Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nog die dye trek die dye aan
Nog die dye trek die dye aan [boodskap #85956] Di, 21 Oktober 2003 21:23 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
WAT MAAK OOM KALIE DAAR
Hennie Aucamp

1 Oom Kalie is die gasarties
in elke joint van Cannes tot Nice:
hy slaan sy vrou met die handsambok -
en soek jy slae, kry jy dit ok.
2 Oom Kalie doen sy naam gestand
in elke disko in die land:
hy suip en strip tot hy onthul
'n vyfster-bloukop-Boerelul.

Allersiele, 1997. Heropgeneem in Die dye trek die dye aan)

---------------

[Ongetiteld]
Peter Blum

O Boegoeberg se dam
is 'n doodlekker dam:
dis daar waar die meide
hul okselhare kam.
Ek vlieg daar soos 'n wolbal rond
my pere is van staal:
ek het my angel skerpgemaak
om jou heuning uit te haal.

(Vantevore ongebundel.)
------------------------------------

(Twee ongetitelde verse uit My hart sing sewe moppies, 1996)
R.K. Belcher

Die skip lê vasgehaak
hy lyk soos 'n perd se kaak
bokkie vannag gaan ek by jou
my ankertou laat kraak
*
Die blink skaar van die ploeg
die dol van laat tot vroeg
van al die insteek in 'n voor
is al my ysters moeg
---------------------------------

Uit-oor-lê
Ellen Botha

Sy skrywe haar sprokie met smaak;
die prins laat haar paddatjie kwaak:
Haar toeteltjies tuit,
Haar magie sit uit
En Griet dog hy steek net die draak!

(Tevore ongepubliseer) (sinspeel op die roman Griet skryf 'n sprokie deur
Marita van der Vyver)
-------------------------------------

Die bok het my gestoot
(volkskwatryn)

Die misbank op die see,
die misbank op die see.
Toe vry ek mos my bokkie
dat sy: Eina gotta! skree.
(Pieter W Grobbelaar: Die rooi lappieskombers: Volkskwatryne, 1997)
Re: Nog die dye trek die dye aan [boodskap #86060 is 'n antwoord op boodskap #85956] Do, 23 Oktober 2003 14:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Weet jy wat 'n lul is? Hoekom mag jy "pornografies" (jou woord) wees, maar
die res van ons nie?

Max____________________________

"@rogers.com"
> hy suip en strip tot hy onthul
> 'n vyfster-bloukop-Boerelul.
Re: Nog die dye trek die dye aan [boodskap #86094 is 'n antwoord op boodskap #86060] Do, 23 Oktober 2003 19:37 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Max wrote

> Weet jy wat 'n lul is? Hoekom mag jy "pornografies" (jou woord) wees, maar
> die res van ons nie?

Dis 'n interessante vraag. Dink jy hierdie aanhalings uit
"Die dye trek die dye aan" is pornografies? Indien jy
wel so dink, wat maak pornografie pornografies?

Gloudina
Vorige onderwerp: Sing vir jou lewe...
Volgende onderwerp: Mbeki Zuma
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 05:28:51 MGT 2024