Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Menseregteskendings in die Wes-Kaap!
Menseregteskendings in die Wes-Kaap! [boodskap #8548] Vr, 14 Februarie 1997 00:00
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article amde...@gold.up.ac.za writes:

> Gloudina skryf:

>> AT : Ja, dit breek 'n mens se hart om te dink - eers die
>> amper halfeeu van die apartheids-era, waarin almal tog
>> eintlik diep ongemaklik gevoel het. En nou weer 'n nuwe
>> bedeling wat dinge blykbaar swaar maak vir mense.

> Gloudina, moenie geskenk pakkies stuur nie. Ons kan derem hier vir
> die ander sorg. Doen liewers iets anders wat veel meer belangrik is.
> Stoei dat waarheid en geregtigheid sal seevier.

Begin sommer met Martha Olckers, Nasionale Party minister van Onderswys in die
Wes-Kaap.

Die onderwyswetsontwerp wat sy so pas voorgestel het bepaal onder andere:

KINDERS MET SPESIALE ONDERWYSBEHOEFTES

Olckers se departementshoof mag, as hy vermoed dat 'n kind spesiale
onderwysbehoeftes (liggaamlike, verstandelike of gedragsbehoeftes) het, sonder
'n lasbrief die kind laat ondersoek (sielkundig of medies) om te bepaal of die
kind sulke behoeftes het - sonder die toestemming van die kind of sy ouers en
selfs teen hulle wil - Art 42.

Hy mag die kind na 'n skool vir spesiale onderwys laat neem in ooreenstemming
met sy oordeel van die kind se behoeftes, sonder 'n lasbrief en sonder die
toestemming van die kind of sy ouers, en selfs teen hulle wil. Spesiale
onderwys sluit in sielkundige, mediese, tandheelkunige, paramediese en
terapeutiese behandeling van so 'n kind, insluitende die utivoer van operasies
sonder die toestemming van die kind of sy ouers of selfs teen hulle wil. Art
44 gelees saam met Art 1.

LET OP:

Hierdie magte kan gedelegeer word na enige werknemer van die
onderwysdepartement.

Die betrokke amptenaar kan optree op grond van niks meer as 'n _vermoede_
(suspicion) nie.

Selfs 'n maatskaplike werker of 'n distriksgeneesheer het nie sulke magte nie.

Sulke optrede behoort nooit sonder 'n hofbevel geneem te word as dit teen die
wil van die kind of sy ouers is nie.

MAGTE VAN 'N SKOOLBYWONINGSBEAMPTE (LAMMERVANGER)

Hierdie amptenaar mag, as hy vermoed dat 'n skoolpligtige kind op enige
perseel tenwoordig is, sonder 'n lasbrief die perseel betree. Hy mag enige
persoon sonder 'n lasbrief ondervra en 'n skoolpligtige kind sonder lasbrief
aanhou en aan 'n skoolhoof oorhandig (Art 11). Hy is nie aanpreeklik vir enige
skade of verlies wat deur sy optrede veroorsaak word nie.

LET OP:

Hierdie magte kan gedelegeer word na enige werknemer van die
onderwysdepartement.

Die betrokke amptenaar kan optree op grond van niks meer as 'n _vermoede_
(suspicion) nie. Hy mag _enige_ perseel, hetsy bordeel, internetsalon
(pragtige woord, AT!), video-arkade, privaatwoonhuis of kerk so betree, met
geweld indien nodig.

Onder apartheid het selfs polisiebeamtes nie sulke magte gehad nie.

'n Maatskaplike werker kan 'n kind wat in onmiddelike gevaar verkeer verwyder,
maar moet binne ure die kondonasie van 'n hof verkry vir die optrede.

Hier gaan dit nie oor kinders wat in gevaar is nie - daarvoor is die kinderwet
daar (en die gemenereg maak ook voorsiening daarvoor). Dit gaan oor niks
anders as bloot of 'n kind in 'n staatsgoedgekeurde skool is of nie.

KONTEKS

Twee jaar gelede het die magsbehepte Mary Metcalfe net sulke bepalings in haar
onderwyswetsontwerp vir Gauteng gehad. Die publiek (gewaarsku deur
tuisskolers) het 'n helse keel opgesit, die NP in Gauteng het die maksimum
nut uit die lawaai gehaal en die bepalings is afgeskaal tot iets wat amper
aanvaarbaar is.

Nou kom die NP in die Weskaap met voorstelle wat nog erger is as Metcalfe se
aanvanklike voorstelle.

UITDAGING

Die nuusgroeplesers wat soveel lawaai maak oor menseregte:

Hier word die mees fundamentele regte van kinders, hul reg op waardigheid,
privaatheid, persoonlike sekuriteit en vryheid op die mees blatante manier
denkbaar bedreig.

Nie om hulle teen dreigende of onmiddelike gevaar te beskerm nie - daarvoor
bestaan die kinderwet en die gemenereg laat ook daarvoor toe. Maar bloot om te
verseker dat hulle in 'n staatsgoedgekeurde skool kom. Iets wat deur gewone
geregtelike optrede gedoen kan word, met sanksies waarvoor die wet in elk
geval in ander bepalings voorsiening maak.

