Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Steve se relaas - net vir Antie Gloudina
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82751 is 'n antwoord op boodskap #82729] |
Vr., 22 Augustus 2003 23:13   |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"DD" skryf in boodskap news:i2qckv8ue3nf6341vire61nblsmt6oa0ni@4ax.com...
>
> Lorinda, jy noem hier iets wat 'n uiters interessante debat kan
> uitlok. Toe die anc die land begin regeer het, het die geskiedenis
> verander. Skielik het die die oorspronklike held, Jan van Riebeek,
> verander in 'n uitgeweke krimineel vanaf Nederland. En blykbaar
> ook die meerdeheid van sy saamkomelinge. 'n, niemand het dit
> ontken nie. Dit blyk dus dat die geskiedenis verloop het in verhouding
> met uit watter land dit vertel word en/of waar die verteller se
> simpatie lê.
>
> Steeds is ek onder die indruk dat die engelse, wat vreeslik graag
> wêreldheersers wil wees, slegs van 'n klein groepie boere, wat goud
> ontdek het, gehoor het. En soos die kaffers in die land, geroof het.
> En vrouens en kinders vermoor het.
As die saak in erns teen die Britte gemaak word, en 'n eis vir reparasie
gestel word, sal dit nie op interpretasie berus nie maar hoofsaaklik op
pimere bronne. Dus sal wie of wat dit vertel nie 'n verskil maak nie. Daar
sal dan 'n uitgebreide ondersoek wees, want onder meer sal daar oor 'n
bedrag besluit moet word. (Terloops, het jy nog nooit gewonder waarom so min
primere bronne (dokumente, briewe ens.) uit en oor die Boereoorlog
gepubliseer is nie, terwyl daar 'n magdom dokumente en versamelings briewe
uit die tydperk voor, gedurende en na die oorlog bestaan nie? Dit was 'n
belangrike deel van die Afrikaner geskiedenis en het 'n invloed op die
Afrikaner psige, so waarom is daar nie meer daaroor algemeen bekombaar nie?)
As die eis ingestel word sal daar 'n paar van die mites in die slag bly,
onder meer oor oud presidente Kruger en Steyn se onderskeie beleide,
president Kruger se gebrekkige kennis van ekonomie en hoe dit sy beleid
beinvloed het, Kruger se beleid in die aanloop tot sy oorlogsverklaring
(soos gesien uit Afrikaner geledere, onder meer Boere generaals) ens. Dis
egter geen rede om nie die eis in te stel nie, die Engelse behoort te betaal
vir die konsentrasie kampe. Selfs oor die kampe sal die feite nie altyd mooi
saam met die algemene persepsie sit nie, maar niks verontskuldig die Engelse
nie, en die Afrikaners behoort teen hierdie tyd met feite te kan saamleef.
Lorinda
|
|
|
|
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82762 is 'n antwoord op boodskap #82713] |
Sa., 23 Augustus 2003 07:20   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Tante, soos gewoonlik kyk jy 'n ding deur 'n tonnel en gee nie 'n moer om
vir die res nie......uh, en mens gaan 'n kompromie aan en nie 'n kompromisse
nie! In elk geval, gee vir my 'n enkele rede hoekom Engeland die twee
Boererepublieke moes aanval. Wat wou hulle daar gaan maak? Dit was mos
nie hulle plek nie? Is ek reg as ek die afleiding maak dat jy dit goedkeur
dat as die een land iets het wat jy wil hê, dan kan jy hom aanval en
annekseer, of wat ook al?
Die Boere het uit die destydse Kolonie uit weggetrek juis om onder die
Engelse beheer uit weg te kom. Kom diamante en goud later, toe besluit die
klomp Souties maar hulle wil 'n deel hê en net daar raak hulle gierig. Toe
die Boere nie oor hul EIE grond wou skik nie, toe vat hulle dit met geweld.
Begin dit al meer bekend klink? Jou ANC se vryheidsmisdadigers is besig
met dieselfde speletjie vandag!
