Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Gebed van die loot aan die wynstok " deur SHEILA CUSSONS
" Gebed van die loot aan die wynstok " deur SHEILA CUSSONS [boodskap #82667] Do., 21 Augustus 2003 20:33
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4784
Geregistreer: Desember 2003
Senior Lid
Sheila Cussons
Gebed van die loot aan die wynstok

Solank as wat die mens
sy gewaarwordinge in taal bly formuleer
Here, laat my taal leef
en dat U hom nooit van die liggaam
van Afrika sal amputeer nie -
en waar U moet terugsnoei, Heer,
laat ons u hand herken en rustig weet
U sal uit die vurige sap
wat U nou tot besinning kasty
iets wat helder en edel is eindelik distilleer.
Vorige onderwerp: " Kruger " deur JAN F.E. CELLIERS
Volgende onderwerp: " Bloedrivier, 1938 " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Aug. 20 02:52:54 UTC 2026