Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pollie ons gaan Pêrel toe
Pollie ons gaan Pêrel toe [boodskap #8414] Vr, 07 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:

> Paarl is an attractive small town. But it is famous for
> being considered the cradle of the movement to get
> Afrikaans accepted as an official language instead of
> Dutch. That is why there is a small but very elegant
> monument on the hill behind the town, commemorating
> the work done in the last part of the 19th century and
> the beginning of the 20th century that lead to the law
> in the 1920's declaring Afrikaans an official language.

Jy sal you politieke korrektheid moet opskerp, Gloudina! Die taalmonumnet is
nie meer klein nie - hy is nou GROOT. Hy is ook nie meer elegant nie. Hy is 'n
Boerse fallus wat met alles wat swart is doen wat fallusse doen. Hy
simboliseer ook nie meer wat hy vroeër gesimboliseer het, soos jy hierbo
beskryf nie. Hy simboliseer nou die kaping van Afrikaans vir die uitsluitlike
gebruik deur en selfverering van die Boere.

Dis nou volgens die SABC.

Groete, Leendert
Re: Pollie ons gaan Pêrel toe [boodskap #8453 is 'n antwoord op boodskap #8414] So, 09 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> From: fe...@is.co.za (Koos)
> Subject: Re: Pollie ons gaan Pêrel toe
> Date: Fri, 07 Feb 1997 21:17:49 GMT

> On Fri, 7 Feb 1997 13:57:20, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
> Oostrum) wrote:

> >>

> Leendert daar was vanoggend 'n interresante rubriek in Beeld wat jy
> nie lees nie.
> Dit het gegaan oor die nuwe politieke korrektheid.

Toevallig het ek. En raai wie se gereelde Vrydagrubriek was dit? Ons
voorbeeldige Tim, natuurlik.

En ek let op dat Pollux in Rapport ook ons Tim se spogtery met sy trippie by
Harvard opgetel het.

> Jy is daarvolgens baie PC in die nuwe terme.

Timmie, jou hero, se "nuwe" terme. Sy argument het nie veel om die lyf gehad
nie, behalwe om elke elment van _sy_ politiek korektheid te neem, dit om te
keer, en dit "nuwe" PC te noem. Sy lys daarvan maak sy rubriek vol.

> Dis byvoorbeeld PC om die verlede te regverdig en te verskoon en om
> so negatief as moontlik na die ANC te verwys.

Ek dink Tim se spertyd het hom gevang, en hy moes gou iets uitdink om sy
kolomsentimenters mee te vul want die betrokke rubriek was nog meer pateties
as gewoonlik. Hy kon nie eens slaag om my, soos gewoonlik, daarmee te irriteer
nie.

> Dis daarvolgens baie PC om die soort goed te se wat jy in jou reaksie
> op Gloudina gese het.

Die goed wat ek vir Gloudina oor die taalmonument gesê het, kom van die SABC.
Nie van my nie.

Groot groete, Leendert
Re: Pollie ons gaan Pêrel toe [boodskap #8454 is 'n antwoord op boodskap #8414] So, 09 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
herman[2]  is tans af-lyn  herman[2]
Boodskappe: 8
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van Oostrum) wrote:

> In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:

>> Paarl is an attractive small town. But it is famous for
>> being considered the cradle of the movement to get
>> Afrikaans accepted as an official language instead of
>> Dutch. That is why there is a small but very elegant
>> monument on the hill behind the town, commemorating
>> the work done in the last part of the 19th century and
>> the beginning of the 20th century that lead to the law
>> in the 1920's declaring Afrikaans an official language.

> Jy sal you politieke korrektheid moet opskerp, Gloudina! Die taalmonumnet is
> nie meer klein nie - hy is nou GROOT. Hy is ook nie meer elegant nie. Hy is 'n
> Boerse fallus wat met alles wat swart is doen wat fallusse doen. Hy
> simboliseer ook nie meer wat hy vroeër gesimboliseer het, soos jy hierbo
> beskryf nie. Hy simboliseer nou die kaping van Afrikaans vir die uitsluitlike
> gebruik deur en selfverering van die Boere.

> Dis nou volgens die SABC.

> Groete, Leendert

Welgesê Leendert. Maar dis nie net die SABC wat so sê nie - almal weet
dit eintlik maar is bang om dit te sê, of voel so 'n uitspraak sal
daarop neerkom dat hulle nie lief is vir Afrikaans nie. Of so iets.

herman
Re: Pollie ons gaan Pêrel toe [boodskap #8455 is 'n antwoord op boodskap #8414] So, 09 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
>
>>> Paarl is an attractive small town.

