Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » (no subject)
(no subject) [boodskap #5555] |
Di., 30 Januarie 1996 00:00  |
Frederick Peter Eek
Boodskappe: 14 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
fe...@is.co.za (Koos) wrote:
> Jy sê groepsregte word deur die owerheid vertrap, maar jy erken ook
> dat daar nooit op groepsregte besluit is nie.
> Die beginsel van groepsregte was dus nooit aanvaar of omskryf nie.
> Hoe kan dit kan in enige regs- of tegniese sin vertrap word?
Dis reg. Nes daar nie menseREGTE vergrype onder apartheid kon gewees het
nie, omdat daar nie menseREGTE was nie.
|
|
|
|
|
Re: (no subject) [boodskap #5598 is 'n antwoord op boodskap #5555] |
Wo., 31 Januarie 1996 00:00   |
Frederick Peter Eek
Boodskappe: 14 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
fe...@is.co.za (Koos) wrote:
> Frederick Peter Eek wrote:
>
>
>>> Jy sê groepsregte word deur die owerheid vertrap, maar jy erken ook
>>> dat daar nooit op groepsregte besluit is nie.
>>> Die beginsel van groepsregte was dus nooit aanvaar of omskryf nie.
>>> Hoe kan dit kan in enige regs- of tegniese sin vertrap word?
>
>> Dis reg. Nes daar nie menseREGTE vergrype onder apartheid kon gewees het
>> nie, omdat daar nie menseREGTE was nie.>>>
>
> Menseregte het te doen met die bestaan van mense.
> Groepsregte is 'n poging om menseregte op 'n ander manier te omskryf.
As dit reg was, sou jy kan dus ook se:
Groepsregte het te doen met die bestaan van groepe.
Menseregte is 'n poging om groepsregte op 'n ander manier te omskryf.
> Menseregte setel ook in godsdiens.
> Die tien gebooie se dit.
Dit is mos nou twak. Die Tien Gebooie se ek mag nie ander mense
doodslaan nie. Dit se glad nie ek mag nie doodgeslaan word nie. As die
menseREGTE dan nou uit die Bybel kom, waarom mag mense egbreuk pleeg?
Die Tien Gebooie het baie duidelike voorskrifte oor wat Christene nie mag
doen nie. Dit gee egter geen regte aan mense nie.
> Mense in Suid-Afrika wat Sondae kerk toe gegaan het en Christenskap
> bely het, het 'n verbintenis gehad tot basiese menseregte.
> Menseregte as individuele regte was (en is) ook diep gesetel in die
> Romeins Hollandse reg wat deur die apartheid-staat aanvaar en bely
> was.
Nonsens. MenseREGTE gaan oor wat mense mag doen sonder dat ander hulle
inperk. Dit se inherent "Ek is gebore met soveel vryheid, en jy mag dit
nie inperk nie". Die Romeins-Hollandse reg gaan oor wat jy nie ander mag
doen nie. Dit se "Ek mag hierdie dinge nie doen nie, want dan maak ek
inbreuk op ander se vryheid".
Inherent kan jy met menseREGTE dus ander hul vryheid ontneem omdat dit
jou reg is. Voorbeeld: In Kanada het 'n seun so 'n paar jaar terug groot
opspraak verwek omdat hy die hele dag by die skool hardop in al die
klasse gesing het "I want to sex you up". Hy word toe geskors, maar die
howe het bevind dat die skool hom nie mog skors nie - dit is 'n skending
van sy reg op vryheid van spraak. Die skoolhoof moes hom in die openbaar
om verskoning vra. Die feit dat hy die res van die kinders verhinder het
om klas te kry, onderwysers en onderwyseresse bedreig laat voel het, ens,
ens, tel nie wanneer dit by menseREGTE kom nie.
Volgens die Bybel is 'n wet bedoel om my vryheid net sodanig te beperk,
dat ek nie iemand anders skade berokken nie. MenseREGTE se in effek jy
het hierdie regte, en maak nie saak hoeveel ander mense daaronder moet ly
as jy jou vryheid misbruik nie, niemand mag daardie vryheid beperk nie.
