Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » hier's een vir julle
hier's een vir julle [boodskap #8050] Wo, 15 Januarie 1997 00:00 na volgende boodskap
hwa...  is tans af-lyn  hwa...
Boodskappe: 31
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Siende dat hierdie nuusgroep bykans volledig bestaan uit die pos van
sentimentele gediggies, pos ek maar my bydrae ook in dié vorm. Opgedra aan al
die ex-pats wat so baie te sê het omdat daar so baie kilometers tussen hulle
en Suid-Afrika is. Verskoon maar dat die ritme en die beeldspraak, dis nou nie
Breyten nie.

Ballade vir 'n vlugteling (a la SAUK TV)

Ek's 'n eks-Afrikaner en het fokkol te doen
ek sit in die buiteland wat my so erg verveel
so ek pos maar gediggies en resepte vir pampoen
want verder is ek met kennis maar karig bedeel

Ek maak maar asof ek na die suidergrond verlang
die mense, die plekke, die boeke en die weer
maar eintlik is ek vir die land skytbang
ek hoor dan die plek word deur swartes beheer

Ek sit in die vreemde en maak baie geld
vergeet daagliks hoe lyk 'n plakkershut
hoe droog is die karoo en die ou bosveld
hoe kraak die smiles tussen swart en wit

maar praat sal ek praat oor Suid-Afrika
my oordele vel oor die politiek
ek kom nie weer terug nie, maar sal bly kla
oor die verstokte wit ras en die Franskraal kliek

solank jy my uitlos en my net nie vra
om terug te keer na Suid-Afrika

Groete uit Suid-Afrika (dis so 'n kleinerige land aan die onderpunt van
Afrika, kaarte in nieu-seeland, kanada, australie en engeland behoort dit aan
te dui, soek maar)

herman
Re: hier's een vir julle [boodskap #8059 is 'n antwoord op boodskap #8050] Vr, 17 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
herman (hwa...@burger.naspers.co.za) wrote:
: Siende dat hierdie nuusgroep bykans volledig bestaan uit die pos van
: sentimentele gediggies, pos ek maar my bydrae ook in dié vorm. Opgedra aan al
: die ex-pats wat so baie te sê het omdat daar so baie kilometers tussen hulle
: en Suid-Afrika is. Verskoon maar dat die ritme en die beeldspraak, dis nou nie
: Breyten nie.

: Ballade vir 'n vlugteling (a la SAUK TV)

: Ek's 'n eks-Afrikaner en het fokkol te doen
: ek sit in die buiteland wat my so erg verveel
: so ek pos maar gediggies en resepte vir pampoen
: want verder is ek met kennis maar karig bedeel

: Ek maak maar asof ek na die suidergrond verlang
: die mense, die plekke, die boeke en die weer
: maar eintlik is ek vir die land skytbang
: ek hoor dan die plek word deur swartes beheer

: Ek sit in die vreemde en maak baie geld
: vergeet daagliks hoe lyk 'n plakkershut
: hoe droog is die karoo en die ou bosveld
: hoe kraak die smiles tussen swart en wit

: maar praat sal ek praat oor Suid-Afrika
: my oordele vel oor die politiek
: ek kom nie weer terug nie, maar sal bly kla
: oor die verstokte wit ras en die Franskraal kliek

: solank jy my uitlos en my net nie vra
: om terug te keer na Suid-Afrika

: Groete uit Suid-Afrika (dis so 'n kleinerige land aan die onderpunt van
: Afrika, kaarte in nieu-seeland, kanada, australie en engeland behoort dit aan
: te dui, soek maar)

: herman
Vat hom flaffie!

Jy moet net oppas vir die NetNazi's - hulle sal jou modem verstop! En dalk
nog vra dat jy ASSEBLIEF tog jou modem-belasting betaal - maar jy kan darem
by Toe-Toe en Bo-Rein (Onder-?) vir amnestie aansoek doen, en/of bieg dan
kan Koos weer vir ons 'n lekker artikel skryf.

Dries Venter
Re: hier's een vir julle [boodskap #8078 is 'n antwoord op boodskap #8050] Ma, 20 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Ek's 'n eks-Afrikaner en het fokkol te doen
> ek sit in die buiteland wat my so erg verveel
> so ek pos maar gediggies en resepte vir pampoen
> want verder is ek met kennis maar karig bedeel
>

Um, ek't 'n vermoede dat nog nie een eks-suid-afrikaner 'n gedig hier gepos
het nie. (Help my as ek verkeerd is Gloudina). Dis almal locals sover ek
kan uitmaak.

Janee, dis wraggies nie Breyten nie.
Re: hier's een vir julle [boodskap #8100 is 'n antwoord op boodskap #8050] Di, 21 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
>> Ek's 'n eks-Afrikaner en het fokkol te doen

>
> Um, ek't 'n vermoede dat nog nie een eks-suid-afrikaner 'n gedig hier gepos
> het nie. (Help my as ek verkeerd is Gloudina). Dis almal locals sover ek
> kan uitmaak.

