Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoe sou JY antwoord?
Hoe sou JY antwoord? [boodskap #8306] Sa, 01 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Die Afrikaner en Apartheid is so aktueel en deel van mekaar dat die
soeke na antwoorde mens somtyds tot in jou diepste skok!
'n Persoon van Swazi/Zulu afkoms wat jare al in Perth woon en met wie
ek al baie aangename tye van gesprek gedeel het het my laat soek vir
woorde toe hy my onlangs vra: " Do you mean to tell me you know of the
wrong doings that went on in SA and yet you did nothing to try and
aid us?" en nog verder "Do you feel shame?". Waarop 'n Blanke Ex-Suid
-Afrikaner antwoord."I voted Nat to save my skin!" Dit het baie vrae
in my wakker gemaak veral mbt die feit dat ons deel was van die
politieke situasie in SA. Hoe kan enige mens in vrede met homself leef
as hy hoor van die vreeslikke dinge wat onderneem is in die naam van
'n Christelikke regering en Volk?
Ek stem saam met vorige skrywes op die lys dat ons nie vir ewig in
skuld moet probeer voortgaan nie MAAR ons het tog almal , al is dit
net weens ons geboorte, deel daar aan gehad!
Hoe antwoord mens hierdie vrae??? Nie net aan ander nie maar aan jou
self??
Paradys Groete.....
Re: Hoe sou JY antwoord? [boodskap #8317 is 'n antwoord op boodskap #8306] So, 02 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tierkat  is tans af-lyn  Tierkat
Boodskappe: 12
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
tan...@iinet.net.au (AUSSIE) skryf:
Date: Sat, 01 Feb 1997 13:21:46 GMT
> "Die Afrikaner en Apartheid is so aktueel en deel van mekaar dat die
soeke na antwoorde mens somtyds tot in jou diepste skok!
'n Persoon van Swazi/Zulu afkoms wat jare al in Perth woon en met wie
ek al baie aangename tye van gesprek gedeel het het my laat soek vir
woorde toe hy my onlangs vra:Do you mean to tell me you know of the
wrong doings that went on in SA and yet you did nothing to try and
aid us?" en nog verder "Do you feel shame?".Waarop 'n Blanke Ex-Suid
-Afrikaner antwoord."I voted Nat to save my skin!"<

Die antwoord hierop kan net wees: "Ja, ek skaam my vir mede volksgenote
wat net oor hulle eie velle bekommerd was" Die vraag bly egter ......Het
jy ook NAT gestem?

> "Dit het baie vrae in my wakker gemaak veral mbt die feit dat ons deel
was van die politieke situasie in SA. Hoe kan enige mens in vrede met
homself leef
as hy hoor van die vreeslikke dinge wat onderneem is in die naam van
'n Christelikke regering en Volk? "<

Ek..soos baie ander.... het nie die "vreeslike dinge" onderneem
nie.....waarom moet ons daaroor skuldig voel?
Op skool ....20 jr. terug....het 'n groep van ons ons daarvoor beywer om
ons sportgeriewe met ons bure in die Kleurling skool te deel....en
geslaag.... dit was nie volmaak nie, maar 'n goeie begin..... en vir die
siniese lot... nie gedoen om onsself te laat goed voel, maar uit oortuig
dat dit die regte ding was om te doen.
Ek was 'n lid van die Stellenbosche studente parlement wat 'n groep
studente Lusaka toe wou stuur om met die ANC se jeug groep te gaan
praat....hulle paspoorte is teruggetrek....deur 'n regering vir wie ek nie
kon/wou stem nie.

Ek glo nie daarin om geweld met geweld te beantwoord nie..... en nee....
ek het nie klippe opgetel en gegooi nie....al het ek menigmaal daarna
gevoel.

> "Ek stem saam met vorige skrywes op die lys dat ons nie vir ewig in
skuld moet probeer voortgaan nie MAAR ons het tog almal , al is dit
net weens ons geboorte, deel daar aan gehad!"<

Skuldig as jy meegedoen het.... skuldig as jy gewyg het..... maar skuldig
net omdat jy in 'n sekere kultuur gebore is? LAAT EK DIE GEHEIM
OPENBAAR:Nie alle Afrikaners was ondersteunders van Apartheid nie!!!!!