> Die apartheid-staat het homself selfs CHRISTELIK nasionaal genoem as
> ek dit nie mis het nie.
Jy het dit nie mis nie.
> Ek dink die aanhef van die ou grondwet het ook SA as 'n Christelike
> staat omskryf.
Heeltemaal korrek.
> Daar was dus menseregte.
Soos ek hierbo gesê het, TWAK.
|
|
|
|
|
Re: (no subject) [boodskap #45727 is 'n antwoord op boodskap #5555] |
Wo., 04 Julie 2001 04:20   |
Gids
Boodskappe: 140 Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Aag Gloudien, wees tog nie so intolerant nie. 'n Goeie vriend van my uit
"kill-me-quick", het altyd gesê dat mens dit word wat jy die meeste haat. As
jy rassisme haat, word jy 'n rassis, as jy krities is oor kritici, word jy
'n kritikus ensovoorts. Dit is 'n interessante idee om te verken, maar
basies sou jy kon sê dat ekstreme reaksies, ekstreme teenreaksies kweek en
juis die oorspronklike idee wat jy probeer kommunikeer het neutraliseer.
Die Swellendammers kan op hulle eie bene staan en hulself verdedig, maar die
opinie bestaan ook daar (soos in die res van blank Suid-Afrika) dat die land
besig is om onder te gaan, en elke strooihalmpie wat volgens hulle
bewysmateriaal lewer dat dit wel so is, onmiddellik sien as 'n hooimied. As
ek daarna kyk, dan dink ek tog so 'n bietjie dat die Afrikaner se vreemde
kombinasie van masochistiese neigings en narcissisme hom en haar nou
gelukkiger maak dan ooit in die verlede - hulle mag dit net nie sê nie, want
hoe kan jy 'n martelaar wees as jy dan nie ly nie?
-Gideon-
PS: Goed om te sien dat jy nog konsekwent is na al die jare ;)
skryf in boodskap news:3B426759.ED8598BC@home.com...
Net soos ons nog wag vir "Danielle" se apologie oor die dinge
wat sy oor Ferdi se vrou gesê het, wag ons ook nou vir
Annette se apologie oor die manier waarop sy die dorp en
mense van Swellendam beswadder het en minagtend van
hulle gepraat het.
Die hele kappiekommando van die Derde Republiek
se Waarheidskommissie.
|
|
|
|
|
Re: (no subject) [boodskap #45763 is 'n antwoord op boodskap #45761] |
Wo., 04 Julie 2001 12:01   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Thys, ek sit nou hier in die sonnetjie en sien die weer is 'n bietjie donker
daar na julle kant toe:)))
Wil jy hê ek moet vir jou 'nsonstraaltjie stuur?:))
Annette
Thys de Wet skryf in boodskap news:9huuv5$1v47$1@news.adamastor.ac.za...
> "Habakukina, ag bly tog stil
> ag ma, hul vat my krokodil"
>
> oor 'n hospitaal van't dorp
> oor Swellengrebel en ten Dam
> het gloudina en annette mekaar
> behoorlik bygedam
> die een se niggie se kind se oom se hond
> lê daar op die hospitaal se stoepe rond
> die ander een se oom neels ry
> sommer net verby
> na die woeste aspoester
> op Worcester
> se hospitaal
>
> om sy kwaal te laat kyk en laat sny
> "o gaats omie, my hand het gegly"
> seg die jonge dokter van daar
> nou's die omie ook nie meer
> al te agtermekaar
>
> en gloudina en annette
> kan mekaar oor etiket
> net nie vind
> hul gesprekke dreig nou
> hand uit te ruk
> oor een wil hê
> die ander moet sê
> wat sy nie wil sê
> oor sy nie hoef te sê
> dat die fout nie
> by haar of haar mense lê
>
> Maar by die hospitaal
> op die dorp van
> Swellengrebel en ten Dam'
> het daar nog niets beter van
> gekwam
> daars moontlik 'n spaanse dokter daar
> wat nie 'n spaanse ingels of aferkaans
> kan sprak
> en of sy hand nou gly of nie
> wie sal weet
> want net kan homself verstane
> in frases gepraat
> kubaanse spaans
>
> apologie of te not
> niemand sal weet
> wie aan wie moet sê
> "ek apologeer?"
