Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Diakritiese simbole
Diakritiese simbole [boodskap #8582] Di, 18 Februarie 1997 00:00
Reinier de Vos  is tans af-lyn  Reinier de Vos
Boodskappe: 26
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Hallo Almal,

Daar is nou alweeer 'n gemor oor die gebruik van diakritiese simbole (dis
nou kappies, deeltekens, aksente, ens., vir die oningeligtes). Ek het
lank gelede die saak op die Afrikaanse poslys bespreek, maar miskien is
dit nog nie breedvoerig op die nuusgroep bespreek nie. Ek het al verlede
jaar belowe op 'n bydrae tot die Knaende Vrae (Frequently Asked Questions)
hieroor te maak, maar het tot dusver nie eintlik veel daaraan gedoen nie.=


Die inligting oor ALT-toetse is misleidend, aangesien dit gewoonlik slegs
op DOS van toepassing is, en dit hang af van die Code Page wat gelaai is.=

Heel dikwels is dit CP850, wat nie 'n "standaard" is wat gewaarworg is om
diakritiese karakters korrek te versend nie.

Die korrekte metode is om te verseker dat mense se pos in die ISO-8859-1,
(ook bekend as Latin1) alfabet versend word. Meer inligting oor Latin1 is
verkrygbaar in ftp://aqua.ccwr.ac.za/pub/afrik/iso-8859-1.faq.Z. Die
oorspronklike FAQ deur Michael Gschwind van Wene se Tegniese Universiteit
is by:

ftp://ftp.vlsivie.tuwien.ac.at/pub/8bit/FAQ-ISO-8859-1

Ek sluit hieronder 'n artikel wat ek lank gelede geskryf het in. Ek
hoop dat dit 'n bietjie meer lig op die onderwerp sal gooi.
------------------------------------------------------------ --------

(WAARSKUWING: Hierdie boodskap is MIME-gekodeer! Mense sonder
MIME-bewuste poslesers sal eienaardige karakters hier en daar sien)

Hallo Almal,

Rakende die gebruik van spesiale karakters in die nuusgroep/poslys:

Na nog meer navorsing, is ek nou in staat om 'n bietjie meer uit te wy oor
hierdie onderwerp. Tot dusver het ek slegs drie reaksies op my vroeëre
artikel hieroor ontvang - een uit België en twee uit Suid-Afrika - dankie
aan die drie betrokke persone.

Ek probeer geensins voorgee dat ek 'n kundige op MIME is nie - ek sal die
hartlik op prys stel indien mense wat meer omtrent die saak weet, vir ons
meer inligting kan verskaf. MIME word in RFC 1341 bespreek.

Ek plaas hieronder 'n vollediger tabel van die ISO 8859-1 (Latin1)
karakterstel (helaas in Engels - ek het dit elders gesteel). Die
beskrywing in die regterhandse kolom beskryf wat mens veronderstel is om
te sien in die linkerhandse kolom. Let egter daarop dat hierdie tabel
slegs die karakters vanaf desimaal 160 tot 255 weergee. Alle karakters
tussen 0 en 127 stem ooreen met die standaard US-ASCII - dit is inderdaad
die geval vir alle karakterstelle in die ISO-8859 familie, waarvan al die
lede behoorlike superversamelings van die US-ASCII-stel is (die ander dek
Hebreeus, Sirilies, Grieks, ens.) Let ook dat ISO-8859-1 nie dieselfde as
IBM se Code Page 850 is nie. Ek is nie seker wat die karakters van kode
128 tot en met 159 voorstel nie - miskien kan iemand anders ons daaroor
inlig.

