Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » GRONDROOF KOM VERSEKER BAIE GOU
GRONDROOF KOM VERSEKER BAIE GOU [boodskap #84625] |
Ma., 29 September 2003 00:59  |
<msjor...
Boodskappe: 2 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Dis nou amptelik deur die parlement goedgekeur - die ANC kan blanke
grond roof sonder enige hofbevel ! Die wetswysiging aan die Wet op die
Herstel van Grondregte van 1994, wat op 9 Mei 2003 afgekondig is, is
nou wet.
Die absurditeit van grondroof deur die komunistiese ANC-regime sonder
dat dit nodig is om 'n hofbevel te verkry, en sonder dat die blanke die reg
het om hom tot die hof te wend om so 'n diefstal te verhoed, het amptelike
beleid geword - dit is nou formeel ANC-wetgewing.
Dit maak die situasie in Suid-Afrika veel erger as in Zimbabwe. In daardie
land het onteiende boere nog die reg gehad om hof toe te gaan as Robber
Mugabe en sy "oorlogsveterane" beslag op blanke plase gelê het.
Die probleem waarmee hulle te kampe gehad het, is dat hulle met 'n onsim-
patieke hof te doen gekry het. In Suid-Afrika het die blanke nie eers die
reg om met die saak hof toe te gaan nie - die wet verbied dit.
Al waaroor die boer wel nog hof toe kan gaan, is oor die vasstelling van
die prys van sy grond. Maar oor die onteiening van sy plaas, daaroor het
die hof geen seggenskap nie. Die minister lê beslag op die grond sonder 'n
hofbevel - en klaar ! Dit is 'n willekeurige, finale besluit van die ANC en
sy minister.
Die ANC voer aan dat so 'n maatreël noodsaaklik geword het omdat
blankes nie bereid is om van hul grond afstand te doen nie. Dus beteken
dit dat die ANC glad nie meer die beginsel van gewillige verkoper, gewillige
koper respekteer nie. As die ANC besluit het om die grond te roof, is die
blanke uitgelewer, en kan hy net probeer om oor die prys te kibbel.
Oor die beginsel dat die grond summier van hom geroof word sonder sy
toestemming, daaroor het hy geen sê nie. Hoeveel blankes het vandag
werklik die fondse (en tyd) om te spandeer op duur regskostes wanneer
die regering sy grond wil vat ? Wie gaan wen en wie gaan verloor ?
Die ANC-regime is nou baie haastig met die saak, aangesien 2005 as
sperdatum gestel is - dan wil hulle ál die grond wat hulle beoog om van
die blankes te beroof, r��ds in hul besit te hê.
Hierdie drakoniese wet bemagtig die minister van landbou en grondsake,
Angela Thokozile Didiza, met behulp van streekkommissarisse vir
grondeise, om onverstoord die onteiening van blanke grond - óók in die
blanke stedelike gebiede (soos alreeds gepubliseer is) dwarsoor Suid-
Afrika te bewerkstellig. Die meeste blankes is salig onbewus hiervan
terwyl hulle rustig naïef in hulle gegoede woonbuurte voortleef asof alles
in orde is, terwyl baie van hulle steeds oortuig is dat "alles sal nog
regkom". Die tyd is min - wag en kyk maar.
Wat teenstand teen die wet des te moeiliker maak, is dat die renegaat NP
onder leiding van mnr "Slim" kortbroek-Martiens van Schalkwyk besluit
het om hierdie maatreël te steun. Die NP is sedert sy breuk met die DA
'n bondgenoot van die ANC, en die ANC kon op geen beter bondgenoot
gereken het nie. Ook die IVP, wat sitting in die kabinet het, was nie teen
die wet gekant nie - en dít is ook nie verbasend nie, maar te verwagte.
Die oorblywende politieke partye in die parlement is teen die wetgewing
gekant. Dit is uiteraard, benewens die NP en die IVP, ook die PAC en
Azapo wat die maatreël steun. Helaas, dis nou te laat ! Dis nou wet !
En met die ANC wat reeds 'n twee-derde meerderheid op hulle verenig
het is die koeël reeds deur die kerk wat die blankes se "blink toekoms"
aanbetref. Hulle kan maar in 2004 gaan stem vir wie hulle wil - so hard
soos hulle wil - tot hulle letterlik blou in die gesigte is. Dit sal futiel
wees.