Weet Herman se baas dat hy sit en droogmaak op
maatskappy-tyd by die werk?
Waar bly Breyten deesdae? Is hy ekspatriaat of is
hy nie?
Gloudina
Re: hier's een vir julle [boodskap #8101 is 'n antwoord op boodskap #8050] Di, 21 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 22 Jan 1997 01:11:02 GMT, hwa...@burger.naspers.co.za (herman
wasserman) wrote:

groener weivelde oorsee te gaan soek. Miskien is hulle nog burgers[/color]
> van SA, maar het gekies vir meer geld/meer veiligheid/watookal oorsee.
> En dis fine met my, hulle kan doen net waarvoor hulle lus kry. Maar
> dan moet hulle nie probeer om deel te wees van 'n debat oor 'n land
> waarvan hulle nie meer deel is nie. Talk is cheap but money buys the
> whisky. Of so iets. Dis in elk geval 'n lekker quote. Maar dis ook nie
> Breyten nie, né.>>>

Maak 'n onderskeid tussen die debat oor die land en die debat oor en
om die taal en die debat oor die kultuur en die debat oor die sg.
"Afrikaners" en hul onlangse verlede.

Daar is vier van hulle (ai die lewe kan so complicated wees, ne?)

Oor die debat oor die land stem ek saam met jou het hulle, die exiles,
nie veel te se nie. Dis nou oor die hier en nou. behalwe natuurlik
waar hulle 'n persepsie van buite skets as deel van die debat. Dis 'n
persepsie wat ek voel baie, baie nodig is. Al strip 'n mens se moer so
nou en dan daarvoor as dit kom.

Hulle het nie veel te se oor die sypaadjie-werklikhede van SA NOU en
HIER nie.
Soos misdaad in Jhb. Hullekan nie juis aan ons preek dat "dit nou so
sleg daar by julle gaan bla bla bla" nie want hulle is nie hier nie.
Hulle ken dit nie hier nie.

Maar hulle kan natuurlik vra.
Soort van se: "Ek lees dis so erg, lig my in of dit waar is asb."

Ek strip vir die wat die land verlaat het omdat hulle voorspel het dat
die land in die drain gaan afgaan en nou sit hulle oorsee en skreeu:
"kyk! kyk! die land is in die drain! kyk!"
Maar van hulle het ek nog nie op die nuusgroep raakgeloop nie. Ten
minste nie so dat 'n mens dit rerig agterkom nie.

Ek hou ook nie van mense wat die land verlaat vir groener weivelde en
dan oorsee sit en kerm oor hoe graag hulle weer hier wil bly nie.
Hulle kan terugkom - anders moet hulle die mense raak wat hulle gekies
het om te gaan word.
Maar van hulle is hier nie juis op die groep nie.

Dit is natuurlik te onderskei van werelde in ander tye en plekke waar
'n mens grootgeword het en die sing oor daardie goue tye en plekke wat
ons almal verloor het. Die land van jou jeug ens.
Die onderskeid is dalk fyn, maar hy is duidelik.

Wat die ander debatte betref - taal, kultuur en geskiedenis - het die
wat die land verlaat het 100 persent reg op deelname, na my mening.
(Terwyl ek dit skryf besef ek hulle kan in elk geval se wat hulle wil
oor wat hulle waar hulle wil en niks wat ek of jy doen kan hulle keer
nie!)

Die rede is eenvoudig: Dis hulle taal. Dalk het jy agtergekom dat
hulle dit nog praat en hoe lief hulle daarvoor is.

Dis hulle kultuur. Al brand hulle die fakkel in die vreemde. Net soos
die Griekse kultuur steeds die kultuur van Grieke in SA is.

Die geskiedenis is ook hulle s'n. Die foute en die vrese en die
ontsettende eensaamheid en woede wat saam met ons verlede van die
afgelope paar dekades kom, is hulle s'n ook.
Hulle het dit help maak of beveg of wat ook al.

Die verwerking daarvan is ook hulle proses.
Die vreugde as die hede uitwerk is ook hulle s'n.

Ek kom van Oudtshoorn af. Ek het daar grootgeword.
Ek bly reeds sedert die 70's nie meer daar nie.
Ek kom nog een keer per jaar daar.
En dis my dorp ook swaer.
En as jy sou wou aanvoer dat omdat ek nie meer daar bly nie durf ek
niks daaroor se nie, kan jy gaan kak.

Maar ek sal nie hier sit en vir almal vertel presies hoe goed of sleg
die stadsraad nou daar doen nie. Want ek weet nie.

Maar dis myne.

Op dieselfde wyse was wat SA nog die mense s'n is.

Jy kry waarskynlik nou al die prentjie.

Dit wat hulle pos, is in elk geval baie meer waardevol vir AFRIKAANS
(en dis waaroor die nuusgroep gaan) as wat jy tot dusver gedoen het.

