Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Steve se relaas - net vir Antie Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82640 is 'n antwoord op boodskap #82637] Do, 21 Augustus 2003 13:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit was net een voorbeeld gewees. Ja, die Engelse Suid-Afrikaners doen dit
ook. Hulle het dit by ons geleer. En ek het gesê dat braaivleis en bier in
ander lande ook gedoen word, maar hier kombineer ons 5 verskillende aksies
in een ding in om dan 'n "aksie" van ons kultuur te word. Net soos wat die
Engelse bv. 3 uur in die middag komkommer toebies, en flou tee "doen". In
ander lande eet ons ook komkommer toebies en drink ons tee, maar die
kombinasie van die goed, presies 3 uur in die middag, is die Engelse
kultuur.
BTW. Castle lager is 'n Suid-Afrikaanse "bier" (dis eintlik lager nie bier
nie), en het al baie toekennings gewen vir die beste lager in die wêreld.
Ons ken van bier en wyn maak hierso. Selfs ons wyne oortref lande soos
Frankryk se wyn by internasionale kompetisies.

E

"@rogers.com" wrote:

> Elaine, Engelssprekende Suid-Afrikaners doen presies
> dieselfde dinge wat jy hier beskryf as " deel van jou
> kultuur." Wat is die verskil tussen jou kultuur en die van
> die Suid-Afrikaanse Engelssprekende?
> Julle sit so en spog hoe braaivleis en bier drink deel
> van die Afrikaanse kultuur is. Julle het duidelik nog nie in
> Noord-Amerika vir 'n lang ruk gebly nie. Hulle noem dit
> nou wel barbeque en nie braaivleis nie, maar as jy nou 'n
> kultuur wil sien wat braaivleis en bier tot 'n godsdiens
> verhoog het, kom kuier hier.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82641 is 'n antwoord op boodskap #82640] Do, 21 Augustus 2003 13:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Net jammer die pryse in die VSA weerspieël nie daardie sukses nie.

Die Suid Afrikaanse wyne is die goedkoop wyne, terwyl wyne vannaf Chile,
frankryk en Kalafornia goeie pryse behaal.

Dis ook raar om Suid Afrikaanse wyne op die rakke te sien waar ek woon.

"Elaine" skryf in boodskap news:3f44caf2$0$235@hades.is.co.za...
> Dit was net een voorbeeld gewees. Ja, die Engelse Suid-Afrikaners doen dit
> ook. Hulle het dit by ons geleer. En ek het gesê dat braaivleis en bier in
> ander lande ook gedoen word, maar hier kombineer ons 5 verskillende aksies
> in een ding in om dan 'n "aksie" van ons kultuur te word. Net soos wat die
> Engelse bv. 3 uur in die middag komkommer toebies, en flou tee "doen". In
> ander lande eet ons ook komkommer toebies en drink ons tee, maar die
> kombinasie van die goed, presies 3 uur in die middag, is die Engelse
> kultuur.
> BTW. Castle lager is 'n Suid-Afrikaanse "bier" (dis eintlik lager nie bier
> nie), en het al baie toekennings gewen vir die beste lager in die wêreld.
> Ons ken van bier en wyn maak hierso. Selfs ons wyne oortref lande soos
> Frankryk se wyn by internasionale kompetisies.
>
> E
>
> "@rogers.com" wrote:
>
>> Elaine, Engelssprekende Suid-Afrikaners doen presies
>> dieselfde dinge wat jy hier beskryf as " deel van jou
>> kultuur." Wat is die verskil tussen jou kultuur en die van
>> die Suid-Afrikaanse Engelssprekende?
>> Julle sit so en spog hoe braaivleis en bier drink deel
>> van die Afrikaanse kultuur is. Julle het duidelik nog nie in
>> Noord-Amerika vir 'n lang ruk gebly nie. Hulle noem dit
>> nou wel barbeque en nie braaivleis nie, maar as jy nou 'n
>> kultuur wil sien wat braaivleis en bier tot 'n godsdiens
>> verhoog het, kom kuier hier.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82642 is 'n antwoord op boodskap #82635] Do, 21 Augustus 2003 13:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
11

"Elaine" skryf in boodskap news:3f44c603$0$227@hades.is.co.za...
> Uit hoeveel?
>
> E
>
> "Glücklich" wrote in message
> news:lc31b.4313$634.164@fe02.atl2.webusenet.com...
>> OK jy kry 10 punte daarvoor.
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82643 is 'n antwoord op boodskap #82634] Do, 21 Augustus 2003 13:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier gaat ons alweer. Taal, taal, taal. Antie, deel van 'n taal is dat dit
groei en verander. Veral 'n jong taal soos Afrikaans. Mense wat hierdie
hoogdawerende Afrikaans gebruik gee my 'n kramp. Hoekom die taal swaar en
moeilik maak? Dis dan so mooi taal en jy kan jouself so lekker in Afrikaans
uitdruk en met die verskillende woorde speel. Ek het 'n groter probleem met
mense wat woorde soos "pawwement" gebruik as wat ek het met mense wat sommer
sê "pavement".
Jy moet hoor hoe meng die Engelse hulle taal in hierdie land. Ek het al
voorheen genoem dat die twee tale baie gemeng word, deur ons en die Engelse.
Hulle is lief vir woorde soos k*k, doos, bliksem, broer (hulle spreek dit
bru uit), meneer, jislaaik, donner, boet, ens. Dan is dit nie eers die
woorde waarvoor daar geen Engels is nie. Soos braai (ons Engelse gebruik
nie barbeque nie), biltong en boerewors. Gaan vreet hulle ook maar uit omdat
hulle, hul taal so "vernietig".

E

"@rogers.com" wrote
>
> So dit kom uit jou eie mond uit: sommige Afrikaners
> is alreeds besig om te verengels. Of is jy nou besig
> om 'n soort van mengsel van Engels en Afrikaans as
> die nuwe kultuurgoed van die Afrikaner voor te staan?
> En miskien is jy reg. Hierdie mense wat so sit en haat
> spoeg teen die beleide van die huidige regering,
> behou die reg voor om hulle taal net soveel op te mors
> as wat hulle wil. Solank hulle maar net kan kla oor
> die manier waarop " hulle taal vernietig word deur
> die regering."
> Ek word soms vreeslik deurmekaar. Ek het
> een swaer, wat nou vir ons in Engels skryf. Sy vrou is
> een van daardie Duitsers van die Oostelike Provinsie,
> wat eintlik Afrikaans beter praat as Engels, maar hulle
> praat nou gereeld Engels in die huis en hulle kinders
> word Engels groot en hulle kleinkinders ook (albei die
> dogters is met Engelse getroud.) Ek weier egter
> om in eposse met hulle Engels te praat hier uit
> Kanada uit. Dis te onnatuurlik.
> Nou korrespondeer ek ook met iemand in
> Kaapstad. Hy is 'n Afrikaner, maar sy vrou is Engels
> en hulle huistaal is Engels. Maar hy skryf vir my in
> keurige Afrikaans. Nouja, watter een van die twee
> gevalle is nou goeie Afrikaners. Die een wat sy eie
> moedertaal onteien, of die een wat sy moedertaal
> versorg?
> Ek sweer Mandela se Afrikaans is beter as
> McDuck s'n. Deel van die tyd wat hy in gevangenis-
> skap moes deurbring, het hy gebruik om Afrikaans
> te leer en te oefen met sy bewaarders. As Mandela
> Afrikaans kan respekteer, hoekom kan McDuck dit
> opmors?
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82645 is 'n antwoord op boodskap #82639] Do, 21 Augustus 2003 13:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Lees wat ek vir die Antie geskryf het. Die nie net een of twee dinge soos
"braaivleis en bier" wat ek hier van praat nie. Dit word orals gedoen. Dis
'n kombinasie van verskillende goed wat SAAM gedoen word wat kultuur maak.

