Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ontedek Jouself
Ontedek Jouself [boodskap #82902] Di, 26 Augustus 2003 08:52 na volgende boodskap
Jan VarkBoer  is tans af-lyn  Jan VarkBoer
Boodskappe: 22
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Junior Lid
Iets wat jou laar dink!
Ek is 'n Meerkat volgens my sel nommer. Laat weet gerus watter 1 jy is!

Jan Varkboer

Jou selfoonnommer verklap wie jy werklik is!

Ontleed jou nommer en ontdek jou ware self

Instruksies:

1. Tel al die syfers van jou selfoonnommer bymekaar. Byvoorbeeld
083-111-0000 se totaal sal 0+8+3+1+1+1+0+0+0+0 wees. Veertien, dus.

1.. Kyk op die tabel hieronder in watter kategorie jy val, en sien wat jou
selfoonnommer omtrent jou verklap.

0 - 26 Oorkruiper

Jou vernaamste eienskap is voorbarigheid. Jy kan nie wag om eerste in die
tou te staan nie. Jy smag na erkenning. Jy moet eerste wees met alles. Dit
is ook waarom jy so 'n lae selfoonnommer het, omdat jy joune heel eerste
gekoop het.

Soos die oorkruiper het jy die geneigdheid om gat te kruip. Hoe dieper hoe
beter. Die mens wat jou vertrou kom baie gou sy fout agter.

Jou onvermoë tussen die lakens is 'n groot teleurstelling vir almal wat in
jou bed inkruip. Soos met alles in die lewe kom jý eerste. Letterlik.

Jy het waarskynlik reeds ver in jou loopbaan gevorder, verder as meeste. Nie
omdat jy 'n beter of slimmer werker is nie, maar omdat jy eerste jou hare
begin verloor het. Dit het jou ouer laat lyk en op grond daarvan het mense
gedink jy het meer ondervinding.

Jammer om te sê, jy gaan nie verskriklik oud word nie. Dis die nadeel
daarvan om eerste te wees met alles, iemand moet eerste die emmer skop.

27 - 31 Lintwurm

Dit is lekker om jou vriend te wees. Jou onnoselheid laat die mense om jou
goed lyk, en hulle hou daarvan. Mense lag hulle dood as jy 'n grap vertel -
nie omdat dit so snaaks is nie maar omdat jy die punchline so verkeerd
verstaan het. Mense praat graag oor jou - agter jou rug - en self al is jy
nie naby nie, lag mense steeds vir jou.

Jy word sterk beïnvloed deur die Oorkruiper tipe, dié klomp wat eerste is
met alles. Jy het waarskynlik jou selfoon gekoop kort nadat jy een van hulle
s'n gesien het. Siestog, onthou jy nog hoe lank jy gesukkel het om jou
eerste oproep te maak?

Jy is 'n baie lojale vriend, lewenslank. Soos 'n lintwurm is dit byna
onmoontlik om van jou ontslae te raak. Gelukkig pla dit niemand nie want jy
gee hulle altyd iets om oor te lag.

Jy wou ook altyd eerste wees, maar jou lewe lank moes jy tweede plek
aanvaar. Behalwe in één opsig: Niemand kom naby jou as dit by die grootte
van jou bate(s) kom nie. Die een plek waar niemand ooit vir jou gelag het
nie was die kleedkamer. Jy het byname gehad soos "Slinger" of "Kanne".

As jy nie vroeg sterf as gevolg van'n dom ding wat jy aanvang nie, sal jy
baie oud word. Jou tipe kan net nie vrek nie.

32 - 37 Meerkat

Daar is nie veel omtrent jou wat enigiemand se aandag trek nie. Van kleins
af was jy maar vaal. Jy het net nog meer vaal geword met ouderdom, behalwe
dat jy nou lelik is ook. Jy probeer jouself interessant maak vir ander
mense, maar dit werk nie. Die enigste vriende wat jy het kom uit die
Lintwurm geledere. Hulle is dom genoeg om jou interessant te vind.

Jy is redelik slim maar omdat jy so ontsettend vaal is luister niemand na
jou nie. Jy kom nie ver in die lewe nie. Mense vergeet jou naam. En jou
gesig.

Wat min mense weet is dat jy soos 'n bronstige beer is in die bed. Daar kom
jy tot jou reg, verskoon die uitdrukking. Jy verskeur lakens, jy ruk gate in
matrasse, jy breek bed-ornamente. Enigiemand wat saam met jou tussen die
lakens was, fiks of onfiks, bly lê vir dood. Hulle kla van baie pyn na die
tyd, maar hoofsaaklik van gewrigpyn. Soos hulle die bed se kopstuk moes
vasgryp vir hule lewe.

Jou tipe moet eintlik opgepas word. Jy het tonne pornografie op jou
rekenaar. Jy loer na klein dogtertjies. Jy speel met jouself in die badkamer
by die werk.

Jy het 'n moerse probleem. Gelukkig word jou tipe nie besonder oud nie. En
as jy gelukkig is word jy tot die dag van jou dood nooit uitgevang nie.

38 - 43 Pou

Jy lewe vir een ding: geld. Jy sou jou ma verkoop as daar 'n mark voor was.
Jy wys dit ook. Mooi karre. Mooi klere wat jy skaars kan bekostig.
Allerhande duur goed in jou huis - min mense weet dat jy dit teen 'n moerse
afslag gekry het.

