Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Steve se relaas - net vir Antie Gloudina
Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82491] Di, 19 Augustus 2003 14:54 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Antie

Ek wil graag vir jou iets aanhaal wat Steve Hofmeyr in die Huisgenoot gesê
het. Toe ek dit gelees het, het ek aan jou gedink. Hy baklei vir ons en
vir die Afrikaner volk wat stadig maar seker doodgaan ten koste van ander
kulture. Daarby bedoel Steve nie ons moet ander kulture vernietig nie, maar
ons moet saamstaan en ons kultuur ook laat geld. Ons is ook deel van
hierdie land. Dis 'n lang stuk, maar ek gaan dit net vir jou oortik. Dit
gaan ook ondermeer daaroor dat die regering al ons standbeelde wil verwyder
en al die dorpe se name wat so bly verander. Hy praat ook oor mense soos jy
Antie, wat nog steeds in die verlede leef en alles op apartheid blameer.
Lekker lees...

"Al my gevegte met die kerk, Anton Goosen en die politiek het presies
dieselfde tema. Dis om mense te bevry sodat hulle oukei sal wees.
Die afgelope tien jaar het Afrikaners, so bedagsaam soos hulle is,
teruggestaan, stilgebly en gehoop alles sal weggaan.
Dit was presies die tyd wat ander kulture nodige gehad het om ons vooruit te
gaan. Terwyl hulle hul uiteenlopende kulture gevier het, het ons ons s'n
weggesteek.
'n Dekade is verby. Dis nou weer oukei om te erken jou oupa het saam met
H.F. Verwoerd visgevang in die Vaaldam.
Die doel is om nou weer jou eie kultuur te vier in die binneplaas van jou
buurman sodat hulle kan sien watter soort buurman jy is.
Die feit dat ons stilbly en bedagsame Afrikaners is, laat mense dink ons het
niks om te sê nie. Hulle dink ons het ons kultuur oorboord gegooi omdat ons
skaam is vir ons verlede. Hulle dink hulle sal nooit weer volkspele hoef te
verduur nie.
Ons is terug. Ons is nuwe Afrikaners. Ons is wit en swart. Ons is in jul
gesigte.
Ons sal nie laat inmeng met ons standbeelde nie. Sit my *** standbeeld
neer!
Daar is 'n nuwe pad deur Pretoria. Sy naam is Nelson Mandela Drive. Dit is
absoluut great. Ek kan nie dink aan 'n beter naam vir 'n pad nie.
Hoeveel Boomstrate is daar in die land? Wie de donner soek in elk geval 'n
Boomstraat! Verander Boomstraat na Thabo Mbekistraat.
Hoekom wil jy nou 'n stuk geskiedenis ontken? Pretoria as 'n baken in die
geskiedenis staan saam met Parys, Londen, Moskou en New York. Ek het 'n
idee as jy Pretoria se naam verander na Tshwane, gaan Brenda Fassie nie by
haar konserte opdaag nie omdat sy nie weet waar de hel dit is nie.
My oorgrootjie was genl. Louis Botha. As hulle aan daai standbeel vat,
bliksem ek hulle. My oupa was Steve Hofmeyr, die owerste van die
Ossewa-Brandwas se Stormjaers. Ons het die bybel oor bommeplant geskryf.
Maar niemand moet nou kom sê ek is 'n rightwinger nie. Ek was onder die
top-tien op die regses se Chris Hani-doodslys. Ek en Joe Slovo was die
enigste wit mense op daai lys. My eie mense wou my skiet."

Steve sê sy benadering is een van verdraagsaamheid.

"Ek kannie onthou dat Paul Kruger enigiets vir my gedoen het nie. Hy
beteken vir my so min soos Saartjie Baartman. Tog is dit vir my genoeg om
te besef hulle beteken iets vir iemand anders.
Die idee is nie om standbeelde of te breek nie, maar om standbeelde te bou.
My teorie is dat verandering dinge insluit, nie uitsluit ie.
Tien jaar is vir my genoeg tyd om op die hou om apartheid vir jou onvermoëns
te blameer. Na vyftien jaar gaan jy darem maar vrotsig lyk as jy steeds
daardie verskoning gebruik.
Ek verteenwoordig net myself, my ma en pa, 'n paar Pretoriusse, 'n Kruger of
twee en alle Suid-Afrikaners uit wie se basse jy die Afrikaansheid nie met
twee ton LifeBuoy-seep kan skrop nie."

Ek sluit Steve se relaas af met:

"'n Mens is altyd die somtotaal van al jou chromosone en nie net die goeies
nie. So is jy ook die somtotaal van jou hele erfenis, nie net die goeie
dele nie. Die dag as jy dit erken, is jy besig om geestelik vry te word.
Die mense wil terughê. Hulle wil nie emigreer nie. Hulle wil weer deel
wees."

Groete
Elaine

Ns - Ek het ou Steve vergewe vir sy vorige mislikheid - hy's my nuwe hero.
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82494 is 'n antwoord op boodskap #82491] Di, 19 Augustus 2003 15:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wow! Bravo vir 'n ou wat sy spreke kan spreek. Of jy tot die ou antie
gaan deurdring, dit wil eers gesien wees. Sy ken duidelik nie die begrip
van dat jy eers moet afleer om gedurig na agter te kyk voordat jy werklik
vorentoe kan kyk nie. Maar ons moet die ou ding seker maar verskoon.....sy
sit daar weggekruip in die sneeu van Kanada terwyl haar hart kak pomp in
verlange na SA.......daar waar sy as verraaier nie meer welkom is nie.
Pateties, is dit nie?