So was dit ook destyds in die ou SWA toe die Boere met die Dorslandtrek
weggetrek het op pad Angola toe. Selfs toe het die Engelse owerhede 'n
stertjie agterna gestuur om die Boere te oortuig om 'onder Britse
beskerming' te bly.........want sê nou net hulle ontdek verdere skatte, dan
moet Soutie se kind mos by wees om te kan skep?
"@rogers.com" wrote in message
news:hpq1b.244906$hOa.5635@news02.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> Suidwester wrote
>
>> Antie, nou het jy my aandag. Vertel my meer, hoe kon die oorlog vermy
>> gewees het? Deur bloot oor te gee aan die eise van Engeland
>
> Jong, gaan studeer die geskiedenis van hierdie periode
> in die geskiedenis van SA. Jy is heelwaarskynlik groot-
> gemaak met die cliches wat die " Nasionale Party"
> vir jou oor die jare gevoer het. Die werklikheid was
> baie meer gekompliseerd. Daar was 'n drukgroep
> Afrikaners in Kaapland wat vir Kruger wou oorreed
> om kompromisse aan te gaan. Nadat S.J. du Toit,
> redakteur van " Die Patriot" die Transvaal besoek het
> en sy woorde op dowe ore geval het, was hy verbitterd
> teen die beleid van die Transvalers en hy sy hande van
> die politiek gewas.
> En hierdie storie dat die Afrikaner sy " vryheid in
> die Boere-oorlog verloor het" is ook 'n cliche. Binne
> ag jaar is die Unie van SA gestig onder die leiding van
> twee van die Transvaalse boere-generaals, Botha en
> Smuts.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82766 is 'n antwoord op boodskap #82751] |
Sa., 23 Augustus 2003 09:30   |
DiDi[1]
Boodskappe: 345 Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 23 Aug 2003 00:13:06 +0100, "Lorinda"
wrote:
>
>
> As die
> ondersoek in erns begin,
> sal daar ongemaklikheid vir almal wees,
> nie net die Britte nie. Ek dink egter dit is tyd
> dat dit gedoen word. Daar >sal steun hievoor
> onder Britse historici ook wees, maar hulle sal
> daarop aandring dat die hele sak patats na vore kom.
> Lorinda
Wat ek gesê het was in reaksie op die woorde van jou.
> . (Terloops, het jy nog nooit gewonder waarom so min
> primere bronne (dokumente, briewe ens.) uit en oor die Boereoorlog
> gepubliseer is nie, terwyl daar 'n magdom dokumente en versamelings briewe
> uit die tydperk voor, gedurende en na die oorlog bestaan nie?
Nee, want ek weet dat in meer as een veldslag, die rekenaars verwoes
is. Dat daar nie back-up's gemaak is nie, kan ook oor gewonder word,
maar miskien is dit deur deur die Engelse gesteel.
DD
|
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82768 is 'n antwoord op boodskap #82767] |
Sa., 23 Augustus 2003 10:54   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Maar tante, dis soos die hele wêreld werk.....het jy dit nog nie agtergekom
nie? Dink jy nou vir een oomblik daar waar jy met jou dik fondament in
Kanada sit dit het vir altyd en altyd behoort aan die persoon wat dit vandag
besit? Hoekom is jy nie beginselvas en weier om jou voete te sit op grond
in kanada wat voorheen 'gesteel' was van inheemse mense nie? Jy sou
nêrens kon gaan nie, want dis hoe grond bekom word.....die sterkste oorwin!
Dis mos hoe belaglik jy en jou vryheidsmisdadigers mos is.......julle draai
'n storie om net om julle te pas en dan verkoop julle dit as gospel. Ek
merk op dat sodra mens nader na die waarheid kom, dan hol jy weg. Ek het
voorheen vir jou gesê dat die meeste swart bevolkings het vanuit êrens uit
die noorde van Afrika gemigreer na die suide toe. Die eerste hier was die
San Boesmans. Watter reg het die Xhosas, Zoeloes, ens nou op grond?