> "Hoe antwoord mens hierdie vrae??? Nie net aan ander nie maar aan jou
self??
Paradys Groete....."<

Net jy sal weet.....
Re: Hoe sou JY antwoord? [boodskap #8339 is 'n antwoord op boodskap #8306] Ma, 03 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
WAARSKUWING:

Nie aanbeveel vir politiek korrektes nie. Diesulkes lees die onderstaande op
eie risiko.

In article tan...@iinet.net.au
(AUSSIE) writes:>From: tan...@iinet.net.au (AUSSIE)
> Subject: Re: Hoe sou JY antwoord?
> Date: Mon, 03 Feb 1997 11:50:11 GMT

>> Ek..soos baie ander.... het nie die "vreeslike dinge" onderneem
>> nie.....waarom moet ons daaroor skuldig voel?

> Ek haal Steve Biko Woordeliks aan:

> "We must realise that our situationis not a mistake on the part of
> whites, but a deliberate act and that no amount of moral lectures will
> persuade the White man to "correct' the situation".

> MAW die totaliteit van die argument van Biko was dat die witman baie
> tevrede was met sy situasie. AL WAS HY "LIBERAAL"!
> Biko het sy "vertroue" in die liberale linkse blanke politiek juis
> verloor met 'n NUSAS vergadering te Rhodes Universiteit, toe die NUSAS
> komitee lede duidelike blanke bevoordeling beoefen het.

Ons _is_ dus almal so - vide Steve Biko. Hy het verder as dit gegaan met sy
kritiek op die liberales. Veel verder - hy slaan hulle erger as die
uitgesproke rassiste. Meer onlangs, doen Attie van Niekerk dieselfde in
"Saam in Afrika". Maar ek wil nie nou _daaroor_ praat nie.

Wat interessant is, is dat Biko so oordeel hierbo 'n inherent rassistiese een
is. (Behalwe as jy, soos Farakhan, beweer dat "a minority cannot be racist".
Dit gooi altyd die Amerikaners en Europeërs as mens daarop wys dat hierdie
spesifieke eufimisme in die SA konteks lagwekkende resultate het.)

Ook uit Biko se tyd, kom die vroeë werk van NC Manganyi, wat nou die
Direkteur-Generaal van Onderwys is. Ook 'n Black-consciousness skrywer, en
kliniese sielkundige wat gepromofeer het met 'n doktorale proefskrif oor sy
navorsing oor die liggaamsbegrensing van swartmense (laat sestigs vroeë
sewentigs). Hy bevind dat andersinds gesonde swartmense in SA nie 'n duidelike
persepsie het van waar hul ledemate en liggaamsgrense begin en eindig nie.
Hierdie verskynsel word ook in die "westerse" literatuur beskryf as een wat
saamgaan met enige toestand van fisiese of psigologiese siekte. Mangayi kom
tot die gevolgtrekking dat apartheid swartmense fisies siek maak, en hierdie
verskynsel van "ontoereikende" liggaamsdefinisie veroorsaak. Hy het 'n boekie
met sy bevindinge gepubliseer (Being-black-in-the-world - Sprocas/Ragan circa
1974).

Nou is die interessante dit: Antropoloë het in daardie tyd en sedertdien
hierdie selfde verskynsel in die lyflike ervaring van _alle_ kulture die
wêreld oor gevind wat 'n mistiese of premoderne wêreldbeskouiing handhaaf. Dit
blyk kenmerkend te wees van mense in daardie kulture dat die individuele
identiteit nie skerp ontwikkel is nie (Luthuli - nie die hoofman nie, 'n
nefie, verklaar "the African, as an individual, does not exist") en die
verskynsel van ongedefinieerde lyflikheid gaan daarmee saam. Van Peursen en
ander wys daarop dat hierdie ervaring ook in die visuele kuns van daardie
kulture merkbaar is.

Deesdae, by konferensies van die SA Filosofiese Vereniging praat swart
deelnemers lustig saam oor hierdie verskynsel in debatte oor "SA in 'n
post-moderne era".

