Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Oor rekenaars en SMS en blackberries
Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84514] |
Do., 25 September 2003 19:16  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dit is algemeen bekend dat Kanada die geboorteplek
is van die telefoon en die selfoon. Nou word Kanada ook
aangewys as die geboorteplek van die pc, die personal
computer, deur die IEEE Annals of the History of Computing,
'n Amerikaanse publikasie.
Ten minste vier jaar voor Apple met die eerste bekende
pc voor die dag gekom het, het Mers Kutt in Toronto in 1973
'n werkende een vervaardig. Dit het alleen 2 tot 8 kilobytes
van RAM gehad, en het met 'n bandopnemer gewerk. Die
skrywer van die artikel wys daarop dat sulke nuwe uitvindings
juis totstand kan kom wanneer iemand die determinasie
het om byvoorbeeld 'n rekenaar te skep vir die enkele
persoon, liewer as vir 'n groot maatskappy. Dus iets wat
mense kan bekostig.
Iets wat my onlangs in dié verband opgeval het, is die
feit dat volgens die Globe and Mail, die gewoonte om
SMS boodskappe per selfoon te stuur, baie meer gedoen
word in Europa en ander dele van die wêreld, en dat
die gebruik van SMS nou eers in erns in Kanada begin
het as gevolg van die feit dat mense vir die Canadian Idol
per SMS kon stem, en die adolessente nou eers hier in
Noord-Amerika SMS "ontdek." Ek moet sê dat ek
saamstem. Die mense om my sit nie gedurig en skryf
op hulle selfone nie. Dis handig, en ek hou daarvan as
een van die lede van ons familie vir ons vertel waar
hulle is as hulle reis, maar die boodskappe word gewoonlik
na ons rekenaar gestuur. Die koerant sê hulle dink die
SMS mode onder teenagers in Noord-Amerika het nie
so vinnig posgevat soos in ander dele van die wêreld
nie, omdat die kinders met die "rekenaar-as-kontak"
met hulle maats grootgeword het, en die selfoon nog
meer gesien het as iets waarop mens net praat.
Ek wonder hoeveel die "blackberry" in SA gebruik
word? Dis nog 'n Kanadese skepping, deur Research in
Motion van Waterloo, en is nou ongeveer 'n moet vir
elke staatsdiensamptenaar in beide Ottawa en Washington.
Dis 'n klein kontrapsie waarop 'n mens redelike lang
boodskappe kan stuur en ook op die internet gaan. Die
nuwere modelle het glo ook telefoniese kapabiliteit,
maar die gewone een is nie 'n telefoon nie. Dis egter
taamlik duur vir 'n privaatpersoon om dit te bekostig, en
dus word dit gewoonlik gebruik deur werknemers van
instansies met diep sakke - meestal staatsdepartemente.
Dis eintlik ook alleen nuttig as al die mense waarmee
jy saamwerk, ook 'n blackberry het. Soos staatsamptenare.
Dis egter ook nuttig vir hulle familielede, want hulle kan
hulle ouer of eggenoot bereik deur 'n boodskap per
rekenaar na die blackberry te stuur. En die persoon
wat gekontak word, kan onmiddellik antwoord, selfs
onder die neus van sy baas, as hy net sy antwoord kort
hou! Ek wonder hoeveel die blackberry in SA gebruik
word. Ek neem aan staatsdepartemente het seker al
daarin belê. Dit was baie handig gedurende die black
out onlangs, want dit het nooit opgehou werk nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84517 is 'n antwoord op boodskap #84514] |
Vr., 26 September 2003 01:59   |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Onder jongmense plaaslik is dit verskriklik gewild - ek ervaar die
rekeninge.... (Dit kos +/- 75sent/oproep)
Baie handig en heelwat goedkoper as die oproepe - amper soos die ou
"telegramme" - bondig en tersaaklik.
Andersins is daar natuurlik 'n stroom sms'e daagliks met grappies en grappe.
Dis moontlik om dit na die rekenaar (epos posbus) te herlei - maar dit is
nie 'n gewilde kanaal nie.
"@rogers.com" wrote in message
news:%9Hcb.123446$DZ.27456@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
> Dit is algemeen bekend dat Kanada die geboorteplek
>
> is van die telefoon en die selfoon. Nou word Kanada ook
>
> aangewys as die geboorteplek van die pc, die personal
>
> computer, deur die IEEE Annals of the History of Computing,
>
> 'n Amerikaanse publikasie.
