Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Steve se relaas - net vir Antie Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82573 is 'n antwoord op boodskap #82522] |
Wo., 20 Augustus 2003 13:01   |
daniel[3]
Boodskappe: 38 Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Nou kan ek dit nie meer uithou nie...
Antie, jy maak my onthou van 'n uitdrukking wat ek as kind geken het: "Gaan
skyt in die vlei".
En ek wil graag glo dat ekke 'n gintelman is, en gebruik nie as 'n gewoonte
growwe taal nie, maar onse Antie vryf my te veel op!
D.
> Elaine
>
>> As ek dan nou met die res van my geld 'n hele donnerse erf vol wilde
> diere,
>> mak diere, vlieënde diere, kruipende diere en skreeuende diere wil aanhou
>> voel ek, ek het die volste reg.
>
> Nouja, daar sien jy nou jou soort Afrikaner-kultuur in
> volle bloei. En jy het die volste reg om al hierdie diere
> op jou plek aan te hou. Maar moet net nie vir my kom
> vertel SA krepeer van die honger nie. Dan praat jy
> snert. Jy sit nog in 'n toestand van melk en heuning,
> en as iemand eendag begin wonder hoekom mense
> soos jy op die walle van die Vaal met 'n huisvol
> troeteldiere sit en begin klippe gooi, moet dan nie
> sit en huil nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82601 is 'n antwoord op boodskap #82580] |
Do., 21 Augustus 2003 00:53   |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Jonas" skryf in boodskap news:bhvsfq$28v$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lorinda. Volgens jou is Kruger verantwoordelik vir daardie oorlog. Ek glo
> nie Kruger het veel van 'n keuse gehad as om 'n oorlogsverklaring uit te
> reik nie.
> Wat was die alternatief?
Brittanje het 'n natuurlik 'n groot rol in die hele ding gespeel, maar dat
daar nie uitkomkans was nie is 'n mite. Daar was baie in die Afrikaner
geledere wat groot misnoee oor die hele aangeleentheid gehad het, veral
natuurlik omdat dit die Vrystaat ook by die hele ding betrek het. Kruger het
na raadgewers geluister wat hom nie die beste raad gegee het nie, en hy was
gruwelik mislei deur onder andere die Duitsers, bv die Kaiser se telegram
ens ens. wat die verhouding tussen die Boere en die Engelse verder versleg
het, en op die ou einde toe Kruger oorlog verklaar, was daar bitter min
hulp van die Duitsers. Die Jameson raid was 'n fiasko, dit het nie die
ondersteuning gekry wat Rhodes gehoop het nie, en dit sou dus gehelp het as
Kruger kalm gebly het. Dit sou ook gehelp het as hy geluister het na die
mense wat vir hom probeer verduidelik het oor die soort militere back-up
wat Brittanje binne 'n paar maande na Suid-Afrika sou kon bring. Hy het dit
nie geglo nie. As die Transvaal op daardie tydstip ander leierskap gehad
het, sou die ding anders verloop het; Kruger was oud en het aan 'n ander
tydperk behoort. Hy het nie die reailiteit van die nuwe Transvaal en sy
ekonomie verstaan nie. Die Boereoorlog, al was dit moedig geveg, was 'n
groot fout.. Die Afrikaanse taal se uiteiendelike stryd teen Engels is daar
verloor.
Lorinda
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82603 is 'n antwoord op boodskap #82498] |
Do., 21 Augustus 2003 01:20   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek wou eintlik regtig weet of daar 'n woord vir dit in Afrikaans is, want ek
het toevallig 'n site ( X wants Y)waar ek vir swingers voorsiening maak.
Maar swinging is ouer as selfs jy my Antie en jy sal verbaas wees hoeveel
Afrikaanse swingers daar is.
Wat die gedigte aanbetref - dis 'n baie subjektiewe ding. Daar is digters
wat ek geniet, maar meer die "ouer" werke. Ek is immers self 'n skrywer my
antie, so om 'n gedig te lees, te verstaan en te waardeer verg nie juis
vreeslik baie inspanning van my kant af nie.