Dus: Manganyi het 'n gegewe psigologiese verskynsel by swartmense in SA
waargeneem, wat by westerlinge met 'n siektetoestand geassosieer word. Hy het
die logiese, maar foutiewe afleiding gemaak dat dit beteken dat swartmense in
SA siek is. Hy het hierdie afleiding aangebied as 'n wetenskaplike een, hoewel
hy duidelik nie gekontroleer het vir al die veranderlikes nie. Dit was dus 'n
politieke, en nie wetenskaplike afleiding nie, maar met die kleed van
wetenskaplikheid. Soveel so dat sy promotors en eksaminators, Sporcas/Ragan en
die lesers van sy populêre weergawe van sy tesis, dit vir 'n wetenskaplike
bevinding gesluk het. En so is nog 'n urban legend oor apartheid gebore.

In werklikheid, blyk dit nou, was dit naakte rassisme, op dieselfde vlak as
Biko s'n, deurdat hy 'n verskynsel wat met (die spesifieke
navorsinspopulasies se) swartwees saamgaan aan die handelinge van "the White
man" toeskryf.

Hierdie neiging, opsigself, gaan egter ook saam met mistiese denke - soos
Luthuli toon. Weens die onvolkome definisie van die eie identiteit is dit nie
moontlik om 'n kousale verband te trek tussen die eie handelinge en hul
gevolge nie. Alles wat die individu toeval, word dus noodwendig toegeskryf aan
magte van buite. (Gepersonifiseer deur towenaars, hekse, ens. Verlede jaar is
oor die 400 hekse in die Noordelike Provinsie verbrand).

Dit is egter ook bewysbaar dat hierdie verskynsel 'n _kultuur_ verskynsel is,
en nie saamhang met genetiese eienskappe nie. Een voorbeeld, dink ek, vind
mens in die sterk neiging onder regse wittes (wat self 'n hoë vlak van
mistiese denke toon) om alles wat vekeerd gaan aan volksverraad of aan die
swart regering toe te skryf.

Hoewel ek dus lustig hande klap as Biko die Libbies so bykom, dink ek moet
mens sy uitsprake sien as die suiwer rassisme wat dit is.

Groete, Leendert

NS. Net vir die immerteenwoordige vlamwerpers: Ek gebruik, n.a.v. Toffler, Van
Peursen en ander die volgende:

Mistiese denke, geassosieer met premodern,
Ontologiese met modern,
funksionele met postmodern.

Al drie denkwyses is by die meeste mense in die een of ander mate
teenwoordig. Die individu/kultuur word bloot aan die mees prominente een
gekenmerk.
Re: Hoe sou JY antwoord? [boodskap #8340 is 'n antwoord op boodskap #8306] Ma, 03 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mampoer  is tans af-lyn  Mampoer
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
On Sat, 01 Feb 1997 13:21:46 GMT, tan...@iinet.net.au (AUSSIE) wrote:

> Die Afrikaner en Apartheid is so aktueel en deel van mekaar dat die
> soeke na antwoorde mens somtyds tot in jou diepste skok!
> 'n Persoon van Swazi/Zulu afkoms wat jare al in Perth woon en met wie
> ek al baie aangename tye van gesprek gedeel het het my laat soek vir
> woorde toe hy my onlangs vra: " Do you mean to tell me you know of the
> wrong doings that went on in SA and yet you did nothing to try and
> aid us?" en nog verder "Do you feel shame?". Waarop 'n Blanke Ex-Suid
> -Afrikaner antwoord."I voted Nat to save my skin!" Dit het baie vrae
> in my wakker gemaak veral mbt die feit dat ons deel was van die
> politieke situasie in SA. Hoe kan enige mens in vrede met homself leef
> as hy hoor van die vreeslikke dinge wat onderneem is in die naam van
> 'n Christelikke regering en Volk?
> Ek stem saam met vorige skrywes op die lys dat ons nie vir ewig in
> skuld moet probeer voortgaan nie MAAR ons het tog almal , al is dit
> net weens ons geboorte, deel daar aan gehad!
> Hoe antwoord mens hierdie vrae??? Nie net aan ander nie maar aan jou
> self??
> Paradys Groete.....

Hier tuis in die ware paradys is dit glad nie meer 'n relevante vraag
nie.
Ons het hier gebly, met mekaar vrede gemaak en kyk net vorentoe. Pasop
dat jy nie te veel wroeg daar in die vreemde nie.

Mampoer
Re: Hoe sou JY antwoord? [boodskap #8341 is 'n antwoord op boodskap #8306] Ma, 03 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Ek..soos baie ander.... het nie die "vreeslike dinge" onderneem
> nie.....waarom moet ons daaroor skuldig voel?

