| Al hoe gouer [boodskap #81862] |
Wo., 06 Augustus 2003 10:27  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Voormalige bestuurder van die Overberg munisipaliteit, wat na twee jaar
van sy 7 jaar kontrak gedwing was om sy pos te verlaat agv van sy onvermoë
om sy werk te kan doen, gaan 'n 3 miljoen goue handdruk kry.
Die totale begroting vir die area vir die jaar is 160miljoen.
Verlede jaar, na die oorlopery, was daar groot ongelukkigheid toe die
bestuurder van die Kaapse munisipaliteit afgedank is omdat hy deur die nou
minderjeidsparty aangestel is, 'n 1 miljoen goue handdruk gekry het.
Kaapstad het 'n jaarlikse begroting van R9 biljoen.
Die onbevoegde skielike ryke is aangestel in 2001 deur die ANC -aangestelde
burgemeester van Theewaterskloof, Ellen Jansen.
Annette
|
|
|
|
|
|
| Re: Al hoe gouer [boodskap #81874 is 'n antwoord op boodskap #81870] |
Wo., 06 Augustus 2003 12:01   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek het vergeet om te meld dat die bestuurder van Kaapstad 'n baie bekwame
persoon was wat sy werk verloor het suiwer deur steekse politiekery.
Ek vind dit al hoe moeiliker om te begryp hoe hulle stede wil bedryf soos
besighede, maar die besluitnemingsprosesse hang af van opportunistiese
politici.
Annette
"Glücklich" skryf in boodskap news:9u5Ya.1433$ta2.1390@fe05.atl2.webusenet.com...
>> 'n Voormalige bestuurder van die Overberg munisipaliteit, wat na twee jaar
>> van sy 7 jaar kontrak gedwing was om sy pos te verlaat agv van sy onvermoë
>> om sy werk te kan doen, gaan 'n 3 miljoen goue handdruk kry.
>> Die totale begroting vir die area vir die jaar is 160miljoen.
>>
>> Verlede jaar, na die oorlopery, was daar groot ongelukkigheid toe die
>> bestuurder van die Kaapse munisipaliteit afgedank is omdat hy deur die nou
>> minderjeidsparty aangestel is, 'n 1 miljoen goue handdruk gekry het.
>> Kaapstad het 'n jaarlikse begroting van R9 biljoen.
>>
>> Die onbevoegde skielike ryke is aangestel in 2001 deur die ANC-aangestelde
>> burgemeester van Theewaterskloof, Ellen Jansen.
>> Annette
>>
>
> Dit maak my siek!!!
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Al hoe gouer [boodskap #81924 is 'n antwoord op boodskap #81894] |
Do., 07 Augustus 2003 06:42  |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Foei tog. En wat julle daar in Kanada doen is nou die voorbeeld vir almal?
"@rogers.com" wrote in message
news:FD8Ya.64565$4UE.20445@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Suidwester" wrote
>
>> Nou raak jy skielik baie wys. Vertel dit vir die ou antie in sneeustad!
>
> Julle arme mense, wat niks weet van wat in die res van die
> wereld gebeur nie, en dan sit en pontifikeer en pontifikeer
> en pontifikeer. Weet julle wat die Amerikaner bedoel as
> hy praat van " pork" en wat ons hier in Kanada " patronage"
> noem.
>
> Tant Hessie van Putsonderwater
>
|
|
|
|