Hulle het dit dan mos afgevat van die San? Of is dit maar net weer 'n
geval van sodra julle in 'n hoek is, dan is alle swartes swart en word onder
een groep gegooi? Ek het vir jou slegte nuus, ou girl, geen ordentlike
Zoeloe wil 'n Xhosa wees nie en andersom. Julle maak hulle tradisies en
eie reg so goedkoop met julle politieke wellus dat julle nie agterkom die
skade wat aangerig word nie.
Net 'n vragie vir jou: Noem vir my 'n enkele geval voor die koms van
die witman waar enige kaart en transport, eiendomsreg, whatever in Afrika
bestaan het? Dis donners maklik om te sê 'n stuk grond was tradisioneel 'n
sekere groep mense s'n...maar hoe het hulle dit gekry/afgevat? Want koop
het niemand ooit gekoop nie......dis nou behalwe die arme blankes wat vir
erf of plaas moes betaal natuurlik!
"@rogers.com" wrote in message
news:toH1b.254402$hOa.39215@news02.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> Suidwester wrote
>
> Toe
>> die Boere nie oor hul EIE grond wou skik nie, toe vat hulle dit met
> geweld.
>> Begin dit al meer bekend klink? Jou ANC se vryheidsmisdadigers is besig
>> met dieselfde speletjie vandag!
>
> So die Transvaal en die Vrystaat was die Boere se " eie grond" ?
> Net soos SA in die twintigste eeu die Boere se " eie grond" is en
> dus nie die swartes s'n ook nie? Dis sulke praat wat jou en jou
> soort 'n val voorberei het. Dis sulke praat wat vir die Afrikaner
> 'n gat gegrawe het waarin hyself geval het.
>
> Penkop van die Derde Republiek
>
|
|
|
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82774 is 'n antwoord op boodskap #82751] |
Sa., 23 Augustus 2003 13:12   |
Glücklich
Boodskappe: 271 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Aan wie sal sulke reperasie dan betaal word. Die huidigge SA regering?
Die huidige regering trek reeds groot voordeel uit die uitmoor van duidende
boere gedurende daardie tydperk(stemme). Was dit nie daarvoor nie sou die
aantal witmense in SA vandag heelwat meer gewees het.
Hoeveel swart mense is vermoor deur die Engelse en wat is die verhouding
tussen wit en swart slagoffers in die boereoorlog?
"Lorinda" skryf in boodskap news:bi67fu$5ep$1@news8.svr.pol.co.uk...
>
> "DD" wrote in message
> news:i2qckv8ue3nf6341vire61nblsmt6oa0ni@4ax.com...
>>
>> Lorinda, jy noem hier iets wat 'n uiters interessante debat kan
>> uitlok. Toe die anc die land begin regeer het, het die geskiedenis
>> verander. Skielik het die die oorspronklike held, Jan van Riebeek,
>> verander in 'n uitgeweke krimineel vanaf Nederland. En blykbaar
>> ook die meerdeheid van sy saamkomelinge. 'n, niemand het dit
>> ontken nie. Dit blyk dus dat die geskiedenis verloop het in verhouding
>> met uit watter land dit vertel word en/of waar die verteller se
>> simpatie lê.
>>
>> Steeds is ek onder die indruk dat die engelse, wat vreeslik graag
>> wêreldheersers wil wees, slegs van 'n klein groepie boere, wat goud
>> ontdek het, gehoor het. En soos die kaffers in die land, geroof het.
>> En vrouens en kinders vermoor het.
