Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bristol Granta Afrikana
Bristol Granta Afrikana [boodskap #83229] |
Wed, 03 September 2003 00:13  |
bliksim wit
Boodskappe: 54 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Massive Attack in Bristol
Te veel bier en
op die sidewalk is daar Granta
met prentjies van Suid Afrika
en skielik besef ek
ek haat die queen meer as PW
(PW was classic, nie a klassis nie)
Afrikana
wat eerlike dog godsdienstig is
wat stadig maar seker identiteit verloor
maar saam met die baba
word die drinkwater uitgegooi
soos PJ Nienhaber
en die ou in die vrystaat wie se kinners
sulke kort broeke dra
Ons almal praat afrikaans
maar ons is nie almal afrikaners nie
as a matter of fact
die laaste afrikaner is seker dood gebore
erns in die winter op die groot trek
Is ET nog in die tronk?
Wat het van Anton en Conrad geword?
Is Ryk Hatting al terug?
My kop is tog so seer
my vrou wil my galblaas laat uithaal
|
|
|
|
|
|
|
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #83338 is 'n antwoord op boodskap #83229] |
Fri, 05 September 2003 00:41   |
Namaqua
Boodskappe: 144 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Bristol is 'n/DIE hawe stad. Die feit dat jy as "flotsam" daar opgepoel het
en dan jou oomblikkie daar gekry het -nou DIT is ironies.
Ons (diegene wat glo in 'n ons) definieer ons self, sedert toeka se dae, nie
oor wat ons is - soseer as wat ons NIE is nie.
Hendrik Bibaullt se uitroep "Ik ben een Afrikaander" kan ook geinterpreteer
word as 'n stelling dat hy nie homself Europees gevoel het nie.
'n Alternatiewe teorie beweer dat in Paarl destyds, soos in Stellenbosch in
die hede, dat sulke luide uitroepe gewoonlik vooraf gegaan is met die inname
van groot hoeveelhede Tassies vroeer in die aand. Slegs 'n teorie wat nie op
die stadium bevestig kan word nie, weens die feit dat alle betrokke partye
ontslape is.
In tussen, of sedert dien, kan ons nog nie saam stem oor wat en wie ons
is/wil wees nie. Afrikaner, afrikaan, afrikaans sprekende, Boer of daai
vreemde Botha-isme die wit AngloBoere nasie.
Hierdie onvermoe van die Afrikaaner om sigself te kan defineer is ironies
genoeg een van die Afrikaner se definieerende karaktertrekke.
Die ander groot karaktertrek is die onvermoe om saam te stem , of te wel
dwarstrekery - soos die opvolgende reaksies op die beriggies bewys.
Eddie von Maltitz; Ficksburg boer, Boer, Sotho spreker en meester in
Oosterse gevegskuns is die "vrystaat ou wie se kinners sulke kort broeke
dra". Sy seuns dra blykbaar die "moffie-broekies" sodat hulle beter kan
skop, in elk geval dis hoe hy ding vir Louis Theroux verduidelik het.
Eddie is deesdae klaarblyklik meer behep met die 300 vliegtuie per uur wat
bo oor sy plaas vlieg en die reen weg jaag met elektroniese middels!
Dit plaas dalk van sy vorige eskapades in konteks. Om nie te praat van die
druk wat al die vliegtuie bo sy plaas moet plaas op die arme lugverkeer
personeel nie.
"Stadig maar seker identiteit verloor"
Aanvegbare punt - die krisis van oorlewing - 'n plekkie in die son, die
stryd om voort te bestaan - daai ou eksistensieele krisis - is een van die
ander definieerende karaktertrekke wat ons sedert die dae voor die Trek saam
bind.
Die swart gevaar, die Engelse gevaar, die Rooi gevaar en terug by die swart
gevaar(werklik of persepsie), om nie eers te praat van die nuwe gevaar van
verswelging in die volsvreemde nie - die krisis was nog altyd dieselfde -
oorlewing van die ONS teen 'n oormag en gewisse uitwissing (werklik of
persepsie) wat ons almal saam in die selfde laer ingedwing het.
"Wat het van Anton en Conrad geword?" Kannemeyer is in die akademia - was
nog altyd sal tien teen een daar bly, die werklike vraag is wat het van Al
Debbo geword!
--Your culture will adapt to serve as ours.
