Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Kospakkie
Die Kospakkie [boodskap #82239] Vr, 15 Augustus 2003 06:48 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daar is deur die Kaapse regering besluit om aan elke gesin van 'n visser wat
nie 'n lynvispermit gekry het nie, R500 te gee.
Dit is net van toepassing op die vissers van Kalkbaai, Arniston en
Struisbaai. Die vissers van die Weskus word nie in ag geneem nie.
Nou is daar probleme.
1) Die vissers van Struisbaai kan net by een winkel - Die Kosmandjie - hulle
koepon gaan omruil. Die winkel behoort aan 'n ANC raadslid.
2) Die raadslid beweer hy is net uit die bloute gekontak en gevra om kos te
voorsien in ruil vir die koepons - 'n eenmalige transaksie.
3)Die stadsraad ( ANC meerderheid) beweer hulle het 'n vraelys aan al die
winkels uitgestuur om uit te vind wie bereid is om die kos te voorsien in
ruil vir die koepon. En volgens hulle was die raadslid die enigste persoon
wat daarop reageer het.
Die ander winkeleienaars weet nie een van so 'n vraelys wat hulle sou gekry
het nie.
4) By aanbieding van die koepon, kon die vissers nie kies wat hulle wou hê
nie, en daar was geen pryse op die produkte aangebring nie. Dit was ook nie
opgelui nie - hulle moes die pak aanvaar in ruil vir die koepon.
5) Van die vissers het toe na 'n ander winkel met die pak ontvang gegaan,
wat die produkte
volgens hulle pryse opgelui het, en daar is bevind dat die mense produkte
ter waarde van nagenoeg R350 gekry het in ruil vir die R500 koepon.

Ek neem aan die R150 per koepon wat geneem is, was vir administrasie en die
koste wat gedra word totdat hy sy geld van die regering vir die koepons kan
kry.
Bietjie baie as mens weet die mense ly honger, en dat dit net 'n eenmalige
vergunning was.

Annette
Re: Die Kospakkie [boodskap #82247 is 'n antwoord op boodskap #82239] Vr, 15 Augustus 2003 08:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Hoeveel vissers het koepons gekry.

Hoeveel keer x R150 winsie?

TJ

"Annette" skryf in boodskap news:bhi0i9$trpd$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Daar is deur die Kaapse regering besluit om aan elke gesin van 'n visser wat
> nie 'n lynvispermit gekry het nie, R500 te gee.
> Dit is net van toepassing op die vissers van Kalkbaai, Arniston en
> Struisbaai. Die vissers van die Weskus word nie in ag geneem nie.
> Nou is daar probleme.
> 1) Die vissers van Struisbaai kan net by een winkel - Die Kosmandjie - hulle
> koepon gaan omruil. Die winkel behoort aan 'n ANC raadslid.
> 2) Die raadslid beweer hy is net uit die bloute gekontak en gevra om kos te
> voorsien in ruil vir die koepons - 'n eenmalige transaksie.
> 3)Die stadsraad ( ANC meerderheid) beweer hulle het 'n vraelys aan al die
> winkels uitgestuur om uit te vind wie bereid is om die kos te voorsien in
> ruil vir die koepon. En volgens hulle was die raadslid die enigste persoon
> wat daarop reageer het.
> Die ander winkeleienaars weet nie een van so 'n vraelys wat hulle sou gekry
> het nie.
> 4) By aanbieding van die koepon, kon die vissers nie kies wat hulle wou hê
> nie, en daar was geen pryse op die produkte aangebring nie. Dit was ook nie
> opgelui nie - hulle moes die pak aanvaar in ruil vir die koepon.
> 5) Van die vissers het toe na 'n ander winkel met die pak ontvang gegaan,
> wat die produkte
> volgens hulle pryse opgelui het, en daar is bevind dat die mense produkte
> ter waarde van nagenoeg R350 gekry het in ruil vir die R500 koepon.
>
> Ek neem aan die R150 per koepon wat geneem is, was vir administrasie en die
> koste wat gedra word totdat hy sy geld van die regering vir die koepons kan
> kry.
> Bietjie baie as mens weet die mense ly honger, en dat dit net 'n eenmalige
> vergunning was.
>
> Annette
>
Re: Die Kospakkie [boodskap #82256 is 'n antwoord op boodskap #82247] Vr, 15 Augustus 2003 10:11 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek weet nie - maar ek dink daar is 'n hele klomp vissersgesinne op
Struisbaai. ( dit sluit Agulhas in dink ek, want die twee loop mos saam met
dieselfde munisipale kantore)
Kom ons skat dit maar baie konserwatief en baie rofweg op 100 ten minste.
Annette

"Artslink.co.za" skryf in boodskap news:3f3c9aaa$0$229@hades.is.co.za...
> Hoeveel vissers het koepons gekry.
>
> Hoeveel keer x R150 winsie?
>
>
> TJ
>
> "Annette" wrote in message
> news:bhi0i9$trpd$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>> Daar is deur die Kaapse regering besluit om aan elke gesin van 'n visser wat
>> nie 'n lynvispermit gekry het nie, R500 te gee.
>> Dit is net van toepassing op die vissers van Kalkbaai, Arniston en
>> Struisbaai. Die vissers van die Weskus word nie in ag geneem nie.
>> Nou is daar probleme.
>> 1) Die vissers van Struisbaai kan net by een winkel - Die Kosmandjie - hulle
>> koepon gaan omruil. Die winkel behoort aan 'n ANC raadslid.
>> 2) Die raadslid beweer hy is net uit die bloute gekontak en gevra om kos te
>> voorsien in ruil vir die koepons - 'n eenmalige transaksie.
>> 3)Die stadsraad ( ANC meerderheid) beweer hulle het 'n vraelys aan al die
>> winkels uitgestuur om uit te vind wie bereid is om die kos te voorsien in
>> ruil vir die koepon. En volgens hulle was die raadslid die enigste persoon
>> wat daarop reageer het.
>> Die ander winkeleienaars weet nie een van so 'n vraelys wat hulle sou gekry
>> het nie.
>> 4) By aanbieding van die koepon, kon die vissers nie kies wat hulle wou hê
>> nie, en daar was geen pryse op die produkte aangebring nie. Dit was ook nie
>> opgelui nie - hulle moes die pak aanvaar in ruil vir die koepon.
>> 5) Van die vissers het toe na 'n ander winkel met die pak ontvang gegaan,
>> wat die produkte
>> volgens hulle pryse opgelui het, en daar is bevind dat die mense produkte
>> ter waarde van nagenoeg R350 gekry het in ruil vir die R500 koepon.
>>
>> Ek neem aan die R150 per koepon wat geneem is, was vir administrasie en die
>> koste wat gedra word totdat hy sy geld van die regering vir die koepons kan
>> kry.
>> Bietjie baie as mens weet die mense ly honger, en dat dit net 'n eenmalige
>> vergunning was.
>>
>> Annette
>>
>
Vorige onderwerp: Yahoo van lyn af????!!!!!
Volgende onderwerp: Re: Baxter Response
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 01:18:29 MGT 2024