>
> As die saak in erns teen die Britte gemaak word, en 'n eis vir reparasie
> gestel word, sal dit nie op interpretasie berus nie maar hoofsaaklik op
> pimere bronne. Dus sal wie of wat dit vertel nie 'n verskil maak nie. Daar
> sal dan 'n uitgebreide ondersoek wees, want onder meer sal daar oor 'n
> bedrag besluit moet word. (Terloops, het jy nog nooit gewonder waarom so min
> primere bronne (dokumente, briewe ens.) uit en oor die Boereoorlog
> gepubliseer is nie, terwyl daar 'n magdom dokumente en versamelings briewe
> uit die tydperk voor, gedurende en na die oorlog bestaan nie? Dit was 'n
> belangrike deel van die Afrikaner geskiedenis en het 'n invloed op die
> Afrikaner psige, so waarom is daar nie meer daaroor algemeen bekombaar nie?)
> As die eis ingestel word sal daar 'n paar van die mites in die slag bly,
> onder meer oor oud presidente Kruger en Steyn se onderskeie beleide,
> president Kruger se gebrekkige kennis van ekonomie en hoe dit sy beleid
> beinvloed het, Kruger se beleid in die aanloop tot sy oorlogsverklaring
> (soos gesien uit Afrikaner geledere, onder meer Boere generaals) ens. Dis
> egter geen rede om nie die eis in te stel nie, die Engelse behoort te betaal
> vir die konsentrasie kampe. Selfs oor die kampe sal die feite nie altyd mooi
> saam met die algemene persepsie sit nie, maar niks verontskuldig die Engelse
> nie, en die Afrikaners behoort teen hierdie tyd met feite te kan saamleef.
>
> Lorinda
>
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82777 is 'n antwoord op boodskap #82774] |
Sa., 23 Augustus 2003 19:03   |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Glücklich" skryf in boodskap news:UEJ1b.4566$lq.3979@fe04.atl2.webusenet.com...
> Aan wie sal sulke reperasie dan betaal word. Die huidigge SA regering?
>
> Hoeveel swart mense is vermoor deur die Engelse en wat is die verhouding
> tussen wit en swart slagoffers in die boereoorlog?
>
Aan wie dit betaal word sal afhang van hoe en deur wie die eis ingestel
word, en wat aangevra word (bv is dit vir die nageslagte van die slagoffers,
wat moeilik kan wees na al hierdie tyd, of om iets vir die gemeenskap te
bou, ens. ens.)
In die kampe is tussen 26 000 en 27 000 blankes dood. Die getalle onder
swart mense is moeiliker om vas te stel, maar dis tussen 14 000 en 20 000
(in die kampe). Daar is ook groot getalle swartes dood in plekke soos
Mafeking ens.('n BBC program 'n ruk gelede het genoem dat die Barolong 'n
eis wil instel vir die gebeure in Mafeking).
Boere op die slagveld gesneuwel was ongeveer 6000. Plaashuise afgebrand word
op 30 000 geskat.
(En ook dan ongeveer 21 000 Britse soldate, 13 000 van hulle aan siekte).
Die getalle kom uit verskillende bronne (o.a. Judd, Surridge, Pakenham
ens.), en stem min of meer ooreen, behalwe oor swartes.Daar sal nog heelwat
navorsing moet plaasvind voordat hulle getalle korrek vasgestel kan word.
Die eis sal ingestel moet word vir kriminele nalatigheid in die kampe (aan
die kant van die Britse weermag en regering), en vir Kitchener se "scorched
earth" beleid eerder as vir doelbewuste uitwissing.
Lorinda
|
|
|
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82797 is 'n antwoord op boodskap #82794] |
So., 24 Augustus 2003 02:20   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
O hemel tog. Dis nie die punt nie my Antie. Ek het nooit gesê wyn is uniek
aan die Franse nie. Maar dis tog deel van hulle kultuur. Net soos wat tee
deel is van die Britse kultuur, maar dis tog nie uniek aan die Britte nie.
Die punt is, dat al is 'n ding nie uniek aan jou land nie, kan dit nog
steeds deel van jou kultuur wees. Dis hoe jy dit doen, wanneer jy dit doen,
die manier waarop jy dit doen en saam met wat jy dit doen wat dit uniek
maak. Ons sal bv. as 'n reël, nie bier drink vroeg in die oggend nie. Tog
vertel my skoonma my ('n Duitser), dat dit niks snaaks was vir die Duitsers
om vroeg in die oggend, sommer as deel van hulle ontbyt, bier te drink nie.