--Prepare to be assimilated - resistance is futile.
En dan, snaaks genoeg, baklei hulle altyd terug nie waar nie?
Dit is noodwendig.
Dit is oorlewewing.
Es muss sein. Es muss sein.
BTW 'n penkop was 'n laaitie wie se taak dit was om die gesneuwelde vyande
se lyke te besteel nie waar nie?
"bliksim wit" skryf in boodskap news:pan.2003.09.03.00.13.17.998593@openauth.co.uk...
> Massive Attack in Bristol
> Te veel bier en
> op die sidewalk is daar Granta
> met prentjies van Suid Afrika
> en skielik besef ek
> ek haat die queen meer as PW
> (PW was classic, nie a klassis nie)
>
> Afrikana
> wat eerlike dog godsdienstig is
> wat stadig maar seker identiteit verloor
>
> maar saam met die baba
> word die drinkwater uitgegooi
>
> soos PJ Nienhaber
> en die ou in die vrystaat wie se kinners
> sulke kort broeke dra
> Ons almal praat afrikaans
> maar ons is nie almal afrikaners nie
> as a matter of fact
> die laaste afrikaner is seker dood gebore
> erns in die winter op die groot trek
>
> Is ET nog in die tronk?
> Wat het van Anton en Conrad geword?
> Is Ryk Hatting al terug?
>
> My kop is tog so seer
> my vrou wil my galblaas laat uithaal
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #83350 is 'n antwoord op boodskap #83338] |
Fri, 05 September 2003 08:06   |
bliksim wit
Boodskappe: 54 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
On Fri, 05 Sep 2003 00:41:39 +0000, Namaqua wrote:
> Bristol is 'n/DIE hawe stad. Die feit dat jy as "flotsam" daar opgepoel
> het en dan jou oomblikkie daar gekry het -nou DIT is ironies.
>
> Ons (diegene wat glo in 'n ons) definieer ons self, sedert toeka se dae,
> nie oor wat ons is - soseer as wat ons NIE is nie. endrik Bibaullt se uitroep "Ik ben een Afrikaander" kan ook geinterpreteer
> word as 'n stelling dat hy nie homself Europees gevoel het nie.
>
> 'n Alternatiewe teorie beweer dat in Paarl destyds, soos in Stellenbosch
> in die hede, dat sulke luide uitroepe gewoonlik vooraf gegaan is met die
> inname van groot hoeveelhede Tassies vroeer in die aand. Slegs 'n teorie
> wat nie op die stadium bevestig kan word nie, weens die feit dat alle
> betrokke partye ontslape is.
>
> In tussen, of sedert dien, kan ons nog nie saam stem oor wat en wie ons
> is/wil wees nie. Afrikaner, afrikaan, afrikaans sprekende, Boer of daai
> vreemde Botha-isme die wit AngloBoere nasie.
>
> Hierdie onvermoe van die Afrikaaner om sigself te kan defineer is
> ironies genoeg een van die Afrikaner se definieerende karaktertrekke.
>
> Die ander groot karaktertrek is die onvermoe om saam te stem , of te wel
> dwarstrekery - soos die opvolgende reaksies op die beriggies bewys.
>
> Eddie von Maltitz; Ficksburg boer, Boer, Sotho spreker en meester in
> Oosterse gevegskuns is die "vrystaat ou wie se kinners sulke kort broeke
> dra". Sy seuns dra blykbaar die "moffie-broekies" sodat hulle beter kan
> skop, in elk geval dis hoe hy ding vir Louis Theroux verduidelik het.
>
> Eddie is deesdae klaarblyklik meer behep met die 300 vliegtuie per uur
> wat bo oor sy plaas vlieg en die reen weg jaag met elektroniese middels!
Ja, Bristol is amazing. Na die jare van hawe besigheid doen het die stad
in die intellektuele revolusie gesneuwel en homself weer ge-herbore as a
toeriste wonder. Die argitektuur is werklik uniek met baie art deco geboue
en a hele paar Londense maatskappye het vir hulself a paar gebou/gekoop.
Die opspoel was tydelik vir a masiewe aanval konsert.
O, en daar is heuwel in die stad so jan kan ry en sien waar jy ry.
So, jy het ook Eddie se ekskapadis gesien. Ja, die man herdefinieer die
woord "Afrikaner". A wonderlike Ambasadeur vir die volk.