Baie waar :)

>>> But it is famous for
>>> being considered the cradle of the movement to get
>>> Afrikaans accepted as an official language instead of
>>> Dutch. That is why there is a small but very elegant
>>> monument on the hill behind the town, commemorating
>>> the work done in the last part of the 19th century and
>>> the beginning of the 20th century that lead to the law
>>> in the 1920's declaring Afrikaans an official language.
>
>> Jy sal you politieke korrektheid moet opskerp, Gloudina! Die taalmonumnet is
>> nie meer klein nie - hy is nou GROOT. Hy is ook nie meer elegant nie. Hy is
> 'n
>> Boerse fallus

Hmmm.... interessant - ek dink dit is nogal 'n kreatiewe konstruksie - 'n
bietjie "Avant Garde" - maar nou ja: smaak verskil. So terloops - hy was nog
nooit klein of oulik nie (miskien soos meeste Boere dink aan hul fallusse).

> wat met alles wat swart is doen wat fallusse doen.

Ja - nogal 'n lekker vryplek saans vir die jongmense

> Hy
>> simboliseer ook nie meer wat hy vroeër gesimboliseer het, soos jy hierbo
>> beskryf nie. Hy simboliseer nou die kaping van Afrikaans vir die
> uitsluitlike
>> gebruik deur en selfverering van die Boere.
>

Hmmm .. interessant - ek sou se dat jy te veel TV kyk

>> Dis nou volgens die SABC.
>

Nes ek gese het....

> volgens Leendert

> Welgesê Leendert. Maar dis nie net die SABC wat so sê nie - almal weet
> dit eintlik maar is bang om dit te sê, of voel so 'n uitspraak sal
> daarop neerkom dat hulle nie lief is vir Afrikaans nie. Of so iets.
>
> volgens herman
>
Persoonlik kon ek nog nooit verstaan dat 'n monument moes opgerig word vir iets
wat nog nie dood is nie .... miskien wou die FAK en ander ossewabewegings net
'n mooi prentjie he wat hulle op boeke kon sit en toe die mense dink om hierdie
"kunswerk" op te rig oppiekoppie toe stem almal maar saam.

Dit is nogal 'n oulike plek om uit te kyk op die Drakensteinvallei, maar is
relatief klinies. Dan is daar natuurlik die bonus - soos ek reeds genoem het -
vir allerhande alternatiewe nasiebou aktiwiteite. Ek dink die dilemma wat mense
het is dit - noudat die Boere dit gekaap en dit deur verskeie diepdenkende
mense dit as nog steeds gekaap beskou en daar geen onderskeiding is tussen dit
wat was en wat is nie - wat sal ons maak daarmee? Dis te groot om in 'n museum
te sit. Hmmmm .....

So terloops - as julle ooit enige plek in die goeie ou Suid Afrika wil bly -
dir Paarl is die plek.

Groete uit die Paarl

-Gideon-
Re: Pollie ons gaan Pêrel toe [boodskap #8456 is 'n antwoord op boodskap #8414] So, 09 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 9 Feb 1997 15:31:22, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van Oostrum) wrote:
<<>Ek dink Tim se spertyd het hom gevang, en hy moes gou iets uitdink om sy
> kolomsentimenters mee te vul want die betrokke rubriek was nog meer pateties
> as gewoonlik. Hy kon nie eens slaag om my, soos gewoonlik, daarmee te irriteer
> nie.>>>

Wat was daai nou weer van lawaai opskop oor beledigings en so aan?
Seker maar op 'n ander nuusgroep.

Sien hy het jou tog geraak.
Jouself herken dalk?
Want wat jy op die nuusgroep se, is so Nuwe PC as wat kan kom.
En dat daar Nuwe PC is, is waar. Luister en kyk om jou rond.
(Hoe voel dit om Politically Correct te wees Leendert?)

><>Die goed wat ek vir Gloudina oor die taalmonument gesê het, kom van die SABC.
> Nie van my nie.>>>

Moenie twak praat nie. Jy kyk ten minste twee jaar nie meer TV nie.
Jou stel het gebreek en toe gee jy die hele ding op, onthou jy nie?

Jy se: <<<<Boerse fallus wat met alles wat swart is doen wat fallusse
doen. >>>

Toe begin ek dink. Ek is seker iemand op hierdie nuusgroep klim
gereeld op allerhande perdjies vanwaar daar aangekondig word hoe hy
beledig is en dan dring hy aan op allerhande verskonings en bewyse dat
hy presies dit gese het en so aan...

he,he,he....

Wonder wie dit kan wees?
Vorige onderwerp: Demagogiese Agenda
Volgende onderwerp: TAALNUUS 2
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 22 02:01:50 MGT 2024