Dr. Dirk du Toit, blanke adjunk-minister van Grondsake van die ANC,
het mooi broodjies probeer bak deur te verklaar dat grond slegs sonder
'n hofbevel onteien sal word in gevalle waar die blanke nie bereid is om
vrywillig van sy grond afstand te doen nie. Dit sluit egter omtrent alle
blankes in die land in. Hy het voorts met die belaglikheid vorendag
gekom deur te konstateer dat deur hierdie wetgewing korrupsie met die
proses uitgeskakel word ! Met ander woorde, korrupsie word kamtig
bestry, maar roof word wetlik goedgekeur en op die wetboek geplaas.
Daaraan het Du Toit nog toegevoeg : "As jy teen die wet is, is jy teen
transformasie!" Hy het die blankes voorts daarvan beskuldig dat hulle
slegs "mislei" word deur "wanvoorstellings" van die ANC se doelwitte.
Sy ergste emosionele uitbarsting was egter toe hy probeer om die ANC
se grondroofplanne te verdedig deur dit te bestempel as die "herbegrafnis"
van dr. Verwoerd en wat hy die land alles glo "aangedoen" het.
Deur hierdie uitbarsting om die ANC en sy planne vir die blankes meer
aanvaarbaar te probeer voorstel, het hy grade gevorder om die Afrikaner,
en veral die blankegemeenskap nog verder van die kommunistiese ANC-
regime te vervreem.
Daardeur het hy inderdaad bevestig tot welke mate die ANC kommunisties
ingestel is, nie net wat sy samestelling betref nie, maar ook wat sy
optrede, beginsels en beleid betref. Die ANC gaan nou inderdaad sy
kommunistiese beginsels in die praktyk toepas, sodat die burger van die land
nie geregtig is op privaatbesit nie, maar dat alles aan die staat behoort om
daarmee te maak nes hy wil.
Niemand het nou meer enige beheer of seggenskap oor sy eie besittings nie.
|
|
|
Re: GRONDROOF KOM VERSEKER BAIE GOU [boodskap #84626 is 'n antwoord op boodskap #84625] |
Ma., 29 September 2003 02:52   |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
En wat gaan nou gedoen word - nou dat ons hiervan kennis geneem het?
Elkeen sal maar steeds voortgaan om op sy eie sy bankrekeing aan te vul ...
wrote in message
news:bl807h$h6o$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dis nou amptelik deur die parlement goedgekeur - die ANC kan blanke
> grond roof sonder enige hofbevel ! Die wetswysiging aan die Wet op die
> Herstel van Grondregte van 1994, wat op 9 Mei 2003 afgekondig is, is
> nou wet.
>
> Die absurditeit van grondroof deur die komunistiese ANC-regime sonder
> dat dit nodig is om 'n hofbevel te verkry, en sonder dat die blanke die reg
> het om hom tot die hof te wend om so 'n diefstal te verhoed, het amptelike
> beleid geword - dit is nou formeel ANC-wetgewing.
>
> Dit maak die situasie in Suid-Afrika veel erger as in Zimbabwe. In daardie
> land het onteiende boere nog die reg gehad om hof toe te gaan as Robber
> Mugabe en sy "oorlogsveterane" beslag op blanke plase gelê het.
> Die probleem waarmee hulle te kampe gehad het, is dat hulle met 'n onsim-
> patieke hof te doen gekry het. In Suid-Afrika het die blanke nie eers die
> reg om met die saak hof toe te gaan nie - die wet verbied dit.
>
> Al waaroor die boer wel nog hof toe kan gaan, is oor die vasstelling van
> die prys van sy grond. Maar oor die onteiening van sy plaas, daaroor het
> die hof geen seggenskap nie. Die minister lê beslag op die grond sonder 'n
> hofbevel - en klaar ! Dit is 'n willekeurige, finale besluit van die ANC en
> sy minister.
>
> Die ANC voer aan dat so 'n maatreël noodsaaklik geword het omdat
> blankes nie bereid is om van hul grond afstand te doen nie. Dus beteken
> dit dat die ANC glad nie meer die beginsel van gewillige verkoper, gewillige
> koper respekteer nie. As die ANC besluit het om die grond te roof, is die
> blanke uitgelewer, en kan hy net probeer om oor die prys te kibbel.
> Oor die beginsel dat die grond summier van hom geroof word sonder sy
> toestemming, daaroor het hy geen sê nie. Hoeveel blankes het vandag
> werklik die fondse (en tyd) om te spandeer op duur regskostes wanneer
> die regering sy grond wil vat ? Wie gaan wen en wie gaan verloor ?