> nooit as te nimmer te not!
>
> Die kappiekomando in ottowa wes
> dreig nou al dae aaneen
> om in te gryp na haar bes
> saam met haar nig op swellendam-wes
> en die tantes van nantes
> en die aa see see vee
> selfs danie hel in georgia-oos
> maak haar ook gedurig boos
> maar ai tog helaas
> moet die kappie komanndo in ossewa ses
> ook die aftog blaas
> al blasend verwoed
> sy's kwaad oor
> ander se hospitaal-goed.
>
> My vrou het vanaf 1993 tot 1996 in Kayelithsa by 'n onderwyskollege gewerk.
> Daar is 'n nuwe gebou betrek, en dié moes nou volgens tradisie "ingevreet"
> word. Bees, bok en skaap is geslag, en die bloed het in die aarde in
> gevloei. Tydens die paartie daarna, aanskou sy die 'tradisionele"
> hoofbedekking van een van die Xhosa dames: Sulke mooi blouerige kruisies in
> die materiaal. By nader ondersoek blyk die "kruisies" te wees CPA / KPA.
> 'n KPA hospitaallaken. Seker deel van die "huistoegaan" pasellas gewees na
> die laaste hospitaal besoek...
>
> Thys oppie Bos
> skryf in boodskap news:3B426759.ED8598BC@home.com...
> Net soos ons nog wag vir "Danielle" se apologie oor die dinge
> wat sy oor Ferdi se vrou gesê het, wag ons ook nou vir
> Annette se apologie oor die manier waarop sy die dorp en
> mense van Swellendam beswadder het en minagtend van
> hulle gepraat het.
>
> Die hele kappiekommando van die Derde Republiek
> se Waarheidskommissie.
>
|
|
|
|
Re: (no subject) [boodskap #45767 is 'n antwoord op boodskap #5555] |
Wo., 04 Julie 2001 13:01   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Gids wrote:
> Aag Gloudien, wees tog nie so intolerant nie.
Gideon, soos nog al die jare, is dit performance art. 'n
Mengsel van drama en liriek. Hoekom dink jy hierdie
nuusgroep floreer? Omdat daar aksie is.
Is ek reg as ek onthou dat jy, voor jy Nederland toe
is, in Paarl gebly het. En songs geskryf het?
Gloudina
|
|
|
Re: (no subject) [boodskap #45768 is 'n antwoord op boodskap #5555] |
Wo., 04 Julie 2001 13:07   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Gids wrote:
> elke strooihalmpie wat volgens hulle
> bewysmateriaal lewer dat dit wel so is, onmiddellik sien as 'n hooimied. As
> ek daarna kyk, dan dink ek tog so 'n bietjie dat die Afrikaner se vreemde
> kombinasie van masochistiese neigings en narcissisme hom en haar nou
> gelukkiger maak dan ooit in die verlede - hulle mag dit net nie sê nie, want
> hoe kan jy 'n martelaar wees as jy dan nie ly nie?
>
Ja, ek het dieselfde indruk. Maar as hulle nie in die bekgeruk word nie, glo
hulle later hulle eie fabrikasies en
tol soos woer-woere in die rondte. En as mens hulle
gesanik nie nou en dan bietjie bevraag nie, begin jy later
hulle rantings en ravings glo, en dan praat jy weer met jou
mense in SA en stel voor dat hulle emigreer. En dan
vertel jou eie familie vir jou dat hulle OK is , thank you.
Gloudina
|
|
|
|
Re: (no subject) [boodskap #45772 is 'n antwoord op boodskap #5555] |
Wo., 04 Julie 2001 13:37   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
poppie wrote:
> dit sou goed gewees het as ons n paar
> inheemse bewoners (van alle rasse) op hierdie nuusgroep kon hoor,
> sodat ons dit uit die perd se bek kon hoor. Pop
>
Ja, maar die een of tweekeer wanneer ons nie-"blanke"
mense op hierdie nuusgroep kry, word hulle so aangeval
deur mense soos Leendert destyds, dat hulle maar net
weer verdwyn.
