Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Steve se relaas - net vir Antie Gloudina
Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82491] |
Tue, 19 August 2003 14:54  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Antie
Ek wil graag vir jou iets aanhaal wat Steve Hofmeyr in die Huisgenoot gesê
het. Toe ek dit gelees het, het ek aan jou gedink. Hy baklei vir ons en
vir die Afrikaner volk wat stadig maar seker doodgaan ten koste van ander
kulture. Daarby bedoel Steve nie ons moet ander kulture vernietig nie, maar
ons moet saamstaan en ons kultuur ook laat geld. Ons is ook deel van
hierdie land. Dis 'n lang stuk, maar ek gaan dit net vir jou oortik. Dit
gaan ook ondermeer daaroor dat die regering al ons standbeelde wil verwyder
en al die dorpe se name wat so bly verander. Hy praat ook oor mense soos jy
Antie, wat nog steeds in die verlede leef en alles op apartheid blameer.
Lekker lees...
"Al my gevegte met die kerk, Anton Goosen en die politiek het presies
dieselfde tema. Dis om mense te bevry sodat hulle oukei sal wees.
Die afgelope tien jaar het Afrikaners, so bedagsaam soos hulle is,
teruggestaan, stilgebly en gehoop alles sal weggaan.
Dit was presies die tyd wat ander kulture nodige gehad het om ons vooruit te
gaan. Terwyl hulle hul uiteenlopende kulture gevier het, het ons ons s'n
weggesteek.
'n Dekade is verby. Dis nou weer oukei om te erken jou oupa het saam met
H.F. Verwoerd visgevang in die Vaaldam.
Die doel is om nou weer jou eie kultuur te vier in die binneplaas van jou
buurman sodat hulle kan sien watter soort buurman jy is.
Die feit dat ons stilbly en bedagsame Afrikaners is, laat mense dink ons het
niks om te sê nie. Hulle dink ons het ons kultuur oorboord gegooi omdat ons
skaam is vir ons verlede. Hulle dink hulle sal nooit weer volkspele hoef te
verduur nie.
Ons is terug. Ons is nuwe Afrikaners. Ons is wit en swart. Ons is in jul
gesigte.
Ons sal nie laat inmeng met ons standbeelde nie. Sit my *** standbeeld
neer!
Daar is 'n nuwe pad deur Pretoria. Sy naam is Nelson Mandela Drive. Dit is
absoluut great. Ek kan nie dink aan 'n beter naam vir 'n pad nie.
Hoeveel Boomstrate is daar in die land? Wie de donner soek in elk geval 'n
Boomstraat! Verander Boomstraat na Thabo Mbekistraat.
Hoekom wil jy nou 'n stuk geskiedenis ontken? Pretoria as 'n baken in die
geskiedenis staan saam met Parys, Londen, Moskou en New York. Ek het 'n
idee as jy Pretoria se naam verander na Tshwane, gaan Brenda Fassie nie by
haar konserte opdaag nie omdat sy nie weet waar de hel dit is nie.
My oorgrootjie was genl. Louis Botha. As hulle aan daai standbeel vat,
bliksem ek hulle. My oupa was Steve Hofmeyr, die owerste van die
Ossewa-Brandwas se Stormjaers. Ons het die bybel oor bommeplant geskryf.
Maar niemand moet nou kom sê ek is 'n rightwinger nie. Ek was onder die
top-tien op die regses se Chris Hani-doodslys. Ek en Joe Slovo was die
enigste wit mense op daai lys. My eie mense wou my skiet."
Steve sê sy benadering is een van verdraagsaamheid.
"Ek kannie onthou dat Paul Kruger enigiets vir my gedoen het nie. Hy
beteken vir my so min soos Saartjie Baartman. Tog is dit vir my genoeg om
te besef hulle beteken iets vir iemand anders.
Die idee is nie om standbeelde of te breek nie, maar om standbeelde te bou.
My teorie is dat verandering dinge insluit, nie uitsluit ie.
Tien jaar is vir my genoeg tyd om op die hou om apartheid vir jou onvermoëns
te blameer. Na vyftien jaar gaan jy darem maar vrotsig lyk as jy steeds
daardie verskoning gebruik.
Ek verteenwoordig net myself, my ma en pa, 'n paar Pretoriusse, 'n Kruger of
twee en alle Suid-Afrikaners uit wie se basse jy die Afrikaansheid nie met
twee ton LifeBuoy-seep kan skrop nie."
