Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Kom ons ruil idiome - beleidsbepaling
Kom ons ruil idiome - beleidsbepaling [boodskap #8411] Do, 06 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Stefan Harms  is tans af-lyn  Stefan Harms
Boodskappe: 35
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Idiome - is hulle nie wonderlik nie?
Ultra-kort gediggies, as't ware,
behalwe dat hulle nie in boeke, maar in ons monde leef.

Ek sou graag 'n hele versameling van idiome op my hardeskyf he^, sodat ek
hulle een vir een kan uithaal en soos blokkies biltong 'n dag op 'n slag
kan kou.

Na aanleiding van Gloudina se elektroniese gedigpers, wonder ek of daar
genoeg belangstelling op hierdie nuusgroep is vir 'n spanpoging tot 'n
idiomebundel?

Hoe nou gedaan om die uitruil en versamel van idiome maklik te maak?
Dan is daar natuurlik ook die probleem dat vele idiome verpolitiseer sal word.
Hoe gaan ons die kaf van die koring skei?

Met die bogenoemde in ag genome, stel ek volgende ree"ls voor:
1. Een idioom per boodskap (of wat is die Afrikaans vir "posting"?)
2. Begin die titel van die boodskap met "Idioom: " gevolg deur enige
woord uit die idioom. Dit sal verwarring voorkom, en maak alfabetiese
sorteer makliker. Dit bly dan aan jouself oorgelaat of jy al die response
ook wil vergader.
3. Gee een of twee voorbeelde, asook 'n klein storie, as verduideliking
van die betekenis of oorsprong saam.
4. Vermy afjak en politiek.

Natuurlik is hierdie voorstelle, net soos enige reels op die net, net so
kragtig as wat die gebruikers dit maak.

Dus sal ek 'n voorbeeld gee:
Titel - Idioom: Tussen...
Boodskap -
Tussen die hand en die mond, val die pap op die grond
Verduideliking: dinge draai nie altyd so uit as wat beplan is nie.
Voorbeeld: Ek wil graag 'n elektroniese idioompers op die been bring,
maar tussen die hand en die mond, val die pap op die grond.

Ten slotte wil ek bedink dat spanwerk die kanse van pap op die grond
minder maak. Ek huiwer om die idioom, of is dit 'n leuse, wat met
"Eendrag" begin, te noem.
Enige Webmeesters onder ons wat stoorplek beskikbaar sou stel, sal
natuurlik 'n waardevole bydrae kan lewer. Miskien is daar reeds so-iets?

O
/\/
O (Bedink en getik deur Stefan Harms)
--
Stefan...@mbnet.mb.ca
Re: Kom ons ruil idiome - beleidsbepaling [boodskap #8447 is 'n antwoord op boodskap #8411] Sa, 08 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stefan Harms  is tans af-lyn  Stefan Harms
Boodskappe: 35
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
In article , iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

> In article ,
> Stefan...@mbnet.mb.ca says...

>> Na aanleiding van Gloudina se elektroniese gedigpers, wonder ek of daar
>> genoeg belangstelling op hierdie nuusgroep is vir 'n spanpoging tot 'n
>> idiomebundel?
>>
> Stefan, wat 'n goeie idee!
> Ek is nie seker hoe formeel jy die opskrywery
> wil he^ nie. Ek het in my pos "oor Kretie en
> Pletie" nie my naam geteken nie. Hoop dis soos
> jy dit wil he^. As 'n mens ander ekwivalente
> noem, soos in my geval "hoi poloi" en "jan rap
> en sy maat" moet 'n mens dan aparte poste daarvan
> maak. En hoe gaan 'n mens boekhou daarvan dat
> mense dit nie alreeds gestuur het nie? Oor laas-
> genoemde behoort 'n mens jou seker nie te bekommer
> nie. Die een wat die dinge uitsorteer uiteindelik,
> sal seker daarvoor sorg.
> Gloudina

Met 'n sug van verligting lees ek dat jy daarvan hou, Gloudina.
Die eerste wyle het dit gelyk asof niemand hom daaraan steur nie.
Alhoewel, soms is dit beter om geen reaksie te kry nie.

