|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Woordeboek [boodskap #25989 is 'n antwoord op boodskap #8557] |
Wo., 08 September 1999 00:00   |
Dries Venter
Boodskappe: 299 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
Samuel Murray wrote in article
...
> om dit te installeer. 'n Mens moet jou keyboard verander na 'n afferkaanse
> keyboard om dit te laat werk, en 'n mens kan in Word97 net in een taal
> spellcheck. As jou Word97 dus opgestel is vir afferkaans en jy wil 'n
> engelse dokument spellcheck moet jy eers jou keyboard verander na 'n British
> of 'n American keyboard (in die Control Panel), en 'n bietjie sukkel om die
> default taal te verander naar Engels.
Jy kan in Word meer as een speltoetser op 'n slag gebruik. Die geheim is
jy moet die stukke wat (byv) Afrikaans is merk, en dan "Afrikaans" as die
"language" daaraan toeken, so ook met die ander taal/tale. Jy hoef nie jou
sleutelbord se taal elke keer te verander nie. Een van die goed wat egter
probleme gee is dat Word aanneem jou dokument is in jou "default language"
(soos in die Kontrolepaneel gestel) opgestel as jy nie vir hom anders
wysmaak nie.
> Jammer lat ek nou hier 'n perd opsaal... maar vir wat werk die Alt-kodes nie
> in Word97 nie? Dit werk in alle ander Windows EN Dos pergramme. Die nuwe
> Windows menier van 'n kappie op die e sit deur 'n kombinasie van kerakters
> te tik en dan die kappie apart... dit werk nie in Dos nie. Jig.
Sover ek weet is hierdie manier net in Word beskikbaar, nie enige van die
ander Microsoft produkte/dienste nie. Maar ek weet nie hoekom sê jy die
Alt-metode werk nie, dit werk vir my, byv: Alt-136 = ê. Wat wel kan gebeur
is dat alternatiewe "code-pages" installeer is, Windows applikasies sal dan
'n viersyfer kode verwag en Alt-136 is dan nie noodwendig dieselfde as
Alt-0136 nie. Die lekkerste sleutelbord wat ek nog op gewerk het was 'n
Nordiese een, die "dooie" karakters is almal as sulks op die sleutelbord
beskibaar, byv die Alt-136 (of Ctrl-Shift ^, e in Word) sou bloot ^ e getik
word, ens. in ALLE applikasies, DOS ook.
Groete,
Dries Venter
|
|
|
|
| Re: Woordeboek [boodskap #26041 is 'n antwoord op boodskap #8557] |
Do., 09 September 1999 00:00  |
STR@NGE
Boodskappe: 13 Geregistreer: Augustus 1999
|
Junior Lid |
|
|
Op 8 Sep 1999 22:29:08 +0200 skryf "Dries
Venter" :
-> Die lekkerste sleutelbord wat ek nog op ->gewerk het was 'n
-> Nordiese een, die "dooie" karakters is almal as sulks op die sleutelbord
-> beskibaar, byv die Alt-136 (of Ctrl-Shift ^, e in Word) sou bloot ^ e getik
-> word, ens. in ALLE applikasies, DOS ook.
Laai net United States International keybord
in Control Panel, dan het jy dit ook.
|
|
|
|