Ek sluit Steve se relaas af met:
"'n Mens is altyd die somtotaal van al jou chromosone en nie net die goeies
nie. So is jy ook die somtotaal van jou hele erfenis, nie net die goeie
dele nie. Die dag as jy dit erken, is jy besig om geestelik vry te word.
Die mense wil terughê. Hulle wil nie emigreer nie. Hulle wil weer deel
wees."
Groete
Elaine
Ns - Ek het ou Steve vergewe vir sy vorige mislikheid - hy's my nuwe hero.
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82494 is 'n antwoord op boodskap #82491] |
Tue, 19 August 2003 15:10   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wow! Bravo vir 'n ou wat sy spreke kan spreek. Of jy tot die ou antie
gaan deurdring, dit wil eers gesien wees. Sy ken duidelik nie die begrip
van dat jy eers moet afleer om gedurig na agter te kyk voordat jy werklik
vorentoe kan kyk nie. Maar ons moet die ou ding seker maar verskoon.....sy
sit daar weggekruip in die sneeu van Kanada terwyl haar hart kak pomp in
verlange na SA.......daar waar sy as verraaier nie meer welkom is nie.
Pateties, is dit nie?
"Elaine" skryf in boodskap news:3f423a35$0$236@hades.is.co.za...
> Antie
>
> Ek wil graag vir jou iets aanhaal wat Steve Hofmeyr in die Huisgenoot gesê
> het. Toe ek dit gelees het, het ek aan jou gedink. Hy baklei vir ons en
> vir die Afrikaner volk wat stadig maar seker doodgaan ten koste van ander
> kulture. Daarby bedoel Steve nie ons moet ander kulture vernietig nie, maar
> ons moet saamstaan en ons kultuur ook laat geld. Ons is ook deel van
> hierdie land. Dis 'n lang stuk, maar ek gaan dit net vir jou oortik. Dit
> gaan ook ondermeer daaroor dat die regering al ons standbeelde wil verwyder
> en al die dorpe se name wat so bly verander. Hy praat ook oor mense soos jy
> Antie, wat nog steeds in die verlede leef en alles op apartheid blameer.
> Lekker lees...
>
> "Al my gevegte met die kerk, Anton Goosen en die politiek het presies
> dieselfde tema. Dis om mense te bevry sodat hulle oukei sal wees.
> Die afgelope tien jaar het Afrikaners, so bedagsaam soos hulle is,
> teruggestaan, stilgebly en gehoop alles sal weggaan.
> Dit was presies die tyd wat ander kulture nodige gehad het om ons vooruit te
> gaan. Terwyl hulle hul uiteenlopende kulture gevier het, het ons ons s'n
> weggesteek.
> 'n Dekade is verby. Dis nou weer oukei om te erken jou oupa het saam met
> H.F. Verwoerd visgevang in die Vaaldam.
> Die doel is om nou weer jou eie kultuur te vier in die binneplaas van jou
> buurman sodat hulle kan sien watter soort buurman jy is.
> Die feit dat ons stilbly en bedagsame Afrikaners is, laat mense dink ons het
> niks om te sê nie. Hulle dink ons het ons kultuur oorboord gegooi omdat ons
> skaam is vir ons verlede. Hulle dink hulle sal nooit weer volkspele hoef te
> verduur nie.
> Ons is terug. Ons is nuwe Afrikaners. Ons is wit en swart. Ons is in jul
> gesigte.
> Ons sal nie laat inmeng met ons standbeelde nie. Sit my *** standbeeld
> neer!
> Daar is 'n nuwe pad deur Pretoria. Sy naam is Nelson Mandela Drive. Dit is
> absoluut great. Ek kan nie dink aan 'n beter naam vir 'n pad nie.
> Hoeveel Boomstrate is daar in die land? Wie de donner soek in elk geval 'n
> Boomstraat! Verander Boomstraat na Thabo Mbekistraat.
> Hoekom wil jy nou 'n stuk geskiedenis ontken? Pretoria as 'n baken in die
> geskiedenis staan saam met Parys, Londen, Moskou en New York. Ek het 'n
> idee as jy Pretoria se naam verander na Tshwane, gaan Brenda Fassie nie by
> haar konserte opdaag nie omdat sy nie weet waar de hel dit is nie.
> My oorgrootjie was genl. Louis Botha. As hulle aan daai standbeel vat,
> bliksem ek hulle. My oupa was Steve Hofmeyr, die owerste van die
> Ossewa-Brandwas se Stormjaers. Ons het die bybel oor bommeplant geskryf.