Ek haal Steve Biko Woordeliks aan:

"We must realise that our situationis not a mistake on the part of
whites, but a deliberate act and that no amount of moral lectures will
persuade the White man to "correct' the situation".

MAW die totaliteit van die argument van Biko was dat die witman baie
tevrede was met sy situasie. AL WAS HY "LIBERAAL"!
Biko het sy "vertroue" in die liberale linkse blanke politiek juis
verloor met 'n NUSAS vergadering te Rhodes Universiteit, toe die NUSAS
komitee lede duidelike blanke bevoordeling beoefen het.
> Op skool ....20 jr. terug....het 'n groep van ons ons daarvoor beywer om
> ons sportgeriewe met ons bure in die Kleurling skool te deel....en
> geslaag.... dit was nie volmaak nie, maar 'n goeie begin..... en vir die
> siniese lot... nie gedoen om onsself te laat goed voel, maar uit oortuig
> dat dit die regte ding was om te doen.
> Ek was 'n lid van die Stellenbosche studente parlement wat 'n groep
> studente Lusaka toe wou stuur om met die ANC se jeug groep te gaan
> praat....hulle paspoorte is teruggetrek....deur 'n regering vir wie ek nie
> kon/wou stem nie.
>

>

> Skuldig as jy meegedoen het.... skuldig as jy gewyg het..... maar skuldig
> net omdat jy in 'n sekere kultuur gebore is?

Ek is net bewus van een skrywer op die lys, di onse "Flowerchild" wat
in Kanada woon wat regtig kan sê sy is nie skuldig tot 'n mate nie.
Die RES: Wie se brood jy eet sy woord sal jy spreek!

LAAT EK DIE GEHEIM
> OPENBAAR:Nie alle Afrikaners was ondersteunders van Apartheid nie!!!!!
Die grootste geeste was sekerlik Beyers Naude en oorlede Braam Fisher
maar hulle is nie op die NG nie.

>
>> "Hoe antwoord mens hierdie vrae??? Nie net aan ander nie maar aan jou
> self??
> Paradys Groete....."
> Net jy sal weet.....

Ek het geantwoord! Maar stel tog belang in hoe ons uit ons Afrikaner
agtergrond hierop sou reageer.

Dankie "Tierkat" vir jou kommentaar.
Paradys Groete....
Re: Hoe sou JY antwoord? [boodskap #8357 is 'n antwoord op boodskap #8306] Di, 04 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , tan...@iinet.net.au says...
>
> Ek is net bewus van een skrywer op die lys, di onse "Flowerchild" wat
> in Kanada woon wat regtig kan sê sy is nie skuldig tot 'n mate nie.

Los my tog maar uit die ou sakie uit. Ek
vergeet nie dat Biko 'n jong man was, wie se
swart vel mense wat dieselfde taal as ek gepraat
het, glo die reg gegee het om hom te verneder,
hom van basiese menseregte te beroof, hom eers
pap geslaan het en toe met hom honderde myle
gery het, sodat hy in 'n vreemde stad kon sterf.
Wanneer Peter Gabriel "Biko, Biko" sing, dan
huil ek van verdriet, en van skaamte. Lank nog
sal mense na die lied luister, en aan slagoffers
dink, en aan verdrukkers. Miskien oor 'n honderd
jaar nog. Wanneer hulle nie meer kan onthou wie
Biko was nie, en wie die verdrukkers was nie.
Soos my seun nou die dag toe ons na "Give me hope,
Johanna" luister. Hy weet dat dit 'n lied is oor die
hoop dat die dag miskien eendag sal breek. Maar hy
weet nie dat dit na Suid-Afrika verwys nie.
En dan probeer Leendert nog wegkruip agter
verintellektualiserings - vir Biko probeer uitwys as
'n rassis. Biko is dood, Leendert, verneder en dood-
geslaan deur mense wat Afrikaans gepraat het. En die
mense wat die bevele gegee het, was Afrikaans. Daar-
vandaan sal jy nooit wegkom nie. Miskien moet jy
intellektueel probeer bewys dat jy nie 'n Afrikaner is
nie. So kom jou hande miskien skoon.
Gloudina
Re: Hoe sou JY antwoord? [boodskap #8385 is 'n antwoord op boodskap #8306] Wo, 05 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 03 Feb 1997 23:37:42 GMT, djor...@beeld.naspers.co.za
(Mampoer) wrote:

> Hier tuis in die ware paradys is dit glad nie meer 'n relevante vraag
> nie.
> Ons het hier gebly, met mekaar vrede gemaak en kyk net vorentoe.