Ja, ek doen baie van my werk in Engels, en ek doen dit gewilliglik, die
besigheidswêreld is Engels. Maar dis nie te sê net omdat ek in Engels werk
dat ek nie my kultuur verstaan nie. Ek vererg my vir mense soos Karen Zoid
wat 'n mooi, oulike Afrikaanse volksliedjie vat en dit onmenslik verkrag.
My kultuur bestaan nie net uit my taal uit nie. Die taal is 'n klein
deeltjie van 'n groot spektrum. Ek glo nie eers jy besef wat jou eie
kultuur is nie Antie. Jy kan Afrikaans praat - so what? Norbert kan ook
Afrikaans praat, maar besef hy wat dit is om 'n Afrikaner te wees? Ek glo
amper net so min soos wat ek weet wat dit is om 'n Hollander te wees (no
offence Norbert).
Elaine
"@rogers.com" wrote:
> En ek sal vir jou oortuig dat jy een van die grootste
> struikelblokke in " jou kultuur" se bloei is. Jy vertel
> self dat jy nie eintlik omgee om Afrikaans reg en keur-
> vol te gebruik nie. En ek sien sommer ook so in die
> verbygaan hoe jy die onderwerp van " swinging" op
> hierdie nuusgroep probeer inbring, op die oog af om
> 'n Afrikaanse term daarvoor te kry, maar eintlik omdat
> jy graag daaroor wil praat. Ek is ook amper seker dat
> jy meeste van jou werk in Engels doen, en dit
> gewilliglik doen. Jy, my liewe Elaine, is een van die
> domino's wat val in die proses, as " jou" kultuur besig
> is om te vergaan. Kan jy vir my verseker dat jy die
> afgelope tyd Henning Pieterse se Herzogbekroonde
> gedigte op hierdie nuusgroep gelees het. En dit waardeer
> het en dit begryp het?
> En as jy dit nie gedoen het nie, waaruit bestaan jou
> " Afrikaanse kultuur," my liewe Elaine. Uit oor swinging
> te praat?
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82611 is 'n antwoord op boodskap #82601] |
Do., 21 Augustus 2003 06:40   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Sekerlik kan 'n mens die geskienis lees soos jy hom wil glo? Ek neem aan
jy stel voor dat die twee republieke [Vrystaat en Transvaal] moes vir
Engeland gesê het kom vat maar die diamantvelde en goud waaragter julle is?
Waaroor anders dink julle het die oorlog gegaan? In julle trand van
'hoekom doen mens sulke dinge', hoekom vra julle nie die vraag vir julleself
af wat de donner het Engeland gaan moeilikheid soek met die Boere? Bepaal
eers wie was die aggressor in die verhaal en dan oordeel jy. Oou antie
Gloudina sit en tjank elke dag snot en trane oor die gevolge van
kolonialisasie.....maar nou jubel sy saam met jou oor die sogenaamde
stupidgeid van die Boereoorlog wat juis aan Engeland daai mag gegee het!
Stupid!
"Lorinda" skryf in boodskap news:3f43a5f9$1_2@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bhvsfq$28v$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Lorinda. Volgens jou is Kruger verantwoordelik vir daardie oorlog. Ek glo
>> nie Kruger het veel van 'n keuse gehad as om 'n oorlogsverklaring uit te
>> reik nie.
>> Wat was die alternatief?
>
> Brittanje het 'n natuurlik 'n groot rol in die hele ding gespeel, maar dat
> daar nie uitkomkans was nie is 'n mite. Daar was baie in die Afrikaner
> geledere wat groot misnoee oor die hele aangeleentheid gehad het, veral
> natuurlik omdat dit die Vrystaat ook by die hele ding betrek het. Kruger het
> na raadgewers geluister wat hom nie die beste raad gegee het nie, en hy was
> gruwelik mislei deur onder andere die Duitsers, bv die Kaiser se telegram
> ens ens. wat die verhouding tussen die Boere en die Engelse verder versleg
> het, en op die ou einde toe Kruger oorlog verklaar, was daar bitter min
> hulp van die Duitsers. Die Jameson raid was 'n fiasko, dit het nie die
> ondersteuning gekry wat Rhodes gehoop het nie, en dit sou dus gehelp het as
> Kruger kalm gebly het. Dit sou ook gehelp het as hy geluister het na die
> mense wat vir hom probeer verduidelik het oor die soort militere back-up
> wat Brittanje binne 'n paar maande na Suid-Afrika sou kon bring. Hy het dit
> nie geglo nie. As die Transvaal op daardie tydstip ander leierskap gehad
> het, sou die ding anders verloop het; Kruger was oud en het aan 'n ander
> tydperk behoort. Hy het nie die reailiteit van die nuwe Transvaal en sy
> ekonomie verstaan nie. Die Boereoorlog, al was dit moedig geveg, was 'n
> groot fout.. Die Afrikaanse taal se uiteiendelike stryd teen Engels is daar
> verloor.