"Elaine" skryf in boodskap news:3f423a35$0$236@hades.is.co.za...
> Antie
>
> Ek wil graag vir jou iets aanhaal wat Steve Hofmeyr in die Huisgenoot gesê
> het. Toe ek dit gelees het, het ek aan jou gedink. Hy baklei vir ons en
> vir die Afrikaner volk wat stadig maar seker doodgaan ten koste van ander
> kulture. Daarby bedoel Steve nie ons moet ander kulture vernietig nie, maar
> ons moet saamstaan en ons kultuur ook laat geld. Ons is ook deel van
> hierdie land. Dis 'n lang stuk, maar ek gaan dit net vir jou oortik. Dit
> gaan ook ondermeer daaroor dat die regering al ons standbeelde wil verwyder
> en al die dorpe se name wat so bly verander. Hy praat ook oor mense soos jy
> Antie, wat nog steeds in die verlede leef en alles op apartheid blameer.
> Lekker lees...
>
> "Al my gevegte met die kerk, Anton Goosen en die politiek het presies
> dieselfde tema. Dis om mense te bevry sodat hulle oukei sal wees.
> Die afgelope tien jaar het Afrikaners, so bedagsaam soos hulle is,
> teruggestaan, stilgebly en gehoop alles sal weggaan.
> Dit was presies die tyd wat ander kulture nodige gehad het om ons vooruit te
> gaan. Terwyl hulle hul uiteenlopende kulture gevier het, het ons ons s'n
> weggesteek.
> 'n Dekade is verby. Dis nou weer oukei om te erken jou oupa het saam met
> H.F. Verwoerd visgevang in die Vaaldam.
> Die doel is om nou weer jou eie kultuur te vier in die binneplaas van jou
> buurman sodat hulle kan sien watter soort buurman jy is.
> Die feit dat ons stilbly en bedagsame Afrikaners is, laat mense dink ons het
> niks om te sê nie. Hulle dink ons het ons kultuur oorboord gegooi omdat ons
> skaam is vir ons verlede. Hulle dink hulle sal nooit weer volkspele hoef te
> verduur nie.
> Ons is terug. Ons is nuwe Afrikaners. Ons is wit en swart. Ons is in jul
> gesigte.
> Ons sal nie laat inmeng met ons standbeelde nie. Sit my *** standbeeld
> neer!
> Daar is 'n nuwe pad deur Pretoria. Sy naam is Nelson Mandela Drive. Dit is
> absoluut great. Ek kan nie dink aan 'n beter naam vir 'n pad nie.
> Hoeveel Boomstrate is daar in die land? Wie de donner soek in elk geval 'n
> Boomstraat! Verander Boomstraat na Thabo Mbekistraat.
> Hoekom wil jy nou 'n stuk geskiedenis ontken? Pretoria as 'n baken in die
> geskiedenis staan saam met Parys, Londen, Moskou en New York. Ek het 'n
> idee as jy Pretoria se naam verander na Tshwane, gaan Brenda Fassie nie by
> haar konserte opdaag nie omdat sy nie weet waar de hel dit is nie.
> My oorgrootjie was genl. Louis Botha. As hulle aan daai standbeel vat,
> bliksem ek hulle. My oupa was Steve Hofmeyr, die owerste van die
> Ossewa-Brandwas se Stormjaers. Ons het die bybel oor bommeplant geskryf.
> Maar niemand moet nou kom sê ek is 'n rightwinger nie. Ek was onder die
> top-tien op die regses se Chris Hani-doodslys. Ek en Joe Slovo was die
> enigste wit mense op daai lys. My eie mense wou my skiet."
>
> Steve sê sy benadering is een van verdraagsaamheid.
>
> "Ek kannie onthou dat Paul Kruger enigiets vir my gedoen het nie. Hy
> beteken vir my so min soos Saartjie Baartman. Tog is dit vir my genoeg om
> te besef hulle beteken iets vir iemand anders.
> Die idee is nie om standbeelde of te breek nie, maar om standbeelde te bou.
> My teorie is dat verandering dinge insluit, nie uitsluit ie.
> Tien jaar is vir my genoeg tyd om op die hou om apartheid vir jou onvermoëns
> te blameer. Na vyftien jaar gaan jy darem maar vrotsig lyk as jy steeds
> daardie verskoning gebruik.
> Ek verteenwoordig net myself, my ma en pa, 'n paar Pretoriusse, 'n Kruger of
> twee en alle Suid-Afrikaners uit wie se basse jy die Afrikaansheid nie met
> twee ton LifeBuoy-seep kan skrop nie."
>
> Ek sluit Steve se relaas af met:
>
> "'n Mens is altyd die somtotaal van al jou chromosone en nie net die goeies
> nie. So is jy ook die somtotaal van jou hele erfenis, nie net die goeie
> dele nie. Die dag as jy dit erken, is jy besig om geestelik vry te word.
> Die mense wil terughê. Hulle wil nie emigreer nie. Hulle wil weer deel
> wees."
>
> Groete
> Elaine
>
> Ns - Ek het ou Steve vergewe vir sy vorige mislikheid - hy's my nuwe hero.
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82496 is 'n antwoord op boodskap #82494] Di, 19 Augustus 2003 15:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek glo nie dit sal deurdring nie. Mense soos Antie Gloudina is
"onoortuigbaar", maar ons kan altyd probeer. Aan die ander kant sal sy my
nie kan oortuig dat my land en kultuur nie besig is om te vergaan nie, so
een hardekop stamp teen 'n ander. In sulke situasies is daar nooit regtig
wenners nie.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f423e0c.0@news1.mweb.co.za...
> Wow! Bravo vir 'n ou wat sy spreke kan spreek. Of jy tot die ou antie
> gaan deurdring, dit wil eers gesien wees. Sy ken duidelik nie die begrip
> van dat jy eers moet afleer om gedurig na agter te kyk voordat jy werklik
> vorentoe kan kyk nie.
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82497 is 'n antwoord op boodskap #82491] Di, 19 Augustus 2003 15:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

> Ek wil graag vir jou iets aanhaal wat Steve Hofmeyr in die Huisgenoot gesê
> het. Toe ek dit gelees het, het ek aan jou gedink. Hy baklei vir ons en
> vir die Afrikaner volk wat stadig maar seker doodgaan ten koste van ander
> kulture