Ek probeer verduidelik, maar ek dink nie ek maak myself baie duidelik nie.
Dis net iets wat ek sukkel om verstaanbaar uit te druk :)

E

"Glücklich" skryf in boodskap news:EN31b.62$g9.10@fe03.atl2.webusenet.com...
> Ek moet ongelukkig met die antie saamstem. Die amerikaaners sal ons laat
> skaamkry as dit by braai kom. En nie net "patties" soos op die TV nie maar
> volbloed "T-bone steaks"
>
> Ek onthou en verlang altyd na die gebraaiery rondom Loftus voor en na rugby
> wedstryde. Die ander dag toe ons een van die "Miami Dolphins" se
> "Pre-season" wedstryde gaan kyk het was ek verbaas om dieselfde atmosfeer
> rondom "Pro-Player" stadium raak te loop. Die verskil is net dat hierdie
> manne baie beter toegerus is. Hulle arriveer met "Pickups"(nie bakkies nie)
> en slaan 'n parytjie op vir 40 mense vanuit sy bak. Hulle noem die 'n
> "Tailgate Party" of "Going Tailgating". Miskien kan ons die afrikaanse
> weergawe daarvan "kattebak suip" noem.
>
> Dis ook nie net by sport geleenthede nie dis orals. My buurman braai...
> sorry barbeque 3 keer 'n week. Hy het een van daai lekker kombinasie
> braaiers, hy werk met kole of gas, affhangende van die tyd tot jou beskiking
> kan jy net 'n knoppie druk vit 'n gasvlam, of jy kan kole ingooi en wag.
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82646 is 'n antwoord op boodskap #82645] Do, 21 Augustus 2003 13:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Moenie van chevrolet vergeet nie

Hulle kombineer ook baie van die goeters hier.

"Elaine" skryf in boodskap news:3f44ce3f$0$235@hades.is.co.za...
> Lees wat ek vir die Antie geskryf het. Die nie net een of twee dinge soos
> "braaivleis en bier" wat ek hier van praat nie. Dit word orals gedoen. Dis
> 'n kombinasie van verskillende goed wat SAAM gedoen word wat kultuur maak.
>
> Ek probeer verduidelik, maar ek dink nie ek maak myself baie duidelik nie.
> Dis net iets wat ek sukkel om verstaanbaar uit te druk :)
>
> E
>
> "Glücklich" wrote in message
> news:EN31b.62$g9.10@fe03.atl2.webusenet.com...
>> Ek moet ongelukkig met die antie saamstem. Die amerikaaners sal ons laat
>> skaamkry as dit by braai kom. En nie net "patties" soos op die TV nie
> maar
>> volbloed "T-bone steaks"
>>
>> Ek onthou en verlang altyd na die gebraaiery rondom Loftus voor en na
> rugby
>> wedstryde. Die ander dag toe ons een van die "Miami Dolphins" se
>> "Pre-season" wedstryde gaan kyk het was ek verbaas om dieselfde atmosfeer
>> rondom "Pro-Player" stadium raak te loop. Die verskil is net dat hierdie
>> manne baie beter toegerus is. Hulle arriveer met "Pickups"(nie bakkies
> nie)
>> en slaan 'n parytjie op vir 40 mense vanuit sy bak. Hulle noem die 'n
>> "Tailgate Party" of "Going Tailgating". Miskien kan ons die afrikaanse
>> weergawe daarvan "kattebak suip" noem.
>>
>> Dis ook nie net by sport geleenthede nie dis orals. My buurman braai...
>> sorry barbeque 3 keer 'n week. Hy het een van daai lekker kombinasie
>> braaiers, hy werk met kole of gas, affhangende van die tyd tot jou
> beskiking
>> kan jy net 'n knoppie druk vit 'n gasvlam, of jy kan kole ingooi en wag.
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82647 is 'n antwoord op boodskap #82640] Do, 21 Augustus 2003 13:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

> Ons ken van bier en wyn maak hierso

Maar moet asseblief nou nie die wynmaak as deel
van jou Afrikaner-kultuur kom insleep nie. Ek bly
nader as jy aan 'n gebied waar hulle ook wynmaak.
(In ons geval die Niagara-peninsula, die noordoewer
van Lake Erie, en tussen die Finger Lakes in
noordelike New York Staat.) My dogter en skoon-
seun het sopas in California gekuier waar wynmaak
nou eers 'n godsdiens is.
Wynmaak is tipies van die Boland, en daardie
Bolandse kultuur word gedeel deur Afrikaners en
Engelse, en die bruines wat al die werk doen.
Dis nie deel van die Afrikaner-kultuur nie. Moet ook
nie vir my kom vertel van pap en wors nie. Ek het
nie daarmee grootgeword nie. Bolanders lag ook vir
julle pap en wors. Dis 'n verskynsel van die oostelike
deel van SA, en iets wat julle eintlik effens oorgeneem
het van die swartes - die pap-gedeelte.

Gloudina

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82648 is 'n antwoord op boodskap #82641] Do, 21 Augustus 2003 14:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Glücklich

> Dis ook raar om Suid Afrikaanse wyne op die rakke te sien waar ek woon.

Wel, dis baie jammer. Hier by ons in Ontario
sorg die (regerings-gekontrolleerde) alkohol-
verskaffende instansie vir volop SA wyne.
Daar is gewoonlik 'n afdeling vir SA wyne.
En hulle is ook redelik goedkoop, heelwaarskynlik
omdat die rand nog laag is. Ons koop gereeld
" Two Oceans" wat in Tulbagh gemaak is. Dis
net sewe dollars vir 'n bottel, en verbasend goed
vir so 'n goedkoop prys. My skoonseun, wat
'n wynkenner is, koop ook gedurig SA wyne.
En hy bly langs die Niagara-Peninsula.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82649 is 'n antwoord op boodskap #82643] Do, 21 Augustus 2003 14:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

Dan is dit nie eers die
> woorde waarvoor daar geen Engels is nie. Soos braai (ons Engelse gebruik
> nie barbeque nie), biltong en boerewors. Gaan vreet hulle ook maar uit omdat
> hulle, hul taal so "vernietig".

Maar jy dwaal van die onderwerp af. Ek het vir jou
gevra wat jou " Afrikaanse kultuur" insluit. Tot dusver
lyk dit vir my jy wil vir my oortuig dat jou Afrikaanse
kultuur 'n mish mash van Engels en Afrikaans insluit.
Kom ons los nou die taal. Los die kos-ding ook uit.
Wat is daar anders wat jou kultuur insluit? En in watter
opsig bedreig die teenwoordige toestand in SA jou
kultuur?