>
> Ten minste vier jaar voor Apple met die eerste bekende
>
> pc voor die dag gekom het, het Mers Kutt in Toronto in 1973
>
> 'n werkende een vervaardig. Dit het alleen 2 tot 8 kilobytes
>
> van RAM gehad, en het met 'n bandopnemer gewerk. Die
>
> skrywer van die artikel wys daarop dat sulke nuwe uitvindings
>
> juis totstand kan kom wanneer iemand die determinasie
>
> het om byvoorbeeld 'n rekenaar te skep vir die enkele
>
> persoon, liewer as vir 'n groot maatskappy. Dus iets wat
>
> mense kan bekostig.
>
> Iets wat my onlangs in dié verband opgeval het, is die
>
> feit dat volgens die Globe and Mail, die gewoonte om
>
> SMS boodskappe per selfoon te stuur, baie meer gedoen
>
> word in Europa en ander dele van die wêreld, en dat
>
> die gebruik van SMS nou eers in erns in Kanada begin
>
> het as gevolg van die feit dat mense vir die Canadian Idol
>
> per SMS kon stem, en die adolessente nou eers hier in
>
> Noord-Amerika SMS "ontdek." Ek moet sê dat ek
>
> saamstem. Die mense om my sit nie gedurig en skryf
>
> op hulle selfone nie. Dis handig, en ek hou daarvan as
>
> een van die lede van ons familie vir ons vertel waar
>
> hulle is as hulle reis, maar die boodskappe word gewoonlik
>
> na ons rekenaar gestuur. Die koerant sê hulle dink die
>
> SMS mode onder teenagers in Noord-Amerika het nie
>
> so vinnig posgevat soos in ander dele van die wêreld
>
> nie, omdat die kinders met die "rekenaar-as-kontak"
>
> met hulle maats grootgeword het, en die selfoon nog
>
> meer gesien het as iets waarop mens net praat.
>
> Ek wonder hoeveel die "blackberry" in SA gebruik
>
> word? Dis nog 'n Kanadese skepping, deur Research in
>
> Motion van Waterloo, en is nou ongeveer 'n moet vir
>
> elke staatsdiensamptenaar in beide Ottawa en Washington.
>
> Dis 'n klein kontrapsie waarop 'n mens redelike lang
>
> boodskappe kan stuur en ook op die internet gaan. Die
>
> nuwere modelle het glo ook telefoniese kapabiliteit,
>
> maar die gewone een is nie 'n telefoon nie. Dis egter
>
> taamlik duur vir 'n privaatpersoon om dit te bekostig, en
>
> dus word dit gewoonlik gebruik deur werknemers van
>
> instansies met diep sakke - meestal staatsdepartemente.
>
> Dis eintlik ook alleen nuttig as al die mense waarmee
>
> jy saamwerk, ook 'n blackberry het. Soos staatsamptenare.
>
> Dis egter ook nuttig vir hulle familielede, want hulle kan
>
> hulle ouer of eggenoot bereik deur 'n boodskap per
>
> rekenaar na die blackberry te stuur. En die persoon
>
> wat gekontak word, kan onmiddellik antwoord, selfs
>
> onder die neus van sy baas, as hy net sy antwoord kort
>
> hou! Ek wonder hoeveel die blackberry in SA gebruik
>
> word. Ek neem aan staatsdepartemente het seker al
>
> daarin belê. Dit was baie handig gedurende die black
>
> out onlangs, want dit het nooit opgehou werk nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84558 is 'n antwoord op boodskap #84514] |
Vr., 26 September 2003 21:17   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ons senior mense het almal BlackBerries, het juis vandag vir die hoof van
Human Resources n email geskryf, kry toe n outomatiese antwoord om te se hy
is in Pennsylvania tot Maandag, en toe kry ek n antwoord email van sy
BlackBerry - baie koel. Ek is baie lus en kry vir my een, maar teen $399 is
dit n bietjie duur vir my smaak, en ek reis nie genoeg om te kwalifiseer vir
een nie :-)
"@rogers.com" wrote in message
news:%9Hcb.123446$DZ.27456@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
> Dit is algemeen bekend dat Kanada die geboorteplek
>
> is van die telefoon en die selfoon. Nou word Kanada ook
>
> aangewys as die geboorteplek van die pc, die personal
>
> computer, deur die IEEE Annals of the History of Computing,
>
> 'n Amerikaanse publikasie.
