Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir die verlangendes
Vir die verlangendes [boodskap #85797] Ma, 20 Oktober 2003 10:26 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek moet nog self gaan kyk, maar by http://homecomingrevolution.co.za , 'n
nie-regeringsorganisasie, word daar bespreek wat is die goed en die sleg om
na SA terug te kom.

Daar word ook aan verskeie oorsese velangendes gevra na wat hule die meeste
verlang, en oor die algemeen is dit familie, skoon oop lug, ooptes, son,
see, strand, bosveld, lekker en bekostigbare wyn, wors, blatjang, vetkoek,
koeksisters, snoek, braaivleis, om met 'n eie kar rond te kan ry en
draairoomys met flake in.
--
Annette
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85853 is 'n antwoord op boodskap #85797] Ma, 20 Oktober 2003 21:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Namakwa  is tans af-lyn  Namakwa
Boodskappe: 28
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Junior Lid
draairoomys met flake?

Jammer maar dis Brits - die resultaat van 'n maatskap met die naam Mr
Whippy. Een van die chemici op die ontwikkeling was 'n jong Margret
Thatcher.

Maar ek MIS snoek.

"Annette" skryf in boodskap news:bn0dc3$6s$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek moet nog self gaan kyk, maar by http://homecomingrevolution.co.za , 'n
> nie-regeringsorganisasie, word daar bespreek wat is die goed en die sleg om
> na SA terug te kom.
>
> Daar word ook aan verskeie oorsese velangendes gevra na wat hule die meeste
> verlang, en oor die algemeen is dit familie, skoon oop lug, ooptes, son,
> see, strand, bosveld, lekker en bekostigbare wyn, wors, blatjang, vetkoek,
> koeksisters, snoek, braaivleis, om met 'n eie kar rond te kan ry en
> draairoomys met flake in.
> --
> Annette
>
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85857 is 'n antwoord op boodskap #85853] Ma, 20 Oktober 2003 22:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Namakwa wrote

> Maar ek MIS snoek.

Ek dink Suid-Afrikaners se idees van wat mense in die
buiteland van SA mis, is somtyds baie ver van die merk
af. Ek sien dit in die soort goed wat mense vir jou bring
as hulle kom kuier.
Ek stem saam. Ek mis snoek. En gepekelde vis in 'n
glasbottel saam met uie gedoen.
Ek mis die soort suurlemoen wat mens in SA 'n suurlemoen
noem. Die een met die los skille en die meer soet smaak
as die van die lemmetjie, wat hier in Noord-Amerika deurgaan
as 'n "lemon." ( Die SA suurlemoen dink ek is 'n kruis tussen
die "ugli fruit" van die Karribiese Eilande en seker die lemmetjie,
of selfs die pomelo. Ek wens mens kan hulle hier in Noord-
Amerika koop, want hulle maak lekker suurlemoensap.)
Ek het oorspronklik die wit mielies gemis wat hulle in SA
kweek, want hier was dit diep geel en baie harder en dus
bietjie onsmaakliker as die groenmielies van SA. Maar in die
afgelope meer as 'n dekade het die wit mielies by ons so
stadig posgevat. Aan die begin het hulle dit "peaches and
cream" genoem, en was die pitte 'n mengsel van geel en
wit. Nou is die groenmielies omtrent heeltemal wit.

Gloudina
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85859 is 'n antwoord op boodskap #85857] Di, 21 Oktober 2003 00:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Namakwa wrote
Maar ek MIS snoek.

Gloudina:
Ek stem saam. Ek mis snoek.

Danielle:
Net sommer vir interessantheid. In Florida vang hulle ook 'n vis wat
hulle "snook" noem. Uitgespreek nes "snoek".
Glúcklich sal seker meer weet, maar dit was vir my nogal interessant
om daardie woord hier in Amerika te hoor. Dit lyk gladnie soos die
Kaapse snoek nie, en ook net effens na 'n barracuda, maar ook nie
juis nie. So ek wonder waarom die Hollanders altwee visse so vernoem
het.
Die ander naam vir die Amerikaanse/Florida snoek is "Sergeant fish"
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85864 is 'n antwoord op boodskap #85857] Di, 21 Oktober 2003 00:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek mis die vrugte en die brood.
En die skaapvleis, en die pasteie. Die ander goed kan hulle maar hou :-)
O ja, en die heel meeste mis ek die Kaapse vis.

