Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Apartheid, die die Engelse het dit OOK ten volle benut!
Apartheid, die die Engelse het dit OOK ten volle benut! [boodskap #8537] Do, 13 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Grove Erasmus[1]  is tans af-lyn  Grove Erasmus[1]
Boodskappe: 12
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
Hello almal hiersi,

Ek wil graag my eirtjie lê oor apartheid.

Sommige mense in SA beweer dat as apartheid in 1950 die nekslag
toegedien is, sou ons dalk nou nie so probleem gehad het met 'n
onopgevoede massa en 3e wêreld standaarde nie.

Ek stem nie mooi saam daarmee nie, alhoewel ek apartheid in beginsel
afkeur. Vanaf die 1940's af was daar verskeie "bevrydings" oorloë in
Afrika. En die "vryheidsvegters" was almal deur die kommuniste geteun
= kommunistiese denkrigting en sosialisme.

Indien SA in 1950 'n demokrasie was - my stelling - sou ons ook oorval
gewees het deur radikale kommuniste met propagande en al. En heel
waarskynlik ook nog 'n mini burgeroorloggie, soos in alle alnder
afrika lande van die 1950 to laat 1980's. En toeka al 'n 3e wêreld
land gewees het. Apartheid het mense se menswaardigheid weggeneem.
Feit.

Maar, apartheid het infrastruktuur, skole, paaie en WERK geskep.
Alles wat vandag ontbreek in die hedendaagse Afrika.

Natuurlik gaan vele mense my HAAT vir wat ek nou wil seg maar ek dink
die Afrikaanssprekende persoon is, soos die inheemse swart mense meer
gebonde aan die land. Die Engelse het orals in Afrika ingestorm, hul
Fortuin gemaak en as die weer sleg raak, terug gevlug Engeland toe.
Die Afrikaner het SA as sy moederland aangeneem en Nederland
afgeskryf.. Terwyl die Engele nog STEEDS heimwee het oor Engeland.

Die Afrikaner het apartheid geskep om homself op te hef uit die
armoedige toestande. Dit was deel van hul liefde en toegewydhyd vir
Suid-Afrika en sy mense. Dit was egter die verkeerde manier.

Groetnis,
Mike Erasmus
m...@hca.co.za
Re: Apartheid, die die Engelse het dit OOK ten volle benut! [boodskap #8552 is 'n antwoord op boodskap #8537] Vr, 14 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 13 Feb 1997 15:54:10 GMT, hor...@smartnet.co.za (Mike) wrote:

[/color]

Soveel Afrikaners het vandag natuurlik heimwee aan Nieu-Seeland.
Re: Apartheid, die die Engelse het dit OOK ten volle benut! [boodskap #8565 is 'n antwoord op boodskap #8537] So, 16 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Mike wrote in article
...
Hello almal hiersi,

Ek wil graag my eirtjie lê oor apartheid.

Sommige mense in SA beweer dat as apartheid in 1950 die nekslag
toegedien is, sou ons dalk nou nie so probleem gehad het met 'n
onopgevoede massa en 3e wêreld standaarde nie.

Ek stem nie mooi saam daarmee nie, alhoewel ek apartheid in beginsel
afkeur. Vanaf die 1940's af was daar verskeie "bevrydings" oorloë in
Afrika. En die "vryheidsvegters" was almal deur die kommuniste geteun
= kommunistiese denkrigting en sosialisme.

Indien SA in 1950 'n demokrasie was - my stelling - sou ons ook oorval
gewees het deur radikale kommuniste met propagande en al. En heel
waarskynlik ook nog 'n mini burgeroorloggie, soos in alle alnder
afrika lande van die 1950 to laat 1980's. En toeka al 'n 3e wêreld
land gewees het. Apartheid het mense se menswaardigheid weggeneem.
Feit.

Maar, apartheid het infrastruktuur, skole, paaie en WERK geskep.
Alles wat vandag ontbreek in die hedendaagse Afrika.

Natuurlik gaan vele mense my HAAT vir wat ek nou wil seg maar ek dink
die Afrikaanssprekende persoon is, soos die inheemse swart mense meer
gebonde aan die land. Die Engelse het orals in Afrika ingestorm, hul
Fortuin gemaak en as die weer sleg raak, terug gevlug Engeland toe.
Die Afrikaner het SA as sy moederland aangeneem en Nederland
afgeskryf.. Terwyl die Engele nog STEEDS heimwee het oor Engeland.