>
> Ten minste vier jaar voor Apple met die eerste bekende
>
> pc voor die dag gekom het, het Mers Kutt in Toronto in 1973
>
> 'n werkende een vervaardig. Dit het alleen 2 tot 8 kilobytes
>
> van RAM gehad, en het met 'n bandopnemer gewerk. Die
>
> skrywer van die artikel wys daarop dat sulke nuwe uitvindings
>
> juis totstand kan kom wanneer iemand die determinasie
>
> het om byvoorbeeld 'n rekenaar te skep vir die enkele
>
> persoon, liewer as vir 'n groot maatskappy. Dus iets wat
>
> mense kan bekostig.
>
> Iets wat my onlangs in dié verband opgeval het, is die
>
> feit dat volgens die Globe and Mail, die gewoonte om
>
> SMS boodskappe per selfoon te stuur, baie meer gedoen
>
> word in Europa en ander dele van die wêreld, en dat
>
> die gebruik van SMS nou eers in erns in Kanada begin
>
> het as gevolg van die feit dat mense vir die Canadian Idol
>
> per SMS kon stem, en die adolessente nou eers hier in
>
> Noord-Amerika SMS "ontdek." Ek moet sê dat ek
>
> saamstem. Die mense om my sit nie gedurig en skryf
>
> op hulle selfone nie. Dis handig, en ek hou daarvan as
>
> een van die lede van ons familie vir ons vertel waar
>
> hulle is as hulle reis, maar die boodskappe word gewoonlik
>
> na ons rekenaar gestuur. Die koerant sê hulle dink die
>
> SMS mode onder teenagers in Noord-Amerika het nie
>
> so vinnig posgevat soos in ander dele van die wêreld
>
> nie, omdat die kinders met die "rekenaar-as-kontak"
>
> met hulle maats grootgeword het, en die selfoon nog
>
> meer gesien het as iets waarop mens net praat.
>
> Ek wonder hoeveel die "blackberry" in SA gebruik
>
> word? Dis nog 'n Kanadese skepping, deur Research in
>
> Motion van Waterloo, en is nou ongeveer 'n moet vir
>
> elke staatsdiensamptenaar in beide Ottawa en Washington.
>
> Dis 'n klein kontrapsie waarop 'n mens redelike lang
>
> boodskappe kan stuur en ook op die internet gaan. Die
>
> nuwere modelle het glo ook telefoniese kapabiliteit,
>
> maar die gewone een is nie 'n telefoon nie. Dis egter
>
> taamlik duur vir 'n privaatpersoon om dit te bekostig, en
>
> dus word dit gewoonlik gebruik deur werknemers van
>
> instansies met diep sakke - meestal staatsdepartemente.
>
> Dis eintlik ook alleen nuttig as al die mense waarmee
>
> jy saamwerk, ook 'n blackberry het. Soos staatsamptenare.
>
> Dis egter ook nuttig vir hulle familielede, want hulle kan
>
> hulle ouer of eggenoot bereik deur 'n boodskap per
>
> rekenaar na die blackberry te stuur. En die persoon
>
> wat gekontak word, kan onmiddellik antwoord, selfs
>
> onder die neus van sy baas, as hy net sy antwoord kort
>
> hou! Ek wonder hoeveel die blackberry in SA gebruik
>
> word. Ek neem aan staatsdepartemente het seker al
>
> daarin belê. Dit was baie handig gedurende die black
>
> out onlangs, want dit het nooit opgehou werk nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84561 is 'n antwoord op boodskap #84558] |
Sa., 27 September 2003 01:38   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Ellie" wrote
> BlackBerry - baie koel. Ek is baie lus en kry vir my een, maar teen $399
is
> dit n bietjie duur vir my smaak, en ek reis nie genoeg om te kwalifiseer vir
> een nie :-)
Wel, dis nie net die aanvanklike prys van die hardeware nie,
maar ook die maandelikse koste wat taamlik hoog is. Ek dink
mens moet ook eers wonder of jy genoeg nut van die ding gaan
kry voordat jy so 'n aankope maak. Ons het byvoorbeeld
aangebied om 'n blackberry vir ons ander seun, wat 'n prokureur
is, te koop vir sy verjaarsdag. Maar hy het nie gedink dat dit
baie nut vir hom sou wees nie, want hy werk nie met genoeg
mense wat ook blackberries dra nie. En die mense met wie
hy saamwerk, is ook nie so gedurig in kontak met mekaar nie.
