Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Idioom: Tussen...
Idioom: Tussen... [boodskap #8404] |
Thu, 06 February 1997 00:00  |
Stefan Harms
Boodskappe: 35 Geregistreer: October 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Tussen die hand en die mond, val die pap op die grond
Verduideliking: dinge draai nie altyd so uit as wat beplan is nie.
Voorbeeld: Ek wil graag 'n elektroniese idioompers op die been bring,
maar tussen die hand en die mond, val die pap op die grond.
--
Stefan...@mbnet.mb.ca
|
|
|
|
|
|
|
Re: Idioom: Tussen... [boodskap #8683 is 'n antwoord op boodskap #8404] |
Sat, 01 March 1997 00:00  |
Stefan Harms
Boodskappe: 35 Geregistreer: October 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
In article , van...@ilink.nis.za (Teunis
vanRee) wrote:
> Etienne Marais (eti...@jupiter.up.ac.za) wrote:
> : Stefan Harms (Stefan...@mbnet.mb.ca) wrote:
> : : In article , JF Dullaart wrote:
>
> : : > Stefan Harms wrote:
> : : > >
> : : > > Tussen die hand en die mond, val die pap op die grond
> : : > >
> : : >
> : : > Moet dit nie "van die hand na die mond ... " lees nie?
> : : >
> : : > --
>
> [knip]
>
> : : Miskien ja. Dalk kan iemand dit bevestig. Hoe bepaal ons die "regte" of
> : : "mees algemene" idioom?
>
> : Weet nie, maar ek ondhou dit ook as van die hand na die mond... :)
>
> Bosman, vdM & Hiemstra erken beide, maar ek het dit geleer as 'van die hand
> na die mond...'
Ek slaak 'n sug van verligting, want ek het al gedink ek is heeltemaal die
kluts kwyt en die enigste een wat die "van" 'n "tussen" gemaak het.
Dankie vir die opheldering.
So tussen hakkies, daardie boek van jou kan dalks nog ander interessante
idiome oplewer, hoe lyk dit?
--
Stefan...@mbnet.mb.ca
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 14 19:13:00 UTC 2025
|