Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Slegte tyding....
Slegte tyding.... [boodskap #820] |
Thu, 19 June 2003 05:38  |
AJ
Boodskappe: 441 Geregistreer: May 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dit is Donderdagaand. (hier in SA) Ons het verneem dat my moeder kanker het.
Waar die kanker is, en hoe ver dit al gevorder het weet ons nog nie. My pa
neem haar more Pretoria toe vir die nodige toetse. Ons is almal onder
spanning. Niemand in ons huis praat nie..ek sit die hele aand nog in my
kamer en luister na musiek.
Die telefoon hou nie op met lui nie..dit begin my gruwelooslik irriteer, al
weet ek die gemeenskap gee om, sê almal dieselfde eentonige ou rympie op. Ek
het my oorfone opgesit sodat ek 'n verskoning het om nie die elendige ding
te gaan antwoord nie...
Ek was nie gisteraand lus om te gesêls nie. Ek het gisteraand so 08h00 by
die huis gekom. Ek het gaan drukwielle haal vir die John Deere 450
koringplanter.
Ek was die hele dag op die pad en was 'n bietjie moeg.
Verder het ek nie veel nuus nie, behalwe dat dit taamlik aan die koue kant
is, dan waai die wind ook nog op hierdie oomblik.
Sal julle laat weet hoe dit met my ma gaan.
Groete,
Andries.
|
|
|
Re: Slegte tyding.... [boodskap #829 is 'n antwoord op boodskap #820] |
Thu, 19 June 2003 07:46   |
Rico
Boodskappe: 823 Geregistreer: July 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hi Andries,
Eks jammer vir jou ma en julle familie, dit is 'n siekte die nie enige
sekerheid gee nie.
Ons wens dit sal nie te erg wees nie!!!
Gr,Rico
"Andries Kriel" skryf in boodskap news:bcqil6$jer$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dit is Donderdagaand. (hier in SA) Ons het verneem dat my moeder kanker het.
> Waar die kanker is, en hoe ver dit al gevorder het weet ons nog nie. My pa
> neem haar more Pretoria toe vir die nodige toetse. Ons is almal onder
> spanning. Niemand in ons huis praat nie..ek sit die hele aand nog in my
> kamer en luister na musiek.
>
> Die telefoon hou nie op met lui nie..dit begin my gruwelooslik irriteer, al
> weet ek die gemeenskap gee om, sê almal dieselfde eentonige ou rympie op. Ek
> het my oorfone opgesit sodat ek 'n verskoning het om nie die elendige ding
> te gaan antwoord nie...
>
> Ek was nie gisteraand lus om te gesêls nie. Ek het gisteraand so 08h00 by
> die huis gekom. Ek het gaan drukwielle haal vir die John Deere 450
> koringplanter.
> Ek was die hele dag op die pad en was 'n bietjie moeg.
>
> Verder het ek nie veel nuus nie, behalwe dat dit taamlik aan die koue kant
> is, dan waai die wind ook nog op hierdie oomblik.
>
> Sal julle laat weet hoe dit met my ma gaan.
>
> Groete,
> Andries.
>
|
|
|
|
Re: Slegte tyding.... [boodskap #835 is 'n antwoord op boodskap #820] |
Thu, 19 June 2003 19:54   |
speedy Conzales[1]
Boodskappe: 5 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
On Wed, 18 Jun 2003 22:38:47 -0700, "Andries Kriel"
wrote:
> Dit is Donderdagaand. (hier in SA) Ons het verneem dat my moeder kanker het.
>
> Sal julle laat weet hoe dit met my ma gaan.
>
> Groete,
> Andries.
>
So paar dae gelede het 'n 'nuwe' kliënt by my kantoor
ingestap, Andries. 'n Vrou in haar vroeê 50's. Gevra
dat ek haar met iets aangaande haar finansiële
beplanning help, en so terloop genoem dat sy
heelwat jare gelede kanker gehad het. Dit was so
op 'n terloopse manier genoem dat ek nie rede
gehad het om te antwoord daarop nie.
Vanmôre was sy by my vergesel van haar dogter.
Netjiese mense. Gevra dat ek vir haar 'n testament
opstel. Vanmôre het sy verder vertel. Ondermeer dat
sy on 1980 gediagnoseer is met kanker, en volkome
daarvan genees het.
'n Ander kliënt, het my kliënt geword na hy 'n operasie
en bestraling gehad het vir breinkanker. Hoe lank gelede
hy gediagnoseer was, weet ek nie, maar wel dat hy al ongeveer
twaalf jaar 'n kliënt van my is. 'n Gesonde bles:-) jong man
van sowat 45 jaar oud. Die enigste teëspoed wat hom intussen
getref het, is dat sy vrou hom verlaat het, en hom werklik finansieël
geknou het. Finansies is op die sak, en dit kan weer herstel:-)
Kanker is oorwin, Andries. Moet asseblief nou net nie jou ma
behandel asof sy 'n begrafnispolis moet kry nie. Wees steeds net lief
vir haar en wys haar dat sy spesiaal is.
'n Skoonsuster van my word Maandag geopereer vir 'n gewas op haar
brein. Gisteraand het sy haarself nie verknies nie, maar gesê dat sy
roomkoek wil hê. Kanker is nie meer 'n doodsvonnis nie, Andries, maar
slegs 'n baie ernstige siekte.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Slegte tyding.... [boodskap #864 is 'n antwoord op boodskap #845] |
Fri, 20 June 2003 05:25  |
AJ
Boodskappe: 441 Geregistreer: May 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Huh??
Hy het homself nou by die Eksistensialiste = ???
| aangesluit.
|
| Lorinda
--
Powered By Mandrake Linux 9.0
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:47:06 UTC 2025
|