> Maar niemand moet nou kom sê ek is 'n rightwinger nie. Ek was onder die
> top-tien op die regses se Chris Hani-doodslys. Ek en Joe Slovo was die
> enigste wit mense op daai lys. My eie mense wou my skiet."
>
> Steve sê sy benadering is een van verdraagsaamheid.
>
> "Ek kannie onthou dat Paul Kruger enigiets vir my gedoen het nie. Hy
> beteken vir my so min soos Saartjie Baartman. Tog is dit vir my genoeg om
> te besef hulle beteken iets vir iemand anders.
> Die idee is nie om standbeelde of te breek nie, maar om standbeelde te bou.
> My teorie is dat verandering dinge insluit, nie uitsluit ie.
> Tien jaar is vir my genoeg tyd om op die hou om apartheid vir jou onvermoëns
> te blameer. Na vyftien jaar gaan jy darem maar vrotsig lyk as jy steeds
> daardie verskoning gebruik.
> Ek verteenwoordig net myself, my ma en pa, 'n paar Pretoriusse, 'n Kruger of
> twee en alle Suid-Afrikaners uit wie se basse jy die Afrikaansheid nie met
> twee ton LifeBuoy-seep kan skrop nie."
>
> Ek sluit Steve se relaas af met:
>
> "'n Mens is altyd die somtotaal van al jou chromosone en nie net die goeies
> nie. So is jy ook die somtotaal van jou hele erfenis, nie net die goeie
> dele nie. Die dag as jy dit erken, is jy besig om geestelik vry te word.
> Die mense wil terughê. Hulle wil nie emigreer nie. Hulle wil weer deel
> wees."
>
> Groete
> Elaine
>
> Ns - Ek het ou Steve vergewe vir sy vorige mislikheid - hy's my nuwe hero.
>
|
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82497 is 'n antwoord op boodskap #82491] |
Tue, 19 August 2003 15:40   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Elaine wrote
> Ek wil graag vir jou iets aanhaal wat Steve Hofmeyr in die Huisgenoot gesê
> het. Toe ek dit gelees het, het ek aan jou gedink. Hy baklei vir ons en
> vir die Afrikaner volk wat stadig maar seker doodgaan ten koste van ander
> kulture
My liewe Elaine, ek dink jy moet mooi lees wat Steve
Hofmeyr skryf. En jy moet dink voordat jy self skryf.
Waar hoor jy dat " die Afrikaner volk... stadig maar seker
doodgaan ten koste van ander kulture." Jy lieg mos. Die
Afrikanerkultuur is springlewendig. Kyk net na julle kultuur-
feeste. Kyk net na die bloei van dinge op Litnet. Kyk na
hoeveel mense in die buiteland Afrikaans skryf, kyk na
hoeveel mense in die Nederlandse spraakgebied probeer
Afrikaans leer.
Jy weet, Elaine, een van die grootste bedreigings van die
Afrikaanse kultuur, soos ek dit op hierdie nuusgroep sien,
is daardie mense wat niks kan omgee vir Afrikaans nie,
en 'n gebroke Afrikaans gebruik (soos McDuck) of anders
'n hopelose gemors maak van hulle moedertaal, soos Frikkie
Potgieter rsaboy, wat liewer sy knie buig voor Fred Rundle
en Engels. As die Afrikanervolk doodgaan ten koste van
ander kulture, dan is dit julle soort self wat dit veroorsaak.
Gloudina
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82498 is 'n antwoord op boodskap #82496] |
Tue, 19 August 2003 16:31   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Elaine wrote
Mense soos Antie Gloudina is
> "onoortuigbaar", maar ons kan altyd probeer. Aan die ander kant sal sy my
> nie kan oortuig dat my land en kultuur nie besig is om te vergaan nie
En ek sal vir jou oortuig dat jy een van die grootste
struikelblokke in " jou kultuur" se bloei is. Jy vertel
self dat jy nie eintlik omgee om Afrikaans reg en keur-
vol te gebruik nie. En ek sien sommer ook so in die
verbygaan hoe jy die onderwerp van " swinging" op
hierdie nuusgroep probeer inbring, op die oog af om
'n Afrikaanse term daarvoor te kry, maar eintlik omdat
jy graag daaroor wil praat. Ek is ook amper seker dat
jy meeste van jou werk in Engels doen, en dit
gewilliglik doen. Jy, my liewe Elaine, is een van die
domino's wat val in die proses, as " jou" kultuur besig
is om te vergaan. Kan jy vir my verseker dat jy die
afgelope tyd Henning Pieterse se Herzogbekroonde
gedigte op hierdie nuusgroep gelees het. En dit waardeer
het en dit begryp het?
