Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Reg Verkeerd?
Reg Verkeerd? [boodskap #83309] Do, 04 September 2003 13:49 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Volgens 'n regter hier kan 'n 9-jarige nie toestemming gee tot seks nie,
omdat volgens die reg dit onmoontlik is vir 'n kind van daardie ouderdom om
toestemming tot seks te gee.
Hy het egter bepaal dat 'n 13-jarige wel kan toestemming gee, al is die kind
'n onwaarskynlike leuen vertel om haar oor te haal.
Volgens wet is enige seks met 'n kind jonger as 16 onwettig.
So wanneer, volgens wet, is 'n kind nie meer te jonk om toestemming te gee
nie.?

Annette
Re: Reg Verkeerd? [boodskap #83660 is 'n antwoord op boodskap #83309] Wo, 10 September 2003 22:07 Na vorige boodskap
jcw  is tans af-lyn  jcw
Boodskappe: 21
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Junior Lid
Hi Annette,

Geniet jou posts - inteligensie en insig is immers altyd sigbaar.

Die beginsel in reg is rondom "ouderdoms toerekenings vatbaarheid"
(dieselfde vraag ontstaan soms in ander gevalle by volwassenes, gestremdes
ens) die word in twee gedeel, 0-7 jarige ouderdom en 7-14.

Streng gesproke is enige persoon onder 14 nie toerekeningsvatbaar nie, so
daar word altyd bepaal of hulle instaat is daartoe om die implikasies van
hulle besluitnemingsproses te verstaan. In praktyk, en uit die hand van
vorige uitsprake in hoer en appel howe van te vore, weet ons die volgende:

1. Enige kind onder sewe is ontoerekeningsvatbaar, punt full-stop.

2. Tussen 7 en veertien sal die hof, aan die hand van die feite en getuienis
voor hom, bepaal of die kind in hierdie en/of normaalweg toerekeningsvatbaar
is of was vir die feite voor hom.

So antwoord op jou vraag, vir nou is dit 9, volgens die gemelde uitspraak,
dit mag verander of nie, 13 is oud genoeg, alhoewel dit steeds statutere
verkragting uitmaak, maar SV word gewoonlik net ingespan as die man ouer is
en mishandeling vermoed word, of erge opportunisme, sou die meisie en die
seun beide 13/14 wees, sal SV nie werk nie, want beide is dan skuldig, en
alhowel hulle regstegnies wel aangekla kan word, is dit redelik onsinnig om
die "misstap"te vererger deur die trauma van strafregtelikke verrrigtinge.

Cheers

JCW

"Annette" skryf in boodskap news:bj7fn9$bnr$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Volgens 'n regter hier kan 'n 9-jarige nie toestemming gee tot seks nie,
> omdat volgens die reg dit onmoontlik is vir 'n kind van daardie ouderdom om
> toestemming tot seks te gee.
> Hy het egter bepaal dat 'n 13-jarige wel kan toestemming gee, al is die kind
> 'n onwaarskynlike leuen vertel om haar oor te haal.
> Volgens wet is enige seks met 'n kind jonger as 16 onwettig.
> So wanneer, volgens wet, is 'n kind nie meer te jonk om toestemming te gee
> nie.?
>
> Annette
>
Vorige onderwerp: Kies jou kamp
Volgende onderwerp: Titseltjie grens literatuur vir Penkop B
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 03:40:38 MGT 2024