Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hefer verhoor.
Hefer verhoor. [boodskap #86039] |
Do., 23 Oktober 2003 11:00  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek weet nie hoekom die belastingbetaler moet opdok vir 'n kommissie wat
duidelik 'n storie is wat binne die ANC opgelos moet word nie.
Maar ek moet erken dis nogal lekker om te sien hoe die saamstaanmuur
plek-plek begin verbrokkel.
Soos met enige party kan nie almal met almal heeltyd vriende bly nie, want
ons is almal mense met pense.
--
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Hefer verhoor. [boodskap #86114 is 'n antwoord op boodskap #86093] |
Vr., 24 Oktober 2003 04:02  |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ons het elkeen 'n storie. Jy was deel van die stelsel Anti - dis waarom jy
kon padgee en elders 'n heenkome vind. Jy was 'n werknemer van Bantoe
Onderwys - ons was dit toe Naturelle Sake?
Vraag bly staan - dink jy dat ek alles om my gelate moet aanvaar omdat
hierdie narre swart is. Ek het baie nuus vir jou - en dis alles slegte
nuus...
"@rogers.com" wrote in message
news:rVVlb.25894$h61.19112@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> Jonas wrote
>
>> Jy het in elke geval weggehardloop en betaal nie vir die huidige brousel
>> nie.
>
> Ja, maar my familie het betaal daarvoor. Ek kan
> onthou hoe hulle gekla het dat hulle geen baat sien
> uit die inkomste van die toentertydse regering toe
> goud $800 per ons was nie, want alles is bestee om
> die bantustans op die bene te probeer bring. En waar
> is daardie bantustans nou, Jonas. Onthou jy vir hulle?
> Twintig jaar gelede toe koop julle vir julle 'n kat in
> die sak, ou Jonas. Twintig jaar gelede is nie baie
> lank gelede nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Ma. Apr. 21 01:32:05 UTC 2025
|