"@rogers.com" wrote in message
news:oKZkb.416706$Lnr1.79686@news01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> Namakwa wrote
>
>> Maar ek MIS snoek.
>
> Ek dink Suid-Afrikaners se idees van wat mense in die
> buiteland van SA mis, is somtyds baie ver van die merk
> af. Ek sien dit in die soort goed wat mense vir jou bring
> as hulle kom kuier.
> Ek stem saam. Ek mis snoek. En gepekelde vis in 'n
> glasbottel saam met uie gedoen.
> Ek mis die soort suurlemoen wat mens in SA 'n suurlemoen
> noem. Die een met die los skille en die meer soet smaak
> as die van die lemmetjie, wat hier in Noord-Amerika deurgaan
> as 'n "lemon." ( Die SA suurlemoen dink ek is 'n kruis tussen
> die "ugli fruit" van die Karribiese Eilande en seker die lemmetjie,
> of selfs die pomelo. Ek wens mens kan hulle hier in Noord-
> Amerika koop, want hulle maak lekker suurlemoensap.)
> Ek het oorspronklik die wit mielies gemis wat hulle in SA
> kweek, want hier was dit diep geel en baie harder en dus
> bietjie onsmaakliker as die groenmielies van SA. Maar in die
> afgelope meer as 'n dekade het die wit mielies by ons so
> stadig posgevat. Aan die begin het hulle dit "peaches and
> cream" genoem, en was die pitte 'n mengsel van geel en
> wit. Nou is die groenmielies omtrent heeltemal wit.
>
> Gloudina
>
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85865 is 'n antwoord op boodskap #85859] Di, 21 Oktober 2003 01:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn wrote

> Net sommer vir interessantheid. In Florida vang hulle ook 'n vis wat
> hulle "snook" noem. Uitgespreek nes "snoek".
> Glücklich sal seker meer weet, maar dit was vir my nogal interessant
> om daardie woord hier in Amerika te hoor. Dit lyk gladnie soos die
> Kaapse snoek nie, en ook net effens na 'n barracuda, maar ook nie
> juis nie. So ek wonder waarom die Hollanders altwee visse so vernoem
> het.

Die South African English Dictionary sê die volgende oor
"snoek." Thyrsites atun, the edible small-scaled marine fish
of the Gempylidae family common in Cape waters...from
Dutch (zee) snoek (sea) pike.
Die gedroogde snoeke wat hulle by ons in die Noord-kaap
kom verkoop het, was egter taamlik lank, sommer maklik
twee drie voet lank. Ek dink hulle is hoërop langs die weskus
gevang en dan die binneland ingebring. Miskien kan "snoek" van
meer as een soort vis gemaak word, want ek het eenkeer gelees
dat snoek eintlik barracuda is.

Gloudina
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85866 is 'n antwoord op boodskap #85864] Di, 21 Oktober 2003 01:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ellie wrote

> Ek mis die vrugte en die brood.
> En die skaapvleis, en die pasteie. Die ander goed kan hulle maar hou :-)

Vir iemand wat in 'n vrugteparadys in die Noord-kaap grootgeword
het, kan ek nie sê dat ek desperaat oor vrugte is nie, want ons word
darem ryklik voorsien van alle soorte vrugte in ons vrugtemarke. Die
een ding wat ek deeglik mis, is vye. Hier is wel somtyds vye, maar
hulle is te duur vir een, en dan moet mens nog die risiko loop dat dit
nie alles ok binnekant is nie. En die turksvye is altyd cochineal turksvye,
die rooi soort, wat ek in SA verag het.
Ja, die skaapvleis. Veral as jy elke dag varsafgeslagte skaapvleis
van die plaaslike slagter op Marchand ge-eet het, vars afgelewer deur
'n ou op 'n fiets by jou huis. En vir middagete deur jou ma voorberei
soos net sy dit kon doen.

Gloudina
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85867 is 'n antwoord op boodskap #85797] Di, 21 Oktober 2003 01:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek mis familie (en vriende ) die meeste, ons het ook skoon oop lug, ooptes
en son, see, strand, lekker en beskostigbare wyn, wors en blatjang, kan
vetkoek maak as ek wou, ons donuts is lekkerder as koeksisters, ons maak net
sulke lekker braaivleis (hoe kan jy braaivleis mis, dis mos iets wat jy self
hier kan doen?) om met n eie kar te kan rondry, hoe anders kom jy van plek
tot plek. hulle bedoel seker die VK en ons het baie lekker roomys by die
Marble Slab Creamery.

Ek dink mense wat daar bly (in S.A.) het n ander idee wat vir ons lekker is
as wat ons self het. Ek mis ook wasgoed op die draad se reuk, en die huise
wat weelderige blomtuine het, en die reuk van Natal se rooigrond en
piesangplantasies.