Ek neem nog eksepsie teen die feit dat Annette blatant
my vriendin (wat nou terug is in Swellendam) uitmaak vir
'n leuenaar. Ek neem eksepsie daarteen dat iemand soos
Danielle blatante leuens opmaak oor die vrou van Ferdi,
of opmerkings maak oor my man. Enigiemand kan enigiets
op hierdie nuusgroep sê, maar hulle hoef nie blatante leuens
te vertel, en snedige opmerkings te maak oor mense wat
gladnie op hierdie nuusgroep opereer nie.
Gloudina
|
|
|
Re: (no subject) [boodskap #45773 is 'n antwoord op boodskap #5555] |
Wo., 04 Julie 2001 13:42   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Gids wrote:
>> Is ek reg as ek onthou dat jy, voor jy Nederland toe
>> is, in Paarl gebly het. En songs geskryf het?
>>
> Dis hem :) Ek woon nog steeds in Nederland en ek speel nog met musiek -
> miskien binnekort weer by die huis.
>
Bedoel jy dat jy terugkom na SA toe?
Gloudina
|
|
|
|
Re: (no subject) [boodskap #45784 is 'n antwoord op boodskap #5555] |
Wo., 04 Julie 2001 14:50   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Thys de Wet wrote:
> Tydens die paartie daarna, aanskou sy die 'tradisionele"
> hoofbedekking van een van die Xhosa dames: Sulke mooi blouerige kruisies in
> die materiaal. By nader ondersoek blyk die "kruisies" te wees CPA / KPA.
> 'n KPA hospitaallaken. Seker deel van die "huistoegaan" pasellas gewees na
> die laaste hospitaal besoek...
>
En as jy nou heeltemal eerlik wil wees, sal jy erken datjy baie ou
spoorweghanddoeke en hospitaal-
handdoeke in wit huise in die verlede gesien het. Dis 'n
verskynsel reg oor die wêreld, selfs hier in Kanada.
Maar ons praat daarvan net as ons politieke munt
daaruit kan slaan, né.
Ek was eendag so geamuseerd toe ek 'n klomp
swart onderwysers-vroue ook hoor kla oor hulle
bediendes wat so suiker steel. (Hoeveel kere het
ek nie wit tannies op die stoepe hoor praat oor die
suiker en die teelepels wat so gesteel word deur
"hulle" nie.) As mens 'n huiswerker is, en min betaal
word, sal dit nie maar altyd 'n versoeking wees om
bietjie vir jou kinders huis toe te neem nie?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: (no subject) [boodskap #45816 is 'n antwoord op boodskap #45765] |
Wo., 04 Julie 2001 21:42   |
Pieter Immelman
Boodskappe: 114 Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Pop, ek het ookal 'n paar "geblok" tot Danielle iets gesê het nl. "as ek
hulle blok sal ek altyd wonder of hulle nie van my skinder nie" of iets tot
die effek. So, toe gaan haal ek maar weer my blokke af en tog wonder ek of
ek dit nie maar moes terugsit nie.
pj
"poppie" skryf in boodskap news:9hv0uk$t6a$1@slb4.atl.mindspring.net...
> Nee wat jong, mens hoef nie hier apologie aan te teken nie, dis
> n vrye forum en mense kan sê wat hulle wil. As iemand jou
> nou regtig irriteer, blok hom (soos ek met n hele paar mense doen),
> maar hier is mens vry om jou menings en opinies sonder voorbehoud
> te opper. Ek ken ook toevallig vir Swellendam heel goed (mooiste
> kerk, in die Hoofstraat), dit sou goed gewees het as ons n paar
> inheemse bewoners (van alle rasse) op hierdie nuusgroep kon hoor,
> sodat ons dit uit die perd se bek kon hoor. Pop
>
>
> skryf in boodskap news:3B426759.ED8598BC@home.com...
