Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Museums en die Dinosaurs
Museums en die Dinosaurs [boodskap #83274] Do, 04 September 2003 00:03 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hello

Ek sien vandag 'n ding op National Geographic (NG), dat daar mense in
Amerika en Sjina is wat met Dinosorus (regte Afrikaans?), bene handel dryf.
Nou ek self het nie 'n probleem daarmee nie, en dis blykbaar nie onwettig in
Amerika nie - so lank jy net nie die fossiele gesteel het nie, kan jy maak
daarmee wat jy wil. Die museums moan want hulle glo die fossiele moet
museum toe gaan, en wil alle handel in fossiele probeer beheer en heeltemal
stopsit. Nou sit ek maar net en wonder - hoeveel bene wil die museums nog
hê? As dit 'n nuwe spesie is waarvan niemand nog ooit gehoor het nie fine -
dan kan die museum dit by die handelaar koop, want baie van hulle gaan loop
grawe self die fossiele op, maar hulle (die museums) kan nie verwag die
mense moet dit sommer so verniet oorhandig nie. Dit het hom tog geld en tyd
gekos om die goed op te grawe. Maar sê nou maar die handelaars grawe maar
net nog 'n T-Rex op. Hoekom wil die museums nog T-Rex bene hê? Wat's tog
die verskil? Behalwe miskien as daar iets vreeslik unieks is aan die
spesifieke bene kan ek regtig nie sien hoekom die museum AL die fossiele en
goed moet kry nie.

En so terwyl ek die storie op NG sit en kyk wonder ek hoekom museums hulself
altyd die reg wil toeien op ALLES. As hulle klaar een het, hoekom wil hulle
nog een hê? Of hulle betaal of nie, as ek toevallig op iets unieks en "oud"
afkom, sal ek dit beslis nie aan die naaste museum gaan skenk nie. As ek
geld daaruit kan maak sal ek dit verkoop. Noem my maar 'n kapitalis :))

So nou wonder ek maar net hoe voel ander mense daaroor. Voel julle handel
in "artifacts" moet stopgesit word en alles moet na museums toe gaan? Of
dink julle handeldryf met "antieke goed" op die privaatmark kan maar
voortgesit word?

Elaine
Re: Museums en die Dinosaurs [boodskap #83429 is 'n antwoord op boodskap #83274] Sa, 06 September 2003 20:45 Na vorige boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 4 Sep 2003 02:03:26 +0200, "Elaine" wrote:

Maar sê nou maar die handelaars grawe maar
> net nog 'n T-Rex op. Hoekom wil die museums nog T-Rex bene hê? Wat's tog
> die verskil? Behalwe miskien as daar iets vreeslik unieks is aan die
> spesifieke bene kan ek regtig nie sien hoekom die museum AL die fossiele en
> goed moet kry nie.

Daar is omtrent net twee volledige T Rex-fossiele in die wereld, sover
ek weet.

En so terwyl ek die storie op NG sit en kyk wonder ek hoekom museums
hulself
> altyd die reg wil toeien op ALLES. As hulle klaar een het, hoekom wil hulle
> nog een hê? Of hulle betaal of nie, as ek toevallig op iets unieks en "oud"
> afkom, sal ek dit beslis nie aan die naaste museum gaan skenk nie. As ek
> geld daaruit kan maak sal ek dit verkoop. Noem my maar 'n kapitalis :))
>
> So nou wonder ek maar net hoe voel ander mense daaroor. Voel julle handel
> in "artifacts" moet stopgesit word en alles moet na museums toe gaan? Of
> dink julle handeldryf met "antieke goed" op die privaatmark kan maar
> voortgesit word?

Om bestudering moontlik te maak, moet die goed nie versprei oor die
aarde le of eenvoudig wegraak nie. Dit moet so bymekaar as moontlik
wees. Plus dit moet beskikbaar wees vir navorsers.

Talle "ontdekkings" het reeds gevolg nadat fossiele wat vir jare en
jare geliaseer in museums gele het, skielik van nuuts af deur n nuwe
geslag navorsers met ander (en waarskynlik wyer) omliggende kennis
raakgesien is.

Onder meer die eerste dinosourus wat vere gedah het, as ek reg onthou.
Dit het die konneksie tussen dinosourusse en voels opgehelder. Ek dink
selfs een van die jongste australopethicus-ontdekkings by Wits is so n
storie.

In fact, as die eerste Taung-skedel nie na Wits gevat is nie, sou dit
seker nou nog as m "bobbejaan-skelet" op iemand se rak gele het.
Vorige onderwerp: MAC Rides Again 2
Volgende onderwerp: Gert Vlok Nel email
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 13:31:58 MGT 2024