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82650 is 'n antwoord op boodskap #82647] Do, 21 Augustus 2003 14:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Maar dit is nou Antie - dit kom seker maar oorspronklik van die Franse af,
maar ons is nou net so goed daarmee, indien nie beter nie, as die Franse.
Ek sien maar min ingevoerde wyne hier, want ons kan dit alles self maak! En
dit proe beter. Pap en wors is ook nou deel van ons kultuur. Ons het dit
dalk oorgeneem van die swartes, maar ons eet ons pap met 'n lepel, soms met
'n vurk en ons meng dit met botter en suiker of melk en suiker. My bediende
wil haarself doodgril vir my wat botter/melk en suiker in my pap sit. Sy
maak altyd vir haar 'n vleissousie by haar pap en sy eet dit met die hand.
Ons maak dit ook anders as hulle, haar pap is vir my vreeslik sleg al gooi
ek 10 lepels suiker in, dis te waterig. Sy hou weer nie van my pap nie - sy
sê dis te droog. Maar ek het by my ma geleer hoe om dit te maak en ek eet
dit nog my lewe lank so. Sien? Daar is tog 'n verskil.
Jy sien geen "een" ding in 'n kultuur is oorspronklik of nuut nie.
Aangesien daar wyn in Jesus se tyd was, kan die Franse ook nie krediet vir
wynmaak vat nie, maar tog word dit deesdae aanvaar dat wynmaak deel van
hulle kultuur is.
Dis hoe ons die verskillende ou goed vat en kombineer of verander wat ons
verskillende kulture uniek maak. Dis tog nie so moeilik om te verstaan nie?

E

"@rogers.com" wrote
>
> Maar moet asseblief nou nie die wynmaak as deel
> van jou Afrikaner-kultuur kom insleep nie. Ek bly
> nader as jy aan 'n gebied waar hulle ook wynmaak.
> (In ons geval die Niagara-peninsula, die noordoewer
> van Lake Erie, en tussen die Finger Lakes in
> noordelike New York Staat.) My dogter en skoon-
> seun het sopas in California gekuier waar wynmaak
> nou eers 'n godsdiens is.
> Wynmaak is tipies van die Boland, en daardie
> Bolandse kultuur word gedeel deur Afrikaners en
> Engelse, en die bruines wat al die werk doen.
> Dis nie deel van die Afrikaner-kultuur nie. Moet ook
> nie vir my kom vertel van pap en wors nie. Ek het
> nie daarmee grootgeword nie. Bolanders lag ook vir
> julle pap en wors. Dis 'n verskynsel van die oostelike
> deel van SA, en iets wat julle eintlik effens oorgeneem
> het van die swartes - die pap-gedeelte.
>
> Gloudina
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82655 is 'n antwoord op boodskap #82646] Do, 21 Augustus 2003 15:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daar was verlede jaar 'n internasionale braaikompetisie hier.
Die Switsers was eerste.
Ons was tweede
Die Amerikaners met hul indrukwekkende braaigoeters het nie baie indruk
gemaak by die beoordelaars nie.

Dis nie die tools wat tel by braaiery nie, maar hoe die produk smaak.
En wat op aarde is lekkerder as 'n ou Karroo skaaptjoppie en 'n lekker stuk
boerewors?
Miskien 'n pofadder.
Miskien een van die Switzerse pogings wat ek nie geproe het nie.

Annette

"Glücklich" skryf in boodskap news:x341b.117$g9.4@fe03.atl2.webusenet.com...
> Moenie van chevrolet vergeet nie
>
> Hulle kombineer ook baie van die goeters hier.
>
> "Elaine" wrote in message
> news:3f44ce3f$0$235@hades.is.co.za...
>> Lees wat ek vir die Antie geskryf het. Die nie net een of twee dinge soos
>> "braaivleis en bier" wat ek hier van praat nie. Dit word orals gedoen.
> Dis
>> 'n kombinasie van verskillende goed wat SAAM gedoen word wat kultuur maak.
>>
>> Ek probeer verduidelik, maar ek dink nie ek maak myself baie duidelik nie.
>> Dis net iets wat ek sukkel om verstaanbaar uit te druk :)
>>
>> E
>>
>> "Glücklich" wrote in message
>> news:EN31b.62$g9.10@fe03.atl2.webusenet.com...
>>> Ek moet ongelukkig met die antie saamstem. Die amerikaaners sal ons
> laat
>>> skaamkry as dit by braai kom. En nie net "patties" soos op die TV nie
>> maar
>>> volbloed "T-bone steaks"
>>>
>>> Ek onthou en verlang altyd na die gebraaiery rondom Loftus voor en na
>> rugby
>>> wedstryde. Die ander dag toe ons een van die "Miami Dolphins" se
>>> "Pre-season" wedstryde gaan kyk het was ek verbaas om dieselfde
> atmosfeer
>>> rondom "Pro-Player" stadium raak te loop. Die verskil is net dat hierdie
>>> manne baie beter toegerus is. Hulle arriveer met "Pickups"(nie bakkies
>> nie)
>>> en slaan 'n parytjie op vir 40 mense vanuit sy bak. Hulle noem die 'n
>>> "Tailgate Party" of "Going Tailgating". Miskien kan ons die afrikaanse
>>> weergawe daarvan "kattebak suip" noem.
>>>
>>> Dis ook nie net by sport geleenthede nie dis orals. My buurman braai...
>>> sorry barbeque 3 keer 'n week. Hy het een van daai lekker kombinasie
>>> braaiers, hy werk met kole of gas, affhangende van die tyd tot jou
>> beskiking
>>> kan jy net 'n knoppie druk vit 'n gasvlam, of jy kan kole ingooi en
wag.
>>
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82659 is 'n antwoord op boodskap #82650] Do, 21 Augustus 2003 17:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

> Aangesien daar wyn in Jesus se tyd was, kan die Franse ook nie krediet vir
> wynmaak vat nie, maar tog word dit deesdae aanvaar dat wynmaak deel van
> hulle kultuur is.
> Dis hoe ons die verskillende ou goed vat en kombineer of verander wat ons
> verskillende kulture uniek maak. Dis tog nie so moeilik om te verstaan
nie?

Elaine, vertel my hoeveel tyd jy nou al in Frankryk
deurgebring het. Hoeveel plekke het jy al buite
Parys besoek, en hoe lank het jy daar gebly.? Dan
praat ons weer.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82660 is 'n antwoord op boodskap #82611] Do, 21 Augustus 2003 18:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:3f4469d5.0@news1.mweb.co.za...
> Sekerlik kan 'n mens die geskienis lees soos jy hom wil glo? Ek neem aan
> jy stel voor dat die twee republieke [Vrystaat en Transvaal] moes vir
> Engeland gesê het kom vat maar die diamantvelde en goud waaragter julle
is?

Nee, Suidwester. Dis ook nie wat ek gesê het nie. Waarom neem jy soiets aan?

> Waaroor anders dink julle het die oorlog gegaan? In julle trand van
> 'hoekom doen mens sulke dinge', hoekom vra julle nie die vraag vir julleself
> af wat de donner het Engeland gaan moeilikheid soek met die Boere?

Dis nie nodig nie, ek weet waarom. Ek dink die hele wereld weet waarom.