>
> Lorinda
>
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82621 is 'n antwoord op boodskap #82497] |
Do., 21 Augustus 2003 11:53   |
Glücklich
Boodskappe: 271 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Daar is fokkol verkeerd met die wyse waarmee McDuck sy taal gebruik nie.
Meeste afrikaners in die Gauteng area praat gereeld engels en die manier
waarop jy glo die afrikaner gebruik dieselfde hoë woorde wat jy in jou poste
gebruik, is net 'n aanduiding van hoe ver jy verwyder is van die
werklikheid.
Soos baie mense al voorgestel het, hoekom gaan besoek jy nie bietjie Suid
Afrika nie, dan kan jy mos maar eerstehands beleef hoe dit met die afrikaner
gaan.
Jy dink deur gedigte te lees maak dit van jou 'n kenner van die afrikaner
kultuur. Ek wed jou die meeste opregte afrikaners lees nie gedigte nie, en
gee nog minder om wat hulle beteken. Hulle is nog steeds afrikaners,
volbloed afrikaners.
Dink jy omdat Fredie Greyling gedigte skryf maak dit hom 'n goeie afrikaner?
Hy is nog steeds 'n poepol.
> Elaine wrote
>
>> Ek wil graag vir jou iets aanhaal wat Steve Hofmeyr in die Huisgenoot gesê
>> het. Toe ek dit gelees het, het ek aan jou gedink. Hy baklei vir ons en
>> vir die Afrikaner volk wat stadig maar seker doodgaan ten koste van ander
>> kulture
>
> My liewe Elaine, ek dink jy moet mooi lees wat Steve
> Hofmeyr skryf. En jy moet dink voordat jy self skryf.
> Waar hoor jy dat " die Afrikaner volk... stadig maar seker
> doodgaan ten koste van ander kulture." Jy lieg mos. Die
> Afrikanerkultuur is springlewendig. Kyk net na julle kultuur-
> feeste. Kyk net na die bloei van dinge op Litnet. Kyk na
> hoeveel mense in die buiteland Afrikaans skryf, kyk na
> hoeveel mense in die Nederlandse spraakgebied probeer
> Afrikaans leer.
> Jy weet, Elaine, een van die grootste bedreigings van die
> Afrikaanse kultuur, soos ek dit op hierdie nuusgroep sien,
> is daardie mense wat niks kan omgee vir Afrikaans nie,
> en 'n gebroke Afrikaans gebruik (soos McDuck) of anders
> 'n hopelose gemors maak van hulle moedertaal, soos Frikkie
> Potgieter rsaboy, wat liewer sy knie buig voor Fred Rundle
> en Engels. As die Afrikanervolk doodgaan ten koste van
> ander kulture, dan is dit julle soort self wat dit veroorsaak.
>
> Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82633 is 'n antwoord op boodskap #82606] |
Do., 21 Augustus 2003 13:00   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jy sien, dis die probleem. Jy probeer kultuur in 'n hokkie druk en jy kan
nie. Kultuur is 'n hele kombinasie van 'n klomp goed. Soms kan dit in
woorde uitgedruk word, en soms is dit net iets wat jy "weet" en voel. Bv.
Saterdae braai ons vleis, kyk rugby, drink 'n koue Castle Lager en eet
biltong. Rugby kom van Engeland af, en in ander lande word daar ook vleis
gebraai en bier gedrink, maar die kombinasie van die verskillende goed "in
een" is deel van ons kultuur. Nou sê vir my Antie, wat is jou idee van
kultuur, en as jy skree ek praat Afrikaans gaan ek baie lelik word.