"Mampoer" Dit is baie goed so en ek is bly daar oor MAAR wat ek graag
sal wil weet..... Hoe het jy die vraag irelevant gemaak en hoe het jy
"vrede" gemaak.? Ek stel regtig belang!

> Pasop
> dat jy nie te veel wroeg daar in die vreemde nie.
>
> Mampoer

Hou maar die ou angeltjies dit maak regtig nie meer seer nie!
Re: Hoe sou JY antwoord? [boodskap #8386 is 'n antwoord op boodskap #8306] Wo, 05 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:
> Ek
> vergeet nie dat Biko 'n jong man was, wie se
> swart vel mense wat dieselfde taal as ek gepraat
> het, glo die reg gegee het om hom te verneder,
> hom van basiese menseregte te beroof, hom eers
> pap geslaan het en toe met hom honderde myle
> gery het, sodat hy in 'n vreemde stad kon sterf.

Inderdaad. 'n Gru-verhaal, wat op die lang duur waarskynlik meer gedoen het om
druk op die regering te plaas om 'n alternatiewe uitkoms te soek - druk uit
eie geledere.

> En dan probeer Leendert nog wegkruip agter
> verintellektualiserings - vir Biko probeer uitwys as
> 'n rassis. Biko is dood, Leendert, verneder en dood-
> geslaan deur mense wat Afrikaans gepraat het. En die
> mense wat die bevele gegee het, was Afrikaans. Daar-
> vandaan sal jy nooit wegkom nie. Miskien moet jy
> intellektueel probeer bewys dat jy nie 'n Afrikaner is
> nie. So kom jou hande miskien skoon.

Is Biko se hande bevuil deur elke gru-moord wat 'n Xhosa-sprekende lid van
Poqo gepleeg het, Gloudina? Is Mandela se hande vuil van elke moord,
verkragtigting en marteling wat elke dag deur Xhosa-sprekendes geplaag word?
Ek dink nie so nie, en ek is nie aandadig aan die moord op Biko nie.

Ek regverdig ook nie die moord op Biko aan die hand daarvan dat hy 'n
uitgesproke rassis was nie. Rassime is nie 'n misdryf wat met die dood
strafbaar behoort te wees nie.

Maar Biko se marteldood het hom nie in 'n sondelose heilige verander nie. Deur
hom so te beskou verminder ons hom, net soos ons deur die jare met soveel
Boere-helde en martelaars gedoen het. Want dit is juis in die feit dat hy - en
Jopie Fourie - en De la Rey en vele ander gewone mense was, met hul eie
vooroordele, dat hul dade groot genoem kan word.

Deur Biko te stroop van sy oortuigings en sy verlede stroop jy hom juis van
dit waarvoor hy gesterf het.

Daardeur mag jy jou eie illusies voed, jou eie beelde en werklikheid skep.
Maar jy moet onthou dat dit wat jy skep nie Biko is nie, en nie die
werklikheid van Afrika nie.

Maar dit, vrees ek, is die nuwe geskiedenis wat nou geskryf word. 'n
Gesuiwerde een, soos die vorige weergawe. 'n Geskiedenis wat geen geskiedenis
is nie, maar 'n projeksie op die verlede van die etos van die dag. Dit maak
karikature van die _mense_ wat daardie geskiedenis gemaak het.

Die volgende flentertjie is ook deel van die historiese werklikheid. Die een
wat xfiles beskou as so boos dat hy dit nie wil lees nie (watter wonderlike
kommentaar op die standpunt wat hy verkondig).

February 1, 1997

Biko's Case Now Offers Justice From a Travesty

By JOHN F. BURNS

[M] any of those who sat in the old synagogue in
Pretoria nearly 20 years ago, when it served
briefly as one of apartheid's most infamous
courtrooms, must have paused at the news from
South Africa last week.

According to the country's Truth and
Reconciliation Commission, five white security
officers involved in the detention and killing
of the black leader Steve Biko in 1977 have
indicated a readiness to admit their part in his
death, and begun the process of applying for
amnesty for their crimes.