>
> Die ANC-regime is nou baie haastig met die saak, aangesien 2005 as
> sperdatum gestel is - dan wil hulle ál die grond wat hulle beoog om van
> die blankes te beroof, r��ds in hul besit te hê.
>
> Hierdie drakoniese wet bemagtig die minister van landbou en grondsake,
> Angela Thokozile Didiza, met behulp van streekkommissarisse vir
> grondeise, om onverstoord die onteiening van blanke grond - óók in die
> blanke stedelike gebiede (soos alreeds gepubliseer is) dwarsoor Suid-
> Afrika te bewerkstellig. Die meeste blankes is salig onbewus hiervan
> terwyl hulle rustig naïef in hulle gegoede woonbuurte voortleef asof alles
> in orde is, terwyl baie van hulle steeds oortuig is dat "alles sal nog
> regkom". Die tyd is min - wag en kyk maar.
>
> Wat teenstand teen die wet des te moeiliker maak, is dat die renegaat NP
> onder leiding van mnr "Slim" kortbroek-Martiens van Schalkwyk besluit
> het om hierdie maatreël te steun. Die NP is sedert sy breuk met die DA
> 'n bondgenoot van die ANC, en die ANC kon op geen beter bondgenoot
> gereken het nie. Ook die IVP, wat sitting in die kabinet het, was nie teen
> die wet gekant nie - en dít is ook nie verbasend nie, maar te verwagte.
>
> Die oorblywende politieke partye in die parlement is teen die wetgewing
> gekant. Dit is uiteraard, benewens die NP en die IVP, ook die PAC en
> Azapo wat die maatreël steun. Helaas, dis nou te laat ! Dis nou wet !
> En met die ANC wat reeds 'n twee-derde meerderheid op hulle verenig
> het is die koeël reeds deur die kerk wat die blankes se "blink toekoms"
> aanbetref. Hulle kan maar in 2004 gaan stem vir wie hulle wil - so hard
> soos hulle wil - tot hulle letterlik blou in die gesigte is. Dit sal futiel
> wees.
>
> Dr. Dirk du Toit, blanke adjunk-minister van Grondsake van die ANC,
> het mooi broodjies probeer bak deur te verklaar dat grond slegs sonder
> 'n hofbevel onteien sal word in gevalle waar die blanke nie bereid is om
> vrywillig van sy grond afstand te doen nie. Dit sluit egter omtrent alle
> blankes in die land in. Hy het voorts met die belaglikheid vorendag
> gekom deur te konstateer dat deur hierdie wetgewing korrupsie met die
> proses uitgeskakel word ! Met ander woorde, korrupsie word kamtig
> bestry, maar roof word wetlik goedgekeur en op die wetboek geplaas.
>
> Daaraan het Du Toit nog toegevoeg : "As jy teen die wet is, is jy teen
> transformasie!" Hy het die blankes voorts daarvan beskuldig dat hulle
> slegs "mislei" word deur "wanvoorstellings" van die ANC se doelwitte.
> Sy ergste emosionele uitbarsting was egter toe hy probeer om die ANC
> se grondroofplanne te verdedig deur dit te bestempel as die "herbegrafnis"
> van dr. Verwoerd en wat hy die land alles glo "aangedoen" het.
>
> Deur hierdie uitbarsting om die ANC en sy planne vir die blankes meer
> aanvaarbaar te probeer voorstel, het hy grade gevorder om die Afrikaner,
> en veral die blankegemeenskap nog verder van die kommunistiese ANC-
> regime te vervreem.
>
> Daardeur het hy inderdaad bevestig tot welke mate die ANC kommunisties
> ingestel is, nie net wat sy samestelling betref nie, maar ook wat sy
> optrede, beginsels en beleid betref. Die ANC gaan nou inderdaad sy
> kommunistiese beginsels in die praktyk toepas, sodat die burger van die land
> nie geregtig is op privaatbesit nie, maar dat alles aan die staat behoort om
> daarmee te maak nes hy wil.
>
> Niemand het nou meer enige beheer of seggenskap oor sy eie besittings nie.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: GRONDROOF KOM VERSEKER BAIE GOU [boodskap #84700 is 'n antwoord op boodskap #84668] |
Di., 30 September 2003 09:50   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Algemene kennis is nie noodwendig feite nie. Hy't bloot gevra vir 'n bron.
