Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Dis al " van JAN F.E. CILLIERS
"Dis al " van JAN F.E. CILLIERS [boodskap #8186] |
Sun, 26 January 1997 00:00  |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
As iemand my sou vra wat die grootste gedig
in Afrikaans is, sou ek die volgende gedig kies:
DIS AL
Jan F.E.Cilliers
Dis die blond,
dis die blou:
dis die veld,
dis die lug;
en 'n voël draai bowe in eensame vlug -
dis al.
Dis 'n balling gekom
oor die oseaan,
dis 'n graf in die gras,
dis 'n vallende traan -
dis al.
Dit het my spesiaal getref toe ek die volgende
woorde van Mathews Phosa lees in November
1996 uitgawe van De Kat, waarin daar 'n onder-
houd met hom is, gedoen deur Johann de Lange.
"Cilliers het sy gedig 'Dis al' nie bedoel as
revolusione^re gedig nie, maar as ek dit lees
dan besef ek hy praat van vroue wat in kon-
sentrasiekampe geplaas is, wat verkrag en
vermoor is. En ek dink: wat van die town-
ships, van my eie ervarings.Ons moes 'n les
geleer het uit daardie ervaring, maar ons het
nie. Dit het ons meer as veertig jaar geneem
om die les te leer, maar dit is goed dat ons dit
geleer het...."
Dit ontroer my dat 'n nuwe geslag ook hierdie gedig
as betekenisvol kon sien, hul eie kon maak.
Gloudina Bouwer
|
|
|
|
|
|
|
Re: DIS AL van Jan F.E. Cilliers [boodskap #8300 is 'n antwoord op boodskap #8186] |
Fri, 31 January 1997 00:00  |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: May 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Stefan Harms het geskryf:
<<>Die weergawe wat op skool die rondte gedoen het, gaan as volg:
>
> Dis die koei,
> dis die stal,
> dis die mis wat val,
> dis al...>>>
Toe skryf koos: >Daar was ook 'n ander een....
Maar Koos laat 2 reels uit, dit gaan eintlik so:
Dis die blond
dis die blou
dis die Brooklax wat ek kou
dis die pyn op my maag
wat my levitrie toe jaag
Dit die Kakhuis se deur
wat my keer.
Dis helse gevloek
en 'n gekak in my broek.
Dis al.
My verskoning aan Gloudina om 'n pragtige gedig so te vermorsel.
Terloops: Onthou julle daai een van
"DIE PAARL SE JAARLIKSE POEPWEDSTRYD" ????
Dit het so die rondte gedoen by al die hoerskole in die kaap.
Vieslik en skatalogies sou my vrou sê,
maar vir my was dit vreeslik snaaks.
Ek wonder of ek dit nog iewers het....
Leendert skryf hy hou nie van De Kat nie...
Ek het ook my probleme daarmee.
Maar ek kry nou "INSIG", en ek is baie beindruk daarmee.
Dit het baie artikels oor politiek, letterkunde, kuns en kultuur,
en dit is darem nie te verkramp nie.
Vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
|
|
|
Re: DIS AL van Jan F.E. Cilliers [boodskap #8301 is 'n antwoord op boodskap #8300] |
Fri, 31 January 1997 00:00  |
Stefan Harms
Boodskappe: 35 Geregistreer: October 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
In article , gal...@ibm.net wrote:
(dele uitgelos)
> Dis helse gevloek
> en 'n gekak in my broek.
> Dis al.
>
> My verskoning aan Gloudina om 'n pragtige gedig so te vermorsel.
Ons praat nou van die verskil tussen *pragtige* en *kragtige* gedigte -
In 'n verlate spoorwegwerkswinkel op Usakos, het iemand die volgende
kragtige gediggie op 'n muur gekras:
James Bond
het 'n hond
met 'n bont kont.
(as daar gras in Usakos daardie jaar was, sou ons van 'n grass-roots level
gedig gepraat het.)
--
Stefan...@mbnet.mb.ca
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 15 03:35:09 UTC 2025
|