Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Oordeel op Vergenoeg " deur DONALD RIEKERT
" Oordeel op Vergenoeg " deur DONALD RIEKERT [boodskap #82031] |
Sun, 10 August 2003 18:33 |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Donald W. Riekert
Oordeel op Vergenoeg
Die ou Thlaro-kaptein smeer
die rosynlat bokvet en sê
vir Petrus My bokwagter
Die soet rosyntjie sal jou
laat soebat oor die wegraaklam
Die blokmanne trek hom vas
teen die kameeldoringhout
en met die derde swaai proe
Petrus die bloed van die lam
wie se ooi nou nog staan
blêr by Vergenoegfontein
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Tue Feb 18 00:15:21 UTC 2025
|