Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wie weet?
Wie weet? [boodskap #85057] |
Sun, 05 October 2003 15:14  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Waar kom die woord Afrika vandaan?
--
Annette
|
|
|
|
|
|
Re: Wie weet? [boodskap #85067 is 'n antwoord op boodskap #85061] |
Sun, 05 October 2003 17:49   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
O gaats!! Daar vlieg my hele middag se navorsing by die venster uit!!
Volgens die webblad oor Afrika - die oorsprong, opgrawings, geboue en
vogeltjies:
Africa is named after Ifriqos bin Qais bin Saifi, one of the Kings of Yemen
--
Annette
"Lorinda" skryf in boodskap news:blpf39$f2g$1@news7.svr.pol.co.uk...
>
> "Annette" wrote in message
> news:blpcla$4ac$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Waar kom die woord Afrika vandaan?
>> --
>> Annette
>>
>
> Dit is wat die Roemeine die provinsie rondom Carthage in Noord-Afrika genoem
> het. Dit is 'n feit, maar daar is 'n menigte teoriee oor waarom hulle dit
> die naam genoem het. Die mees waarskynlike is dat dit van Phoenician
> oorsprong is, en dat daar mense in die streek was wat hulleself "Afer"
> genoem het, en die Romeine het dit in "Afri" verander om meervoud aan te
> toon, en die streek Africa genoem. 'n Ander teorie is dat dit van die
> Griekse woord "aphriki" kom, wat "sonder afgryse" beteken, die teorie stel
> dan dat hierdie woord vir "afgryse" ook bittere koue beteken het, dus
> "sonder koue".
>
> Lorinda
>
|
|
|
|
|
Re: Wie weet? [boodskap #85158 is 'n antwoord op boodskap #85061] |
Tue, 07 October 2003 08:17   |
LBB
Boodskappe: 5 Geregistreer: October 2002
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Dankie Lorinda. Interessant!
Ek het ook iewers gelees dat die woord afkomstig is van 'n Egipties se woord,
*kafri* vir "moederskoot". Weet iemand meer hieroor?
Colin
On Sun, 5 Oct 2003 17:08:39 +0100, "Lorinda" wrote:
>
> "Annette" wrote in message
> news:blpcla$4ac$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Waar kom die woord Afrika vandaan?
>> --
>> Annette
>
> Dit is wat die Roemeine die provinsie rondom Carthage in Noord-Afrika genoem
> het. Dit is 'n feit, maar daar is 'n menigte teoriee oor waarom hulle dit
> die naam genoem het. Die mees waarskynlike is dat dit van Phoenician
> oorsprong is, en dat daar mense in die streek was wat hulleself "Afer"
> genoem het, en die Romeine het dit in "Afri" verander om meervoud aan te
> toon, en die streek Africa genoem. 'n Ander teorie is dat dit van die
> Griekse woord "aphriki" kom, wat "sonder afgryse" beteken, die teorie stel
> dan dat hierdie woord vir "afgryse" ook bittere koue beteken het, dus
> "sonder koue".
>
> Lorinda
>
|
|
|
|
Re: Wie weet? [boodskap #85219 is 'n antwoord op boodskap #85061] |
Tue, 07 October 2003 17:54   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Lorinda" wrote
. 'n Ander teorie is dat dit van die
> Griekse woord "aphriki" kom, wat "sonder afgryse" beteken, die teorie stel
> dan dat hierdie woord vir "afgryse" ook bittere koue beteken het, dus
> "sonder koue".
Ja, ek sou geneig wees om te dink dat die woord eintlik
'n Griekse oorsprong sal moet hê, omdat die Grieke lank
voor die Romeine al die Middellandse See bevaar het.
Die woord Azania dink ek is ook van Griekse oorsprong.
Die daad van benaming van 'n hele kontinent is natuurlik
ietwat problematies, want die mense wat die benaming maak,
is in baie gevalle nie bewus van die bestaan van die grotere
geheel nie. Sien byvoorbeeld die oorsprong van die woord
"Kanada". Toe die Franse daar by Quebec City eeue gelede
vir lede van 'n eerste nasie vra wat die naam was van die
plek daar in die verte, sê hulle "kanata" en dis hoe Kanada
dan op die Franse kaarte te lande gekom het. Maar dit
het eenvoudig, in die taal van daardie stam, net beteken
"daar anderkant."
In die geval van "Amerika" was dit natuurlik, belaglik
genoeg, die naam van die kaartmaker Amerigo Vespucci
wat uiteindelik die naam "Amerika" tot stand laat kom het.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Wie weet? [boodskap #85227 is 'n antwoord op boodskap #85219] |
Tue, 07 October 2003 22:04   |
Namaqua
Boodskappe: 144 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> In die geval van "Amerika" was dit natuurlik, belaglik
> genoeg, die naam van die kaartmaker Amerigo Vespucci
> wat uiteindelik die naam "Amerika" tot stand laat kom het.
Die mense in Bristol in die UK glo nie so nie - o.t.w die alternatiewe
Amerika etymologiese teorie.