Net so sal ons nie bier teen kamer temperatuur drink nie. Ons hou van ons
bier koud, maar die Britte drink "warm" bier. Hulle bier word nie in
yskaste verkoel soos hier nie, maar word soos wyn, teen kamer temperatuur
voorgesit. Kan jy sien wat ek bedoel? Ons almal drink bier, maar ons drink
dit op verskillende maniere, op verskillende tye van die dag. Die manier
wat die verskillende nasies hulle bier drink en geniet maak elke nasie
anders/uniek.
E
"@rogers.com" wrote:
>
> So hoe seker is jy dat die Franse daarop aandring dat
> wynmaak en wyndrink deel van hulle kultuur is, of is
> dit maar net jy wat daarop aandring dat wyn deel van
> die Franse se kultuur is. Wynmaak en wyn drink word
> net soveel gedoen deur Italianers en Grieke en Duitsers.
> Hoekom moet dit as uniek van die Franse beskou word,
> behalwe in jou kop?
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
Bier kiltier [boodskap #82819 is 'n antwoord op boodskap #82797] |
So., 24 Augustus 2003 17:23   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Elaine" wrote:
> Ons sal bv. as 'n reël, nie bier drink vroeg in die oggend nie. Tog
> vertel my skoonma my ('n Duitser), dat dit niks snaaks was vir die Duitsers
> om vroeg in die oggend, sommer as deel van hulle ontbyt, bier te drink nie.
> Net so sal ons nie bier teen kamer temperatuur drink nie. Ons hou van ons
> bier koud, maar die Britte drink "warm" bier. Hulle bier word nie in
> yskaste verkoel soos hier nie, maar word soos wyn, teen kamer temperatuur
> voorgesit. Kan jy sien wat ek bedoel? Ons almal drink bier, maar ons drink
> dit op verskillende maniere, op verskillende tye van die dag. Die manier
> wat die verskillende nasies hulle bier drink en geniet maak elke nasie
> anders/uniek.
Elaine, ek hoop jy besef dat daar verskillende tipes bier is, en dat
sekere biere teen kamer temperatuur gedrink moet word, om die volle
smaak van die bier uit te bring soos die brouer dit bedoel het. DIt
het bitter min met kultuur te make, maar met verskillende style van
bierbrou. My man is 'n Belg. Hulle weet alles van bier af! :-))
Maar dit was vir my verskriklik interessant om jou opinie te lees,
want mens besef weereens hoe 'n uitstekende markgerigte maatskappy SAB
deur al die jare was, en nogsteeds is. Dat hulle besef het dat die
enigiste manier om mense hulle bier te laat koop is om alle inligting
van ander biere en brouers te onderdruk. Daarom hoor mens stories
soos die van joune. Ek het niks teen SAB se besigheids beleid nie,
want nes De Beers berus dit op uitstekende Kapitalistiese maatstawwe,
en daarom 'n sukses. Maar wat tragies is, is dat met hierdie tipe
sukses gaan kwaliteit en smaak ook by die agterdeur uit. Pilsner
Urquell is 'n goeie voorbeeld wat ek bedoel. Voor SAB dit oorgeneem
het, was dit 'n heerlike bier. Nou is dit afgewaterde urine. Ek sal
dit nie eens meer koop of drink al kry ek dit verniet nie.
|
|
|
Re: Bier kiltier [boodskap #82832 is 'n antwoord op boodskap #82819] |
So., 24 Augustus 2003 20:03   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dis seker waar, maar ek het dit sommer as 'n voorbeeld genoem. My Ingelse
pel sê hulle bier bly maar sleg, of hulle dit nou warm of koud drink.