En as jy dit nie gedoen het nie, waaruit bestaan jou
" Afrikaanse kultuur," my liewe Elaine. Uit oor swinging
te praat?
Gloudina
|
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82500 is 'n antwoord op boodskap #82491] |
Tue, 19 August 2003 16:46   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Elaine wrote
> Die afgelope tien jaar het Afrikaners, so bedagsaam soos hulle is,
> teruggestaan, stilgebly en gehoop alles sal weggaan.
> Dit was presies die tyd wat ander kulture nodige gehad het om ons vooruit te
> gaan. Terwyl hulle hul uiteenlopende kulture gevier het, het ons ons s'n
> weggesteek.
Hierdie mite dat Afrikaners so bedagsaam is en stilgebly het,
is ook 'n mite. Daar is nou in die SA howe 'n saak oor 'n
klomp " Boerenasie" mense wat die staat probeer ondermyn
het. Twee van daardie mense voel dat hulle nie aangekla moet
word nie, want hulle het alreeds in die tronk gesit vir 'n vorige
misdaad teen die staat. Nou sit hierdie twee ouens en hulle kla
dat die feit dat hulle gedurig na " swart musiek" moet luister,
hulle mal maak. En die hof, so lyk dit vir my, gee nogal toe
dat hulle nie hoef daaraan onderwerp te word nie. Nou,
die staatsaanklaer in hierdie saak is 'n ou met 'n Afrikaanse
naam. En ek wonder nou, as hy saans gaan slaap, of hy nie
nagmerries kry oor wat sommige Afrikaners in die naam van
kultuur in sy vaderland doen nie. Dink jy nie, my liewe
Elaine, dat dit daarom is dat sommige Afrikaners probeer
wegsteek dat hulle Afrikaners is?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82513 is 'n antwoord op boodskap #82497] |
Tue, 19 August 2003 18:14   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Antie - asseblief, as jy op 'n ding vasgehaak het doen jy dit goed hoor.
Leer 'n nuwe deuntjie asb. jy verveel my. Kultuur bestaan nie net uit taal
nie, dis 'n klein deeltjie van ons kultuur. Ou tog op hamer op AFRIKAANS
AFRIKAANS AFRIKAAANS. Net omdat jy die taal kan praat is dit nie te sê jy
weet waarvan jy praat nie. Daar is niks fout met my Afrikaans nie.
Watse bydrae dink jy lewer jy tot die Afrikaanse kultuur?
E
"@rogers.com" wrote:
>
> Jy weet, Elaine, een van die grootste bedreigings van die
> Afrikaanse kultuur, soos ek dit op hierdie nuusgroep sien,
> is daardie mense wat niks kan omgee vir Afrikaans nie,
> en 'n gebroke Afrikaans gebruik (soos McDuck) of anders
> 'n hopelose gemors maak van hulle moedertaal, soos Frikkie
> Potgieter rsaboy, wat liewer sy knie buig voor Fred Rundle
> en Engels. As die Afrikanervolk doodgaan ten koste van
> ander kulture, dan is dit julle soort self wat dit veroorsaak.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82520 is 'n antwoord op boodskap #82516] |
Tue, 19 August 2003 19:14   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hier gaat ons alweer. Ek gee baie vir honger kindertjies my antie, maar ek
voel nie ek moet dit uitbasuin nie. Maar aangesien jy daarop aandring.
1. Ons onderhou en het 'n databasis en "shopping cart" vir Cotlands se web
site geskryf, ons "host" ook die databasis vir Cotlands. (gaan kyk gerus
http://www.cotlands.com 'n maatskappy met die naam Cybertrenz het die site
ontwerp, skakel hulle gerus en vra hulle wie't die databasisse geskryf).
Totale koste om en by R20 000 net vir die programmering, maandlikse hosting
R500 wat hulle gratis kry. Hulle kry allerhande donasies deur hulle site so
hulle het die web site nodig.
2. Ek gee elke maand geld vir die kerk - die geld gaan om die behoeftiges
in die gemeente uit te help. Ek gee ook gereeld kos en ander benodigdhede.
3. As ek 'n Salvation Army blikkie sien gooi ek nooit minder as R20 in
nie - en ek sien hulle gereeld.