> Net soos ons nog wag vir "Danielle" se apologie oor die dinge
> wat sy oor Ferdi se vrou gesê het, wag ons ook nou vir
> Annette se apologie oor die manier waarop sy die dorp en
> mense van Swellendam beswadder het en minagtend van
> hulle gepraat het.
>
> Die hele kappiekommando van die Derde Republiek
> se Waarheidskommissie.
>
|
|
|
|
Re: (no subject) [boodskap #45820 is 'n antwoord op boodskap #5555] |
Wo., 04 Julie 2001 22:04   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle© wrote:
> . Ek glo nie sy is bewus dat haar naam so
> ydelik gebruik was/word in 'n openbare nuusgroep nie.
Ek wonder wie die enigste een is wat ander mense sename so ydelik gebruik op
hierdie nuusgroep. JY breek
al die kodes van goeie internet-beskaafdheid. Inderdaad,
jy gaan te vér, wanneer jy denkbeeldige woorde in die
mond van die familielede van mense op hierdie nuusgroep
lê. Jou kruiperigheid by die wat jy dink wat jou goedgesind
is, is ook duidelik vir almal. Enigiemand wat iemand anders,
wat hy nog net op 'n nuusgroep ontmoet het, "'n mensie"
noem, laat my naar op die maag. Dis 'n soort geaffekteerde
valsheid wat niemand ontsnap nie.
Ek kry nog die gevoel dat jy nie werklik van die
vroulike geslag is nie. Ek dink nie vroumense funksioneer
soos jy nie. En jy het blykbaar ure en ure tyd om op die
argiewe te sit. Jy het gesê jy het 'n skoolgaande kind.
Ek sidder oor die hoeveelheid aandag wat die kind kry,
as hy werklik bestaan. Onthou, mens skep 'n profiel
op hierdie nuusgroep. Ek weet wat my profiel is -
wéét jy wat joune is?
Tant Hessie van die agterste van Helsdingens. Wat
op die oomblik die kwaliteit van die universiteit in
Athens, Georgia ondersoek, en nie baie bemoedigende
nuus het nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: (No Subject) [boodskap #83334 is 'n antwoord op boodskap #83323] |
Do., 04 September 2003 22:44   |
bliksim wit
Boodskappe: 54 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
On Thu, 04 Sep 2003 21:06:27 +0200, DD wrote:
> On Thu, 4 Sep 2003 13:39:38 +0200, "Jonas"
> wrote:
>
>> Daar het jy dit - die soektog duur voort....
>> "Annette" wrote in message
>> news:bj6m75$mak$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Ek stem nie saam nie:))
>>> Annette
>
>
> Tipies vroumens. Annette weet dat dit so is,
> maar stry sal sy stry. Nee, nie tipies vroumens nie.
> maar tipies Annette. Sy sà l dit nou ander sien:-)
>
> DD
Mense, was dit nie die geskienis van die mier nie? Tyd, my seun, is soos a
glibberige vis. Asseblief onse hemelse vader, slaan die volgende een wat
aan die thread skryf met weerlig ;-)
Sorry, ek kon dit nie weerstaan nie.
B
|
|
|
Re: (No Subject) [boodskap #83366 is 'n antwoord op boodskap #83334] |
Vr., 05 September 2003 12:17  |
Koot Pieterse
Boodskappe: 490 Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nou is ek finaal oortuig dat bliksim wit 'n outomatiese sin-generator op
iemand se rekenaar is en liggelowige mense noop om op sy ramblings te
reageer. Reisiger was minstens diepsinnig..
Ons sal Maandag weet of die weerlig my geslaan het.
K
> Mense, was dit nie die geskienis van die mier nie? Tyd, my seun, is soos a
> glibberige vis. Asseblief onse hemelse vader, slaan die volgende een wat
> aan die thread skryf met weerlig ;-)
>
> Sorry, ek kon dit nie weerstaan nie.
>
> B
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Ma. Apr. 21 00:22:05 UTC 2025
|