My liewe Elaine, ek dink jy moet mooi lees wat Steve
Hofmeyr skryf. En jy moet dink voordat jy self skryf.
Waar hoor jy dat " die Afrikaner volk... stadig maar seker
doodgaan ten koste van ander kulture." Jy lieg mos. Die
Afrikanerkultuur is springlewendig. Kyk net na julle kultuur-
feeste. Kyk net na die bloei van dinge op Litnet. Kyk na
hoeveel mense in die buiteland Afrikaans skryf, kyk na
hoeveel mense in die Nederlandse spraakgebied probeer
Afrikaans leer.
Jy weet, Elaine, een van die grootste bedreigings van die
Afrikaanse kultuur, soos ek dit op hierdie nuusgroep sien,
is daardie mense wat niks kan omgee vir Afrikaans nie,
en 'n gebroke Afrikaans gebruik (soos McDuck) of anders
'n hopelose gemors maak van hulle moedertaal, soos Frikkie
Potgieter rsaboy, wat liewer sy knie buig voor Fred Rundle
en Engels. As die Afrikanervolk doodgaan ten koste van
ander kulture, dan is dit julle soort self wat dit veroorsaak.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82498 is 'n antwoord op boodskap #82496] Di, 19 Augustus 2003 16:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

Mense soos Antie Gloudina is
> "onoortuigbaar", maar ons kan altyd probeer. Aan die ander kant sal sy my
> nie kan oortuig dat my land en kultuur nie besig is om te vergaan nie

En ek sal vir jou oortuig dat jy een van die grootste
struikelblokke in " jou kultuur" se bloei is. Jy vertel
self dat jy nie eintlik omgee om Afrikaans reg en keur-
vol te gebruik nie. En ek sien sommer ook so in die
verbygaan hoe jy die onderwerp van " swinging" op
hierdie nuusgroep probeer inbring, op die oog af om
'n Afrikaanse term daarvoor te kry, maar eintlik omdat
jy graag daaroor wil praat. Ek is ook amper seker dat
jy meeste van jou werk in Engels doen, en dit
gewilliglik doen. Jy, my liewe Elaine, is een van die
domino's wat val in die proses, as " jou" kultuur besig
is om te vergaan. Kan jy vir my verseker dat jy die
afgelope tyd Henning Pieterse se Herzogbekroonde
gedigte op hierdie nuusgroep gelees het. En dit waardeer
het en dit begryp het?
En as jy dit nie gedoen het nie, waaruit bestaan jou
" Afrikaanse kultuur," my liewe Elaine. Uit oor swinging
te praat?

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82499 is 'n antwoord op boodskap #82491] Di, 19 Augustus 2003 16:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

> Daar is 'n nuwe pad deur Pretoria. Sy naam is Nelson Mandela Drive. Dit is
> absoluut great. Ek kan nie dink aan 'n beter naam vir 'n pad nie.
> Hoeveel Boomstrate is daar in die land? Wie de donner soek in elk geval 'n
> Boomstraat! Verander Boomstraat na Thabo Mbekistraat.

Hoe noukeurig het jy Steve Hofmeyr se stuk gelees. Verstaan
jy wat hy hier skryf? Ek het vir vier jaar in Pretoria gebly en
ek weet hoeveel strate daar is wat na ou Voortrekkers en
boeregeneraals vernoem is. En dit in 'n stad waar daar seker
ag uit elke tien mense nie wit is nie, en ook nie elkeen van
die twee uit elke tien wittes Afrikaans praat nie. Hoekom moet
my suster in " Scheidingstraat" bly. Waarom moet daar 'n
" Groote Schuur" wees, as mense soos jy, Elaine, nie eens
Nederlands wil lees of kan praat nie. Dis tyd dat daar 'n
groot huisskoonmaak kom. Jy bly in 'n grootliks swart
bevolking se tuisland. As jy nie daarvan hou nie, pak jou
goed op en gaan terug Nederland toe. Of anders, begin
jou eie kultuur op 'n praktiese en positiewe manier bedryf.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82500 is 'n antwoord op boodskap #82491] Di, 19 Augustus 2003 16:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

> Die afgelope tien jaar het Afrikaners, so bedagsaam soos hulle is,
> teruggestaan, stilgebly en gehoop alles sal weggaan.
> Dit was presies die tyd wat ander kulture nodige gehad het om ons vooruit te
> gaan. Terwyl hulle hul uiteenlopende kulture gevier het, het ons ons s'n
> weggesteek.

Hierdie mite dat Afrikaners so bedagsaam is en stilgebly het,
is ook 'n mite. Daar is nou in die SA howe 'n saak oor 'n
klomp " Boerenasie" mense wat die staat probeer ondermyn
het. Twee van daardie mense voel dat hulle nie aangekla moet
word nie, want hulle het alreeds in die tronk gesit vir 'n vorige
misdaad teen die staat. Nou sit hierdie twee ouens en hulle kla
dat die feit dat hulle gedurig na " swart musiek" moet luister,
hulle mal maak. En die hof, so lyk dit vir my, gee nogal toe
dat hulle nie hoef daaraan onderwerp te word nie. Nou,
die staatsaanklaer in hierdie saak is 'n ou met 'n Afrikaanse
naam. En ek wonder nou, as hy saans gaan slaap, of hy nie
nagmerries kry oor wat sommige Afrikaners in die naam van
kultuur in sy vaderland doen nie. Dink jy nie, my liewe
Elaine, dat dit daarom is dat sommige Afrikaners probeer
wegsteek dat hulle Afrikaners is?

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82501 is 'n antwoord op boodskap #82491] Di, 19 Augustus 2003 16:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

My oupa was Steve Hofmeyr, die owerste van die
> Ossewa-Brandwas se Stormjaers.

Wat dink jy hiervan, Elaine. En ou Jonas. Wat
dink jy hiervan. Steve Hofmeyr is ten minste
eerlik.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82502 is 'n antwoord op boodskap #82491] Di, 19 Augustus 2003 16:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

> "Ek kannie onthou dat Paul Kruger enigiets vir my gedoen het nie. Hy
> beteken vir my so min soos Saartjie Baartman

En wat dink jy hieroor, Elaine?

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82503 is 'n antwoord op boodskap #82501] Di, 19 Augustus 2003 17:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti. Oor my familie het ek nog nooit gelieg nie. Maar ook nog nooit gespog
nie. My familie se bloed is in die Oos-Kaap (Kaapse-rebelle), in Baberton
(konsentrasiekamp) in 1914 in die Rebellie, in Koffiefontein, ens. Waar was
joune?
Maar belangriker steeds - waar is jy nou?

