Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Blommekykers " deur GEORGE WEIDEMAN
"Blommekykers " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #84618] |
So., 28 September 2003 14:39  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
George Weideman
Blommekykers
sal daar blomme wees vanjaar?
is vooruitsigte goed of sleg?
nooit vra hoe staan die koring
het dit al gereën het die skaap kondisie nie
aljimmers net die blomme
en end augustus kom die konvooie
uit die kaap die baai en die transvaal
kom kombi's en langslapgatkarre
kom trap gousblom en sporrie snuif
kom bier en braairib in die hand
die kameras die zirr en klik
van kykgat tot by kamieskroon
(tot selfs ouma nie meer kán lag nie)
julle noordwesters is dárem gasvry
maar hoe lééf julle sonder tv?
't amper vir hom gesê dankie ons sien vêr genoeg
maar verdee of hy sal verstaan
as ons vêr oor die vlaktes na die weste tuur
sien ons hoe wissel kleur op kleur:
bedags strikdassies pietsnot en hongerblom
en die baldadigste geel varkensknol
saans die son pure bóntkopdoek
snags die sterre ons eie silwerdoek
vroegskemer smôrs misroepertjie wat fuuut
die mis stoot oor klaasvakie stout sê sjuut
maar as die blomme vir hulle te veel word
of die water darem té brak, dan pak hulle in
wat die oë sien en die hande kan dra:
here wat sal pam sê van dié "karos" -
wat is dit nou weer? dassie of wildekat?
hoe groen sal ou herbie net nie wees nie!
imagine 'n egte "tonteldoos"! dalk
kan jy die watsenaam - gat, nè? - gat-
skuur vir 'n deurstop vat
en o ja dankievirriewildsbiltong
dis awfulnicevanjulle sê my watsievinnigstepad
uit hierdie godverlate gat
somtyds voel mens
jy sien net bittergousblom
en gifmelkbos
somtyds wil mens bid
kóm toemaakmis
kom trek jou sluier
kom maak jou kinders se oë toe
of oostewind
kom waai jou waai
kom waai maar
álles
moerland toe
|
|
|
|
Re: "Blommekykers " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #84648 is 'n antwoord op boodskap #84630] |
Ma., 29 September 2003 12:38  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Jonas" wrote
> Hier in moerland is die Jakarandas besig om reg te maak vir 'n pers kombers.
> Dit lyk my of hulle hierdie jaar 'n aks laat kan wees.
> Vir 4 weke van die jaar betower die Jakarandas al die besoekers - en daarna
> versuur hulle die lewe van die inwoners, grensloos.
En is hulle nou nie ook veronderstel om onwettig en onwelkom
te wees nie?
Hier is die blare ook laat. Net so hier en daar sien mens iets wat
verkleur. Dit is vir my altyd so effens skokkend om te dink dat
juis op die tyd wanneer die kleurewonder so in die noordelike
halfrond begin, die jakarandas ook blou in die suidelike halfrond
staan.
Gloudina
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Ma. Apr. 21 01:49:04 UTC 2025
|