> Daar word ook aan verskeie oorsese velangendes gevra na wat hule die meeste
> verlang, en oor die algemeen is dit familie, skoon oop lug, ooptes, son,
> see, strand, bosveld, lekker en bekostigbare wyn, wors, blatjang, vetkoek,
> koeksisters, snoek, braaivleis, om met 'n eie kar rond te kan ry en
> draairoomys met flake in.
> --
> Annette
>
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85870 is 'n antwoord op boodskap #85857] Di, 21 Oktober 2003 03:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wat interessant is dat die Portugese-groentewinkeleienaars deesdae daarop
ingestel is om die lemmetjie-tipe suurlemoen te verkoop - en nie die "ou"
losskil tipe nie. Die lemmetjie-tipe vertoon seker mooier op die rakke.
Snaaks - toe ek 'n ruk in die buiteland was, was my grootste lus na
mieliepap. (As kind het ek mieliepap verpes.)
"@rogers.com" wrote in message
news:oKZkb.416706$Lnr1.79686@news01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> Namakwa wrote
>
>> Maar ek MIS snoek.
>
> Ek dink Suid-Afrikaners se idees van wat mense in die
> buiteland van SA mis, is somtyds baie ver van die merk
> af. Ek sien dit in die soort goed wat mense vir jou bring
> as hulle kom kuier.
> Ek stem saam. Ek mis snoek. En gepekelde vis in 'n
> glasbottel saam met uie gedoen.
> Ek mis die soort suurlemoen wat mens in SA 'n suurlemoen
> noem. Die een met die los skille en die meer soet smaak
> as die van die lemmetjie, wat hier in Noord-Amerika deurgaan
> as 'n "lemon." ( Die SA suurlemoen dink ek is 'n kruis tussen
> die "ugli fruit" van die Karribiese Eilande en seker die lemmetjie,
> of selfs die pomelo. Ek wens mens kan hulle hier in Noord-
> Amerika koop, want hulle maak lekker suurlemoensap.)
> Ek het oorspronklik die wit mielies gemis wat hulle in SA
> kweek, want hier was dit diep geel en baie harder en dus
> bietjie onsmaakliker as die groenmielies van SA. Maar in die
> afgelope meer as 'n dekade het die wit mielies by ons so
> stadig posgevat. Aan die begin het hulle dit "peaches and
> cream" genoem, en was die pitte 'n mengsel van geel en
> wit. Nou is die groenmielies omtrent heeltemal wit.
>
> Gloudina
>
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85871 is 'n antwoord op boodskap #85866] Di, 21 Oktober 2003 03:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek onthou die vleis wat daagliks afgelewer is, in bruinpapier toegdraai -
dit was voor almal yskaste gehad het... Die slagters maak steeds so 04:00 in
die oggende oop ...
"@rogers.com" wrote in message
news:eO%kb.219115$ko%.183111@news04.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> Ellie wrote
>
>> Ek mis die vrugte en die brood.
>> En die skaapvleis, en die pasteie. Die ander goed kan hulle maar hou
:-)
>
> Vir iemand wat in 'n vrugteparadys in die Noord-kaap grootgeword
> het, kan ek nie sê dat ek desperaat oor vrugte is nie, want ons word
> darem ryklik voorsien van alle soorte vrugte in ons vrugtemarke. Die
> een ding wat ek deeglik mis, is vye. Hier is wel somtyds vye, maar
> hulle is te duur vir een, en dan moet mens nog die risiko loop dat dit
> nie alles ok binnekant is nie. En die turksvye is altyd cochineal turksvye,
> die rooi soort, wat ek in SA verag het.
> Ja, die skaapvleis. Veral as jy elke dag varsafgeslagte skaapvleis
> van die plaaslike slagter op Marchand ge-eet het, vars afgelewer deur
> 'n ou op 'n fiets by jou huis. En vir middagete deur jou ma voorberei
> soos net sy dit kon doen.
>
> Gloudina
>
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85873 is 'n antwoord op boodskap #85857] Di, 21 Oktober 2003 04:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis nie die Suid -Afrikaners hier se idees van mis nie,
Die mis - goed was verskaf deur onderhoude met Suid-Afrikaners in Londen,
HongKong, Nieu Zeeland en Nigerië.
Wel persoonlike smaak - maar dit is nogal opvallend hoe baie van die menings
ooreenstem.
--
Annette
"@rogers.com" wrote in message
news:oKZkb.416706$Lnr1.79686@news01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> Namakwa wrote
>
>> Maar ek MIS snoek.
>
> Ek dink Suid-Afrikaners se idees van wat mense in die
> buiteland van SA mis, is somtyds baie ver van die merk
> af. Ek sien dit in die soort goed wat mense vir jou bring
> as hulle kom kuier.
> Ek stem saam. Ek mis snoek. En gepekelde vis in 'n
> glasbottel saam met uie gedoen.
> Ek mis die soort suurlemoen wat mens in SA 'n suurlemoen
> noem. Die een met die los skille en die meer soet smaak
> as die van die lemmetjie, wat hier in Noord-Amerika deurgaan
> as 'n "lemon." ( Die SA suurlemoen dink ek is 'n kruis tussen
> die "ugli fruit" van die Karribiese Eilande en seker die lemmetjie,
> of selfs die pomelo. Ek wens mens kan hulle hier in Noord-
> Amerika koop, want hulle maak lekker suurlemoensap.)
> Ek het oorspronklik die wit mielies gemis wat hulle in SA
> kweek, want hier was dit diep geel en baie harder en dus
> bietjie onsmaakliker as die groenmielies van SA. Maar in die
> afgelope meer as 'n dekade het die wit mielies by ons so
> stadig posgevat. Aan die begin het hulle dit "peaches and
> cream" genoem, en was die pitte 'n mengsel van geel en
> wit. Nou is die groenmielies omtrent heeltemal wit.
>
> Gloudina
>
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85874 is 'n antwoord op boodskap #85853] Di, 21 Oktober 2003 04:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
As jy kan uitvind hoe ek 'n boks snoekmootjies vir jou kan stuur, dan sal ek
dit doen.
--
Annette