> Bepaal
> eers wie was die aggressor in die verhaal en dan oordeel jy. Oou antie
> Gloudina sit en tjank elke dag snot en trane oor die gevolge van
> kolonialisasie.....maar nou jubel sy saam met jou oor die sogenaamde
> stupidgeid van die Boereoorlog wat juis aan Engeland daai mag gegee het!
> Stupid!

Ek jubel nie daaroor nie, hoor. Dit was 'n tragedie. Maar hierdie is 'n
besprekingsforum, en ons is almal volwassenes. Mens hoef nie slaafs mites na
te praat nie, mens kan na omstandigehede kyk en dit bespreek. Dit beteken
nie Kruger was sleg, of die Afrikaner geskiedenis is sleg nie.

Lorinda
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82662 is 'n antwoord op boodskap #82659] Do, 21 Augustus 2003 19:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Omtrent net so veel tyd as wat jy in SA deurgebring het die laaste 30 jaar.
Tog ag jy jouself 'n kenner op die gebied van SA. As jy jouself 'n kenner
kan ag op 'n land wat jy meer as 30 jaar laas besoek het, kan ek myself
seker 'n kenner ag op 'n land waarvan ek net lees of hoe? Dis dan wat jy
maak.
Buitendien, wat het die feit dat daar in Jesus se tyd wyn was, en dat die
Franse nie krediet vir die "resep wyn" kan kry nie, nou eintlik daarmee uit
te waai dat ek al ooit in Frankryk was of nie?

E

"@rogers.com" wrote in message
news:El71b.260021$rsJ.113556@news04.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> Elaine wrote
>
>> Aangesien daar wyn in Jesus se tyd was, kan die Franse ook nie krediet vir
>> wynmaak vat nie, maar tog word dit deesdae aanvaar dat wynmaak deel van
>> hulle kultuur is.
>> Dis hoe ons die verskillende ou goed vat en kombineer of verander wat ons
>> verskillende kulture uniek maak. Dis tog nie so moeilik om te verstaan
> nie?
>
> Elaine, vertel my hoeveel tyd jy nou al in Frankryk
> deurgebring het. Hoeveel plekke het jy al buite
> Parys besoek, en hoe lank het jy daar gebly.? Dan
> praat ons weer.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82664 is 'n antwoord op boodskap #82662] Do, 21 Augustus 2003 20:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

kan ek myself
> seker 'n kenner ag op 'n land waarvan ek net lees of hoe? Dis dan wat jy
> maak.
> Buitendien, wat het die feit dat daar in Jesus se tyd wyn was, en dat die
> Franse nie krediet vir die "resep wyn" kan kry nie, nou eintlik daarmee uit
> te waai dat ek al ooit in Frankryk was of nie?

Omdat jy vir jouself as 'n outoriteit uitgee op die gebied
van die Franse kultuur, die geskiedenis van die wynbedryf,
ensovoorts ensovoorts. Maar wanneer iemand jou vaspen
en jou vra om nou te vertel wat die " Afrikaanse kultuur"
is waaroor en waarvoor jy nou so stry, dan kan jy net opkom
met dinge wat baie min van dit in ander dele van die wereld
verskil. Komaan, vertel vir my waaruit bestaan jou Afrikaanse
kultuur, as dit nou nie ten minste tot 'n groot mate die taal
(en die suiwere gebruik daarvan) insluit nie.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82666 is 'n antwoord op boodskap #82660] Do, 21 Augustus 2003 20:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda wrote

> Ek jubel nie daaroor nie, hoor. Dit was 'n tragedie. Maar hierdie is 'n
> besprekingsforum, en ons is almal volwassenes. Mens hoef nie slaafs mites na
> te praat nie, mens kan na omstandigehede kyk en dit bespreek. Dit beteken
> nie Kruger was sleg, of die Afrikaner geskiedenis is sleg nie.

Ja, en miskien is dit nou, omtrent 'n honderd jaar na die
Anglo-Boereoorlog, tyd dat daar nugter na die werklike
feite van die geskiedenis gekyk word. Vir te lank was daar
'n gesaniteerde storie beide onder die Afrikaners en onder
die Engelse omtrent die oorlog. Miskien moet daar eerstens
werk daarvan gemaak word dat Engeland reparasies betaal
vir die mense wat in die konsentrasie-kampe gestop is. Maar
die Afrikaners moet ook begin besef dat daar foute in beleid
gemaak is, en dat daardie oorlog vermy kon gewees het
as daar nie hardekoppe in veral die Transvaalse Republiek
was nie.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82677 is 'n antwoord op boodskap #82666] Vr, 22 Augustus 2003 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Antie, nou het jy my aandag. Vertel my meer, hoe kon die oorlog vermy
gewees het? Deur bloot oor te gee aan die eise van Engeland? Daar kom 'n
tyd in elke mens se lewe dat praat nie meer help nie.......
"@rogers.com" wrote in message
news:fS91b.260412$rsJ.15902@news04.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> Lorinda wrote
>
>> Ek jubel nie daaroor nie, hoor. Dit was 'n tragedie. Maar hierdie is 'n
>> besprekingsforum, en ons is almal volwassenes. Mens hoef nie slaafs
mites
> na
>> te praat nie, mens kan na omstandigehede kyk en dit bespreek. Dit beteken
>> nie Kruger was sleg, of die Afrikaner geskiedenis is sleg nie.
>
> Ja, en miskien is dit nou, omtrent 'n honderd jaar na die
> Anglo-Boereoorlog, tyd dat daar nugter na die werklike
> feite van die geskiedenis gekyk word. Vir te lank was daar
> 'n gesaniteerde storie beide onder die Afrikaners en onder
> die Engelse omtrent die oorlog. Miskien moet daar eerstens
> werk daarvan gemaak word dat Engeland reparasies betaal
> vir die mense wat in die konsentrasie-kampe gestop is. Maar
> die Afrikaners moet ook begin besef dat daar foute in beleid
> gemaak is, en dat daardie oorlog vermy kon gewees het
> as daar nie hardekoppe in veral die Transvaalse Republiek
> was nie.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82701 is 'n antwoord op boodskap #82664] Vr, 22 Augustus 2003 11:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy het nie gelees wat ek voorheen geskryf het nie Antie. Ek gaan dit nie
weer herhaal nie. As jy te stupid is om te verstaan is dit nie my skuld
nie.

Ek het nooit afgemaak ek's 'n outoriteit op wyn of die Franse nie. Ek het
bloot 'n voorbeeld genoem. Franse maak wyn (feit), in Jesus se tyd was daar
wyn (feit want dit staan in die Bybel), die Franse kultuur SLUIT wynmaak IN,
(feit). So as daar wyn in Jesus se tyd was, hoe kan die Franse dan krediet
daarvoor vat of sê dis deel van hulle kultuur? Want dis NOU deel en eie aan
hulle. Net soos wat mieliepap en melk en rugby NOU deel is van myne. Kry
jou varkies op hok...

As jy my nie 'n outoriteit op Frankryk kan noem nie, omdat ek nooit daar was
nie - moet jouself asb. nooit weer 'n outoriteit op SA noem nie. Die pot,
my Antie, kan nie die deksel verwyt nie.

