Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Swart Transvaal " deur ANDRÉ LETOIT
" Swart Transvaal " deur ANDRÉ LETOIT [boodskap #83256] |
Wo., 03 September 2003 18:49  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Koos A Kombuis (André Letoit)
Swart Transvaal
In die glasruite van aande
Weerkaats die laaste maande
Skimme van 'n ou beskawing
Voor ons kerkgeslag se sonde
En in die slootjies van Pretoria
Tussen die disko's en geboue
Vloei bloed tussen indoena-oë
Wat opflikker uit die koue
Van die Empireweg in Melville
Tot die mynhope van weerwil
Groei die dood tot krasser lewe
Deur gesprek en geld-opdrifsel
Want die erwe van ons vaad're
Sal vir plotte teen ons kinders tel
Vars grond, bloedgrond tuimel in
Ideale val soos Carltonville
Ondergronds is God die hel in
Vir die Boerenasie
Wat bid soos Fariseërs
Maar nooit wil ophou rasie
Afrikaners, vroueslaners
Doemprofete en kritici
Kom vergader hier en sing nou saam
Die wiegelied van anargie
Afrikaners, babaslaners
Skisofrene en politici
Kom vergader hier en sing nou saam
Die wiegelied van anargie
Kluite vroetel, krieke jakker
Vloerplanke kraak slapers wakker
Grafstene kom in opstand
En beset die Heldeakker
Sigarette word uitgedoof
Terwyl trae psalms God nog loof
Ons hoogste ambisies is van onder
Deurdrenk met suur, geskeur, gekloof
Afrikaners, swarteslaners
Balhangers en para-medici
Kom vergader hier en sing nou saam
Die wiegelied van anargie
Afrikaners, volksvermaners
Digters en akademici
Kyk hoe lê die land weer braak
Net soos voor die Trek van vanmelie
Van dak tot fondament
Sprei rysmiere oor monument
En kil torings van klein dorpies
Selfs die Strydom-koepel is geskend
So kom ons om, so kom ons om
En al verder rank die honger blom
Van revolusie oor die aarde
So word ons Voortrekkers weer stom
Van skrik ...
En blaai deur boeke
Vergeel met voorvaders se soeke
Verspil soos bloed oor ou portrette
Gebars soos spieëls in donker hoeke
Afrikaners, jaag-kak-aners
Vroedvroue en tegnici
Kom sing nou saam, kom sing nou saam
Kom sing nou saam en wees nie skaam nie
Afrikaners, Pretorianers
En M.A.-grade met Cum Laude
Kom kniel hier saam en sing uit volle bors
Die slaaptydliedjie van nog 'n revolusie
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Ma. Apr. 21 00:22:06 UTC 2025
|