"Namakwa" skryf in boodskap news:bn1l1k$f5j$1@sparta.btinternet.com...
> draairoomys met flake?
>
> Jammer maar dis Brits - die resultaat van 'n maatskap met die naam Mr
> Whippy. Een van die chemici op die ontwikkeling was 'n jong Margret
> Thatcher.
>
> Maar ek MIS snoek.
>
> "Annette" wrote in message
> news:bn0dc3$6s$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ek moet nog self gaan kyk, maar by http://homecomingrevolution.co.za ,
'n
>> nie-regeringsorganisasie, word daar bespreek wat is die goed en die sleg
> om
>> na SA terug te kom.
>>
>> Daar word ook aan verskeie oorsese velangendes gevra na wat hule die
> meeste
>> verlang, en oor die algemeen is dit familie, skoon oop lug, ooptes, son,
>> see, strand, bosveld, lekker en bekostigbare wyn, wors, blatjang, vetkoek,
>> koeksisters, snoek, braaivleis, om met 'n eie kar rond te kan ry en
>> draairoomys met flake in.
>> --
>> Annette
>>
>
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85877 is 'n antwoord op boodskap #85864] Di, 21 Oktober 2003 04:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die een van Nigerië mis ook die volkoringbrood.
--
Annette

"Ellie" skryf in boodskap news:8k%kb.7224$W16.234@newsread2.news.atl.earthlink.net...
> Ek mis die vrugte en die brood.
> En die skaapvleis, en die pasteie. Die ander goed kan hulle maar hou :-)
> O ja, en die heel meeste mis ek die Kaapse vis.
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:oKZkb.416706$Lnr1.79686@news01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>>
>> Namakwa wrote
>>
>>> Maar ek MIS snoek.
>>
>> Ek dink Suid-Afrikaners se idees van wat mense in die
>> buiteland van SA mis, is somtyds baie ver van die merk
>> af. Ek sien dit in die soort goed wat mense vir jou bring
>> as hulle kom kuier.
>> Ek stem saam. Ek mis snoek. En gepekelde vis in 'n
>> glasbottel saam met uie gedoen.
>> Ek mis die soort suurlemoen wat mens in SA 'n suurlemoen
>> noem. Die een met die los skille en die meer soet smaak
>> as die van die lemmetjie, wat hier in Noord-Amerika deurgaan
>> as 'n "lemon." ( Die SA suurlemoen dink ek is 'n kruis tussen
>> die "ugli fruit" van die Karribiese Eilande en seker die lemmetjie,
>> of selfs die pomelo. Ek wens mens kan hulle hier in Noord-
>> Amerika koop, want hulle maak lekker suurlemoensap.)
>> Ek het oorspronklik die wit mielies gemis wat hulle in SA
>> kweek, want hier was dit diep geel en baie harder en dus
>> bietjie onsmaakliker as die groenmielies van SA. Maar in die
>> afgelope meer as 'n dekade het die wit mielies by ons so
>> stadig posgevat. Aan die begin het hulle dit "peaches and
>> cream" genoem, en was die pitte 'n mengsel van geel en
>> wit. Nou is die groenmielies omtrent heeltemal wit.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85887 is 'n antwoord op boodskap #85873] Di, 21 Oktober 2003 06:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie storie is baie interessant want as ek die spulletjie so lees dan
moet mens teruggaan na waar 'n mens laas gedink het sy lewe idillies was?
Vra vir enige Suidwester byvoorbeeld, en hy sal jou vertel van die vryheid
van die land, 'n see en strand sonder perke en met volop vis. Van wild wat
nog op die paaie te siene is en van die lekker springbokbiltong. Om nie
eers te praat van al die ander soorte biltong nie! Dan is daar die Duitse
gebak wat legendaries is, ens, ens.
Die ironie is ongelukkig egter dat om al hierdie wonderlike dinge weer
te ondervind nie die redes gaan laat verdwyn hoekom jy jou geboorteland
verruil het vir 'n ander nie..........