Skoolbywoning word hier behandel asof dit 'n saak van uiterste dringendheid
is, soveel so dat daar nie genoeg tyd is om op die gewone manier 'n lasbrief
te kry nie soos wat gedoen moet word om moordenaars, verkragters,
dwelmhandelaars ens aan te keer.

Maak nou lawaai vir die regte van kinders.

Skryf aan Olckers by faksnommer (Kaapstad 021) 403 6536 en vryf haar dit onder
die neus.

Groete, Leendert
Re: Menseregteskendings in die Wes-Kaap! [boodskap #8549 is 'n antwoord op boodskap #8548] Vr, 14 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Leendert skryf:

> Hier word die mees fundamentele regte van kinders, hul reg op waardigheid,
> privaatheid, persoonlike sekuriteit en vryheid op die mees blatante manier
> denkbaar bedreig.

> Nie om hulle teen dreigende of onmiddelike gevaar te beskerm nie - daarvoor
> bestaan die kinderwet en die gemenereg laat ook daarvoor toe. Maar bloot om te
> verseker dat hulle in 'n staatsgoedgekeurde skool kom. Iets wat deur gewone
> geregtelike optrede gedoen kan word, met sanksies waarvoor die wet in elk
> geval in ander bepalings voorsiening maak.

> Skoolbywoning word hier behandel asof dit 'n saak van uiterste dringendheid
> is, soveel so dat daar nie genoeg tyd is om op die gewone manier 'n lasbrief
> te kry nie soos wat gedoen moet word om moordenaars, verkragters,
> dwelmhandelaars ens aan te keer.

> Maak nou lawaai vir die regte van kinders.

Dit is een uitvloeisel van 'n veel groter saak: die manipulasie
van die mens se gees - hoe om ander mense tot jou voordeel te
beheer. Alles word ingespan: die kerk, die staat, die skole,
noem dit maar. Dit gebeur selfs op hierdie nuusgroep reg onder
ons o"e.

Hou op daarmee. God het my geskape as as 'n skeppende skepsel.
Daarvan is ek oortuig. Elke poging van ander om my kreatiwiteit
te probeer beheer, ervaar ek as 'n poging tot slawerny. My
kosbaarste besitting hier op aarde is my vryheid om te kan skep.
Daarvan is ek ook oortuig.

Wanneer ek 'n kind saam met my wederhelfte in die lewe roep, leef
hierdie kind onder hierdie vryheid om te kan skep. Daarom moet ek
as ouer hierdie vryheid vir my kind borg - nie die dominee nie, nie
die skoolhoof nie en nie die parlementslid nie. Wie enige kind dan
tot slawerny verdoem, onder watter voorwendsel al, pleeg 'n gruwelike
sonde.

Daar is sommige mense wat regtig 'n beter Nuwe Suid Afrika wil he.
Maar die oorgrote meerderheid, of hulle nou in watter party, kerk of
skool ookal sit, het nie van hart verander met die val van apartheid
nie. Hulle wil steeds volhou met hulle sosiale ingenieurswese - net
soos in meeste lande vroeer onder kommunistiese/sodialistiese bewind.
Lees maar die huidige koerante (van die HNP se Afrikaner tot die ??? se
Sowetan) en toets my stelling.

Ek sien met verlange daarna uit wanneer enige vorm van verpligte slawerny
(social engineering) in hierdie land as 'n "misdaad teen die mensheid"
behandel sal word.

Beste wense
At de Lange
Re: Menseregteskendings in die Wes-Kaap! [boodskap #8551 is 'n antwoord op boodskap #8548] Vr, 14 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Skuus:

Stuur sommer Afskrifte aan opposisielede. Die waarvoor ek inligting het is:

Michael Louis
African Christian Democratic Party
Faks (Kaapstad 021) 483 4143

Eleanor Lombaard
Vryheidsfront
Faks (Kaapstad 012) 949 2677

Die ANC het 'n Me E Brown wat nogal skerp is oor onderwys (volgens haar
toespraak in 'n debat waarvan ek die Hansard het) maar ek het nie
kontakinligting vir haar nie. Dit is moontlik beskikbaar op die ANC se Webb
page.

Groete, Leendert

In article oos...@scientia.up.ac.za
(Leendert van Oostrum) writes:>From: oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
Oostrum)>Subject: Re: Menseregteskendings in die Wes-Kaap!
> Date: Fri, 14 Feb 1997 14:45:32

> Skuus:

> Die wetsontwerp is die Weskaapse Provinsiale Konsep Wetsontwerp op
> Skoolonderwys 1997, gepubliseer in Buitengewone Provinsiale Koerant 5106 van
> Vrydag 24 Januarie 1997.

> Kom ons kyk of die Suid-Afrikaners in die Diaspora ook bietjie lawaai kan
> maak. Skryf vir Olckers, maar skryf sommer vir 'n paar van ons plaaslike
> koerante ook. En skryf vir die SA Hoëkommissaris of Ambassadeur in die land
> waar jy is. Vertel hulle presies wat jy dink van Olckers se idees oor
> kinderregte in die NSA.

> Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Re: Menseregteskendings in die Wes-Kaap!
Volgende onderwerp: PENVRIENDE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 06:38:17 MGT 2024