Jy wil mense beïndruk met jou geld - al het jy dalk nie soveel soos mense
dink nie. Maar jy is slim, en niemand sal ooit vermoed dat jy meestal
bankrot is nie.

Jy behang jouself met allerhande goue stront en jy bespuit jouself met goed
wat mens net in Sandton kry. Mense is te ordentlik om te sê die goed ruik na
kak.

Jy sou veel lekkerder, en meer gereeld, gespyker het as jy nie heeltyd oor
jouself gepraat het nie. Dit sit mense af, besef dit nou.

Jy verbeel jou dat jy iets van alles weet en veral die Lintwurm en
Oorkruiper tipe word deur jou betower. Hulle hang aan jou lippe en glo elke
stukkie stront wat jy vertel.

Wat min mense van jou weet is watse lafaard jy werklik is. Jy het op skool
elke dag in jou broek gepis. Nou nog, as die Ontvanger van Inkomste jou
kontak, pis jy in jou broek.

Hoe lank jy gaan lewe weet niemand nie, as jou geld op is sit hulle die
masjiene af.

44 - 48 Muishond

Wat 'n ongelooflike flirt is jy nie. Net soos die muishond het jy 'n
flambojante stert (of so dink jy) wat jy graag rondswaai. Jy kan net nie die
teenoorgestelde geslag uitlos nie. Jy torring dag en nag aan hulle, sonder
ophou. Ongelukkig het jy beter geluk in die dag as in die nag. Jou pogings
is futiel - jy eindig elke aand alleen in jou bed op. Almal dink jy is
goedkoop, maar dit is nie so nie. Jy is heeltemal gratis, as eingiemand maar
net wil belangstel.

Jy 'n sagte hart. Die feit dat jy niemand gesteek kry nie maak jou diep
seer. Jy vra allerhande vrae omtrent jouself. Is ek te lelik? Is ek te arm?
Is my gat te dik? Die antwoord op al die vrae is 'ja' maar omdat jy maklik
seerkry sal niemand dit ooit vir jou sê nie.

'n Groot geheim wat jy tot die dood toe bewaar, is dit jy onbeskryflik stink
poep. Die omvang daarvan kan nie beskryf word deur iemand wat dit nie self
beleef het nie. Dit kan dalk die opgehoopte hormone wees, maar feit bly
staan: een van jou winde is genoeg om die teëls van 'n badkamer muur te laat
val.

Die hartseer waarmee jy leef sal jou uiteindelik onderkry. Jy sal op 'n
onnatuurlike manier sterf, byvoorbeeld as gevolg van een van jou eie poepe.

49 + Hottentotsgot

Omdat jy so mooi is hou almal van jou. Min weet hulle watter poepol jy
eintlik is. Jou mooi glimlag het vir jou al baie deure oopgemaak. Meestal
slaapkamerdeure. Ongelukkig sien mense gou deur jou en dan moet jy 'n nuwe
slagoffer soek.

Jy is die gevaarlikste tipe mens wat daar is, behalwe miskien vir die
meerkat wat regtig probleme het. Agterbaksheid is jou vernaamste eienskap.
Jy is die oorspronklike rugsteker, en jy kry altyd jou steek in. In meer
opsig as een.

Jy pas baie goed by die Muishond-tipe, en julle word na mekaar toe
aangetrek. Die Muishond wil jou as trofee aanhou, en jy weet dat die
Muishond se geld vir jou deure sal oopmaak. Wie weet, dalk vat jy die pad as
jy gekry het wat jy wil hê. Jy mag dalk jou slagoffer 'n dodelike byt
toedien as jy jou sin gekry het, in die egskeidingshof. Nie veel anders as
die hottentotsgot nie.

Die geheim wat jy met jou saamdra is 'n groot een. Jy is die re-inkarnasie
van Marie Antoinette, en jy het dit nog altyd vermoed. Jy is baie lief vir
drank, en dit het 'n dieper betekenis. Het jy geweet dat die heel eerste
sjampanjeglas om Marie Antoinette se tiet gegiet is? Regtig, gaan kyk maar
op die internet, dit is so. Gepraat van drank: dit laat jou broekrek los
sit. Sê los dat jy jou broek soms heel verloor.

Wat ouderdom aan betref, dit gaan jou swaarder tref as vir al die ander.
Plooie gaan jou gesig opfrommel soos 'n pruimedant en jy gaan eendag 'n
hang-gat hê soos 'n hok leeu.
Re: Ontedek Jouself [boodskap #82963 is 'n antwoord op boodskap #82902] Di, 26 Augustus 2003 21:36 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag verdomp - ek's ook 'n vaal ou meerkatjie, so jy's darem nie alleen nie.
Senseless...

E

"Jan VarkBoer" skryf in boodskap news:3f4b1fbb$0$64726@hades.is.co.za...
> Iets wat jou laar dink!
> Ek is 'n Meerkat volgens my sel nommer. Laat weet gerus watter 1 jy is!
>
> Jan Varkboer
Vorige onderwerp: Seniele Mandela
Volgende onderwerp: kennisgewing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 18 12:18:05 MGT 2024