"Annette" skryf in boodskap news:bn2ev6$30l$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dis nie die Suid -Afrikaners hier se idees van mis nie,
> Die mis - goed was verskaf deur onderhoude met Suid-Afrikaners in Londen,
> HongKong, Nieu Zeeland en Nigerië.
> Wel persoonlike smaak - maar dit is nogal opvallend hoe baie van die menings
> ooreenstem.
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85899 is 'n antwoord op boodskap #85797] Di, 21 Oktober 2003 07:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Die lys van dinge in SA wat ek mis word al korter...

Die lys van dinge wat ek sal mis as ek moet teruggaan, al langer...

Max____________________________

"Annette" skryf in boodskap news:bn0dc3$6s$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek moet nog self gaan kyk, maar by http://homecomingrevolution.co.za , 'n
> nie-regeringsorganisasie, word daar bespreek wat is die goed en die sleg om
> na SA terug te kom.
>
> Daar word ook aan verskeie oorsese velangendes gevra na wat hule die meeste
> verlang, en oor die algemeen is dit familie, skoon oop lug, ooptes, son,
> see, strand, bosveld, lekker en bekostigbare wyn, wors, blatjang, vetkoek,
> koeksisters, snoek, braaivleis, om met 'n eie kar rond te kan ry en
> draairoomys met flake in.
> --
> Annette
>
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85900 is 'n antwoord op boodskap #85899] Di, 21 Oktober 2003 08:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wag nog 'n paar jaar, wanneer die korttermynonthouding inskop, dan swaai dit
weer om:))
--
Annette

"Max" skryf in boodskap news:3f94e709$0$58702$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Die lys van dinge in SA wat ek mis word al korter...
>
> Die lys van dinge wat ek sal mis as ek moet teruggaan, al langer...
>
> Max____________________________
>
> "Annette" wrote in message
> news:bn0dc3$6s$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ek moet nog self gaan kyk, maar by http://homecomingrevolution.co.za ,
'n
>> nie-regeringsorganisasie, word daar bespreek wat is die goed en die sleg
> om
>> na SA terug te kom.
>>
>> Daar word ook aan verskeie oorsese velangendes gevra na wat hule die
> meeste
>> verlang, en oor die algemeen is dit familie, skoon oop lug, ooptes, son,
>> see, strand, bosveld, lekker en bekostigbare wyn, wors, blatjang, vetkoek,
>> koeksisters, snoek, braaivleis, om met 'n eie kar rond te kan ry en
>> draairoomys met flake in.
>> --
>> Annette
>>
>
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85901 is 'n antwoord op boodskap #85900] Di, 21 Oktober 2003 08:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Jy sal nie glo nie, maar ek voer my deodorant in van SA. Hierdie goedjies
hier is nie opgewasse teen 'n Boer se sweet nie!