"@rogers.com" wrote in message
news:qys0b.223256$hOa.52960@news02.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> Elaine wrote
>
> My oupa was Steve Hofmeyr, die owerste van die
>> Ossewa-Brandwas se Stormjaers.
>
> Wat dink jy hiervan, Elaine. En ou Jonas. Wat
> dink jy hiervan. Steve Hofmeyr is ten minste
> eerlik.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82509 is 'n antwoord op boodskap #82501] Di, 19 Augustus 2003 18:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
My stamboom het in die niet verlore gegaan. My grootjie was as klein kind
in die konsentrasiekampe maar sy kon dit nie regtig onthou nie. My
oupagrootjie was in St Helena waar hy die mooiste houtwerk gedoen het - ek
het baie van die goed geërf. My Oupa was te skytbang vir oorlog en was
nooit in die army nie. My Stiefoupa aan moederskant was nog nie gebore in
die tyd van die boereoorlog nie, maar my stiefoupa is 'n rustende
Vrymesselaar en hy was in die 2de wêreldoorlog in Europe en Egipte.

Hoe's daai?

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Wat dink jy hiervan, Elaine. En ou Jonas. Wat
> dink jy hiervan. Steve Hofmeyr is ten minste
> eerlik.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82510 is 'n antwoord op boodskap #82491] Di, 19 Augustus 2003 18:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pete  is tans af-lyn  Pete
Boodskappe: 61
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
>
> Ns - Ek het ou Steve vergewe vir sy vorige mislikheid - hy's my nuwe hero.
>

Ek ék
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82511 is 'n antwoord op boodskap #82501] Di, 19 Augustus 2003 18:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het 'n ou sangboekie by my ouma geërf, dit het aan haar ma/ouma behoort.
Voorin staan geskryf - Aan S.E. de Wet tot aandenking van haar dierbaren
Vader, C.A. de Wet, krygsgevagene, Bellevue kamp - 20-7(of1)-1901.

Waar was jou familie antie? Of kry jy skaam?

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Wat dink jy hiervan, Elaine. En ou Jonas. Wat
> dink jy hiervan. Steve Hofmeyr is ten minste
> eerlik.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82512 is 'n antwoord op boodskap #82499] Di, 19 Augustus 2003 18:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis juis die punt. Ek is hier gebore, my pa en ma is hier gebore, my oupas
en oumas is hier gebore. Dit is my land ook - hoekom moet ek terugstaan vir
'n ander se kultuur?

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Hoe noukeurig het jy Steve Hofmeyr se stuk gelees. Verstaan
> jy wat hy hier skryf? Ek het vir vier jaar in Pretoria gebly en
> ek weet hoeveel strate daar is wat na ou Voortrekkers en
> boeregeneraals vernoem is. En dit in 'n stad waar daar seker
> ag uit elke tien mense nie wit is nie, en ook nie elkeen van
> die twee uit elke tien wittes Afrikaans praat nie. Hoekom moet
> my suster in " Scheidingstraat" bly. Waarom moet daar 'n
> " Groote Schuur" wees, as mense soos jy, Elaine, nie eens
> Nederlands wil lees of kan praat nie. Dis tyd dat daar 'n
> groot huisskoonmaak kom. Jy bly in 'n grootliks swart
> bevolking se tuisland. As jy nie daarvan hou nie, pak jou
> goed op en gaan terug Nederland toe. Of anders, begin
> jou eie kultuur op 'n praktiese en positiewe manier bedryf.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82513 is 'n antwoord op boodskap #82497] Di, 19 Augustus 2003 18:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Antie - asseblief, as jy op 'n ding vasgehaak het doen jy dit goed hoor.
Leer 'n nuwe deuntjie asb. jy verveel my. Kultuur bestaan nie net uit taal
nie, dis 'n klein deeltjie van ons kultuur. Ou tog op hamer op AFRIKAANS
AFRIKAANS AFRIKAAANS. Net omdat jy die taal kan praat is dit nie te sê jy
weet waarvan jy praat nie. Daar is niks fout met my Afrikaans nie.

Watse bydrae dink jy lewer jy tot die Afrikaanse kultuur?

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Jy weet, Elaine, een van die grootste bedreigings van die
> Afrikaanse kultuur, soos ek dit op hierdie nuusgroep sien,
> is daardie mense wat niks kan omgee vir Afrikaans nie,
> en 'n gebroke Afrikaans gebruik (soos McDuck) of anders
> 'n hopelose gemors maak van hulle moedertaal, soos Frikkie
> Potgieter rsaboy, wat liewer sy knie buig voor Fred Rundle
> en Engels. As die Afrikanervolk doodgaan ten koste van
> ander kulture, dan is dit julle soort self wat dit veroorsaak.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82514 is 'n antwoord op boodskap #82502] Di, 19 Augustus 2003 18:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem saam. Maar Kruger beteken dalk iets vir iemand anders. Die
regering gaan Paul Kruger se "legacy" vernietig. Niemand het daai reg nie.
Nie eers Thabo Mbeki, die Pous of die ANC nie.

E

"@rogers.com" wrote:
>
>
> En wat dink jy hieroor, Elaine?
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82516 is 'n antwoord op boodskap #82512] Di, 19 Augustus 2003 18:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

> Dis juis die punt. Ek is hier gebore, my pa en ma is hier gebore, my oupas
> en oumas is hier gebore. Dit is my land ook - hoekom moet ek terugstaan vir
> 'n ander se kultuur?

En is Afrikaans nie een van die offisiele tale in Suid-
Afrika nie? Wat wil jy nog meer kry? Jy en jou soort
is tjankbalies, spoilt brats, cry babies, wat vir mense
wil oortuig dat almal doodgaan van die honger, terwyl
jy van plan is om 'n hele huis vol diere aan te hou. Hoekom
gee jy nie daardie geld vir die armes onder die Afrikaners
nie. Ek wag op 'n antwoord.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82517 is 'n antwoord op boodskap #82503] Di, 19 Augustus 2003 18:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote

> Anti. Oor my familie het ek nog nooit gelieg nie Waar was
> joune?