John Cabot wat Noord Amerika ontdek in sy vaart van Bristol na Newfoundland
is geborg deur 'n ryk handelaar van Bristol - Richard Ameryk.
Volgens die Bristol stadsraad is dit "wettige" oorsprong van die naam
America. :-)
Ek dink ek het erens gelees dat Azania sy oorsprong by die Arabiese
handelaars van Yemen en Zanzibar wat die oos kus van Afrika handel gedryf
het.
namakwa
"@rogers.com" wrote in message
news:b5Dgb.137763$3r1.68215@news02.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> "Lorinda" wrote
>
> . 'n Ander teorie is dat dit van die
>> Griekse woord "aphriki" kom, wat "sonder afgryse" beteken, die teorie stel
>> dan dat hierdie woord vir "afgryse" ook bittere koue beteken het, dus
>> "sonder koue".
>
> Ja, ek sou geneig wees om te dink dat die woord eintlik
> 'n Griekse oorsprong sal moet hê, omdat die Grieke lank
> voor die Romeine al die Middellandse See bevaar het.
> Die woord Azania dink ek is ook van Griekse oorsprong.
> Die daad van benaming van 'n hele kontinent is natuurlik
> ietwat problematies, want die mense wat die benaming maak,
> is in baie gevalle nie bewus van die bestaan van die grotere
> geheel nie. Sien byvoorbeeld die oorsprong van die woord
> "Kanada". Toe die Franse daar by Quebec City eeue gelede
> vir lede van 'n eerste nasie vra wat die naam was van die
> plek daar in die verte, sê hulle "kanata" en dis hoe Kanada
> dan op die Franse kaarte te lande gekom het. Maar dit
> het eenvoudig, in die taal van daardie stam, net beteken
> "daar anderkant."
> In die geval van "Amerika" was dit natuurlik, belaglik
> genoeg, die naam van die kaartmaker Amerigo Vespucci
> wat uiteindelik die naam "Amerika" tot stand laat kom het.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Plofbare vloeistof [boodskap #85329 is 'n antwoord op boodskap #85224] |
Wed, 08 October 2003 19:53   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Lorinda" wrote:
> LOL! Ek kan myself al sien met 'n jas, hoed en serp waar ek deur die "bog"
> ploeter aan die Ierse weskus..... en myself in afgelee dorpies voorstel as
> 'n arme reisiger met rumatiek! .:-))
LOL! Soms is dit presies wat ek graag sal wil doen. Wel, sonder die
rumatiek gedeelte natuurlik. Onthou jy nog die fliek "Chocolat"?
> Nee, Katryn ek het 'n PLAN. Ek sal saam met 'n virend (sodat dit nou nie so
> snaaks lyk nie) na een van die Ierse pubs hier in Londen gaan, en vir een
> van die oudstryders (uit die stryd met die Britse bou industrie) 'n Guinness
> koop, met hom gesels oor die old country en dan as hy dit die minste verwag
> sal ek vra:-) Baie van hulle kom juis uit daardie geweste..... So watch
> this space...
LOL! Dêm!!! Ek sal nie so iets kan regkry nie, want die rednecks wat
rerige moonshine resepte sal hê, is nie die tipe wat jy eintlik in 'n
dorp se kroeg sal aantref nie. Tensy Ellie sal kan uithelp, want sy
woon mos al 134.125 jaar hier in die Suide, en haar skoonfamilie sal
dalk kan uithelp? Ellie?
:-)))
Anders sal ek maar my daisy dukes moet gaan uitruk uit die kas en weer
die berge invaar....
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Wie weet? [boodskap #102851 is 'n antwoord op boodskap #102837] |
Fri, 06 May 2005 15:07  |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hi DD. Baie dki vir jou moeites.
Sou jy by Thirsty's sit - en na die Noord hawehoof kyk oor nie kanaal sal jy
ook baie goeie skote ky.
Het jy al die veerboot gebruik om by die stasie "Wests" uit te kom - dis
regoor Thirsty's aan die oorkant. En dan kan jy om die punt stap na die ou
walvisstasie.
Sou jy 'n baie goedkoop en interessante toer wil maak in die hawe, dan kan
jy die veerboot daar by die Royal Yatch Klub bestyg - die veerboot vervoer
die matrose en hoere na al die bote in die hawe. Baie interessant (die hawe
natuurlik!) en sekerlik die goedkoopste stukkie toerisme in Durban - ek het
gewoonlik my besoekers so die hawe gaan wys.
(As student was ek 'n stoker op die spoorweë daar by Wests. By die hotel
daar, sou hy nog bestaan, het ek Bacchus met Hollandse matrose vereer. Die
laaste trein na Wests was 22:00 en die laaste veerboot (die sg "hoer"-ferry)
was 23:00 - sou jy daarna huis toe wil gaan het jy met die spoorlyn tot by
Bayhead gestap - en as jy nie nugter was nie, het jy tot daar geval ....)
Durban is sekerlik een van die interessantste stede in die RSA.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 08:52:43 UTC 2025
|