[....]

When he died, at the age of 30, Biko was the
country's most important young black leader, and
something of a firebrand in the anti-apartheid
struggle. Only days before his arrest, he told
this reporter that blacks would one day move out
of their townships and into white suburbs,
"destroying and burning" along the way.

This appeared to put him and his
black-consciousness movement on a more radical
track than Mandela and the African National
Congress, the older resistance group now in
power.

Hierdie is vir my 'n beeld wat veel meer eer gee aan Biko as een wat beperk is
tot:

> Ek
> vergeet nie dat Biko 'n jong man was, wie se
> swart vel mense wat dieselfde taal as ek gepraat
> het, glo die reg gegee het om hom te verneder,
> hom van basiese menseregte te beroof, hom eers
> pap geslaan het en toe met hom honderde myle
> gery het, sodat hy in 'n vreemde stad kon sterf.

Natuurlik is Biko 'n martelaar. En sy dood het 'n direkte impak op die
geskiedenis gehad, op die persepsies van mense, ook die ondersteuners van die
regering.

Maar hy was ook 'n rassis. Dit het ook 'n impak op die geskiedenis gehad -
op die persepsies van mense.

En Jimmie Kruger se uitpraak oor Biko se dood: "Dit laat my koud" het, indien
enigsins moontlik, nog 'n groter impak gehad as die moord self.

Maar as ons van Biko se rassime sê: "Dit laat my koud", "Dit gaan my nie aan
nie", "Dit is nie ter sake nie", is ons kwalik te onderskei van Jimmie Kruger.

En as ons Biko se lewe vereenvoudig tot die eendimensionele ikoon van sy
dood loop ons gevaar om dieselfde te doen met dit wat ons moes leer uit sy
dood. Dan loop ons gevaar om, soos kooos, menseregte te preek dat dit galm
terwyl ons in ons eie optrede die regte van ander gerieflikheidshalwe oorsien.
As ons in die klein dingetjies sê "Dit laat my koud", sal ons dit in die
grotes ook sê.

Dis hoe _ek_ sou antwoord.

Groete, Leendert
Re: Hoe sou JY antwoord? [boodskap #8387 is 'n antwoord op boodskap #8306] Wo, 05 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
Al weer as jy nou Afrikaans praat moet jy pa staan vir wat ander afrikaners
gedoen het? BULL SHIT! Dit is 'n veralgemening om te se^ omdat deel van 'n
groep aan sekere vergrype skuldig is/was moet die hele groep nou geblameer
word. So as iemand wat afrikaans praat soos De Kock en die res van sy tjomme
dan moet ek nou myself skuldig sien aan al hulle vergrype.

Kom ons kyk na 'n ander paar voorbeelde - Amerika met Vietnam, Korea, Granada,
Japan; Australie met Suid Afrika(onthou vir Buster Morrant); Engeland - (Whoo
hulle moet rerig skaam wees) - die amerikaanse indiane, die Indiese indiers,
en al hul afrika kolonies, die iere wat hulle vir jare valslik opgesluit gehou
het; die franse met hulle kolonialisme van hul afrika state (en moenie die
franse vreemde legioen); belgie - die eertydse Kongo; Portugal met Mosambiek
en Angola(waar die inheemse tale byna algeheel onderdruk is) ens. So moet
elkeen wat een van die bogenoemde tale praat nou skuldig voel aan die vergrype
van hul taalgenote?

Ons is wel skuldig dat ons by apartheid gebaat het maar nie aan Biko en die
ander se dood nie. Wat het ons gedoen om hom en ander te vermoor en op te
blaas? As jy skuldig voel aan Biko (en andere) se dood - dis jou probleem.

Hoekom voel jy nou juis skuldig oor ander Afrikaans sprekendes dit gedoen het
in jou Engelse tydperk - jy het mos Afrikaans opgese^ hier in 1976 se^ koers
het jy nie? En eers weer in 1994/95 begin praat. So per jou definisie was jy
nie 'n Afrikaans sprekende toe Biko gesterf het nie. Dus kan jy so skoon soos
'n speekwoordelike swaan voel :).

Storietjie oor die "Give me hope, Johanna". Was eendag by 'n geleentheid waar
daar 'n klompie stoere regse Afrikaners ook was en toe die liedjie gespeel
word toe dans almal dat die stof staan, en sing tog te lekker saam met die
koor gedeelte - dis nou na so 'n paar stywe brandewyne - sonder om regtig te
verstaan waaroor hulle sing. Ek het dit heel amusant gevind.

