Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Rugby WB: Opening
Rugby WB: Opening [boodskap #85412] |
Sat, 11 October 2003 09:05 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Sandvlooi
Boodskappe: 484 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Kyk, die Aussies mag nou maar 'n klomp groot, los bekke wees, maar van 'n
openingseremonie vir 'n groot gebeurtenis, dié ken hulle van. Ongelukkig
kon ek die hele ding nie nie sien nie, maar dit wat ek gesien het, was baie
indrukwekkend. Veels geluk Australië en baie dankie! Hoop nou maar net
julle sal nie versuip in ou Eddie Jones se krokkodiltrane as julle nié die
WB kan wen nie..........
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Rugby WB: Opening [boodskap #85466 is 'n antwoord op boodskap #85465] |
Mon, 13 October 2003 14:36 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) |
Sandvlooi
Boodskappe: 484 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het nie vir 'n oomblik probeer voorgee boeremusiek is beter as die
algemene swart musiek nie. Dis seker maar 'n kwessie van aan wat jy
gewoond aan is of waaronder jy gekondisioneer is. Ek hou van 'n rustige
klank op die agtergrond, meeste van die swart mense wat ek ken, speel nie
eers die gewone stasies nie. Die Damaras bv soek hulle sender en dis sulke
'tingeling-trek-trek' van musiek en hulle speel hom HARD. Omtrent net een
wysie wat oor en oor gespeel word. Volgens my oor is dit aaklig, maar op
daaiselle muskiek dans hulle die 'Namastap' wat een van die beste 'shows' is
wat jy kan sien. Gee jy egter van ons 'normale' musiek vir 'n Damara en hy
ignoreer dit. Hey, ek praat nie van spesifieke gevalle nie..........ek
gooi so oor die breë gemiddelde.
"Annette" skryf in boodskap news:bmect7$kia$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wat bedoel jy van herhaal? Boeremusiek is herhalend by uitstek. Al ooit die
> baskitaar in 'n boere-orkes gespeel?
> Vier note!!:))
> Maar jy is verkeerd hoor - nie alle swartes dink boeremusiek is nonsens nie,
> en nie alle wittes dink sjebienmusiek is doodvervelig nie.
> As mens 'n dop of twee in het, dan dans almal op almal se musiek - ewe
> lekker.
> Annette met die etniese boude - wat sonder dop Saterdagmiddae in die
> buitekamer geleer en lekker die riel gedans het, baie keer op boeremusiek
> ook nog.
> --
> Annette
> "Sandvlooi" wrote in message
> news:bmeb8k$mqb$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
>> Ek wonder nog altyd hoe sien 'n swart Afrikaman die Australiese
>> openingseremonie? Heel moontlik hulle dit is 'n klomp gemors. Viva la
>> differance.........of so iets. Ek weet dat die swart mense hier by ons
>> dink dat boeremusiek is 'n klomp tjol. Darem self ek hulle
>> herhalingsliedere is ook twak, maar daarvoor het elkeen darem sy eie radio!!
>> "Elaine" wrote in message
>> news:3f8aac81$0$64721@hades.is.co.za...
>>> Ja ek vermoed so. Die buitelanders het gedink die openingseremonie was
>>> moerse nice - ek het gedink dit was 'n groot klomp gemors - maar dan het die
>>> Australiëners dalk gedink hulle krieket opening is stupid.
>>>
>>> E
>>>
>>> "Sandvlooi" wrote in message
>>> news:bme61i$m82$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
>>>> Jy is natuurlik reg. Miskien moet mens ophou vergelyk met wat in die
>>>> eerste wêreldse lande gebeur. Ons bly in Afrika en daai lot van oorsee
>>>> dink klaarblyklik die Afrika'se half chaos is 'n avontuur?
>>>
>>
>
|
|
|
|
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Mon Feb 17 18:43:42 UTC 2025
|