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Omdat jy vir jouself as 'n outoriteit uitgee op die gebied
> van die Franse kultuur, die geskiedenis van die wynbedryf,
> ensovoorts ensovoorts. Maar wanneer iemand jou vaspen
> en jou vra om nou te vertel wat die " Afrikaanse kultuur"
> is waaroor en waarvoor jy nou so stry, dan kan jy net opkom
> met dinge wat baie min van dit in ander dele van die wereld
> verskil. Komaan, vertel vir my waaruit bestaan jou Afrikaanse
> kultuur, as dit nou nie ten minste tot 'n groot mate die taal
> (en die suiwere gebruik daarvan) insluit nie.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82702 is 'n antwoord op boodskap #82666] Vr, 22 Augustus 2003 11:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
HA - weet jy hoe lank het dit ons gevat om hulle so ver te kry om net om
verskoning te vra? Die oorlog kon dalk vermy gewees het, maar jy kan nie
die konsentrasiekampe voor die deur van die hardekoppe in Transvaal gaan lê
nie. Ek het nou die dag 'n insiggewende dokkie gesien. 'n Britse
historikus het gesê dat as jy ratio gewys kyk, daar omtrent net so veel
mense in die boere konsentrasiekampe dood is as in die Joodse kampe.
Volgens die ou is ons "getalle" so uitgeroei in daai jare, dat dit nou nog
gesien kan word. As dit nie vir die konsentrasiekampe was nie, sou daar nou
baie meer wit mense in SA gewees het. Dit was, volgens hom, 'n holocaust,
en dis tyd die Britse regering dit erken en ons vergoed daarvoor.

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Ja, en miskien is dit nou, omtrent 'n honderd jaar na die
> Anglo-Boereoorlog, tyd dat daar nugter na die werklike
> feite van die geskiedenis gekyk word. Vir te lank was daar
> 'n gesaniteerde storie beide onder die Afrikaners en onder
> die Engelse omtrent die oorlog. Miskien moet daar eerstens
> werk daarvan gemaak word dat Engeland reparasies betaal
> vir die mense wat in die konsentrasie-kampe gestop is. Maar
> die Afrikaners moet ook begin besef dat daar foute in beleid
> gemaak is, en dat daardie oorlog vermy kon gewees het
> as daar nie hardekoppe in veral die Transvaalse Republiek
> was nie.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82704 is 'n antwoord op boodskap #82701] Vr, 22 Augustus 2003 11:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

Ek het
> bloot 'n voorbeeld genoem. Franse maak wyn (feit), in Jesus se tyd was daar
> wyn (feit want dit staan in die Bybel), die Franse kultuur SLUIT wynmaak IN,
> (feit). So as daar wyn in Jesus se tyd was, hoe kan die Franse dan krediet
> daarvoor vat

Jy sit en maak dinge op. Die Franse het nog nooit
krediet geneem om die eerste te wees wat wyn
gemaak het nie. Die eerste wyn is heelwaarskynlik
in Egipte gemaak.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82705 is 'n antwoord op boodskap #82701] Vr, 22 Augustus 2003 11:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote
Net soos wat mieliepap en melk en rugby NOU deel is van myne

Mieliepap en wors mag deel van jou oostelike SA kultuur wees,
maar dit is NIE deel van die kultuur van die Afrikaners in die
weste van die land nie, en daarom kan jy dit nie as deel van die
totale Afrikaner-kultuur beskou nie. Jy wil jou provinsiale
predileksies op ander Afrikaners afstoot. Hou op daarmee.
Hulle lag vir jou daar in die weste van SA.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82706 is 'n antwoord op boodskap #82701] Vr, 22 Augustus 2003 11:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

> As jy my nie 'n outoriteit op Frankryk kan noem nie, omdat ek nooit daar was
> nie - moet jouself asb. nooit weer 'n outoriteit op SA noem nie. Die pot,
> my Antie, kan nie die deksel verwyt nie.

Ek het myself nog nooit 'n outoriteit op die gebied
van SA genoem nie. Waar kom jy daaraan? Ek het
egter vir jou direkte vrae gevra oor wat jou
kultuur behels, die " Afrikaner kultuur" waarvoor
jy nou skielik so 'n voorvegter is, en al waarmee
jy kan opkom is dinge wat definitief nie tipies
van die hele Afrikaner-gemeenskap in SA nie.
Jy het taal as bindende element verwerp. (Iets
waaroor ek nie verbaas is nie, sedert jy al
lankal verklaar dat jy nie baie tyd daarvoor het
om dit keurig te praat of te spel nie.) Nou wag
ek nog maar op 'n beskrywing van wat jy as
jou kultuur beskou.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82713 is 'n antwoord op boodskap #82677] Vr, 22 Augustus 2003 15:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester wrote

> Antie, nou het jy my aandag. Vertel my meer, hoe kon die oorlog vermy
> gewees het? Deur bloot oor te gee aan die eise van Engeland

Jong, gaan studeer die geskiedenis van hierdie periode
in die geskiedenis van SA. Jy is heelwaarskynlik groot-
gemaak met die cliches wat die " Nasionale Party"
vir jou oor die jare gevoer het. Die werklikheid was
baie meer gekompliseerd. Daar was 'n drukgroep
Afrikaners in Kaapland wat vir Kruger wou oorreed
om kompromisse aan te gaan. Nadat S.J. du Toit,
redakteur van " Die Patriot" die Transvaal besoek het
en sy woorde op dowe ore geval het, was hy verbitterd
teen die beleid van die Transvalers en hy sy hande van
die politiek gewas.
En hierdie storie dat die Afrikaner sy " vryheid in
die Boere-oorlog verloor het" is ook 'n cliche. Binne
ag jaar is die Unie van SA gestig onder die leiding van
twee van die Transvaalse boere-generaals, Botha en
Smuts.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82715 is 'n antwoord op boodskap #82702] Vr, 22 Augustus 2003 16:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf in boodskap news:3f45ff8d$0$237@hades.is.co.za...
> HA - weet jy hoe lank het dit ons gevat om hulle so ver te kry om net om
> verskoning te vra? Die oorlog kon dalk vermy gewees het, maar jy kan nie
> die konsentrasiekampe voor die deur van die hardekoppe in Transvaal gaan l�
> nie. Ek het nou die dag 'n insiggewende dokkie gesien. 'n Britse
> historikus het gesê dat as jy ratio gewys kyk, daar omtrent net so veel
> mense in die boere konsentrasiekampe dood is as in die Joodse kampe.
> Volgens die ou is ons "getalle" so uitgeroei in daai jare, dat dit nou nog
> gesien kan word. As dit nie vir die konsentrasiekampe was nie, sou daar nou
> baie meer wit mense in SA gewees het. Dit was, volgens hom, 'n holocaust,
> en dis tyd die Britse regering dit erken en ons vergoed daarvoor.
>
> E
>

Daar was nog nooit iemand in die Afrikaner geledere wat ernstig werk daarvan
gemaak het om druk op die Britte te plaas om reparasie te betaal nie. Een
van die redes hiervoor is omdat die persoon wat dit doen die hele
geskiedenis van die Boereoorlog vierkant in die oë sal moet kyk. Daar is min
politici wat dit sou gewaag het, omdat hulle gevoel het dat die mitologie
wat om die hele aangeleentheid gegroei het 'n rol gehad om te speel. As die
ondersoek in erns begin, sal daar ongemaklikheid vir almal wees, nie net die
Britte nie. Ek dink egter dit is tyd dat dit gedoen word. Daar sal steun
hievoor onder Britse historici ook wees, maar hulle sal daarop aandring dat
die hele sak patats na vore kom.

