Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "snags lê die wit buurt donker in sy ligte" deur FANIE OLIVIER
"snags lê die wit buurt donker in sy ligte" deur FANIE OLIVIER [boodskap #83573] Di, 09 September 2003 01:08 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Fanie Olivier
snags lê die wit buurt donker in sy ligte

snags lê die wit buurt donker in sy ligte
agter vibracrete, siersteen, gepleisterde hoë mure
met plaatjies wat blaf lampe wat tande wys
op al die hoeke van die huis: als nagmerries
waar daar eens drome was, vrees voor die vergesigte.
rooi oog glim by die deure draadjies trek
die vensters styf. interkom verbind die bure.

bedags vol bravade met die bmw
die manne by die klub die tikster wat so lekker flerrie
terwyl die ander werkers maathou op hul plek.
tennis om nege melktert en tee
daar's selfs nog kans vir naweekritjies - liefs net op teer

maar as die skemer toesak sluit die laer dig
is elke uil op sy kluit haan op sy mishoop
bobbejaan op sy krans hond op sy mat;
speel die video. dan neem die nag nog eens sy loop
met veraf tromme van die vasteland
wat in die kop bly klop ruk aan die hart
terwyl die swart buurt helderder met vryheid brand.
Re: "snags lê die wit buurt donker in sy ligte" deur FANIE OLIVIER [boodskap #83593 is 'n antwoord op boodskap #83573] Di, 09 September 2003 12:55 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Fanie het die ene tegnies goed versorg - ek hou veral van:
"is elke uil op sy kluit haan op sy mishoop"

Ek is egter nie so seker of dit so gerus gaan in die swart buurtes nie.

"@rogers.com" wrote in message
news:cK97b.424493$4UE.400889@news01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
> Fanie Olivier
> snags lê die wit buurt donker in sy ligte
>
> snags lê die wit buurt donker in sy ligte
> agter vibracrete, siersteen, gepleisterde hoë mure
> met plaatjies wat blaf lampe wat tande wys
> op al die hoeke van die huis: als nagmerries
> waar daar eens drome was, vrees voor die vergesigte.
> rooi oog glim by die deure draadjies trek
> die vensters styf. interkom verbind die bure.
>
> bedags vol bravade met die bmw
> die manne by die klub die tikster wat so lekker flerrie
> terwyl die ander werkers maathou op hul plek.
> tennis om nege melktert en tee
> daar's selfs nog kans vir naweekritjies - liefs net op teer
>
> maar as die skemer toesak sluit die laer dig
> is elke uil op sy kluit haan op sy mishoop
> bobbejaan op sy krans hond op sy mat;
> speel die video. dan neem die nag nog eens sy loop
> met veraf tromme van die vasteland
> wat in die kop bly klop ruk aan die hart
> terwyl die swart buurt helderder met vryheid brand.
>
Vorige onderwerp: Wie is Keohane?
Volgende onderwerp: Die geskiedenis van die Afrikaner
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 07:25:54 MGT 2024