Ek herhaal wat ek vroeër geskryf het:

Om 'n brief wat Latin1-karakters bevat suksesvol deur die Internet te
stuur, moet mens se e-pos program in staat wees om die regte MIME-velde
aan te bring, en die regte enkodering te doen. In die geval van 'n
Latin1-getikte artikel, is die korrekte "Content-Type" en
"Content-Transfer-Encoding" velde die volgende:

Content-Type: text/plain; charset=3D"iso-8859-1"
Content-Transfer-Encoding: quoted-printable

Om 'n Latin1-artikel te lees, sal posprogramme wat MIME-bewus is, die
nodige dekodering doen en die artikel met die regte karakters vertoon,
*mits* die terminaal/rekenaar in staat is om ISO-8859-1 te vertoon. Sover
my (baie beperkte) kennis strek, sal meeste programme soos Pegasus Mail en
Eudora die regte karakters vertoon. Vir diegene wat, soos ek, gelukkig
genoeg is om op Unix te werk :-) sal programme soos Pine en Elm WAT REG
OPGESTEL IS dit ook doen (lees je mee, Annemie), mits mens op 'n
X-Terminaal, of 'n ISO-8859-1-vaardige terminaal (bv. IBM 3151) of
terminaalnabootser (bv. Kermit) werk.

Let wel: Pegasus Mail ontvang MIME-gekodeerde boodskappe heel goed, maar
om 'n MIME-gekodeerde boodskap te *stuur*, sal mens waarskynlik uitdruklik
hierdie vermoë moet aanskakel. Ek sal dit waardeer as diegene wat Pegasus
redelik goed ken, vir ons meer inligting hieroor kan verskaf.

Die voordeel van "quoted-printable"-enkodering is dat die boodskap nog
steeds grootliks uit gewone US-ASCII-karakters bestaan, en dus sal mense
sonder MIME nog steeds meeste van die boodskap kan lees, tensy dit
natuurlik grootliks in 'n nie-Romeinse alfabet, soos Hebreeus, getik is.

Mens kan ook sg. "richtext" stuur, wat dinge soos onderstreping, ens.
toelaat. Mens kan dan wegdoen met die gebruik van *sterretjies* om
beklemtoning aan te dui. Ek moet hierdie aspek nog navors. Die
"Content-Type"-veld sal dan text/richtext lui.

Ek onthou vaagweg dat toe die Franse Quebecois nuusgroep gestig is, hulle
uitdruklik gestel het dat artikels in Latin1 ook aanvaar sou word.
Miskien moet ons iets in dié lyn in die Afrikaanse FAQ opneem.
Voorstelle, asseblief.