Wat jy se is 'n variase van wat reeds hier gesien is: Mense wat aan
Nederlanders gese het hulle moet nie hier pos nie want hulle is
Hollanders en nie Afrikaners nie.
Ewe verkeerd natuurlik.

En een ander ding: EK IS KOOS, OK!!!!!!!!!!!!!!!????!!!!

N.S. Goudina: Breyten woon nie in SA nie. Steeds in Frankryk, as ek
dit reg het. En hy skryf in Engels.

(Maar dit weerhou hom nie om soos 'n outydse broederbonder tekere te
gaan as hy die slag hier kuier nie.)
Re: hier's een vir julle [boodskap #8117 is 'n antwoord op boodskap #8050] Wo, 22 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hwa...  is tans af-lyn  hwa...
Boodskappe: 31
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
My liewe ou Charltjie

Eks-Suid-Afrikaners is volgens my definisie mense wat besluit het om
groener weivelde oorsee te gaan soek. Miskien is hulle nog burgers
van SA, maar het gekies vir meer geld/meer veiligheid/watookal oorsee.
En dis fine met my, hulle kan doen net waarvoor hulle lus kry. Maar
dan moet hulle nie probeer om deel te wees van 'n debat oor 'n land
waarvan hulle nie meer deel is nie. Talk is cheap but money buys the
whisky. Of so iets. Dis in elk geval 'n lekker quote. Maar dis ook nie
Breyten nie, né.

Groete
Herman
Re: hier's een vir julle [boodskap #8135 is 'n antwoord op boodskap #8050] Do, 23 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Koos, (dis nou die ou Koos, nie Koos Kakkies nie),
het hier 'n lang brief geskryf wat hy verduidelik oor
Afrikaners en die buiteland en so aan.
Baie dankie.

Ek stem 100 persent saam, jy spaar my baie moeite,
en baie elektroniese nulletjies en enetjies oor die NET.
Sela.

Dit beteken natuurlik nie dat almal van julle
ook maar lekker kakpraat partykeer nie ne^ ?

Vriendelike groete.

NS: Ek is 'n AFRIKANER. Ek is trots daarop.
Ek is julle nie-amptelike ambassadeur hier in Australie.
Party van julle is ondankbare bliksems !
Dis genoeg gesê.
Re: hier's een vir julle [boodskap #8168 is 'n antwoord op boodskap #8050] Vr, 24 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Koos wrote in article ...
> On Wed, 22 Jan 1997 01:11:02 GMT, hwa...@burger.naspers.co.za (herman
> wasserman) wrote:
>
>
> N.S. Goudina: Breyten woon nie in SA nie. Steeds in Frankryk, as ek
> dit reg het. En hy skryf in Engels.

Hy bly so tussen die twee. Ek dink waarskynlik nou meer hier want hy is
gecommission om 'n boek hier te skryf.
>
> (Maar dit weerhou hom nie om soos 'n outydse broederbonder tekere te
> gaan as hy die slag hier kuier nie.)

Ek het so ruk terug 'n ding bygewoon waar hy gepraat het en wraggies, die
man is blerrie goed. Nav sulke goed soos sy retro-broederbond neigings dink
hy is maar net uit om bietjie self promotion te doen, iets waarvoor, dink
ek, hy nogal 'n knack het.
Re: hier's een vir julle [boodskap #8207 is 'n antwoord op boodskap #8050] Ma, 27 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Chr.O. van der Veen  is tans af-lyn  Chr.O. van der Veen
Boodskappe: 9
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Omdat het de gewoonte is, op deze nieuwsgroep gedichtjes te posten,
krijgen jullie nu een van mij:
Uit: Kun je nog zingen, zing dan mee, P. Noordhof (uitg) Groningen
Batavia 1948
Wag-hondjies door: J.F.E. Selliers, melodie van Corn. Dopper
Oorgeneem uit die digbundel "Die Saaier"

Ek is hier en ma is hier,
waf,waf,waf,waf,waf,waf,waf,
Ons twee le op baas se baadjie,
Wie is jy? Kom loop verby!
Ander word ons knor 'n daadjie,
kry jou bene dalk 'n hap,
kry jou broekspyp dalk 'n gaatjie!
Mooipraat? Nee, ons ken jou nie.
Weg jou hand en raak ons nie!
waf (12x) Pasop!

"Oppas" het die baas gese,
waf (7x)
tot ek weerkom hier bly le,
op ons pootjies le ons kop,
maar ons hou jou daarem dop!
toeoog slaap ons op die baadjie,
maar ons loer nog deur 'n gaatjie,
een oor plat en een oor op,
"Oppas het die baas gese.
waf (12x) Pasop!

En wie zou nu voor mij Sarie Marijs willen posten?
"O, breng my terug naaar die Ou Transvaal, daar waar my Sarie woon..."
Vriendelijke Groeten, Chris van der Veen
Vorige onderwerp: "Trans-vaal" deur PETRA MULLER
Volgende onderwerp: "Brief aan God" van SARINA DO"NGES
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 21:20:35 MGT 2024