Lorinda
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82725 is 'n antwoord op boodskap #82701] Vr, 22 Augustus 2003 18:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 Aug 2003 13:18:37 +0200, "Elaine" wrote:

>
> Franse maak wyn (feit), in Jesus se tyd was daar
> wyn (feit want dit staan in die Bybel),
>
> E

Elaine, hier noem jy iets wat ek oor baie jare vreeslik interessant
vind, en heelwat debat al ontlok het hierdeur.

Ter wille van die lui mense, gaan ek die versie nie kwoteer nie,
want as hulle belang sou stel, sal hulle gaan kyk.

Ek maak die afleiding in Spreuke 31:30-36 dat druiwesap òòk
wyn genoem is in die tyd van Jesus. Dat hierdie skrif jou waarsku
teen wyn wat alkohol bevat.

Ek sou graag 'n opinie wil hoor oor wat ek hier sê.

DD
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82726 is 'n antwoord op boodskap #82704] Vr, 22 Augustus 2003 18:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 Aug 2003 11:40:19 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Elaine wrote
>
> Jy het nie gelees wat ek voorheen geskryf het nie Antie. Ek gaan dit nie
> weer herhaal nie. As jy te stupid is om te verstaan is dit nie my skuld
> nie.
>
> Ek het nooit afgemaak ek's 'n outoriteit op wyn of die Franse nie. Ek het
> bloot 'n voorbeeld genoem. Franse maak wyn (feit), in Jesus se tyd was daar
> wyn (feit want dit staan in die Bybel), die Franse kultuur SLUIT wynmaak IN,
> (feit).
>
****************

> Jy sit en maak dinge op. Die Franse het nog nooit
> krediet geneem om die eerste te wees wat wyn
> gemaak het nie. Die eerste wyn is heelwaarskynlik
> in Egipte gemaak.
>
> Gloudina
>

Tipies jy, Gloudina. Lees Elaine se eerste paragraaf. Dit is
belangrik.

Tensy sy dit in 'n vorige skrywe gesê het, (en dan, waarom kwoteer
dit nie) het Elaine nie gesê dat die Franse hulle die eerste
wynstokers genoem het nie. Sy noem slegs dat hulle wyn maak.

Miskien is dit waarom sy die eerste paragraaf geskryf het.

DD

Ek dink in elke geval dat Pick 'n Pay miskien die eerste
wyn gemaak het. Indien nie, is die dooswyn wat ek
vanmiddag daar gekoop het, buitendien verassend lekker.
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82729 is 'n antwoord op boodskap #82715] Vr, 22 Augustus 2003 19:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 Aug 2003 17:04:06 +0100, "Lorinda"
wrote:

>
>
> Daar was nog nooit iemand in die Afrikaner geledere wat ernstig werk daarvan
> gemaak het om druk op die Britte te plaas om reparasie te betaal nie. Een
> van die redes hiervoor is omdat die persoon wat dit doen die hele
> geskiedenis van die Boereoorlog vierkant in die oë sal moet kyk. Daar is min
> politici wat dit sou gewaag het, omdat hulle gevoel het dat die mitologie
> wat om die hele aangeleentheid gegroei het 'n rol gehad om te speel. As die
> ondersoek in erns begin, sal daar ongemaklikheid vir almal wees, nie net die
> Britte nie. Ek dink egter dit is tyd dat dit gedoen word. Daar sal steun
> hievoor onder Britse historici ook wees, maar hulle sal daarop aandring dat
> die hele sak patats na vore kom.
>
> Lorinda
>
>

Lorinda, jy noem hier iets wat 'n uiters interessante debat kan
uitlok. Toe die anc die land begin regeer het, het die geskiedenis
verander. Skielik het die die oorspronklike held, Jan van Riebeek,
verander in 'n uitgeweke krimineel vanaf Nederland. En blykbaar
ook die meerdeheid van sy saamkomelinge. Én, niemand het dit
ontken nie. Dit blyk dus dat die geskiedenis verloop het in verhouding
met uit watter land dit vertel word en/of waar die verteller se
simpatie lê.

Steeds is ek onder die indruk dat die engelse, wat vreeslik graag
wêreldheersers wil wees, slegs van 'n klein groepie boere, wat goud
ontdek het, gehoor het. En soos die kaffers in die land, geroof het.
En vrouens en kinders vermoor het.

Wat weet jy, wat onkundiges soos ek, nie weet nie?
Vertel meer, want ek het reeds afgelei dat jou belangstelling
blykbaar in kultuurgeskiedenis (ook) geleë is.

DD

> As die
> ondersoek in erns begin, sal daar ongemaklikheid vir almal wees, nie net die
> Britte nie. Ek dink egter dit is tyd dat dit gedoen word. Daar sal steun
> hievoor onder Britse historici ook wees, maar hulle sal daarop aandring dat
> die hele sak patats na vore kom.
>
> Lorinda
Spreuke [boodskap #82731 is 'n antwoord op boodskap #82725] Vr, 22 Augustus 2003 19:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote:

> Ek maak die afleiding in Spreuke 31:30-36 dat druiwesap òòk
> wyn genoem is in die tyd van Jesus. Dat hierdie skrif jou waarsku
> teen wyn wat alkohol bevat.
>
> Ek sou graag 'n opinie wil hoor oor wat ek hier sê.

Interessant. Ek het gou gaan kyk. En dit sê dat ek my mond moet
oopmaak vir die stomme en vir die regsaak van almal wat kwyn. Dan se
Spreuke 31:6-7 dat ek drank moet gee vir die wat arm is, sodat hulle
van hulle armoede moet vergeet. En dat ek ook STERK drank moet gee
aan die wat bitter bedroef is, en die wat wil ondergaan.
Maar heel interessant vertel hy vir jou in die voorafgaande vers dat
die "konings" nie wyn moet drink nie, want dit sal hulle oordeel
benadeel.

Oulik nè? So, dus het daardie mense wat die plaasarbeiders op die
wynplase so aan alkohol verslaaf laat raak het, dat daar generasies
van ernstige geboorte en ander probleme nou onstaan het, eintlik net
gedoen wat die bybel hulle vertel het om te doen?

Ja nee...daar is nou vir jou 'n kultuur ding om op trots te wees? Nou
verstaan ek vir die eerste keer waarom die volkies altyd wyn gekry het
op Vrydae, en dan dronk in die strate van Durbanville verkeer het. Ek
kon nooit verstaan waarom die boere altyd alkohol aan hulle wekers
verskaf het nie. So leer 'n mens...
:-(
Re: Spreuke [boodskap #82732 is 'n antwoord op boodskap #82731] Vr, 22 Augustus 2003 20:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 Aug 2003 15:56:09 -0400, Katryn wrote:

> DD wrote:
>
>> Ek maak die afleiding in Spreuke 31:30-36 dat druiwesap òòk
>> wyn genoem is in die tyd van Jesus. Dat hierdie skrif jou waarsku
>> teen wyn wat alkohol bevat.

