Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Lied vir die res van ons
'n Lied vir die res van ons [boodskap #8451] Sa, 08 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Aangesien ons nou die ABC's van Afrikaanse liedere hier het, kom ons raak nou
'n bietjie meer aktueel. Ek kan nou ongelukkig nie die wysie hier weergee nie ;)

EK het nog my lewe

Š Gideon van Zyl

O, ek sit hier en skryf 'n kommunikasie
Die koste van die lewe laat my tone krul
Ekt geluister na die speeches oor die stand van die nasie
en die politieke speletjies laat my net gril
Die sosiale orde in ons samelewing
Is wraggieswaar nou sommer baie deurmekaar
Strategete en profete wil nou almal meeding
om die harte en die beursies van ons menseskaar

Koor
Maar ek het nog my lewe
En dit maak nie saak wat gebeur
Die moeilike tye is net 'n geleentheid
Om deur die grond na bo te beur
Ek het het nog my lewe
En al lyk die lewe rêrig flou
Is daar dinge om te doen
Mure om te breek
En 'n toekoms vir my en jou te bou

Motorskakings raak al amper ons almal se lewens
Geweld is blykbaar ook nou baie modieus
As ons mense nie ons sin kry reël ons gou 'n staking
Intimideer die res en bou 'n nasie van vrees

Die waarde van die Rand kan jy tel in sente
En goud is ook maar net 'n kleine desimaal
Morele standaarde is 'n rare verskynsel
En die modes van vandag lyk maar 'n bietjie kaal

HERHAAL Koor
Re: 'n Lied vir die res van ons [boodskap #8471 is 'n antwoord op boodskap #8451] So, 09 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Dalk is dit vir jou interessant dat Microsoft gereed maak dat groot
dele van Afrika oor 'n dekade ekonomies gaan wees waar Suidoos-Asië
nou is.
Re: 'n Lied vir die res van ons [boodskap #8472 is 'n antwoord op boodskap #8451] So, 09 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Kooos brag met Beeld:

In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> From: fe...@is.co.za (Koos)
> Subject: Re: 'n Lied vir die res van ons
> Date: Sat, 08 Feb 1997 11:51:23 GMT

> Sien vanoggend in die koerant (Beeld) die volgende: "Kapitaal vloei SA
> in 'n geweldige tempo binne. In net twee dae het R900 miljoen se
> buitelandse geld na die SA kapitaalmark gevloei.
> "Sedert begin vanjaar het buitelanders se netto beleggings in effekte
> R3 miljard beloop. Dit is 50 persent meer as die netto bedrag wat in
> die hele verlede jaar gekoop het.
> "Ook het die Reserwebank gisteraand bekend gemaak dat die goud- en
> buitelandse valutareserwes verlede maand die hoogste vlak sedert Maart
> verlede jaar bereik het.
> "Die sterk invloei van kapitaal word beskou as 'n mosie van vertroue
> in die makro-ekonomiese beleid wat die regering vanjaar in werking wil
> stel."

> Dan styg die Rand natuurlik die afgelope tyd. Dit het gister weer 4
> sent teen die Dollar gestyg na Mandela se toespraak toe hy die
> Parlement geopen het.

> En die Union Bank van Switserland en Goldman Sachs se die waarde van
> die Rand moet eintlik R4,18 vir 'n dollar wees. Dit is op die oomblik
> R4,42.

Vanoggend se Sakerapport: Dis alle korttermynkapitaal, wat net so vinnig weer
kan uit as wat dit in. Soos in '95 gebeur het. Die soort kapitaalinvloei
waarteen ontwikkelende lande soos Chili beskermingsmaatreëls tref, omdat dit
oor die langtermyn soveel skade kan berokken.

Persoonlik hoop ek dit vloei nie uit nie, en word mettertyd omgesit in
langtermynbeleggings. Want my begroting kan nie lank die huidige rentekoerse
dra nie.

So ek hoop maar Beeld is reg en Rapport verkeerd. Anders moet ek maar Piet
Muller se algehele belastingstaking oorweeg.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Leendert mijn excuses
Volgende onderwerp: Radio Pretoria, NUUSKOMMENTAAR, 27 JANUARIE 1997
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 02:20:32 MGT 2024