Dit lyk vir my dis alleen nuttig in 'n omgewing waar senior
personeel hulle werkers op die punte van hulle vingers wil hê.
Dus in staatsdepartemente waar daar baie tussen mekaar
gekontak word, of groepe mense wat nou saamwerk op 'n
politieke vlak, byvoorbeeld. Hulle sê Karl Rove praat op sy
seltelefoon en tik op sy blackberry tegelyk.
Gloudina
|
|
|
Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84565 is 'n antwoord op boodskap #84561] |
Sa., 27 September 2003 05:29   |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Anti - net om 'n moontlik misverstand te vermy - wat bedoel julle met die
"blackberry" - is dit 'n selfoon?
Klink nie so nie.
(Ons het nog die ou met die mik wat ook soms verby kom - hier in donker
Afrika...)
"@rogers.com" wrote in message
news:kS5db.92109$Lnr1.5481@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Ellie" wrote
>
>> BlackBerry - baie koel. Ek is baie lus en kry vir my een, maar teen
$399
> is
>> dit n bietjie duur vir my smaak, en ek reis nie genoeg om te kwalifiseer
> vir
>> een nie :-)
>
> Wel, dis nie net die aanvanklike prys van die hardeware nie,
> maar ook die maandelikse koste wat taamlik hoog is. Ek dink
> mens moet ook eers wonder of jy genoeg nut van die ding gaan
> kry voordat jy so 'n aankope maak. Ons het byvoorbeeld
> aangebied om 'n blackberry vir ons ander seun, wat 'n prokureur
> is, te koop vir sy verjaarsdag. Maar hy het nie gedink dat dit
> baie nut vir hom sou wees nie, want hy werk nie met genoeg
> mense wat ook blackberries dra nie. En die mense met wie
> hy saamwerk, is ook nie so gedurig in kontak met mekaar nie.
> Dit lyk vir my dis alleen nuttig in 'n omgewing waar senior
> personeel hulle werkers op die punte van hulle vingers wil hê.
> Dus in staatsdepartemente waar daar baie tussen mekaar
> gekontak word, of groepe mense wat nou saamwerk op 'n
> politieke vlak, byvoorbeeld. Hulle sê Karl Rove praat op sy
> seltelefoon en tik op sy blackberry tegelyk.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84582 is 'n antwoord op boodskap #84565] |
Sa., 27 September 2003 13:34   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Jonas" wrote
> Anti - net om 'n moontlik misverstand te vermy - wat bedoel julle met die
> "blackberry" - is dit 'n selfoon?
> Klink nie so nie.
Nee, dis nie 'n selfoon nie, alhoewel hulle glo die nuwere modelle
ook selfoon-kapabiliteit wil gee. Dis eintlik 'n klein rekenaar, waarop
jy taamlike lang stukke kan tik, en waarmee jy die internet kan surf.
Maar dis klein genoeg dat jy dit op jou belt kan dra.
Maar dit moet met dieselfde ruggraat as selfone werk, want my seun
wat dit gebruik, het gesê dat hy dwarsdeur die blackout sy blackberry
kon gebruik. Die aansluitingskostes per maand is egter duur genoeg
dat mens dit nie in die hande van gewone mense hier in Noord-
Amerika sien nie. Dis dan ook meestal in gebruik onder staatsdiens-
amptenare en sulke snare, en ook seker net daardie staatsdiensamptenare
wat in groepe is wat baie met mekaar in aanraking moet kom. Dit word
vervaardig deur Research in Motion van Waterloo. ( Die Universiteit van
Waterloo is een van die beste vir Rekenaarswetenskappe in die wêreld,
en daar is baie spin offs van hulle navorsing daar gesetel.) ( Waterloo
is omtrent 'n honderd kilometers of so noordwes van Toronto, in 'n
area wat dig bevolk is met Mennoniete. Die konserwatiewe Mennoniete
glo nie in nuwerwetse tegnologie nie, en ry in klein swart kapkarretjies
selfs in die middel van die winter. As hulle vir hulle karre aanskaf, is dit
gewoonlik swart. Een van die toeriste-aktiwiteite wat jy in Waterloo
kry, is om op 'n Sondagmôre na een van hulle kerkies in die omgewing
te gaan en dan te sien hoe al die swart kapkarretjies aan die een kant
geparkeer is, en al die swart taamlike duur motors aan die anderkant.)
