
wêreld. Ons drink maar net bier vir die lekker........daar moet mos darem
'n verskoning ook wees?

"Elaine" skryf in boodskap news:3f9afccc$0$64719@hades.is.co.za...
> Ek hou nie van bier nie! Sies ga...
>
> "Sandvlooi" wrote in message
> news:bndg2m$1m94$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
>> Gelukkig maak julle darem baie geld daar op die Rand! Ons drink maar
>> eerder bier! Maar dan het ons nou nie 'n waterprobleem nie.....wat de
>> hel, bring nog 'n bier!
>
Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86320 is 'n antwoord op boodskap #86294] Ma, 27 Oktober 2003 09:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek kan my nie indink dat iemand bier sal drink vir die lekker nie. Daar is
baie goed, behalwe bier, wat jy kan drink pleks van water. Buitendien, as
jy te veel bier gesuip het, sal jy in elk geval later moet water drink want
alcohol ontwater jou.

E

"Sandvlooi" skryf in boodskap news:bnicic$lbp$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
> Jy sal as jou water so 'n klankie op het, of jy die rolle eenkant toe moet
> skuif om 'n beker water te kan skep! Moet egter nie verkeerd dink nie, ons
> land het gelukkig seker van die skoonste publieke watersisteme in die
> wêreld. Ons drink maar net bier vir die lekker........daar moet mos darem
> 'n verskoning ook wees?
Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86334 is 'n antwoord op boodskap #86320] Ma, 27 Oktober 2003 10:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Duidelik is jy daar in jou lugverkoelde omgewing lekker koel.....en met al
die lekkernye volop rondom jou. Kom loop rond in die woestyn en so 50º
later dan sluk jy 'n bier met lus. Dit les jou dors. 'n Coke of 'n soet
ding definitief nie.

"Elaine" skryf in boodskap news:3f9ce75b$0$64727@hades.is.co.za...
> Ek kan my nie indink dat iemand bier sal drink vir die lekker nie. Daar is
> baie goed, behalwe bier, wat jy kan drink pleks van water. Buitendien, as
> jy te veel bier gesuip het, sal jy in elk geval later moet water drink want
> alcohol ontwater jou.
>
> E
>
> "Sandvlooi" wrote in message
> news:bnicic$lbp$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
>> Jy sal as jou water so 'n klankie op het, of jy die rolle eenkant toe moet
>> skuif om 'n beker water te kan skep! Moet egter nie verkeerd dink nie, ons
>> land het gelukkig seker van die skoonste publieke watersisteme in die
>> wêreld. Ons drink maar net bier vir die lekker........daar moet mos darem
>> 'n verskoning ook wees?
>
Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86336 is 'n antwoord op boodskap #86334] Ma, 27 Oktober 2003 11:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Water werk beter. En moenie 'n fout maak nie, dit word warm genoeg hier
rond, en ek het nie lugversorging nie. Al wat ek het wat veronderstel is om
te help afkoel 'n so miniatuur swembadjie. Coke met baie ys werk vir my...

E

"Sandvlooi" skryf in boodskap news:bnis66$noa$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
> Duidelik is jy daar in jou lugverkoelde omgewing lekker koel.....en met al
> die lekkernye volop rondom jou. Kom loop rond in die woestyn en so 50º
> later dan sluk jy 'n bier met lus. Dit les jou dors. 'n Coke of 'n soet
> ding definitief nie.
Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86348 is 'n antwoord op boodskap #86336] Ma, 27 Oktober 2003 11:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Elaine, probeer helfte coke, helfte Fanta lemoen in 'n glas - jy sal verbaas
wees hoeveel beter dit jou dors les.
--
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3f9cfb62$0$64719@hades.is.co.za...
> Water werk beter. En moenie 'n fout maak nie, dit word warm genoeg hier
> rond, en ek het nie lugversorging nie. Al wat ek het wat veronderstel is om
> te help afkoel 'n so miniatuur swembadjie. Coke met baie ys werk vir my...
>
> E
>
> "Sandvlooi" skryf in boodskap news:bnis66$noa$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
>> Duidelik is jy daar in jou lugverkoelde omgewing lekker koel.....en met al
>> die lekkernye volop rondom jou. Kom loop rond in die woestyn en so 50º
>> later dan sluk jy 'n bier met lus. Dit les jou dors. 'n Coke of 'n soet
>> ding definitief nie.
>
Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86398 is 'n antwoord op boodskap #86348] Ma, 27 Oktober 2003 17:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Uhm - dit klink verskriklik sleg!

E

"Annette" skryf in boodskap news:bnj0pi$h6c$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Elaine, probeer helfte coke, helfte Fanta lemoen in 'n glas - jy sal verbaas
> wees hoeveel beter dit jou dors les.
> --
> Annette
Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86406 is 'n antwoord op boodskap #86398] Ma, 27 Oktober 2003 19:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Probeer dit eers, en dan besluit jy.
--
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3f9d52e0$0$64728@hades.is.co.za...
> Uhm - dit klink verskriklik sleg!
>
> E
>
> "Annette" skryf in boodskap news:bnj0pi$h6c$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Elaine, probeer helfte coke, helfte Fanta lemoen in 'n glas - jy sal verbaas
>> wees hoeveel beter dit jou dors les.
>> --
>> Annette
>
Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86437 is 'n antwoord op boodskap #86406] Di, 28 Oktober 2003 10:57 Na vorige boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Kyk, al bogenoemde goete is tog maar net verskonings om goete in die
keelgate af te gooi. As jy nou rêrig dors is, dan is water die enigste,
maar nie koue water nie. So naby aan liggaamstemperatuur as moontlik. Te
koud en jy sweet en dis waterverlies. Maar dat dit lekker is, dis nie waar
nie maar as jy op pad is om te sneuwel, dan is enigiets lekker. Ons het
gepraat van wat is lekker as dit warm is en wat dors les. Uit ondervinding
in 'n woestyn kan ek julle verseker dat 'n bier veel beter dors les as
byvoorbeeld 'n koedrank of vrugtesap. Jy moet maar net die smaak daarvoor
aanleer, Elaine. Kyk net hoe baie mense drink rooi wyn.....dit smaak soos
ou perdepis en tog drink die yuppies dit!

"Annette" skryf in boodskap news:bnjtmc$3ch$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Probeer dit eers, en dan besluit jy.
> --
> Annette
> "Elaine" skryf in boodskap news:3f9d52e0$0$64728@hades.is.co.za...
>> Uhm - dit klink verskriklik sleg!
>>
>> E
>>
>> "Annette" skryf in boodskap news:bnj0pi$h6c$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Elaine, probeer helfte coke, helfte Fanta lemoen in 'n glas - jy sal verbaas
>>> wees hoeveel beter dit jou dors les.
>>> --
>>> Annette
>>
>
Vorige onderwerp: Curriebeker
Volgende onderwerp: uitzonderlijk ;-))
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 13:32:04 MGT 2024