Max bly nie in SA nie, so ek blameer hom ook nie. Ek het self gaan loop
soek op IOL, waar die koerante soos The Star en Argus is, en ek kon niks kry
nie. so as jy nou asb vir MY 'n koerant en datum van die artikel kan gee
waar die feite verskyn het sal ek dit graag wil lees, want my Ingelse
koerant vertel my niks.
BTW, ek weet dat die wysiging op die wet voorgelê is, maar ek kry nêrens
enige bronne wat my vertel dat dit wel goedgekeur is nie. Ook nie op die
regering se website nie - so regtig wees so gaaf en gee ons 'n bron - dit
sal sommer baie help. Op hierdie nuusgroep like ons dit om ons waffels met
geloofwaardige bronne op te "back". As ieman vra verwys ek hulle altyd,
sonder enige mislike, kinderagtige opmerkings na 'n bron as hulle my vra.
As ek uitgevang word in 'n leuen, of as my feite nie reg was nie (maw MY EIE
alg. kennis), vra ek verskonig. Jy kan nou maar 'n jintelman wees en
dieselfde doen.
E
wrote :
> Klein naïewe (ignorant) liberale snotkoppie ...
>
> Dit was alles blote Algemene Kennis, maar...
|
|
|
Re: GRONDROOF KOM VERSEKER BAIE GOU [boodskap #84705 is 'n antwoord op boodskap #84700] |
Di., 30 September 2003 10:14   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Elaine - die wet is blykbaar verlede week deur en wag om deur die Prez
bekragtig te word.
Gaan kyk op Radiosondergrense se blad - jy behoort daar die inligting te kry
en besprekings om die onderwerp.
Iemand op RSG het toe vertelle dat dit nie is soos wat die mense dink nie,
maar verlede week het iemand sy ragfyn verdediging aan flarde getrek - want
hoekom sal daar nou 'n nuwe wet nodig wees as al die ou reels nog steeds
geld soos hulle die mense mee wil paai.
Nou rus al die mag en besluitneming by die minister en haar senior
amptenare, of hulle nou wil erken of te not.
Gaan kyk bietjie by irinnews.com daar was toe iets in Julie hierdie jaar
geskryf - ek weet nie of hulle die finale weergawe daar het nie.
--
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3f7951f1$0$64720@hades.is.co.za...
> Algemene kennis is nie noodwendig feite nie. Hy't bloot gevra vir 'n bron.
> Max bly nie in SA nie, so ek blameer hom ook nie. Ek het self gaan loop
> soek op IOL, waar die koerante soos The Star en Argus is, en ek kon niks kry
> nie. so as jy nou asb vir MY 'n koerant en datum van die artikel kan gee
> waar die feite verskyn het sal ek dit graag wil lees, want my Ingelse
> koerant vertel my niks.
>
> BTW, ek weet dat die wysiging op die wet voorgelê is, maar ek kry nêrens
> enige bronne wat my vertel dat dit wel goedgekeur is nie. Ook nie op die
> regering se website nie - so regtig wees so gaaf en gee ons 'n bron - dit
> sal sommer baie help. Op hierdie nuusgroep like ons dit om ons waffels met
> geloofwaardige bronne op te "back". As ieman vra verwys ek hulle altyd,
> sonder enige mislike, kinderagtige opmerkings na 'n bron as hulle my vra.
> As ek uitgevang word in 'n leuen, of as my feite nie reg was nie (maw MY EIE
> alg. kennis), vra ek verskonig. Jy kan nou maar 'n jintelman wees en
> dieselfde doen.
>
> E
>
> wrote :
>> Klein naïewe (ignorant) liberale snotkoppie ...
>>
>> Dit was alles blote Algemene Kennis, maar...
>
|
|
|
|
|
|
Re: GRONDROOF KOM VERSEKER BAIE GOU [boodskap #84719 is 'n antwoord op boodskap #84700] |
Di., 30 September 2003 12:45   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Elaine" wrote
> BTW, ek weet dat die wysiging op die wet voorgelê is, maar ek kry nêrens
> enige bronne wat my vertel dat dit wel goedgekeur is nie.