4. Ek gee elke jaar geld vir kanker navorsing.
5. Ek gee geld vir die gestremdes - alle gestremdes
Wat ek met my geld doen en wie ek daarmee help het eintlik niks met jou uit
te waai nie, maar ek sal voortgaan. "Charity begins at home". Toe my pa in
die moeilikheid beland het, het ek hom 'n hele paar duisend geleen om uit
die moeilikheid te kom. Toe my suster haar werk verloor het net nadat sy
swanger geraak het, het ek vir haar goed vir die babatjie gekoop. O.A. 'n
bedjie, 'n stootwaentjie, klere, ens. My vriendin wat nou 8 maande swanger
is sit self met 'n krisis. Sy verdien nie baie geld nie, en die pa van die
kind het haar gelos. Ek het verlede maand vir haar doeke, klere, bottels,
kombersies, room, poeier en paar ander goed gekoop.
As ek dan nou met die res van my geld 'n hele donnerse erf vol wilde diere,
mak diere, vlieënde diere, kruipende diere en skreeuende diere wil aanhou
voel ek, ek het die volste reg. Wie is jy in elk geval om te kritiseer jy
wys net vingers rond maar ek sien nie dat jy enige nut tot samelewing is
nie. Wat doen jy om jou mense te help? Gee jy miskien geld vir die Nelson
Mandela Childrens Fund, of vir Cotlands. Het jy 'n swart vigs babatjie
aangeneem, of doen jy enigiets vir die mense vir wie jy so lief is?
Elaine
"@rogers.com" wrote:
>
> En is Afrikaans nie een van die offisiele tale in Suid-
> Afrika nie? Wat wil jy nog meer kry? Jy en jou soort
> is tjankbalies, spoilt brats, cry babies, wat vir mense
> wil oortuig dat almal doodgaan van die honger, terwyl
> jy van plan is om 'n hele huis vol diere aan te hou. Hoekom
> gee jy nie daardie geld vir die armes onder die Afrikaners
> nie. Ek wag op 'n antwoord.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82528 is 'n antwoord op boodskap #82523] |
Tue, 19 August 2003 19:45   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Elaine
Hoe dit ookal sy, Kruger en sy doen en
> late is deel van ons geskiedenis, my familie is deel van die geskiedenis wat
> hy begin het. Hoe kan jy 'n deel van ons geskiedenis vernietig? En waar
> gaan dit ophou?
Die getal Afrikaners in SA is omtrent vyf miljoen, as
ek reg onthou. Wat van die deel van die geskiedenis
van die inheemse stamme wat gebly het in die area
waar die Krugerwildtuin nou is. Maar, gerieflikheids-
halwe, sien jy nie daardie deel van die saak raak nie.
Die kruks van die saak is natuurlik in die laaste
sin " Waar gaan dit ophou?" Want sien, my liewe
Elaine, jy is bang dat die chickens are coming home
to roost? Die land van melk en heuning waarin die
Afrikaner hom bevind het, is besig om te verander.
Dinge begin skeefloop vir die mense wat om die
vleespotte wil bly sit. Maar vir die mense soos du
plessis, wat begin yoga beoefen, en met die straat
afstap asof hy 'n duisend arms het en in elke hand
is daar 'n oog, vir hom is daar geen probleem nie.
Hy was net voete waar hy voete sien. Ag uit elke
tien is swart. Die wit voete se skoene is meeste
nog blink en modieus. Van die ag pare voete wat
hy sien as hy op sy kniee sit en voete was, is meeste
nog sonder skoene en vol stof, en sommige se skoene
is ook maar deurgeskuur. Maar so stadigaan is die
skoene, wat hy moet afhaal om sy naaste se voete te
was, van beter en beter kwaliteit. En dit maak du
plessis se hart bly.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82532 is 'n antwoord op boodskap #82526] |
Tue, 19 August 2003 19:52   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Eintlik was dit om die wild van die laeveld te probeer beskerm omdat die
boere besig was om dit uit te roei. Daai vermaak bring nou jaarliks
miljoene rande die land in. Maar kom ons vernietig dit ook en gee dit vir
die regmatige eienaars, dan kan ons ook een van die dae sê meeste van ons
wild, wat ons veronderstel was om te beskerm, is weg om plek te maak vir die
mens. Ek het al baie gedink wat ons eendag vir God gaan sê wanneer hy ons
vra hoekom ons Sy mooi skepping, wat ons veronderstel is om te beskerm, so
opgeneuk het. "Jammer maar ons moes plek maak vir
fabrieke/shacks/huise/woonstelle/winkels..."