Afgewaterde piepe beskryf glo nie eers die Ingelse bier nie. Hy's ook nie
mal oor Amerikaanse bier nie. Ek kan myself nie indink dat 'n mens warm
bier moet drink nie, maar ek's oor die algemeen nie vreeslik lief vir bier
nie.
My skoonma hou meer van SA bier as Duitse bier - sy staan vas dat ons die
beste bier in die wêreld maak. Sy sê dis sterker as Duitse bier en het meer
smaak. Ek sal maar haar woord daarvoor moet vat. Duitser kry mos bier in
saam met hulle moedersmelk :))
E
"Katryn" wrote:
> Elaine, ek hoop jy besef dat daar verskillende tipes bier is, en dat
> sekere biere teen kamer temperatuur gedrink moet word, om die volle
> smaak van die bier uit te bring soos die brouer dit bedoel het. DIt
> het bitter min met kultuur te make, maar met verskillende style van
> bierbrou. My man is 'n Belg. Hulle weet alles van bier af! :-))
>
> Maar dit was vir my verskriklik interessant om jou opinie te lees,
> want mens besef weereens hoe 'n uitstekende markgerigte maatskappy SAB
> deur al die jare was, en nogsteeds is. Dat hulle besef het dat die
> enigiste manier om mense hulle bier te laat koop is om alle inligting
> van ander biere en brouers te onderdruk. Daarom hoor mens stories
> soos die van joune. Ek het niks teen SAB se besigheids beleid nie,
> want nes De Beers berus dit op uitstekende Kapitalistiese maatstawwe,
> en daarom 'n sukses. Maar wat tragies is, is dat met hierdie tipe
> sukses gaan kwaliteit en smaak ook by die agterdeur uit. Pilsner
> Urquell is 'n goeie voorbeeld wat ek bedoel. Voor SAB dit oorgeneem
> het, was dit 'n heerlike bier. Nou is dit afgewaterde urine. Ek sal
> dit nie eens meer koop of drink al kry ek dit verniet nie.
>
|
|
|
Re: Bier kiltier [boodskap #82833 is 'n antwoord op boodskap #82832] |
So., 24 Augustus 2003 20:49   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Elaine" wrote:
> . Ek kan myself nie indink dat 'n mens warm
> bier moet drink nie, maar ek's oor die algemeen nie vreeslik lief vir bier
> nie.
As jy weer by 'n drankwinkel uitkom, kyk dan gerus of jy dalk een van
die Belgiese Lambiek biere met vrugtegeure soos perske, framboos,
kersies, ens. kan kry.
'n Lambiek is 'n spesiale tipe bier wat jy dalk bietjie suur, ietwat
droog en vreemd sal vind, maar ek is amper seker jy sal mal wees oor
'n Framboise Lambic. Dalk sal jy dan jou opinie oor bier verander.
:-)
O ja - 'n Kriek is eintlik 'n Lambiek waarby kersies gevoeg is, nadat
die bier eers 'n rukkie fermenteer en verouder het . Heerlik! Yskoud
op 'n warm Somersdag! :-)
Liefman's Kriek, Lindemans Kriek Lambic of Lindemans Framboise Lambic
is die algemene kommersieël beskikbare Lambieke wat algemeen
beskikbaar is in meeste lande. Ons het dit toentertyd al in SA ook
gekoop, so jy sal dit definitief daar vind.
Vra vir Norbert om vir jou die name van die REGTE goed te gee. Maar
vir eers sal Lindeman's of Liefman's se produkte vir jou darem so 'n
proe kan gee van wat beskikbaar is. :-)
|
|
|
|
Re: Bier kiltier [boodskap #82840 is 'n antwoord op boodskap #82833] |
So., 24 Augustus 2003 22:05   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dankie vir die inligting. Ek sal dit neerskryf en beslis kyk of ek dit in
die hande kan kry.
E
"Katryn" wrote:
> As jy weer by 'n drankwinkel uitkom, kyk dan gerus of jy dalk een van
> die Belgiese Lambiek biere met vrugtegeure soos perske, framboos,
> kersies, ens. kan kry.