E
Ns. Jy mis die punt oor Norbert totaal, maar sorry Norbert ek het nie
geweet jy's 'n Vlaming nie :)
"@rogers.com" wrote:
>
> En dan wil jy nou oor kultuur praat, en na al hierdie
> tyd het jy nog nie opgelet dat Norbert 'n Vlaming
> is en nie 'n " Hollander" nie.
> En omdat jy nou vir my beskuldig dat ek nie weet
> " wat my kultuur is nie," verduidelik vir my nou
> asseblief wat " jou kultuur" is. Daardie kultuur waarvoor
> jy nou so venynig veg teen die " regering" wat dit van
> jou af wil wegneem. Gee vir my vyf aanduidings van wat
> jy as heilig in jou kultuur beskou.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82634 is 'n antwoord op boodskap #82621] |
Do., 21 Augustus 2003 13:11   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Glücklich wrote
> Daar is fokkol verkeerd met die wyse waarmee McDuck sy taal gebruik nie.
> Meeste afrikaners in die Gauteng area praat gereeld engels en die manier
> waarop jy glo die afrikaner gebruik dieselfde hoë woorde wat jy in jou poste
> gebruik, is net 'n aanduiding van hoe ver jy verwyder is van die
> werklikheid.
So dit kom uit jou eie mond uit: sommige Afrikaners
is alreeds besig om te verengels. Of is jy nou besig
om 'n soort van mengsel van Engels en Afrikaans as
die nuwe kultuurgoed van die Afrikaner voor te staan?
En miskien is jy reg. Hierdie mense wat so sit en haat
spoeg teen die beleide van die huidige regering,
behou die reg voor om hulle taal net soveel op te mors
as wat hulle wil. Solank hulle maar net kan kla oor
die manier waarop " hulle taal vernietig word deur
die regering."
Ek word soms vreeslik deurmekaar. Ek het
een swaer, wat nou vir ons in Engels skryf. Sy vrou is
een van daardie Duitsers van die Oostelike Provinsie,
wat eintlik Afrikaans beter praat as Engels, maar hulle
praat nou gereeld Engels in die huis en hulle kinders
word Engels groot en hulle kleinkinders ook (albei die
dogters is met Engelse getroud.) Ek weier egter
om in eposse met hulle Engels te praat hier uit
Kanada uit. Dis te onnatuurlik.
Nou korrespondeer ek ook met iemand in
Kaapstad. Hy is 'n Afrikaner, maar sy vrou is Engels
en hulle huistaal is Engels. Maar hy skryf vir my in
keurige Afrikaans. Nouja, watter een van die twee
gevalle is nou goeie Afrikaners. Die een wat sy eie
moedertaal onteien, of die een wat sy moedertaal
versorg?
Ek sweer Mandela se Afrikaans is beter as
McDuck s'n. Deel van die tyd wat hy in gevangenis-
skap moes deurbring, het hy gebruik om Afrikaans
te leer en te oefen met sy bewaarders. As Mandela
Afrikaans kan respekteer, hoekom kan McDuck dit
opmors?
Gloudina
|
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82636 is 'n antwoord op boodskap #82634] |
Do., 21 Augustus 2003 13:18   |
Glücklich
Boodskappe: 271 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek ken McDuck persoonlik en om hom met Mandela te vergelyk is 'n belediging
vir McDuck.
Die taal wat jy praat en kwaliteit daarvan maak jou niks beter as ander
mense nie. Wat help dit jy kan goed spel maar jy het die persoonlikheid van
'n vark.
Gaan soek bietjie die mense in Pretoria wat woordeboek afrikaans praat.
>
>> Daar is fokkol verkeerd met die wyse waarmee McDuck sy taal gebruik nie.
>> Meeste afrikaners in die Gauteng area praat gereeld engels en die manier
>> waarop jy glo die afrikaner gebruik dieselfde hoë woorde wat jy in jou
> poste
>> gebruik, is net 'n aanduiding van hoe ver jy verwyder is van die
>> werklikheid.
>
> So dit kom uit jou eie mond uit: sommige Afrikaners
> is alreeds besig om te verengels. Of is jy nou besig
> om 'n soort van mengsel van Engels en Afrikaans as
> die nuwe kultuurgoed van die Afrikaner voor te staan?
