|
|
|
|
| Re: Apies - Raad [boodskap #82417 is 'n antwoord op boodskap #82214] |
Ma., 18 Augustus 2003 13:16   |
FoilCut[1]
Boodskappe: 29 Geregistreer: Mei 2003
|
Junior Lid |
|
|
Daai goete piepie almal ewe stink - you huis ruik naand nes 'n
openbare toilet !
Susan
"Elaine" skryf in boodskap news:3f3bc694$0$229@hades.is.co.za...
> My man het besluit hy wil 'n apie van een of ander aard hê. Ek sweer my
> huis gaan een van die dae soos die Osbournes s'n lyk - meer diere as mense.
> In elk geval, hy wil met alle mag en krag 'n Marmoset hê, maar ek het gelees
> hulle kan vreeslik aggressief raak wanneer hulle in hulle "tiener" jare is.
> As hulle daai ouderdom bereik is dit soms beter vir hulle om 'n maatjie van
> die teenoorgestelde geslag te hê, wat beteken ek sal twee Marmosettes moet
> koop in plaas van net een.
> Die vraag is nou, is daar nie ander apies wat ek kan kry nie? Ek sal darem
> eers ordentelik navorsing doen voordat ek die diertjies gaan koop, ek wil
> net nie wild en wakker gaan staan en apies koop en dan weet ek nie wat om
> met die goedjies te maak nie. Voordat almal begin preek en worry, sal ek
> julle gerusstel, ek het darem tussen diere grootgeword en het al met my eie
> twee hande twee blesbokkies grootgemaak. Wanneer dit by diere kom het ek 'n
> "natuurlike" instink en aangesien ek heeldag by die huis is, sal die apies
> genoeg aandag kry. Ek weet net nie watter spesie die beste vir my sal wees
> nie.
> Die honde sal ook nie 'n probleem wees nie. Hulle is goed gesosialiseer en
> kom goed oor die weg met ander diere. Net nie voëls en katte nie, maar
> hulle het tot dusver geen aggressie teenoor ander mense of diere getoon nie
> (behalwe vir voëls en katte). Enige raad sal waardeer word.
>
> Groete
> Elaine
>
|
|
|
|
| Re: Apies - Raad [boodskap #82424 is 'n antwoord op boodskap #82417] |
Ma., 18 Augustus 2003 15:16  |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek dink nie julle verstaan nie. Ek het nie 'n keuse nie - 'n aap gaat ek 'n
aap kry of ek nou een wil hê of nie, nou maak ek maar net die beste van 'n
slegte saak :))
"FoilCut" skryf in boodskap news:bhqjbv$20l$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Daai goete piepie almal ewe stink - you huis ruik naand nes 'n
> openbare toilet !
> Susan
|
|
|
|