>> Ek sou graag 'n opinie wil hoor oor wat ek hier sê.
>
> Interessant. Ek het gou gaan kyk. En dit sê dat ek my mond moet
> oopmaak vir die stomme en vir die regsaak van almal wat kwyn. Dan se
> Spreuke 31:6-7 dat ek drank moet gee vir die wat arm is, sodat hulle
> van hulle armoede moet vergeet. En dat ek ook STERK drank moet gee
> aan die wat bitter bedroef is, en die wat wil ondergaan.
> Maar heel interessant vertel hy vir jou in die voorafgaande vers dat
> die "konings" nie wyn moet drink nie, want dit sal hulle oordeel
> benadeel.
>
> Oulik nè? So, dus het daardie mense wat die plaasarbeiders op die
> wynplase so aan alkohol verslaaf laat raak het, dat daar generasies
> van ernstige geboorte en ander probleme nou onstaan het, eintlik net
> gedoen wat die bybel hulle vertel het om te doen?
>
> Ja nee...daar is nou vir jou 'n kultuur ding om op trots te wees? Nou
> verstaan ek vir die eerste keer waarom die volkies altyd wyn gekry het
> op Vrydae, en dan dronk in die strate van Durbanville verkeer het. Ek
> kon nooit verstaan waarom die boere altyd alkohol aan hulle wekers
> verskaf het nie. So leer 'n mens...
> :-(
>
>

Baie interessant soos jy sê. "Gee sterk drank aan hom wat wil
ondergaan, en wyn aan die wat bitter bedroef is." Interessant
dat sterk drank en wyn weer afsonderlik genoem word. Tog word
wyn genoem asof dit bedwelmend kan wees.

Miskien is dit ook van uiterste belang om vers een in ag te neem
en dit dan in konteks te lees.
Re: Spreuke [boodskap #82734 is 'n antwoord op boodskap #82732] Vr, 22 Augustus 2003 20:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote:

> Miskien is dit ook van uiterste belang om vers een in ag te neem
> en dit dan in konteks te lees.

Net miskien moet jy self jou bybel gaan oopslaan en lees? Dalk
sal jy dan agterkom dat in die eerste plek daar nie soveel verse in
Spreuke is, was wat jy kwoteer het nie. Die laaste vers van Spreuke
(in my bybel altans - en ja, ek het 'n bybel ), is 31:31.

Die stuk in konteks gaan oor 'n ma wat vir haar seun onderrig. Iets
wat vir my baie mooi was, en gladnie inpas met die res nie, is dat
mens altyd regverdig moet probeer wees, en na die regte van die armes
en minder bevoorregtes moet kyk en beskerm.

Ek verstaan nie hoe drank of wyn of watookal mense se sinne benewel
goed of "beskermend" kan wees nie. Is deel van die ernstige misdaad
probleem daar by julle dan nie dalk juis direk te wyte aan die hoë
alkohol gebruik by die armes en mense wat nie werke het nie?
Waarom vind mens dat arm en werkloses ook gewoonlik ernstige
drank/verslawings probleme het?

Waarom drink julle daar in SA so baie, huh? :-))
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82736 is 'n antwoord op boodskap #82725] Vr, 22 Augustus 2003 20:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote

> Ek maak die afleiding in Spreuke 31:30-36 dat druiwesap óók
> wyn genoem is in die tyd van Jesus. Dat hierdie skrif jou waarsku
> teen wyn wat alkohol bevat.
>
> Ek sou graag 'n opinie wil hoor oor wat ek hier sê.

Wel, du plessis, in my opinie maak jy of droog of jy
probeer 'n lokval stel. Want in Spreuke 31 is daar net
'n versie 30 en 31, en dit het niks met die gebruik van
wyn uit te waai nie.
In Protestantse kringe word daar altyd die hoop uitge-
spreek dat die wyn waarvan hulle in die bybel praat,
nie so sterk is as die wyn wat ons vandag drink nie.
Maar ek weet nie of hierdie aanname regverdig is nie,
want erens in die bybel beveel iemand die drink van
wyn aan sodat mens " gelukkig" kan voel.
Die drink van wyn onder die Jode, en vandag
nog terug te vind in die gewoontes van die Jode, sluit
die drink van wyn in. Die Jode, in die Kiddush
seremonie, wat die feit vier dat God die wereld
geskape het en op die sewende dag rus, het 'n
seremonie waar almal 'n mondjievol wyn neem,
beginnende by die moeder en insluitende al die
kinders tot by die kleinste een.
Ek haal verder uit my bron aan: " One is led to
wonder what precise relationship there was..
between die sip of wine from the Kiddush cup
of sanctification and the sip of wine from the first
chalice of the Eucharist taken by the early Jewish-
Christians... Almost certainly, the latter had derived
their rite, in the initial form at least, from the love-feast
or the communion-meal of the Jewish sectarian Essenes.
At the same time, one cannot help but note that the
Kiddush ceremony had much in common with the
rite of the ancient Greek and Romans, who drank
a libation to their gods...before beginning a family
meal..."

Gloudina
Re: Spreuke [boodskap #82739 is 'n antwoord op boodskap #82734] Vr, 22 Augustus 2003 20:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 Aug 2003 16:30:40 -0400, Katryn wrote:

>

> Net miskien moet jy self jou bybel gaan oopslaan en lees? Dalk
> sal jy dan agterkom dat in die eerste plek daar nie soveel verse in
> Spreuke is, was wat jy kwoteer het nie. Die laaste vers van Spreuke
> (in my bybel altans - en ja, ek het 'n bybel ), is 31:31.
>

Maar jy't mos geweet ek bedoel Spreuke 23:-) (30-36)

DD
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82740 is 'n antwoord op boodskap #82729] Vr, 22 Augustus 2003 20:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote

Toe die anc die land begin regeer het, het die geskiedenis
> verander. Skielik het die die oorspronklike held, Jan van Riebeek,
> verander in 'n uitgeweke krimineel vanaf Nederland. En blykbaar
> ook die meerdeheid van sy saamkomelinge. 'n, niemand het dit
> ontken nie.

Wel, du plessis, ek daag jou uit om vir my te bewys waar
bogenoemde opinies uitgespreek is. Ek dink jy verwar die
geskiedenis van SA met die van Australia, waarheen 'n
beperkte hoeveelheid Engelse gevangenes heen gestuur is.
Maar hoekom noem jy Jan van Riebeeck " die oorspronklike
held"? Hy is, baie teen sy sin, deur die H.O.I.C. na die suidelike
punt van Afrika gestuur om 'n verversings-stasie op te rig. Met
baie min by your leave van die Strandlopers en die ander inheemse
bruin stamme wat daar rond gebly het. Hy was egter nie 'n
uitgeweke krimineel nie, maar iemand wat eers 'n bestuurder
was in die Verre Ooste vir die H.O.I.C. en wat gehoop het
dat sy arbeid daar beloon sou word met 'n bestuurspos in
Nederland. Hy is ook so gou as hy kon terug Nederland toe.
Die " meerderheid van sy saamkomelinge" laat my ook
bietjie lag kry. Die " vryburgers" het nie op 'n hoop saam met
Jan van Riebeeck gekom nie. Hulle was meestal matrose wat
gehoor het dat hulle grond kon kry in die Kaap as hulle gewillig
was om daar te kom bly. Natuurlik weer sonder enige by your
leave van die mense wat daar gebly het. Meeste van daardie
" vryburgers" was egter nie Nederlanders nie. Op daardie
oomblik was Nederland baie welvarig, en meeste van hierdie
vryburgers was mense wat uit ander dele van Europa gekom
het waar godsdienstige gevegte plaasgevind het. Een van hierdie
mense was my oer-voorvader aan vaderskant, wat in 1706 as
vryburger in SA gesetel het.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82741 is 'n antwoord op boodskap #82736] Vr, 22 Augustus 2003 20:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 Aug 2003 20:34:53 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
>
>
> Wel, du plessis, in my opinie maak jy of droog of jy
> probeer 'n lokval stel. Want in Spreuke 31 is daar net
> 'n versie 30 en 31, en dit het niks met die gebruik van
> wyn uit te waai nie.

