Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die vrou" deur ELIZABETH EYBERS
" Die vrou" deur ELIZABETH EYBERS [boodskap #82446] Ma, 18 Augustus 2003 23:17 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elizabeth Eybers
Die vrou

Somer en herfs en winter trek in wye
onafgebroke wisseling deur die land,
maar sy bly draer van die lente want
liefde het haar verhef bo die getye.

Haat en verwoesting plant hul lamfervlae
in honderd stede en oral sink die nag;
vir háár op wie ook bloed en worsteling wag
klink nog die lied van vrede en welbehae.

Die uitgeteerde ruiter neig sy sens
en aarselend voor die klaarheid van haar blik
erken selfs hy sy heerskappy se grens:

in haar wat die onsterflikheid bewaak
ontkiem die toekoms in die flou getik
van lewe wat voorwêreldlik ontwaak.
Re: " Die vrou" deur ELIZABETH EYBERS [boodskap #82466 is 'n antwoord op boodskap #82446] Di, 19 Augustus 2003 08:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spencer  is tans af-lyn  Spencer
Boodskappe: 214
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hoe bly is ek nie ek's klaar met skool nie. Doner weet gedigte is
irriterend.

"@rogers.com" wrote in message
news:68d0b.237228$rsJ.226078@news04.bloor.is.net.cable.roger s.com...
> Elizabeth Eybers
> Die vrou
>
> Somer en herfs en winter trek in wye
> onafgebroke wisseling deur die land,
> maar sy bly draer van die lente want
> liefde het haar verhef bo die getye.
>
> Haat en verwoesting plant hul lamfervlae
> in honderd stede en oral sink die nag;
> vir háár op wie ook bloed en worsteling wag
> klink nog die lied van vrede en welbehae.
>
> Die uitgeteerde ruiter neig sy sens
> en aarselend voor die klaarheid van haar blik
> erken selfs hy sy heerskappy se grens:
>
> in haar wat die onsterflikheid bewaak
> ontkiem die toekoms in die flou getik
> van lewe wat voorwêreldlik ontwaak.
>
Re: " Die vrou" deur ELIZABETH EYBERS [boodskap #82506 is 'n antwoord op boodskap #82466] Di, 19 Augustus 2003 17:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 19 Aug 2003 20:31:41 +1200, "Spencer" wrote:

> Hoe bly is ek nie ek's klaar met skool nie. Doner weet gedigte is
> irriterend.
>

Glo nie iemand hier ken vir Doner nie, Spencer.
Jou onderwyser gewees?

DD - heel nuuskierig
Re: " Die vrou" deur ELIZABETH EYBERS [boodskap #82541 is 'n antwoord op boodskap #82506] Di, 19 Augustus 2003 20:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spencer  is tans af-lyn  Spencer
Boodskappe: 214
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis maar net 'n kragwoord. Die spelling is "dôner" Ek weet nie om "ô" op my
laptop te maak nie.

Het ek jou nou irriteer DD?

"DD" skryf in boodskap news:7bo4kvgbsgq8sun9nvp1vtjn9i3qtn96m5@4ax.com...
> On Tue, 19 Aug 2003 20:31:41 +1200, "Spencer"
> wrote:
>
>> Hoe bly is ek nie ek's klaar met skool nie. Doner weet gedigte is
>> irriterend.
>>
>
> Glo nie iemand hier ken vir Doner nie, Spencer.
> Jou onderwyser gewees?
>
> DD - heel nuuskierig
>
Re: " Die vrou" deur ELIZABETH EYBERS [boodskap #82543 is 'n antwoord op boodskap #82541] Di, 19 Augustus 2003 22:34 Na vorige boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
>
> "DD" wrote in message
> news:7bo4kvgbsgq8sun9nvp1vtjn9i3qtn96m5@4ax.com...
>> On Tue, 19 Aug 2003 20:31:41 +1200, "Spencer"
>> wrote:

>>> Hoe bly is ek nie ek's klaar met skool nie. Doner weet gedigte is
>>> irriterend.
>>>

>> Glo nie iemand hier ken vir Doner nie, Spencer.
>> Jou onderwyser gewees?

>> DD - heel nuuskierig

On Wed, 20 Aug 2003 08:53:25 +1200, "Spencer" wrote:

> Dis maar net 'n kragwoord. Die spelling is "dôner" Ek weet nie om "ô" op my
> laptop te maak nie.
>
> Het ek jou nou irriteer DD?

***********************************

Nee, natuurlik nie, Spencer.
Ek het net gedink dat Doner is jou onderwyser
wat weet joe irriterend jy gedigte vind. Intussen
beskou jy dit as donners irriterend.

My fout, Spencer. Ekskuus daarvoor:-)

DD
Vorige onderwerp: " Vliergrond " deur HENNING PIETERSE
Volgende onderwerp: " Kruger " deur JAN F.E. CELLIERS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 02:36:06 MGT 2024