Gloudina
|
|
|
Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84584 is 'n antwoord op boodskap #84582] |
Sa., 27 September 2003 13:49   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jonas, dis n hand held device, iets soos n opgejazzde Palm Pilot, sien
hier:
http://www.blackberry.com/products/handhelds/index.shtml
Ons ouens het die 6750 een. Gloudina, ek dink nie dit is staatsamptenare
wat dit gebruik nie, meer privaatmaatskappy wat dit kan bekostig. Ek sou
vies wees as ek weet ons staatsouens gebruik dit, dit is nogal duur. So
ongeveer $399 vir die apparaat, en dan is dit $49 per maand, maar ons ouens
kry verseker n corporate rate wat dit goedkoper maak.
Die hoofvoordeel is dat jy dit vir SMS, email, surf of telefoon kan gebruik,
maar die mense met wie ek gepraat het se hulle gebruik dit nie as foon nie,
dis te lomp, hulle verkies hulle selfone. Die hoofdoel is dat hulle almal
die hele tyd gekonnekteer is, en al hulle email kan aflaai enige tyd, sonder
om gekoppel te wees.
"@rogers.com" wrote in message
news:klgdb.100189$Lnr1.38232@news01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> "Jonas" wrote
>
>> Anti - net om 'n moontlik misverstand te vermy - wat bedoel julle met die
>> "blackberry" - is dit 'n selfoon?
>> Klink nie so nie.
>
> Nee, dis nie 'n selfoon nie, alhoewel hulle glo die nuwere modelle
> ook selfoon-kapabiliteit wil gee. Dis eintlik 'n klein rekenaar, waarop
> jy taamlike lang stukke kan tik, en waarmee jy die internet kan surf.
> Maar dis klein genoeg dat jy dit op jou belt kan dra.
> Maar dit moet met dieselfde ruggraat as selfone werk, want my seun
> wat dit gebruik, het gesê dat hy dwarsdeur die blackout sy blackberry
> kon gebruik. Die aansluitingskostes per maand is egter duur genoeg
> dat mens dit nie in die hande van gewone mense hier in Noord-
> Amerika sien nie. Dis dan ook meestal in gebruik onder staatsdiens-
> amptenare en sulke snare, en ook seker net daardie staatsdiensamptenare
> wat in groepe is wat baie met mekaar in aanraking moet kom. Dit word
> vervaardig deur Research in Motion van Waterloo. ( Die Universiteit van
> Waterloo is een van die beste vir Rekenaarswetenskappe in die wêreld,
> en daar is baie spin offs van hulle navorsing daar gesetel.) ( Waterloo
> is omtrent 'n honderd kilometers of so noordwes van Toronto, in 'n
> area wat dig bevolk is met Mennoniete. Die konserwatiewe Mennoniete
> glo nie in nuwerwetse tegnologie nie, en ry in klein swart kapkarretjies
> selfs in die middel van die winter. As hulle vir hulle karre aanskaf, is dit
> gewoonlik swart. Een van die toeriste-aktiwiteite wat jy in Waterloo
> kry, is om op 'n Sondagmôre na een van hulle kerkies in die omgewing
> te gaan en dan te sien hoe al die swart kapkarretjies aan die een kant
> geparkeer is, en al die swart taamlike duur motors aan die anderkant.)
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84585 is 'n antwoord op boodskap #84582] |
Sa., 27 September 2003 13:51   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina, ek wou ook nog net se, dis net jy wat n storie kan begin oor n
elektroniese apparaat, en kan eindig met die Mennoniete se swart
kapkarretjies :-))) Praat van afdwaal, ek dog ek is die ergste, maar jy
kom n close tweede!
"@rogers.com" Nee, dis nie 'n selfoon nie, alhoewel hulle glo die
nuwere modelle
> ook selfoon-kapabiliteit wil gee. Dis eintlik 'n klein rekenaar, waarop
> jy taamlike lang stukke kan tik, en waarmee jy die internet kan surf.
> Maar dis klein genoeg dat jy dit op jou belt kan dra.