Een lid van my familie het die eerste verpleeghandboek in
Afrikaans geskryf. Een van my familie was die redakteur
van Sarie Marais totdat hy gesterf het. Een lid van my
familie was op die Goldstone Kommissie. En my pa het
vir 'n paar dae in 1917 uit die heuwels op die plek geskiet
waar my ma gebly het. Sy het hom dit nooit vergewe nie.
Hy het altyd so meewarig daaroor geglimlag.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82518 is 'n antwoord op boodskap #82514] Di, 19 Augustus 2003 18:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

Die
> regering gaan Paul Kruger se "legacy" vernietig. Niemand het daai reg
nie.

Niemand sal Paul Kruger se nalatenskap vernietig nie.
Hoekom gebruik jy die woord " legacy" in jou geskryf,
Elaine?

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82520 is 'n antwoord op boodskap #82516] Di, 19 Augustus 2003 19:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier gaat ons alweer. Ek gee baie vir honger kindertjies my antie, maar ek
voel nie ek moet dit uitbasuin nie. Maar aangesien jy daarop aandring.

1. Ons onderhou en het 'n databasis en "shopping cart" vir Cotlands se web
site geskryf, ons "host" ook die databasis vir Cotlands. (gaan kyk gerus
http://www.cotlands.com 'n maatskappy met die naam Cybertrenz het die site
ontwerp, skakel hulle gerus en vra hulle wie't die databasisse geskryf).
Totale koste om en by R20 000 net vir die programmering, maandlikse hosting
R500 wat hulle gratis kry. Hulle kry allerhande donasies deur hulle site so
hulle het die web site nodig.
2. Ek gee elke maand geld vir die kerk - die geld gaan om die behoeftiges
in die gemeente uit te help. Ek gee ook gereeld kos en ander benodigdhede.
3. As ek 'n Salvation Army blikkie sien gooi ek nooit minder as R20 in
nie - en ek sien hulle gereeld.
4. Ek gee elke jaar geld vir kanker navorsing.
5. Ek gee geld vir die gestremdes - alle gestremdes

Wat ek met my geld doen en wie ek daarmee help het eintlik niks met jou uit
te waai nie, maar ek sal voortgaan. "Charity begins at home". Toe my pa in
die moeilikheid beland het, het ek hom 'n hele paar duisend geleen om uit
die moeilikheid te kom. Toe my suster haar werk verloor het net nadat sy
swanger geraak het, het ek vir haar goed vir die babatjie gekoop. O.A. 'n
bedjie, 'n stootwaentjie, klere, ens. My vriendin wat nou 8 maande swanger
is sit self met 'n krisis. Sy verdien nie baie geld nie, en die pa van die
kind het haar gelos. Ek het verlede maand vir haar doeke, klere, bottels,
kombersies, room, poeier en paar ander goed gekoop.
As ek dan nou met die res van my geld 'n hele donnerse erf vol wilde diere,
mak diere, vlieënde diere, kruipende diere en skreeuende diere wil aanhou
voel ek, ek het die volste reg. Wie is jy in elk geval om te kritiseer jy
wys net vingers rond maar ek sien nie dat jy enige nut tot samelewing is
nie. Wat doen jy om jou mense te help? Gee jy miskien geld vir die Nelson
Mandela Childrens Fund, of vir Cotlands. Het jy 'n swart vigs babatjie
aangeneem, of doen jy enigiets vir die mense vir wie jy so lief is?

Elaine

"@rogers.com" wrote:
>
> En is Afrikaans nie een van die offisiele tale in Suid-
> Afrika nie? Wat wil jy nog meer kry? Jy en jou soort
> is tjankbalies, spoilt brats, cry babies, wat vir mense
> wil oortuig dat almal doodgaan van die honger, terwyl
> jy van plan is om 'n hele huis vol diere aan te hou. Hoekom
> gee jy nie daardie geld vir die armes onder die Afrikaners
> nie. Ek wag op 'n antwoord.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82521 is 'n antwoord op boodskap #82491] Di, 19 Augustus 2003 19:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda wrote

> Wat is Paul Kruger se legacy? Ek dink dis juis die "legacy" van Paul Kruger
> (se oorlogsverklaring) wat die oorheersing van Engels 'n uitgemaakte saak
> gemaak het. . Mens kon sê sy beeld moet bly oor die Afrikaner
> weerstand wat dit simboliseer, maar ek het bedenkinge oor sy "legacy".

Ja, ek dink nie baie van die mense wat nou sulke klaagpotte
is, weet wat aangegaan het in die aanloop tot die Anglo-Boereoorlog
nie. Weet hulle hoe daar uit die Kaapse Afrikaners se kringe
afvaardiging na afvaardiging gekom het om te pleit met Paul Kruger
om nie tot 'n oorlogsverklaring oor te gaan nie. (Onder andere, die
leier van die Eerste SA Taalbeweging, redakteur van die Patriot.)
Dit word algemeen aangeneem dat die beweging vir oorlog gestoot
is deur 'n hele klomp Nederlanders tussen Paul Kruger se raadgewers.
Maar Paul Kruger was nie darem heeltemal uit die bose nie.
Hy het ewe liberaal prostitusie wettig gemaak en dus die prostitute
gedwing om onder mediese sorg te werk.
Ek wonder wie op hierdie nuusgroep, en hoeveel Afrikaners in
die algemeen, nou nog die pelgrimstog maak na die huis waar Paul
sy laaste jare deurgebring het op die walle van die Meer van Geneva.
Ek het.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82522 is 'n antwoord op boodskap #82520] Di, 19 Augustus 2003 19:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine

> As ek dan nou met die res van my geld 'n hele donnerse erf vol wilde diere,
> mak diere, vlieënde diere, kruipende diere en skreeuende diere wil aanhou
> voel ek, ek het die volste reg.

Nouja, daar sien jy nou jou soort Afrikaner-kultuur in
volle bloei. En jy het die volste reg om al hierdie diere
op jou plek aan te hou. Maar moet net nie vir my kom
vertel SA krepeer van die honger nie. Dan praat jy
snert. Jy sit nog in 'n toestand van melk en heuning,
en as iemand eendag begin wonder hoekom mense
soos jy op die walle van die Vaal met 'n huisvol
troeteldiere sit en begin klippe gooi, moet dan nie
sit en huil nie.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82523 is 'n antwoord op boodskap #82491] Di, 19 Augustus 2003 19:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wel, hy het die Kruger Wildtuin begin. Een van die grootste toeriste
aantreklikhede in SA. Dis soos om Tolkien se Lord of the Rings te vat en te
sê - nee die boek is nie jou naam werd nie, kom ons sit Nelson Mandela se
naam op en maak asof dit syne is. Hoe dit ookal sy, Kruger en sy doen en
late is deel van ons geskiedenis, my familie is deel van die geskiedenis wat
hy begin het. Hoe kan jy 'n deel van ons geskiedenis vernietig? En waar
gaan dit ophou?