>
> 'n Lambiek is 'n spesiale tipe bier wat jy dalk bietjie suur, ietwat
> droog en vreemd sal vind, maar ek is amper seker jy sal mal wees oor
> 'n Framboise Lambic. Dalk sal jy dan jou opinie oor bier verander.
> :-)
> O ja - 'n Kriek is eintlik 'n Lambiek waarby kersies gevoeg is, nadat
> die bier eers 'n rukkie fermenteer en verouder het . Heerlik! Yskoud
> op 'n warm Somersdag! :-)
> Liefman's Kriek, Lindemans Kriek Lambic of Lindemans Framboise Lambic
> is die algemene kommersieel beskikbare Lambieke wat algemeen
> beskikbaar is in meeste lande. Ons het dit toentertyd al in SA ook
> gekoop, so jy sal dit definitief daar vind.
> Vra vir Norbert om vir jou die name van die REGTE goed te gee. Maar
> vir eers sal Lindeman's of Liefman's se produkte vir jou darem so 'n
> proe kan gee van wat beskikbaar is. :-)
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Bier kiltier [boodskap #82850 is 'n antwoord op boodskap #82833] |
Ma., 25 Augustus 2003 07:38  |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 24 Aug 2003 16:49:58 -0400, Katryn wrote:
> "Elaine" wrote:
>> . Ek kan myself nie indink dat 'n mens warm
>> bier moet drink nie, maar ek's oor die algemeen nie vreeslik lief vir bier
>> nie.
>
> As jy weer by 'n drankwinkel uitkom, kyk dan gerus of jy dalk een van
> die Belgiese Lambiek biere met vrugtegeure soos perske, framboos,
> kersies, ens. kan kry.
>
> 'n Lambiek is 'n spesiale tipe bier wat jy dalk bietjie suur, ietwat
> droog en vreemd sal vind, maar ek is amper seker jy sal mal wees oor
> 'n Framboise Lambic. Dalk sal jy dan jou opinie oor bier verander.
> :-)
> O ja - 'n Kriek is eintlik 'n Lambiek waarby kersies gevoeg is, nadat
> die bier eers 'n rukkie fermenteer en verouder het . Heerlik! Yskoud
> op 'n warm Somersdag! :-)
> Liefman's Kriek, Lindemans Kriek Lambic of Lindemans Framboise Lambic
> is die algemene kommersieël beskikbare Lambieke wat algemeen
> beskikbaar is in meeste lande. Ons het dit toentertyd al in SA ook
> gekoop, so jy sal dit definitief daar vind.
> Vra vir Norbert om vir jou die name van die REGTE goed te gee. Maar
> vir eers sal Lindeman's of Liefman's se produkte vir jou darem so 'n
> proe kan gee van wat beskikbaar is. :-)
Hallo, elkeen,
Ofskoon ek me eie bier self brou is ek tog geen tipiese algemene
kenner van daardie Belgiese biere nie.. Want dan sou ek 'n ganse
ensiklopedie daaroor in my kop moet vashou. :-) In 1996 het ons al
70 soorte met 496 smake gehad! Moet maar eens hier loer:
http://www.dma.be/p/bier/2_1.htm, dan val 'n mens agteroor as hy
sien watter biere in België almal te koop is. Maar daar kom daagliks
soorte by en gaan andere weg.
Kriekbiere is nogal spesiaal. Dis biere wat slegs kan gemaak word op
plekke waar die originele wilde gissoorte aanwesig is en nêrens anders
nie. Die ganse wêreld probeer om onse kriekbiere na te maak maar dit
luk nie eg nie.
Ek het al lank gelede vir Katryn eens 'n resep geskryf van Vlaamse
stoofkarbonades met bruin bier. Het sy julle daaroor al eens 'n e-pos
toegestuur? Of wou sy die geheim vir sy eie alleen hou?
Groete,
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
Bladsye (4): [ 4] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Vr. Apr. 18 17:18:48 UTC 2025
|