ISO 8859-1 Latin Alphabet 1

char=09dec oct =09hex=09description
[=A0]=09160=09240=09A0=09No-break space
[=A1]=09161=09241=09A1=09Inverted exclamation
[=A2]=09162=09242=09A2=09Cent sign
[=A3]=09163=09243=09A3=09Pound sign
[=A4]=09164=09244=09A4=09Currency sign
[=A5]=09165=09245=09A5=09Yen sign
[=A6]=09166=09246=09A6=09Broken bar
[=A7]=09167=09247=09A7=09Paragraph sign
[=A8]=09168=09250=09A8=09Diaeresis
[=A9]=09169=09251=09A9=09Copyright sign
[=AA]=09170=09252=09AA=09Feminine ordinal
[=AB]=09171=09253=09AB=09Left angle quotation
[=AC]=09172=09254=09AC=09Not sign
[=AD]=09173=09255=09AD=09Soft hyphen
[=AE]=09174=09256=09AE=09Registered trade mark
[=AF]=09175=09257=09AF=09Macron
[=B0]=09176=09260=09B0=09Degree sign, ring above
[=B1]=09177=09261=09B1=09Plus-minus sign
[=B2]=09178=09262=09B2=09Superscript two
[=B3]=09179=09263=09B3=09Superscript three
[=B4]=09180=09264=09B4=09Acute accent
[=B5]=09181=09265=09B5=09Micro sign
[=B6]=09182=09266=09B6=09Pilcrow sign
[=B7]=09183=09267=09B7=09Middle dot
[=B8]=09184=09270=09B8=09Cedilla
[=B9]=09185=09271=09B9=09Superscript one
[=BA]=09186=09272=09BA=09Masculine ordinal
[=BB]=09187=09273=09BB=09Right angle quotation
[=BC]=09188=09274=09BC=09One quarter
[=BD]=09189=09275=09BD=09One half
[=BE]=09190=09276=09BE=09Three quarters
[=BF]=09191=09277=09BF=09Inverted question mark
[=C0]=09192=09300=09C0=09A grave
[=C1]=09193=09301=09C1=09A acute
[=C2]=09194=09302=09C2=09A circumflex
[=C3]=09195=09303=09C3=09A tilde
[=C4]=09196=09304=09C4=09A diaeresis
[=C5]=09197=09305=09C5=09A ring above
[=C6]=09198=09306=09C6=09A with E
[=C7]=09199=09307=09C7=09C Cedilla
[=C8]=09200=09310=09C8=09E grave
[=C9]=09201=09311=09C9=09E acute
[=CA]=09202=09312=09CA=09E circumflex
[=CB]=09203=09313=09CB=09E diaeresis
[=CC]=09204=09314=09CC=09I grave
[=CD]=09205=09315=09CD=09I acute
[=CE]=09206=09316=09CE=09I circumflex
[=CF]=09207=09317=09CF=09I diaeresis
[=D0]=09208=09320=09D0=09Icelandic Eth
[=D1]=09209=09321=09D1=09N tilde
[=D2]=09210=09322=09D2=09O grave
[=D3]=09211=09323=09D3=09O acute
[=D4]=09212=09324=09D4=09O circumflex
[=D5]=09213=09325=09D5=09O tilde
[=D6]=09214=09326=09D6=09O diaeresis
[=D7]=09215=09327=09D7=09Multiplication sign
[=D8]=09216=09330=09D8=09O oblique stroke
[=D9]=09217=09331=09D9=09U grave
[=DA]=09218=09332=09DA=09U acute
[=DB]=09219=09333=09DB=09U circumflex
[=DC]=09220=09334=09DC=09U diaeresis
[=DD]=09221=09335=09DD=09Y acute
[=DE]=09222=09336=09DE=09Icelandic Thorn
[=DF]=09223=09337=09DF=09German sharp s
[=E0]=09224=09340=09E0=09a grave
[=E1]=09225=09341=09E1=09a acute
[=E2]=09226=09342=09E2=09a circumflex
[=E3]=09227=09343=09E3=09a tilde
[=E4]=09228=09344=09E4=09a diaeresis
[=E5]=09229=09345=09E5=09a ring above
[=E6]=09230=09346=09E6=09a with e
[=E7]=09231=09347=09E7=09c cedilla
[=E8]=09232=09350=09E8=09e grave
[=E9]=09233=09351=09E9=09e acute
[=EA]=09234=09352=09EA=09e circumflex
[=EB]=09235=09353=09EB=09e diaeresis
[=EC]=09236=09354=09EC=09i grave
[=ED]=09237=09355=09ED=09i acute
[=EE]=09238=09356=09EE=09i circumflex
[=EF]=09239=09357=09EF=09i diaeresis
[=F0]=09240=09360=09F0=09Icelandic eth
[=F1]=09241=09361=09F1=09n tilde
[=F2]=09242=09362=09F2=09o grave
[=F3]=09243=09363=09F3=09o acute
[=F4]=09244=09364=09F4=09o circumflex
[=F5]=09245=09365=09F5=09o tilde
[=F6]=09246=09366=09F6=09o diaeresis
[=F7]=09247=09367=09F7=09Division sign
[=F8]=09248=09370=09F8=09o oblique stroke
[=F9]=09249=09371=09F9=09u grave
[=FA]=09250=09372=09FA=09u acute
[=FB]=09251=09373=09FB=09u circumflex
[=FC]=09252=09374=09FC=09u diaeresis
[=FD]=09253=09375=09FD=09y acute
[=FE]=09254=09376=09FE=09Icelandic thorn
[^?]=09255=09377=09FF=09y diaeresis

Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Vorige onderwerp: *****PAP-EN-WORS.com***** Gratis registrasie van 'Domain' naam ***register-me.com
Volgende onderwerp: Soek na Afrikaanse woordeboek vir MS Word 6.0
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 08:46:59 MGT 2024