Maak in elk geval nie saak nie, die regering sal nooit daai klein
goudmyntjie weggee nie.
E
"@rogers.com" wrote:
>
> Deur die Krugerwildtuin te " begin," het Paul Kruger
> dit nodig gevind om 'n stuk land van die stamme wat
> daar gebly het, af te neem en dit oop te sit vir toeriste
> wat tot kort gelede, nog almal wit moes wees. Die
> landsoppervlakte van die Krugerwildtuin is groter
> as die van die Kanadese provinsies van New Brunswick
> en Prince Edward Island. Dink jy nie dis uiters selfsugtig
> van 'n klomp mense uit Europa om in Afrika te kom
> nesskop en dan vir hulle vermaak, so 'n groot stuk
> grond opsy te sit sodat die witmense hulle kan vermaak
> nie? Ek wag op 'n antwoord.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82534 is 'n antwoord op boodskap #82528] |
Tue, 19 August 2003 19:56   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ekskuus?
"@rogers.com" wrote:
>
> Die getal Afrikaners in SA is omtrent vyf miljoen, as
> ek reg onthou. Wat van die deel van die geskiedenis
> van die inheemse stamme wat gebly het in die area
> waar die Krugerwildtuin nou is. Maar, gerieflikheids-
> halwe, sien jy nie daardie deel van die saak raak nie.
> Die kruks van die saak is natuurlik in die laaste
> sin " Waar gaan dit ophou?" Want sien, my liewe
> Elaine, jy is bang dat die chickens are coming home
> to roost? Die land van melk en heuning waarin die
> Afrikaner hom bevind het, is besig om te verander.
> Dinge begin skeefloop vir die mense wat om die
> vleespotte wil bly sit. Maar vir die mense soos du
> plessis, wat begin yoga beoefen, en met die straat
> afstap asof hy 'n duisend arms het en in elke hand
> is daar 'n oog, vir hom is daar geen probleem nie.
> Hy was net voete waar hy voete sien. Ag uit elke
> tien is swart. Die wit voete se skoene is meeste
> nog blink en modieus. Van die ag pare voete wat
> hy sien as hy op sy kniee sit en voete was, is meeste
> nog sonder skoene en vol stof, en sommige se skoene
> is ook maar deurgeskuur. Maar so stadigaan is die
> skoene, wat hy moet afhaal om sy naaste se voete te
> was, van beter en beter kwaliteit. En dit maak du
> plessis se hart bly.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82542 is 'n antwoord op boodskap #82534] |
Tue, 19 August 2003 21:05   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dis Buddhist gobbledygook, Elaine.
Laat die wat shrooms het, eet!
:-)
"Elaine" wrote:
> Ekskuus?
>
>
> "@rogers.com" wrote:
>> Die getal Afrikaners in SA is omtrent vyf miljoen, as
>> ek reg onthou. Wat van die deel van die geskiedenis
>> van die inheemse stamme wat gebly het in die area
>> waar die Krugerwildtuin nou is. Maar, gerieflikheids-
>> halwe, sien jy nie daardie deel van die saak raak nie.
>> Die kruks van die saak is natuurlik in die laaste
>> sin " Waar gaan dit ophou?" Want sien, my liewe
>> Elaine, jy is bang dat die chickens are coming home
>> to roost? Die land van melk en heuning waarin die
>> Afrikaner hom bevind het, is besig om te verander.
>> Dinge begin skeefloop vir die mense wat om die
>> vleespotte wil bly sit. Maar vir die mense soos du
>> plessis, wat begin yoga beoefen, en met die straat
>> afstap asof hy 'n duisend arms het en in elke hand
>> is daar 'n oog, vir hom is daar geen probleem nie.
>> Hy was net voete waar hy voete sien. Ag uit elke
>> tien is swart. Die wit voete se skoene is meeste
>> nog blink en modieus. Van die ag pare voete wat
>> hy sien as hy op sy kniee sit en voete was, is meeste
>> nog sonder skoene en vol stof, en sommige se skoene
>> is ook maar deurgeskuur. Maar so stadigaan is die
>> skoene, wat hy moet afhaal om sy naaste se voete te
>> was, van beter en beter kwaliteit. En dit maak du
>> plessis se hart bly.
>> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
Bladsye (4): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Feb 25 11:49:41 UTC 2025
|