Max____________________________

"Annette" skryf in boodskap news:bn2p4m$7kt$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wag nog 'n paar jaar, wanneer die korttermynonthouding inskop, dan swaai dit
> weer om:))
> --
> Annette
> "Max" wrote in message
> news:3f94e709$0$58702$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> Die lys van dinge in SA wat ek mis word al korter...
>>
>> Die lys van dinge wat ek sal mis as ek moet teruggaan, al langer...
>>
>> Max____________________________
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:bn0dc3$6s$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Ek moet nog self gaan kyk, maar by http://homecomingrevolution.co.za
,
> 'n
>>> nie-regeringsorganisasie, word daar bespreek wat is die goed en die
sleg
>> om
>>> na SA terug te kom.
>>>
>>> Daar word ook aan verskeie oorsese velangendes gevra na wat hule die
>> meeste
>>> verlang, en oor die algemeen is dit familie, skoon oop lug, ooptes, son,
>>> see, strand, bosveld, lekker en bekostigbare wyn, wors, blatjang,
> vetkoek,
>>> koeksisters, snoek, braaivleis, om met 'n eie kar rond te kan ry en
>>> draairoomys met flake in.
>>> --
>>> Annette
>>>
>>
>
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85902 is 'n antwoord op boodskap #85901] Di, 21 Oktober 2003 08:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Max - laat weet my per e-pos watter peoduk dit is.
Miskien kan ek dan reel dat hulle hul volgende advertensie veldtog om jou
bou - jy kry 'n gratis vakansie hier, en verdien genoeg om my te nooi vir 'n
vakansie daar.
--
Annette

"Max" skryf in boodskap news:3f94eb9d$0$58711$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Jy sal nie glo nie, maar ek voer my deodorant in van SA. Hierdie goedjies
> hier is nie opgewasse teen 'n Boer se sweet nie!
>
> Max____________________________
>
> "Annette" wrote in message
> news:bn2p4m$7kt$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Wag nog 'n paar jaar, wanneer die korttermynonthouding inskop, dan swaai
> dit
>> weer om:))
>> --
>> Annette
>> "Max" wrote in message
>> news:3f94e709$0$58702$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>>> Die lys van dinge in SA wat ek mis word al korter...
>>>
>>> Die lys van dinge wat ek sal mis as ek moet teruggaan, al langer...
>>>
>>> Max____________________________
>>>
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:bn0dc3$6s$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> Ek moet nog self gaan kyk, maar by
http://homecomingrevolution.co.za
> ,
>> 'n
>>>> nie-regeringsorganisasie, word daar bespreek wat is die goed en die
> sleg
>>> om
>>>> na SA terug te kom.
>>>>
>>>> Daar word ook aan verskeie oorsese velangendes gevra na wat hule die
>>> meeste
>>>> verlang, en oor die algemeen is dit familie, skoon oop lug, ooptes,
> son,
>>>> see, strand, bosveld, lekker en bekostigbare wyn, wors, blatjang,
>> vetkoek,
>>>> koeksisters, snoek, braaivleis, om met 'n eie kar rond te kan ry en
>>>> draairoomys met flake in.
>>>> --
>>>> Annette
>>>>
>>>
>>
>
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85903 is 'n antwoord op boodskap #85902] Di, 21 Oktober 2003 08:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Michum - So effective, you could skip a day!

Max____________________________

"Annette" skryf in boodskap news:bn2r38$8fv$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Max - laat weet my per e-pos watter peoduk dit is.
> Miskien kan ek dan reel dat hulle hul volgende advertensie veldtog om jou
> bou - jy kry 'n gratis vakansie hier, en verdien genoeg om my te nooi vir 'n
> vakansie daar.
> --
> Annette
> "Max" wrote in message
> news:3f94eb9d$0$58711$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> Jy sal nie glo nie, maar ek voer my deodorant in van SA. Hierdie goedjies
>> hier is nie opgewasse teen 'n Boer se sweet nie!
>>
>> Max____________________________
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:bn2p4m$7kt$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Wag nog 'n paar jaar, wanneer die korttermynonthouding inskop, dan
swaai
>> dit
>>> weer om:))
>>> --
>>> Annette
>>> "Max" wrote in message
>>> news:3f94e709$0$58702$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>>>> Die lys van dinge in SA wat ek mis word al korter...
>>>>
>>>> Die lys van dinge wat ek sal mis as ek moet teruggaan, al langer...
>>>>
>>>> Max____________________________
>>>>
>>>> "Annette" wrote in message
>>>> news:bn0dc3$6s$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> > Ek moet nog self gaan kyk, maar by
> http://homecomingrevolution.co.za
>> ,
>>> 'n
>>>> > nie-regeringsorganisasie, word daar bespreek wat is die goed en
die
>> sleg
>>>> om
>>>> > na SA terug te kom.
>>>> >
>>>> > Daar word ook aan verskeie oorsese velangendes gevra na wat hule die
>>>> meeste
>>>> > verlang, en oor die algemeen is dit familie, skoon oop lug,
ooptes,
>> son,
>>>> > see, strand, bosveld, lekker en bekostigbare wyn, wors, blatjang,
>>> vetkoek,
>>>> > koeksisters, snoek, braaivleis, om met 'n eie kar rond te kan ry en
>>>> > draairoomys met flake in.
>>>> > --
>>>> > Annette
>>>> >
>>>> >
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85904 is 'n antwoord op boodskap #85903] Di, 21 Oktober 2003 08:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:)))) is ons nou weer terug by die gereeld bad storie?:))
--
Annette

