| " Die vrou" deur ELIZABETH EYBERS [boodskap #82446] |
Ma., 18 Augustus 2003 23:17  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Elizabeth Eybers
Die vrou
Somer en herfs en winter trek in wye
onafgebroke wisseling deur die land,
maar sy bly draer van die lente want
liefde het haar verhef bo die getye.
Haat en verwoesting plant hul lamfervlae
in honderd stede en oral sink die nag;
vir háár op wie ook bloed en worsteling wag
klink nog die lied van vrede en welbehae.
Die uitgeteerde ruiter neig sy sens
en aarselend voor die klaarheid van haar blik
erken selfs hy sy heerskappy se grens:
in haar wat die onsterflikheid bewaak
ontkiem die toekoms in die flou getik
van lewe wat voorwêreldlik ontwaak.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: " Die vrou" deur ELIZABETH EYBERS [boodskap #82543 is 'n antwoord op boodskap #82541] |
Di., 19 Augustus 2003 22:34  |
DiDi[1]
Boodskappe: 345 Geregistreer: Oktober 2002
|
Senior Lid |
|
|
>
> "DD" wrote in message
> news:7bo4kvgbsgq8sun9nvp1vtjn9i3qtn96m5@4ax.com...
>> On Tue, 19 Aug 2003 20:31:41 +1200, "Spencer"
>> wrote:
>>> Hoe bly is ek nie ek's klaar met skool nie. Doner weet gedigte is
>>> irriterend.
>>>
>> Glo nie iemand hier ken vir Doner nie, Spencer.
>> Jou onderwyser gewees?
>> DD - heel nuuskierig
On Wed, 20 Aug 2003 08:53:25 +1200, "Spencer" wrote:
> Dis maar net 'n kragwoord. Die spelling is "dôner" Ek weet nie om "ô" op my
> laptop te maak nie.
>
> Het ek jou nou irriteer DD?
***********************************
Nee, natuurlik nie, Spencer.
Ek het net gedink dat Doner is jou onderwyser
wat weet joe irriterend jy gedigte vind. Intussen
beskou jy dit as donners irriterend.
My fout, Spencer. Ekskuus daarvoor:-)
DD
|
|
|
|