E

"Lorinda" wrote:
>
> Wat is Paul Kruger se legacy? Ek dink dis juis die "legacy" van Paul Kruger
> (se oorlogsverklaring) wat die oorheersing van Engels 'n uitgemaakte saak
> gemaak het.
> - en dit het nou niks te doen met Kruger die mens, of sy tragiese dood ver
> van sy mense ens. ens. nie. Mens kon sê sy beeld moet bly oor die Afrikaner
> weerstand wat dit simboliseer, maar ek het bedenkinge oor sy "legacy".
>
>
> Lorinda
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82524 is 'n antwoord op boodskap #82520] Di, 19 Augustus 2003 19:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

Wie is jy in elk geval om te kritiseer jy
> wys net vingers rond maar ek sien nie dat jy enige nut tot samelewing is
> nie. Wat doen jy om jou mense te help? Gee jy miskien geld vir die Nelson
> Mandela Childrens Fund, of vir Cotlands. Het jy 'n swart vigs babatjie
> aangeneem, of doen jy enigiets vir die mense vir wie jy so lief is?

Ja, ek dra by tot die Mandela Kinderfonds. En die
SA gemeenskap hier in Ottawa dra 'n weeshuis (wat hulle
laat bou het) se onkostes. Jy is natuurlik weer altyd reg
om aan te neem dat jy so vreeslik goed is, en ander net
praat. En ek vertel jou weer, as daar sulke hongersnood
in SA is as wat jy vir ons weet te vertel, dan is dit immoreel
om 'n huisvol diere vet te voer. Diere wat in alle geval in
'n soort van gevangenis deur jou gehou word.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82525 is 'n antwoord op boodskap #82518] Di, 19 Augustus 2003 19:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Want ek kon nie die woord in Afrikaans onthou nie, en ek was te lui om dit
op te soek in die woordeboek. Jy dink niemand gaan sy nalatenskap vernietig
nie? Hulle het reeds begin!

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Niemand sal Paul Kruger se nalatenskap vernietig nie.
> Hoekom gebruik jy die woord " legacy" in jou geskryf,
> Elaine?
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82526 is 'n antwoord op boodskap #82523] Di, 19 Augustus 2003 19:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

> Wel, hy het die Kruger Wildtuin begin

Deur die Krugerwildtuin te " begin," het Paul Kruger
dit nodig gevind om 'n stuk land van die stamme wat
daar gebly het, af te neem en dit oop te sit vir toeriste
wat tot kort gelede, nog almal wit moes wees. Die
landsoppervlakte van die Krugerwildtuin is groter
as die van die Kanadese provinsies van New Brunswick
en Prince Edward Island. Dink jy nie dis uiters selfsugtig
van 'n klomp mense uit Europa om in Afrika te kom
nesskop en dan vir hulle vermaak, so 'n groot stuk
grond opsy te sit sodat die witmense hulle kan vermaak
nie? Ek wag op 'n antwoord.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82527 is 'n antwoord op boodskap #82522] Di, 19 Augustus 2003 19:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja dink jy so? Ek werk my gat suur vir my geld baie dankie. Maar mense
soos ek is in die minderheid. Ek is nie gelukkig nie, ek het nie in 'n ryk
huis groot geword nie. My ouers het nie BMW's en Mercedese gery nie. My pa
sit nou nog met die ou 1982 Stanza Stasiewa wat hy in 1984 op 'n bankrot
veiling gekoop het. Waarvoor moet ek nou om verskoning vra vir wat ek het?
Moet ek sê "Ag jammer my baas dat ek so hard gewerk het. Hier vat maar wat
ek het?".

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Nouja, daar sien jy nou jou soort Afrikaner-kultuur in
> volle bloei. En jy het die volste reg om al hierdie diere
> op jou plek aan te hou. Maar moet net nie vir my kom
> vertel SA krepeer van die honger nie. Dan praat jy
> snert. Jy sit nog in 'n toestand van melk en heuning,
> en as iemand eendag begin wonder hoekom mense
> soos jy op die walle van die Vaal met 'n huisvol
> troeteldiere sit en begin klippe gooi, moet dan nie
> sit en huil nie.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82528 is 'n antwoord op boodskap #82523] Di, 19 Augustus 2003 19:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine

Hoe dit ookal sy, Kruger en sy doen en
> late is deel van ons geskiedenis, my familie is deel van die geskiedenis wat
> hy begin het. Hoe kan jy 'n deel van ons geskiedenis vernietig? En waar
> gaan dit ophou?

Die getal Afrikaners in SA is omtrent vyf miljoen, as
ek reg onthou. Wat van die deel van die geskiedenis
van die inheemse stamme wat gebly het in die area
waar die Krugerwildtuin nou is. Maar, gerieflikheids-
halwe, sien jy nie daardie deel van die saak raak nie.
Die kruks van die saak is natuurlik in die laaste
sin " Waar gaan dit ophou?" Want sien, my liewe
Elaine, jy is bang dat die chickens are coming home
to roost? Die land van melk en heuning waarin die
Afrikaner hom bevind het, is besig om te verander.
Dinge begin skeefloop vir die mense wat om die
vleespotte wil bly sit. Maar vir die mense soos du
plessis, wat begin yoga beoefen, en met die straat
afstap asof hy 'n duisend arms het en in elke hand
is daar 'n oog, vir hom is daar geen probleem nie.
Hy was net voete waar hy voete sien. Ag uit elke
tien is swart. Die wit voete se skoene is meeste
nog blink en modieus. Van die ag pare voete wat
hy sien as hy op sy kniee sit en voete was, is meeste
nog sonder skoene en vol stof, en sommige se skoene
is ook maar deurgeskuur. Maar so stadigaan is die
skoene, wat hy moet afhaal om sy naaste se voete te
was, van beter en beter kwaliteit. En dit maak du
plessis se hart bly.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82529 is 'n antwoord op boodskap #82524] Di, 19 Augustus 2003 19:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
En ek sê weer diere het my nog veel groter plesier verskaf en dankbaarheid
getoon as enige mens. Wat gaan 'n afvlerk voël met homself maak? Of 'n
meerkat met net 3 pote? Daar is geen wreedheid daarin om 'n skepsel van God
te probeer help nie.
Ek het ook nog nooit gesê ek alleen is goed nie Antie, maar jy het nog nooit
vir my gesê "ek doen dit - doen jy dieselfde nie?" Nee jy sit net en
waffel. Kom kyk bietjie hoe gaan dit met jou mense en dan praat ons weer.
Jy het nie 'n clue nie.