As ek reg onthou, het die wetgewing ( of wetsontwerp) waarna
bostaande artikel verwys het, te doen met die situasie waar daar
nie maklik 'n stuk grond bekom kan word deur die gewone
kanale soos aankoop nie, en waar die grond deur 'n tradisionele
groep as kultureel belangrik beskou word, soos byvoorbeeld
voorvadergraftes ensovoorts. In daardie geval het die wetsontwerp
glo magte geskep in die hande van die sentrale regering om sulke
grond te bekom. Of die wet aangeneem is, weet ek nie.
Weereens het ek 'n suspisie dat so 'n wetsontwerp geskool
is op Kanadese voorbeeld, want hierdie situasies duik baie in ons
Kanadese maatskappy op. Daar was byvoorbeeld 'n stand off
tussen die Quebec Polisie en 'n Eerste Nasie oor 'n stuk grond
naby Montreal wat 'n maatskappy besit het en waarop daar
voorvadergraftes was, en wat die maatskappy toe in 'n golfbaan
wou verander. So ek sal my nie verbaas as ons wetgewing
ontwikkel het om hierdie situasies te hanteer nie.
Ek lees gister in die Globe and Mail hoe 'n konstitusionele
wet-spesialis regter wat oor spesifieke Kanadese sake skryf,
sy verbasing uitspreek oor hoeveel kere hy al in die Suid-Afrikaanse
Konstitusionele Hof aangehaal is oor sake daar.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: GRONDROOF KOM VERSEKER BAIE GOU [boodskap #84826 is 'n antwoord op boodskap #84719] |
Do., 02 Oktober 2003 06:23  |
Sandvlooi
Boodskappe: 484 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Sug! Moet ALLES sy oorsprong in Kanada gehad het? Miskien moet jy die
regte goed lees, ou dier? Die nuwe wet gee die minister die reg om grond
te onteien sonder om hof toe te gaan waar die geskil nie geredelik beslis
kan word nie en dit noodsaaklik is dat dit vinnig moet gebeur...maar dit gee
haar nie die reg om oor die kompensasie vir die grond te beslis nie. Dit
word steeds deur die hof bepaal. Dis natuurlik 'n pot kak wat ontwerp is
om wettige plaaseienaars te druk om hul grond te los soos die gevalle waar
die mense eenvoudig langs 'n grond gaan plak en die boer besteel en sy diere
vermoor tot die ou moedeloos raak en trek. Amper soos 'n springkaanplaag!
Dis dan wat die vrou sekerlik sal kan sê dis in belang van die meerderheid
dat die ou sy grond moet laat gaan? So kan die situasie dan geskep word.
Tipies van die swart politiek van Afrika....
"@rogers.com" wrote in message
news:jVeeb.166619$Lnr1.164656@news01.bloor.is.net.cable.roge rs.com...
>
> "Elaine" wrote
>
>> BTW, ek weet dat die wysiging op die wet voorgelê is, maar ek kry nêrens
>> enige bronne wat my vertel dat dit wel goedgekeur is nie.
>
> As ek reg onthou, het die wetgewing ( of wetsontwerp) waarna
> bostaande artikel verwys het, te doen met die situasie waar daar
> nie maklik 'n stuk grond bekom kan word deur die gewone
> kanale soos aankoop nie, en waar die grond deur 'n tradisionele
> groep as kultureel belangrik beskou word, soos byvoorbeeld
> voorvadergraftes ensovoorts. In daardie geval het die wetsontwerp
> glo magte geskep in die hande van die sentrale regering om sulke
> grond te bekom. Of die wet aangeneem is, weet ek nie.
> Weereens het ek 'n suspisie dat so 'n wetsontwerp geskool
> is op Kanadese voorbeeld, want hierdie situasies duik baie in ons
> Kanadese maatskappy op. Daar was byvoorbeeld 'n stand off
> tussen die Quebec Polisie en 'n Eerste Nasie oor 'n stuk grond
> naby Montreal wat 'n maatskappy besit het en waarop daar
> voorvadergraftes was, en wat die maatskappy toe in 'n golfbaan
> wou verander. So ek sal my nie verbaas as ons wetgewing
> ontwikkel het om hierdie situasies te hanteer nie.
> Ek lees gister in die Globe and Mail hoe 'n konstitusionele
> wet-spesialis regter wat oor spesifieke Kanadese sake skryf,
> sy verbasing uitspreek oor hoeveel kere hy al in die Suid-Afrikaanse
> Konstitusionele Hof aangehaal is oor sake daar.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Ma. Apr. 21 01:48:59 UTC 2025
|