"Max" skryf in boodskap news:3f94f113$0$58715$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Michum - So effective, you could skip a day!
>
> Max____________________________
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85907 is 'n antwoord op boodskap #85904] Di, 21 Oktober 2003 08:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Dis nie 'n dag bad wat jy kan skip nie, dommie...

Max____________________________

"Annette" skryf in boodskap news:bn2rrg$8po$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> :)))) is ons nou weer terug by die gereeld bad storie?:))
> --
> Annette
> "Max" wrote in message
> news:3f94f113$0$58715$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> Michum - So effective, you could skip a day!
>>
>> Max____________________________
>
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85910 is 'n antwoord op boodskap #85907] Di, 21 Oktober 2003 09:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))) O okei - ek het dit - jy bad die goed nie af nie:))
--
Annette

"Max" skryf in boodskap news:3f94f583$0$58699$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Dis nie 'n dag bad wat jy kan skip nie, dommie...
>
> Max____________________________
>
> "Annette" wrote in message
> news:bn2rrg$8po$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> :)))) is ons nou weer terug by die gereeld bad storie?:))
>> --
>> Annette
>> "Max" wrote in message
>> news:3f94f113$0$58715$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>>> Michum - So effective, you could skip a day!
>>>
>>> Max____________________________
>>
>
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85912 is 'n antwoord op boodskap #85904] Di, 21 Oktober 2003 09:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
He-he! Hulle bad net een keer 'n week al is dit nie nodig nie!

"Annette" skryf in boodskap news:bn2rrg$8po$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> :)))) is ons nou weer terug by die gereeld bad storie?:))
> --
> Annette
> "Max" wrote in message
> news:3f94f113$0$58715$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> Michum - So effective, you could skip a day!
>>
>> Max____________________________
>
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85927 is 'n antwoord op boodskap #85867] Di, 21 Oktober 2003 12:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ellie - het jy in Natal gewoon?
Aanstaande maand gaan kuier ek daar - hierdie keer op die Noordkus. (Ek weet
nie wat ek hier op die hoëveld doen nie/)
"Ellie" wrote in message
news:Re0lb.7705$W16.4959@newsread2.news.atl.earthlink.net...
> Ek mis familie (en vriende ) die meeste, ons het ook skoon oop lug, ooptes
> en son, see, strand, lekker en beskostigbare wyn, wors en blatjang, kan
> vetkoek maak as ek wou, ons donuts is lekkerder as koeksisters, ons maak net
> sulke lekker braaivleis (hoe kan jy braaivleis mis, dis mos iets wat jy self
> hier kan doen?) om met n eie kar te kan rondry, hoe anders kom jy van plek
> tot plek. hulle bedoel seker die VK en ons het baie lekker roomys by die
> Marble Slab Creamery.
>
> Ek dink mense wat daar bly (in S.A.) het n ander idee wat vir ons lekker is
> as wat ons self het. Ek mis ook wasgoed op die draad se reuk, en die huise
> wat weelderige blomtuine het, en die reuk van Natal se rooigrond en
> piesangplantasies.
>
>
>> Daar word ook aan verskeie oorsese velangendes gevra na wat hule die
> meeste
>> verlang, en oor die algemeen is dit familie, skoon oop lug, ooptes, son,
>> see, strand, bosveld, lekker en bekostigbare wyn, wors, blatjang, vetkoek,
>> koeksisters, snoek, braaivleis, om met 'n eie kar rond te kan ry en
>> draairoomys met flake in.
>> --
>> Annette
>>
>
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85930 is 'n antwoord op boodskap #85899] Di, 21 Oktober 2003 12:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Max wrote

> Die lys van dinge in SA wat ek mis word al korter...
>
> Die lys van dinge wat ek sal mis as ek moet teruggaan, al langer...

Ja, dis wel waar. Dis my man se argument. Hy sê
dat hy die sneeu die meeste sal mis.