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Ja, ek dra by tot die Mandela Kinderfonds. En die
> SA gemeenskap hier in Ottawa dra 'n weeshuis (wat hulle
> laat bou het) se onkostes. Jy is natuurlik weer altyd reg
> om aan te neem dat jy so vreeslik goed is, en ander net
> praat. En ek vertel jou weer, as daar sulke hongersnood
> in SA is as wat jy vir ons weet te vertel, dan is dit immoreel
> om 'n huisvol diere vet te voer. Diere wat in alle geval in
> 'n soort van gevangenis deur jou gehou word.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82530 is 'n antwoord op boodskap #82491] Di, 19 Augustus 2003 19:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet - ek het maar net 'n bietjie uitgebrei op jou vraag.

E

"Lorinda" wrote:
>>
>
> Hy is inderdaad deel van die geskiedenis. Dis nie wat ek bevraagteken het
> nie.
>
> Lorinda
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82531 is 'n antwoord op boodskap #82527] Di, 19 Augustus 2003 19:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

Waarvoor moet ek nou om verskoning vra vir wat ek het?
> Moet ek sê "Ag jammer my baas dat ek so hard gewerk het. Hier vat maar wat
> ek het?".

Gaan na die bybel en sien wat Christus vir die
ryk jong man aanbeveel het. En as jy nie die
verwysing in die bybel kan vind nie, vra vir
DD om dit vir jou na te slaan.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82532 is 'n antwoord op boodskap #82526] Di, 19 Augustus 2003 19:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Eintlik was dit om die wild van die laeveld te probeer beskerm omdat die
boere besig was om dit uit te roei. Daai vermaak bring nou jaarliks
miljoene rande die land in. Maar kom ons vernietig dit ook en gee dit vir
die regmatige eienaars, dan kan ons ook een van die dae sê meeste van ons
wild, wat ons veronderstel was om te beskerm, is weg om plek te maak vir die
mens. Ek het al baie gedink wat ons eendag vir God gaan sê wanneer hy ons
vra hoekom ons Sy mooi skepping, wat ons veronderstel is om te beskerm, so
opgeneuk het. "Jammer maar ons moes plek maak vir
fabrieke/shacks/huise/woonstelle/winkels..."

Maak in elk geval nie saak nie, die regering sal nooit daai klein
goudmyntjie weggee nie.

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Deur die Krugerwildtuin te " begin," het Paul Kruger
> dit nodig gevind om 'n stuk land van die stamme wat
> daar gebly het, af te neem en dit oop te sit vir toeriste
> wat tot kort gelede, nog almal wit moes wees. Die
> landsoppervlakte van die Krugerwildtuin is groter
> as die van die Kanadese provinsies van New Brunswick
> en Prince Edward Island. Dink jy nie dis uiters selfsugtig
> van 'n klomp mense uit Europa om in Afrika te kom
> nesskop en dan vir hulle vermaak, so 'n groot stuk
> grond opsy te sit sodat die witmense hulle kan vermaak
> nie? Ek wag op 'n antwoord.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82534 is 'n antwoord op boodskap #82528] Di, 19 Augustus 2003 19:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ekskuus?

"@rogers.com" wrote:
>
> Die getal Afrikaners in SA is omtrent vyf miljoen, as
> ek reg onthou. Wat van die deel van die geskiedenis
> van die inheemse stamme wat gebly het in die area
> waar die Krugerwildtuin nou is. Maar, gerieflikheids-
> halwe, sien jy nie daardie deel van die saak raak nie.
> Die kruks van die saak is natuurlik in die laaste
> sin " Waar gaan dit ophou?" Want sien, my liewe
> Elaine, jy is bang dat die chickens are coming home
> to roost? Die land van melk en heuning waarin die
> Afrikaner hom bevind het, is besig om te verander.
> Dinge begin skeefloop vir die mense wat om die
> vleespotte wil bly sit. Maar vir die mense soos du
> plessis, wat begin yoga beoefen, en met die straat
> afstap asof hy 'n duisend arms het en in elke hand
> is daar 'n oog, vir hom is daar geen probleem nie.
> Hy was net voete waar hy voete sien. Ag uit elke
> tien is swart. Die wit voete se skoene is meeste
> nog blink en modieus. Van die ag pare voete wat
> hy sien as hy op sy kniee sit en voete was, is meeste
> nog sonder skoene en vol stof, en sommige se skoene
> is ook maar deurgeskuur. Maar so stadigaan is die
> skoene, wat hy moet afhaal om sy naaste se voete te
> was, van beter en beter kwaliteit. En dit maak du
> plessis se hart bly.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82535 is 'n antwoord op boodskap #82531] Di, 19 Augustus 2003 20:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet wat Jesus vir hom gesê het. Party maande gaan dit ook nie so goed
met my nie, soms het ek skaars genoeg geld om die water en ligte rekeninge
te betaal, maar dan werk ek bietjie harder en vra vir hulp van Bo en haai
siedaar, volgende maand het ek weer genoeg geld, en dan deel ek wat ek het,
met 'n smaail op my gesig en liefde in my hart. Oppas net, soms kan hierdie
vrygewigheid terugkom om jou in die gat te byt. Ek moes dit op die harde
manier leer...