Ek wou nie te streng klink in my oorspronklike "beleidsbepaling" nie, maar
veel eerder voostelle gee wat ek dink sou werk.
Nog steeds glo ek dat die soort van uitruil net werk as meer as een
daaraan deel het, en daarom wil ek glad nie net my eie stempel afdruk nie.
Dieselfde geld vir die formeelheid daarvan: het jy enige idee of voorstelle?
Ek sou dink dat dit tog nuttig sou wees om onderaan te teken, (e-pos
adres, of so) want dan kan dit as 'n tipe verwysing dien.

groete
--
Stefan...@mbnet.mb.ca
Re: Kom ons ruil idiome - beleidsbepaling [boodskap #8448 is 'n antwoord op boodskap #8411] Sa, 08 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , Stefan...@mbnet.mb.ca says...
>
> Idiome - is hulle nie wonderlik nie?
> Ultra-kort gediggies, as't ware,
> behalwe dat hulle nie in boeke, maar in ons monde leef.
>
> Ek sou graag 'n hele versameling van idiome op my hardeskyf he^, sodat ek
> hulle een vir een kan uithaal en soos blokkies biltong 'n dag op 'n slag
> kan kou.
>
> Na aanleiding van Gloudina se elektroniese gedigpers, wonder ek of daar
> genoeg belangstelling op hierdie nuusgroep is vir 'n spanpoging tot 'n
> idiomebundel?
>
> Hoe nou gedaan om die uitruil en versamel van idiome maklik te maak?
> Dan is daar natuurlik ook die probleem dat vele idiome verpolitiseer sal

Stefan, wat 'n goeie idee!
Ek is nie seker hoe formeel jy die opskrywery
wil he^ nie. Ek het in my pos "oor Kretie en
Pletie" nie my naam geteken nie. Hoop dis soos
jy dit wil he^. As 'n mens ander ekwivalente
noem, soos in my geval "hoi poloi" en "jan rap
en sy maat" moet 'n mens dan aparte poste daarvan
maak. En hoe gaan 'n mens boekhou daarvan dat
mense dit nie alreeds gestuur het nie? Oor laas-
genoemde behoort 'n mens jou seker nie te bekommer
nie. Die een wat die dinge uitsorteer uiteindelik,
sal seker daarvoor sorg.
Gloudina
Re: Kom ons ruil idiome - beleidsbepaling [boodskap #8470 is 'n antwoord op boodskap #8411] So, 09 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
Stefan...@mbnet.mb.ca says...

> Ek sou dink dat dit tog nuttig sou wees om onderaan te teken, (e-pos
> adres, of so) want dan kan dit as 'n tipe verwysing dien.

> Stefan...@mbnet.mb.ca

Stefan,
Hoe meer ek aan die moontlikhede dink, hoe
meer entoesiasties word ek vir jou "idiome-bundel"
of idiome-bank.
Ek dink veral daaraan as iets wat beginner-
studente van Afrikaans kan baat. Dus wil ek graag
voorstel dat die insender 'n kort verklaring in Engels
van die idioom plaas. Ek dink jy sal jou verbaas hoe
baie studente van Afrikaans daar op die nuusgroep is.
Asook Engelssprekers binne en buite SA wat die nuus-
groep lees, en Nederlanders en Vlaminge wat belang
stel in hierdie eienaardige taal wat hulle nie kan praat
nie, maar tog so vlot kan lees! (Net soos ons met hulle
tale.)
Dus, totdat jy jou daarteen uitspreek, gaan ek 'n
klein Engelse verklaring by elke idioom sit wat ek in-
stuur.
Gloudina
Re: Kom ons ruil idiome - beleidsbepaling [boodskap #8494 is 'n antwoord op boodskap #8411] Ma, 10 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Stefan Harms  is tans af-lyn  Stefan Harms
Boodskappe: 35
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
In article , iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

> Dus, totdat jy jou daarteen uitspreek, gaan ek 'n
> klein Engelse verklaring by elke idioom sit wat ek in-
> stuur.
> Gloudina

Gloudina,
al wat ek kan sê, is: Die mo^re die merrie, die aand die vul!

(Dit was oorpronklik in Engels: The more, the merrier...)

groete
--
Stefan...@mbnet.mb.ca
Vorige onderwerp: Idioom: OKSEL
Volgende onderwerp: Idioom: VINKEL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:23:33 MGT 2024