Die Afrikaner het apartheid geskep om homself op te hef uit die
armoedige toestande. Dit was deel van hul liefde en toegewydhyd vir
Suid-Afrika en sy mense. Dit was egter die verkeerde manier.

Groetnis,
Mike Erasmus
m...@hca.co.za

Hallo Mike,
Ek steun jou 100%,maar een ding van die Engelse wat so gevlug het, hulle
kon darem `n DAM bou, of wat se ek als...
Kyk maar ne die Oseane.. HaHa

Frikkie
pot...@global.co.za
Re: Apartheid, die die Engelse het dit OOK ten volle benut! [boodskap #8585 is 'n antwoord op boodskap #8537] Di, 18 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
GJJ Korf  is tans af-lyn  GJJ Korf
Boodskappe: 9
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
Die Afrikanergemeenskap [Boerevolk in die oue ZAR & OVS] was om boerelewe
baseer....Hulle het die Britse nywerheid en politiek verwerp...

Die mening van die ou Boerelewe was 'n 'vryheid' en afsonderheid teen die
groeie Britse strewe; Die NP het teen Londen en die 'Empire' vir Afrikaner
kultuur en die eie politiese staatsreg geveg.

Die ongeluk van die Afrikaners in die hele van die RSA die
goud-en-diamante nywerheid was. Die industrieele mag en oorsese
verwantskap die wense vir 'n afsonderheid het ruineer....

Vandag is die RSA in 'n moeilike posisie. 'Polders' vir mense is nou
gebreek.
Die ontwikkelde 'posture' vir almal is nie met apartheid nie, maar met die
nuwe regering en 'n ekonomiese toekoms dat onseker is...

Wat is seker-- die RSA het die oue Transvaal lande afskaf, en die Vrystaat
is nie 'Oranje' nie....

Met hoop, onder die RSA se nuwe 'gewelf' kon 'n Afrikanergemeenskap vir
die toekoms vorm...Die verlede tye is al verlede... Waarvan sal 'n
volkssiel en 'gesig' vir die kultuur kom?

vir die Goeie Hoop
Re: Apartheid, die die Engelse het dit OOK ten volle benut! [boodskap #8600 is 'n antwoord op boodskap #8537] Wo, 19 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
erh...@aol.com says...
>
> Die Afrikanergemeenskap [Boerevolk in die oue ZAR & OVS] was om boerelewe
> baseer....Hulle het die Britse nywerheid en politiek verwerp...
>
> Die mening van die ou Boerelewe was 'n 'vryheid' en afsonderheid teen die
> groeie Britse strewe; Die NP het teen Londen en die 'Empire' vir Afrikaner
> kultuur en die eie politiese staatsreg geveg.
>
> Die ongeluk van die Afrikaners in die hele van die RSA die
> goud-en-diamante nywerheid was.

Ja, in die laaste honderd jaar het baie verander in
die suidelike deel van Afrika. 'n Eeu gelede was daar
twee onafhanklike republieke in die binneland. Ek
weet jy hou van die geskiedenis van daardie twee ou
republieke. (Hoekom vertel jy nie vir die nuusgroep
hoekom jy so belangstel in die geskiedenis van
suidelike Afrika nie?)
As die binneland van SA nie so baie minerale gehad
het nie, sou hulle miskien alleen gelaat was. Nie alleen
kom groot hoeveelhede goud, uraan en diamante van
SA nie. In een van die wereld se grootste metaal-ryk
geologiese areas, die Bosveld-kompleks, kry jy groot
hoeveelhede van die wereld se platinum groep van metale,
en ook meer as 55 persent van die wereld se kroom.
Meer as driekwart van die Westerse wereld se mangaan
kom uit die Noordkaap. Mangaan is essensieel vir die
produksie van staal. So, omdat SA ook baie volop kool
en yster het, is SA van die grootste produsente van staal
in die wereld. Op die oomblik is die VSA en Kanada baie
opgewonde omdat Suid-Afrika besig is om staal in die
kontinent in te bring teen baie lae pryse. SA word daarvan
beskuldig dat hulle besig is met "dumping" (wat 'n groot
sonde hier in Noord-Amerika is - veral as iemand anders
dit aan jou doen. Dis OK om dit self te doen, lyk dit vir
my.)

Gloudina
Vorige onderwerp: Brief vir Leendert, At en Reinier
Volgende onderwerp: Gratis koppeling van Afrikaanse bladsye
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 19:44:46 MGT 2024