> En miskien is jy reg. Hierdie mense wat so sit en haat
> spoeg teen die beleide van die huidige regering,
> behou die reg voor om hulle taal net soveel op te mors
> as wat hulle wil. Solank hulle maar net kan kla oor
> die manier waarop " hulle taal vernietig word deur
> die regering."
> Ek word soms vreeslik deurmekaar. Ek het
> een swaer, wat nou vir ons in Engels skryf. Sy vrou is
> een van daardie Duitsers van die Oostelike Provinsie,
> wat eintlik Afrikaans beter praat as Engels, maar hulle
> praat nou gereeld Engels in die huis en hulle kinders
> word Engels groot en hulle kleinkinders ook (albei die
> dogters is met Engelse getroud.) Ek weier egter
> om in eposse met hulle Engels te praat hier uit
> Kanada uit. Dis te onnatuurlik.
> Nou korrespondeer ek ook met iemand in
> Kaapstad. Hy is 'n Afrikaner, maar sy vrou is Engels
> en hulle huistaal is Engels. Maar hy skryf vir my in
> keurige Afrikaans. Nouja, watter een van die twee
> gevalle is nou goeie Afrikaners. Die een wat sy eie
> moedertaal onteien, of die een wat sy moedertaal
> versorg?
> Ek sweer Mandela se Afrikaans is beter as
> McDuck s'n. Deel van die tyd wat hy in gevangenis-
> skap moes deurbring, het hy gebruik om Afrikaans
> te leer en te oefen met sy bewaarders. As Mandela
> Afrikaans kan respekteer, hoekom kan McDuck dit
> opmors?
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82639 is 'n antwoord op boodskap #82637] |
Do., 21 Augustus 2003 13:32   |
Glücklich
Boodskappe: 271 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek moet ongelukkig met die antie saamstem. Die amerikaaners sal ons laat
skaamkry as dit by braai kom. En nie net "patties" soos op die TV nie maar
volbloed "T-bone steaks"
Ek onthou en verlang altyd na die gebraaiery rondom Loftus voor en na rugby
wedstryde. Die ander dag toe ons een van die "Miami Dolphins" se
"Pre-season" wedstryde gaan kyk het was ek verbaas om dieselfde atmosfeer
rondom "Pro-Player" stadium raak te loop. Die verskil is net dat hierdie
manne baie beter toegerus is. Hulle arriveer met "Pickups"(nie bakkies nie)
en slaan 'n parytjie op vir 40 mense vanuit sy bak. Hulle noem die 'n
"Tailgate Party" of "Going Tailgating". Miskien kan ons die afrikaanse
weergawe daarvan "kattebak suip" noem.
Dis ook nie net by sport geleenthede nie dis orals. My buurman braai...
sorry barbeque 3 keer 'n week. Hy het een van daai lekker kombinasie
braaiers, hy werk met kole of gas, affhangende van die tyd tot jou beskiking
kan jy net 'n knoppie druk vit 'n gasvlam, of jy kan kole ingooi en wag.
"@rogers.com" wrote in message
news:JJ31b.213419$4UE.119980@news01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> Elaine wrote
>
>> Saterdae braai ons vleis, kyk rugby, drink 'n koue Castle Lager en eet
>> biltong. Rugby kom van Engeland af, en in ander lande word daar ook vleis
>> gebraai en bier gedrink, maar die kombinasie van die verskillende goed "in
>> een" is deel van ons kultuur. Nou sê vir my Antie, wat is jou idee van
>> kultuur
>
> Elaine, Engelssprekende Suid-Afrikaners doen presies
> dieselfde dinge wat jy hier beskryf as " deel van jou
> kultuur." Wat is die verskil tussen jou kultuur en die van
> die Suid-Afrikaanse Engelssprekende?
> Julle sit so en spog hoe braaivleis en bier drink deel
> van die Afrikaanse kultuur is. Julle het duidelik nog nie in
> Noord-Amerika vir 'n lang ruk gebly nie. Hulle noem dit
> nou wel barbeque en nie braaivleis nie, maar as jy nou 'n
> kultuur wil sien wat braaivleis en bier tot 'n godsdiens
> verhoog het, kom kuier hier.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Bladsye (4): [ 2 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sa. Apr. 19 18:21:57 UTC 2025
|