Die boere/boerse identiteits krisis! Dit is ongelooflik hoe baie keer die
frase:" Jy kan afrikaans praat, maar is nie a afrikaner nie!"
rondgeslinger word. Wie is die deurwag by die afrikaner klub?
Penkop B
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #83374 is 'n antwoord op boodskap #83370] |
Fri, 05 September 2003 13:27   |
Namaqua
Boodskappe: 144 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Soos bliksem wit is ek self hier in Engeland en voel my self goed ingeburger
en aanvaar in die plaaslike gemeenskap.
Ek voel myself Brits nie Engels nie.
My bure is 'n mengelmoes van herkomste, meestal Engels en oud kolonies.
Britanje is deesdae net soveel 'n produk van immigrasie as wat die nuwe
wereld lande is.
Ek moet se ek ervaar die Engelse nie so nie - wel nie hier nie.
Ek het die beskryfde karaktertrekke al heelwat tee gekom , maar oorsee - dis
meer 'n "Brit abroad" sindroom.
Gloudina se tereg dat dit 'n produk van onsekerheid is.
Mense het ook vir my gese dat hulle Afrikaaners presies so ervaar - effens
onseker, efens hooghartig en met so titseltjie apartheid.
Wat dit bliksem wit aan gaan - ek dink nie soseer dat dit die land is waar
heen hy geimmigreer het as sy algemene gevoel van ontworteling nie.
"@rogers.com" wrote in message
news:1K%5b.383931$4UE.361094@news01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> Namaqua wrote
>
>> "ek haat die queen meer as PW"
>>
>> Voel jy as 'n "Boetie in die volksvreemde" jouself nog vis nog vlees?
>>
>> Is die Afrikaner identeits krisis nie eenvoudig die individu se krisis van
>> identiteit nie?
>
> Ek dink Wit Bliksem het na die verkeerde land
> ge-emigreer. Ek dink Engeland is bietjie te
> provinsiaal. Daar is seker nog teveel van 'n
> skeiding tussen die Engelse en mense wat
> nie Engelse is nie. Dis iets wat jy nie so strak
> hier in Kanada voel nie. Ek luister gereeld na
> Engelse met Engelse aksente hier, en hulle
> dra hulle Engelsheid saam met hulle - 'n
> effense onsekerheid, 'n effense hooghartigheid,
> 'n sekere soort apartheid, wat mens nie by
> ander immigrante vind nie. En ek neem aan dat
> immigrante uit ander lande in Engeland dieselfde
> gevoel kry dat hy nooit werklik 'n Engelsman
> sal kan word nie. Hier in Kanada voel ek nie
> so nie. Ek is, met my Afrikaansheid en al, ook
> volledig Kanadees.
>
> Gloudina
>
|
|
|
die wit Anglo-Boere nasie [boodskap #83375 is 'n antwoord op boodskap #83338] |
Fri, 05 September 2003 14:17   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Namaqua wrote
> In tussen, of sedert dien, kan ons nog nie saam stem oor wat en wie ons
> is/wil wees nie. Afrikaner, afrikaan, afrikaans sprekende, Boer of daai
> vreemde Botha-isme die wit AngloBoere nasie.
Is dit P.W. Botha wat hierdie frase geskep het?
Dit is omtrent op die kol. Daar is binne sogenaamde
Afrikaner-geledere 'n duidelike groep mense, wat
hulle juis die "Boerenasie" noem, maar wat duidelik
gebore is uit die Anglo-Boereoorlog, en wat, sonder
dat hulle dit merk, eintlik meer met die Engelse
gemeen het as die mense in die res van die land.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #84755 is 'n antwoord op boodskap #84752] |
Wed, 01 October 2003 01:43  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Namaqua" wrote
> Wat ek liewer wil weet is van Bliksem Wit aka Penkop B is wat 'n
> letterkunde tydskrif gemaak het in die 'gutter' in Bristol.
Wel, Penkop B het duidelik talente wat ontwikkel moet
word, die bliksem. Miskien moet hy weer vrae begin
vra. Een van sy vorige vrae het vir my 'n geraamte in die
aangetroude familiekas laat ontdek.
Tant Hessie van Codesa en Ficksburg
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 08:41:06 UTC 2025
|