Gloudina
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85960 is 'n antwoord op boodskap #85927] Di, 21 Oktober 2003 21:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, ons het vir n jaar in Empangeni gewoon, en het by Mtunzini uitgehang
baie keer, ek het n baie spesiale gevoel vir daardie dorpie en die hele
Natal.

"Jonas" skryf in boodskap news:bn37in$jqq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ellie - het jy in Natal gewoon?
> Aanstaande maand gaan kuier ek daar - hierdie keer op die Noordkus. (Ek weet
> nie wat ek hier op die hoëveld doen nie/)
> "Ellie" wrote in message
> news:Re0lb.7705$W16.4959@newsread2.news.atl.earthlink.net...
>> Ek mis familie (en vriende ) die meeste, ons het ook skoon oop lug, ooptes
>> en son, see, strand, lekker en beskostigbare wyn, wors en blatjang, kan
>> vetkoek maak as ek wou, ons donuts is lekkerder as koeksisters, ons maak
> net
>> sulke lekker braaivleis (hoe kan jy braaivleis mis, dis mos iets wat jy
> self
>> hier kan doen?) om met n eie kar te kan rondry, hoe anders kom jy van plek
>> tot plek. hulle bedoel seker die VK en ons het baie lekker roomys by die
>> Marble Slab Creamery.
>>
>> Ek dink mense wat daar bly (in S.A.) het n ander idee wat vir ons lekker
> is
>> as wat ons self het. Ek mis ook wasgoed op die draad se reuk, en die
> huise
>> wat weelderige blomtuine het, en die reuk van Natal se rooigrond en
>> piesangplantasies.
>>
>>
>>> Daar word ook aan verskeie oorsese velangendes gevra na wat hule die
>> meeste
>>> verlang, en oor die algemeen is dit familie, skoon oop lug, ooptes, son,
>>> see, strand, bosveld, lekker en bekostigbare wyn, wors, blatjang,
> vetkoek,
>>> koeksisters, snoek, braaivleis, om met 'n eie kar rond te kan ry en
>>> draairoomys met flake in.
>>> --
>>> Annette
>>>
>>
>
Re: Vir die verlangendes [boodskap #85980 is 'n antwoord op boodskap #85960] Wo, 22 Oktober 2003 08:50 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek sal vir Mtunzini gaan kuier en sê Ellie stuur groete ....
"Ellie" wrote in message
news:5Whlb.10034$W16.6929@newsread2.news.atl.earthlink.net.. .
> Ja, ons het vir n jaar in Empangeni gewoon, en het by Mtunzini uitgehang
> baie keer, ek het n baie spesiale gevoel vir daardie dorpie en die hele
> Natal.
>
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bn37in$jqq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ellie - het jy in Natal gewoon?
>> Aanstaande maand gaan kuier ek daar - hierdie keer op die Noordkus. (Ek
> weet
>> nie wat ek hier op die hoëveld doen nie/)
>> "Ellie" wrote in message
>> news:Re0lb.7705$W16.4959@newsread2.news.atl.earthlink.net...
>>> Ek mis familie (en vriende ) die meeste, ons het ook skoon oop lug,
> ooptes
>>> en son, see, strand, lekker en beskostigbare wyn, wors en blatjang, kan
>>> vetkoek maak as ek wou, ons donuts is lekkerder as koeksisters, ons
maak
>> net
>>> sulke lekker braaivleis (hoe kan jy braaivleis mis, dis mos iets wat
jy
>> self
>>> hier kan doen?) om met n eie kar te kan rondry, hoe anders kom jy van
> plek
>>> tot plek. hulle bedoel seker die VK en ons het baie lekker roomys by die
>>> Marble Slab Creamery.
>>>
>>> Ek dink mense wat daar bly (in S.A.) het n ander idee wat vir ons
lekker
>> is
>>> as wat ons self het. Ek mis ook wasgoed op die draad se reuk, en die
>> huise
>>> wat weelderige blomtuine het, en die reuk van Natal se rooigrond en
>>> piesangplantasies.
>>>
>>>
>>>> Daar word ook aan verskeie oorsese velangendes gevra na wat hule die
>>> meeste
>>>> verlang, en oor die algemeen is dit familie, skoon oop lug, ooptes,
> son,
>>>> see, strand, bosveld, lekker en bekostigbare wyn, wors, blatjang,
>> vetkoek,
>>>> koeksisters, snoek, braaivleis, om met 'n eie kar rond te kan ry en
>>>> draairoomys met flake in.
>>>> --
>>>> Annette
>>>>
>>>>
>>>>
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: Rokery
Volgende onderwerp: Sekuriteit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 07:38:36 MGT 2024