> Maar dit moet met dieselfde ruggraat as selfone werk, want my seun
> wat dit gebruik, het gesê dat hy dwarsdeur die blackout sy blackberry
> kon gebruik. Die aansluitingskostes per maand is egter duur genoeg
> dat mens dit nie in die hande van gewone mense hier in Noord-
> Amerika sien nie. Dis dan ook meestal in gebruik onder staatsdiens-
> amptenare en sulke snare, en ook seker net daardie staatsdiensamptenare
> wat in groepe is wat baie met mekaar in aanraking moet kom. Dit word
> vervaardig deur Research in Motion van Waterloo. ( Die Universiteit van
> Waterloo is een van die beste vir Rekenaarswetenskappe in die wêreld,
> en daar is baie spin offs van hulle navorsing daar gesetel.) ( Waterloo
> is omtrent 'n honderd kilometers of so noordwes van Toronto, in 'n
> area wat dig bevolk is met Mennoniete. Die konserwatiewe Mennoniete
> glo nie in nuwerwetse tegnologie nie, en ry in klein swart kapkarretjies
> selfs in die middel van die winter. As hulle vir hulle karre aanskaf, is dit
> gewoonlik swart. Een van die toeriste-aktiwiteite wat jy in Waterloo
> kry, is om op 'n Sondagmôre na een van hulle kerkies in die omgewing
> te gaan en dan te sien hoe al die swart kapkarretjies aan die een kant
> geparkeer is, en al die swart taamlike duur motors aan die anderkant.)
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84589 is 'n antwoord op boodskap #84585] |
Sa., 27 September 2003 15:22   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Ellie" wrote
>
> Gloudina, ek wou ook nog net se, dis net jy wat n storie kan begin oor n
> elektroniese apparaat, en kan eindig met die Mennoniete se swart
> kapkarretjies :-))) Praat van afdwaal, ek dog ek is die ergste, maar jy
> kom n close tweede!
Wel, ek het gehoop dat iemand soos jy wat skerp is, die
verband kon sien. In die plek waar die blackberry gebore
is, een van die voorste tegnologieë, daar is groot dele van
die bevolking in die omliggende plase nog lewende in 'n
pre-tegnologiese maatskappy.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84595 is 'n antwoord op boodskap #84582] |
Sa., 27 September 2003 17:48  |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Mbt die die verduistering van NY het ek 'n inset op CNN gesien waarvolgens
'n man met 'n RF-sender/ontvanger die lig is sy onmiddelike donker wêreld
was. 'n Goeie produk in die verband is die ICOM - dit kan jy ook dmv jou
rekenaar manipuleer....
"@rogers.com" wrote in message
news:klgdb.100189$Lnr1.38232@news01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> "Jonas" wrote
>
>> Anti - net om 'n moontlik misverstand te vermy - wat bedoel julle met die
>> "blackberry" - is dit 'n selfoon?
>> Klink nie so nie.
>
> Nee, dis nie 'n selfoon nie, alhoewel hulle glo die nuwere modelle
> ook selfoon-kapabiliteit wil gee. Dis eintlik 'n klein rekenaar, waarop
> jy taamlike lang stukke kan tik, en waarmee jy die internet kan surf.
> Maar dis klein genoeg dat jy dit op jou belt kan dra.
> Maar dit moet met dieselfde ruggraat as selfone werk, want my seun
> wat dit gebruik, het gesê dat hy dwarsdeur die blackout sy blackberry
> kon gebruik. Die aansluitingskostes per maand is egter duur genoeg
> dat mens dit nie in die hande van gewone mense hier in Noord-
> Amerika sien nie. Dis dan ook meestal in gebruik onder staatsdiens-
> amptenare en sulke snare, en ook seker net daardie staatsdiensamptenare
> wat in groepe is wat baie met mekaar in aanraking moet kom. Dit word
> vervaardig deur Research in Motion van Waterloo. ( Die Universiteit van
> Waterloo is een van die beste vir Rekenaarswetenskappe in die wêreld,
> en daar is baie spin offs van hulle navorsing daar gesetel.) ( Waterloo
> is omtrent 'n honderd kilometers of so noordwes van Toronto, in 'n
> area wat dig bevolk is met Mennoniete. Die konserwatiewe Mennoniete
> glo nie in nuwerwetse tegnologie nie, en ry in klein swart kapkarretjies
> selfs in die middel van die winter. As hulle vir hulle karre aanskaf, is dit
> gewoonlik swart. Een van die toeriste-aktiwiteite wat jy in Waterloo
> kry, is om op 'n Sondagmôre na een van hulle kerkies in die omgewing
> te gaan en dan te sien hoe al die swart kapkarretjies aan die een kant
> geparkeer is, en al die swart taamlike duur motors aan die anderkant.)
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Ma. Apr. 21 01:49:02 UTC 2025
|