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Gaan na die bybel en sien wat Christus vir die
> ryk jong man aanbeveel het. En as jy nie die
> verwysing in die bybel kan vind nie, vra vir
> DD om dit vir jou na te slaan.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82536 is 'n antwoord op boodskap #82534] Di, 19 Augustus 2003 20:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

> Ekskuus?

Van die ag pare voete wat
>> hy sien as hy op sy kniee sit en voete was, is meeste
>> nog sonder skoene en vol stof, en sommige se skoene
>> is ook maar deurgeskuur. Maar so stadigaan is die
>> skoene, wat hy moet afhaal om sy naaste se voete te
>> was, van beter en beter kwaliteit. En dit maak du
>> plessis se hart bly.

Laat hulle wat ore het, hoor

Tant Hessie van Skukuza
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82537 is 'n antwoord op boodskap #82532] Di, 19 Augustus 2003 20:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

> Maak in elk geval nie saak nie, die regering sal nooit daai klein
> goudmyntjie weggee nie.

Natuurlik. Die hele klomp bohaai wat jy en Steve Hofmeyr
maak, gaan oor 'n standbeeld en 'n moontlike naamsverandering.
En hopelik meer basiese kampe waar swart mense met min geld
ook die diere kan kom sien.
Toe ek in 1993 in die Wildtuin was, was daar ook 'n groep
baie goed geklede en ooglopend professionele swartes wat in
'n groep baie ernstig met mekaar in die eetkamer gesit en praat
het, en aantekenings gemaak het. Ek neem aan dat selfs in
daardie dae, voor die oorgang in 1994, sake soos die ekonomie
van die Krugerwildtuin al bespreek is. Asook hulle beleid na
oorname. Want mens kan seker wees dat daar swart stamme
en individue is wat eise teen die SA staat wil instel - nadat hulle
voorvaders 'n geslag of twee verwyder is uit daardie area om
plek te maak vir die diere en die ryk toeriste.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82542 is 'n antwoord op boodskap #82534] Di, 19 Augustus 2003 21:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis Buddhist gobbledygook, Elaine.
Laat die wat shrooms het, eet!

:-)

"Elaine" wrote:

> Ekskuus?
>
>
> "@rogers.com" wrote:

>> Die getal Afrikaners in SA is omtrent vyf miljoen, as
>> ek reg onthou. Wat van die deel van die geskiedenis
>> van die inheemse stamme wat gebly het in die area
>> waar die Krugerwildtuin nou is. Maar, gerieflikheids-
>> halwe, sien jy nie daardie deel van die saak raak nie.
>> Die kruks van die saak is natuurlik in die laaste
>> sin " Waar gaan dit ophou?" Want sien, my liewe
>> Elaine, jy is bang dat die chickens are coming home
>> to roost? Die land van melk en heuning waarin die
>> Afrikaner hom bevind het, is besig om te verander.
>> Dinge begin skeefloop vir die mense wat om die
>> vleespotte wil bly sit. Maar vir die mense soos du
>> plessis, wat begin yoga beoefen, en met die straat
>> afstap asof hy 'n duisend arms het en in elke hand
>> is daar 'n oog, vir hom is daar geen probleem nie.
>> Hy was net voete waar hy voete sien. Ag uit elke
>> tien is swart. Die wit voete se skoene is meeste
>> nog blink en modieus. Van die ag pare voete wat
>> hy sien as hy op sy kniee sit en voete was, is meeste
>> nog sonder skoene en vol stof, en sommige se skoene
>> is ook maar deurgeskuur. Maar so stadigaan is die
>> skoene, wat hy moet afhaal om sy naaste se voete te
>> was, van beter en beter kwaliteit. En dit maak du
>> plessis se hart bly.

>> Gloudina



>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82545 is 'n antwoord op boodskap #82503] Wo, 20 Augustus 2003 01:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bhtlif$lm6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Anti. Oor my familie het ek nog nooit gelieg nie. Maar ook nog nooit gespog
> nie. My familie se bloed is in die Oos-Kaap (Kaapse-rebelle), in Baberton
> (konsentrasiekamp) in 1914 in die Rebellie, in Koffiefontein, ens.

"Oh the bombs that I threw and the bridges I blew and here's what I get for
thanks..." :-))

Ek is bly jy het die bostaande geskryf, dit verklaar 'n paar dinge vir my
(waaroor jou insig verskil het van die algemene...). Dis interessant dat jy
bewus is van hierdie deel van jou familie geskiedenis, baie Afrikaners gee
voor hulle weet daar niks van nie (of ek het al begin dink hulle weet dalk
regtig nie). Dit is 'n deel van die Afrikaner geskiedenis wat my baie
interesseer, ook omdat die bewussyn van wat daartoe aanleiding gegee het
meesal nie gelei het na 'n bewussyn van dieselfde gevoel in ander nie.

Lorinda
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82546 is 'n antwoord op boodskap #82542] Wo, 20 Augustus 2003 01:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Yummy - nee wag jy praat nie van Denny Mushrooms nie :)

E

"Katryn" skryf in boodskap news:e545kvk9qufe53ka122or8s52khp9hqqsv@4ax.com...
>
> Dis Buddhist gobbledygook, Elaine.
> Laat die wat shrooms het, eet!
>
> :-)
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82547 is 'n antwoord op boodskap #82514] Wo, 20 Augustus 2003 02:53 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf in boodskap news:3f426e09$0$227@hades.is.co.za...
> Ek stem saam. Maar Kruger beteken dalk iets vir iemand anders. Die
> regering gaan Paul Kruger se "legacy" vernietig. Niemand het daai reg nie.
> Nie eers Thabo Mbeki, die Pous of die ANC nie.

Wat is Paul Kruger se legacy? Ek dink dis juis die "legacy" van Paul Kruger
(se oorlogsverklaring) wat die oorheersing van Engels 'n uitgemaakte saak
gemaak het.
- en dit het nou niks te doen met Kruger die mens, of sy tragiese dood ver
van sy mense ens. ens. nie. Mens kon sê sy beeld moet bly oor die Afrikaner
weerstand wat dit simboliseer, maar ek het bedenkinge oor sy "legacy".

Lorinda
Vorige onderwerp: Re: Baxter Response (KILL THE CHICKEN)
Volgende onderwerp: Tsafendas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 01:12:05 MGT 2024