Nie 'n lokval gestel nie, bouwer, maar plainweg droog gemaak.
Dit is Spreuke 23. Sê vir my wat jy daar aflei.

DD
Re: Spreuke [boodskap #82742 is 'n antwoord op boodskap #82739] Vr, 22 Augustus 2003 20:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote:

> Maar jy't mos geweet ek bedoel Spreuke 23:-) (30-36)

Natuurlik. Gaan lees nou die laaste versie (36) van Spreuke 23. En
staak jou gedrinkery!!
:-))
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82743 is 'n antwoord op boodskap #82740] Vr, 22 Augustus 2003 21:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 Aug 2003 20:52:54 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Wel, du plessis, ek daag jou uit om vir my te bewys waar
> bogenoemde opinies uitgespreek is. Ek dink jy verwar die
> geskiedenis van SA met die van Australia, waarheen 'n
> beperkte hoeveelheid Engelse gevangenes heen gestuur is.

Geen verwarring nie, bouwer. Maar dit sal bietjie tyd neem
om die oorsprong daarvan te kry. Gee my 'n maand of ses en
ek noem die oorsprong van die storie vir jou.
Ek sal verbaas wees indien Jonas en dies meer my stelling nie sal
onderskryf hier nie.

> Maar hoekom noem jy Jan van Riebeeck " die oorspronklike
> held"?

By wyse van spreuke

> Een van hierdie
> mense was my oer-voorvader aan vaderskant, wat in 1706 as
> vryburger in SA gesetel het.

Dit was tog net blankes wat die land ingekom het daardie tyd?
Jy praat nou van die hugenote tyd. Dit is ook die tyd waarin
ek hier aangekom het.
Re: Spreuke [boodskap #82744 is 'n antwoord op boodskap #82742] Vr, 22 Augustus 2003 21:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 Aug 2003 16:58:40 -0400, Katryn wrote:

> DD wrote:
>
>> Maar jy't mos geweet ek bedoel Spreuke 23:-) (30-36)
>
> Natuurlik. Gaan lees nou die laaste versie (36) van Spreuke 23. En
> staak jou gedrinkery!!
> :-))

Katryn! Aaan julles skrywes lei ek af
dat dit jy en Lorinda is wat, as julle nie hier
is nie, dan weet ek julle is uit vir 'n barlunch!

DD
Re: Spreuke [boodskap #82746 is 'n antwoord op boodskap #82744] Vr, 22 Augustus 2003 21:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote:

> Katryn! Aaan julles skrywes lei ek af
> dat dit jy en Lorinda is wat, as julle nie hier
> is nie, dan weet ek julle is uit vir 'n barlunch!

Moenie vir Lorinda hierby betrek nie. Netnou raak iemand
weer verward.
Maar ek sal enige tyd saam met haar uitgaan vir 'n barlunch. En met
jou ook, hoor. :-)
Maar ernstig, ek het rerig altyd gewonder waar presies daardie gebruik
vandaan gekom het om plaaswerkers te beloon met drank. Hier val dit
toe vandag in plek, en dit net omdat jy per abuis die verkeerde verse
aangehaal het. Dit wys jou net!! :-)
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82747 is 'n antwoord op boodskap #82741] Vr, 22 Augustus 2003 21:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote
.
> Dit is Spreuke 23. Sê vir my wat jy daar aflei.

Ek dink Spreuke 23 het goeie raad. Dit waarsku
nie net teen te veel drink nie, maar ook teen teveel
eet. Ek hou nie daarvan dat daar aanbeveel word
dat kinders met 'n roede geslaan word nie. Ten
minste hier in Kanada is dit nou onwettig. En
Dawid is ook bietjie opgepof as hy vir sy seun
vertel wat om te doen. Hy waarsku teen te heul
met ander vroue. Maar het pa nou nie bietjie
geheul met Batsheba nie?

Gloudina
Re:vrug van die wynstok [boodskap #82748 is 'n antwoord op boodskap #82725] Vr, 22 Augustus 2003 21:34 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Woord betekenisse kom uit "Strongs Hebrew and Greek Dictionaries"
---
Ou Testament
H8492
ti^yro^sh ti^yro^sh
tee-roshe', tee-roshe'
From H3423 in the sense of expulsion; must or fresh grape juice (as just squeezed out); by implication (rarely) fermented wine: - (new, sweet) wine.

Gen 27:28
Therefore God430 give5414 thee of the dew4480, 2919 of heaven,8064 and the fatness4924 of the earth,776 and plenty7230 of corn1715 and wine:8492
-----------------------------------

[H3196]
yayin
yah'-yin
From an unused root meaning to effervesce; wine (as fermented); by implication intoxication: - banqueting, wine, wine [-bibber].

Pro 31:6
Give5414 strong drink7941 unto him that is ready to perish,6 and wine3196 unto those that be of heavy4751 hearts.5315
------------------------
[H7941]
she^ka^r
shay-kawr'
From H7937; an intoxicant, that is, intensely alcoholic liquor: - strong drink, + drunkard, strong wine.

Num 28:7
And the drink offering5262 thereof shall be the fourth7243 part of a hin1969 for the one259 lamb:3532 in the holy6944 place shalt thou cause the strong wine7941 to be poured5258 unto the LORD3068 for a drink offering.5262
---------------------------

Nuwe Testament
G3631
oinos
oy'-nos
A primary word (or perhaps of Hebrew origin [H3196]); "wine" (literally or figuratively): - wine.
G4608
sikera
sik'-er-ah
Of Hebrew origin [H7941]; an intoxicant, that is, intensely fermented liquor: - strong drink.


Luk 1:15
For1063 he shall be2071 great3173 in the sight1799 of the3588 Lord,2962 and2532 shall drink4095 neither3364 wine3631 nor2532 strong drink;4608 and2532 he shall be filled4130 with the Holy40 Ghost,4151 even2089 from1537 his848 mother's3384 womb.2836

Joh 2:10
And2532 saith3004 unto him,846 Every3956 man444 at the beginning4412 doth set forth5087 good2570 wine;3631 and2532 when3752 men have well drunk,3184 then5119 that which is worse:1640 but thou4771 hast kept5083 the3588 good2570 wine3631 until2193 now.737
Vorige onderwerp: Re: Baxter Response (KILL THE CHICKEN)
Volgende onderwerp: Tsafendas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 00:11:35 MGT 2024