Cheers
Lou
Re: Hoe sou JY antwoord? [boodskap #8437 is 'n antwoord op boodskap #8306] Vr, 07 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article,
writes:

>> Ons is wel skuldig dat ons by apartheid gebaat het.
>
> Het ons? Het ons nie ook daarvoor betaal of daaronder gely nie?
>
> Wanneer ons 'n bottom-line stelling soos joune maak: hoe lyk die berekening
> wat tot daardie slotsom lei?
>

Wel, ek het altyd 'n bietjie skuldig gevoel oor my bevoorregte posisie, dat
dinge vir my makliker was omdat my vel wit was. Hoeveel ons daarvoor gely het?

Debateerbaar - seker lekker skuldgevoel opgebou, maar soos nou maar menslik is
makliker saam met die stroom as daarteen geswem. Te besig om die volgende
verhoging, die volgende vakansie, die volgende ding op die agenda te jaag om
nog teen die stelsel ook te kon baklei.

Anyway as ek 'n politikus wou wees, sê maar soos 'n Charl Niehaus, 'n
Marthinus Van Schalwyk sou ek ook op universiteit 'n besluit geneem het om of
NP of Links te ondersteun. Maar ek was/is te besig om net my eie daily battles
te veg om nog oor die ander ouens buite my kring bekommer te wees. Polities is
meeste mense nie rerig betrokke nie (dis nou in my omgewing en ervarings veld
voor een of ander dom donner my nou weer vra wie ek is om vir meeste mense te
praat) en sal ons maar meestal saam met die menigte spoel, in ons dinges in as
dit daarop aankom (So 'n lemming response).

Een ding is seker ek voel my NIE skuldig aan derde mag bedrywighede,
politiese moorde, De Kock en sy tjomme se stories nie. Hulle het dinge gedoen
wat seker nou selfs vir hulle ook onwerklik lyk, maar hulle was ook binne in
'n stelsel wat hulle in 'n ondeplande rigting gedwing het. Moes hulle vroeer
gestop het - sekerlik maar dit is soos 'n kaskar sonder remme op 'n afdraend,
eers is dit maklik om af te spring maar later as die ding nou mooi op spoed
is, is dit miskien gevaarliker om af te spring as om vas te klou en te hoop
vir die beste.

Die ouens wat nou kwansuis so teen apartheid geveg het, as jy nie tenmiste op
die veiligheids polisie se lyste was nie, het ek nuus vir julle, die ou
bydraetjie wat julle gelewer het deur om die braaivleis vure, by die golf klub
se 19de teen apartheid te mor, of julle tasies te pak en te waai het nie 'n
duik gemaak nie. As jy steeds in jou lekker huis gebly het, jou lekker job
gedoen het maar jou bediende twee keer soveel soos die ou oor die straat
bedoel het, geld vir die Black Sash geskenk het, het jy bokkerol gedoen. So
almal wat altyd te vertelle het oor hoe hulle nou apartheid sou gehad het, wat
het julle rerig gedoen? Of probeer julle nou net julle skuldige gewetes te
salf. Lyk vir my al na die nuutste mode om gesien te word as een van die mense
wat nou rerig teen apartheid geveg het, wat pro ANC is.

Cheers
Lou
Re: Hoe sou JY antwoord? [boodskap #8438 is 'n antwoord op boodskap #8306] Vr, 07 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article lo...@hotmail.com writes:

> Ons is wel skuldig dat ons by apartheid gebaat het.

Het ons? Het ons nie ook daarvoor betaal of daaronder gely nie?

Wanneer ons 'n bottom-line stelling soos joune maak: hoe lyk die berekening
wat tot daardie slotsom lei?

As ons enigsins naby wil kom daaraan om "te aanvaar wat in die verlede gebeur
het" soos wat op hierdie nuusgroep gepreek word (daar is dinge wat gebeur het
wat ek in lengte van dae nie sal "aanvaar" nie) sal ons stellings soos hierdie
moet ondersoek.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: En nou, Kooos! Tyd vir Regstel.
Volgende onderwerp: Re: Pollie ons gaan Pêrel toe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 16:40:33 MGT 2024