Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » EINDE VAN DIE EEU
EINDE VAN DIE EEU [boodskap #8115] |
Wed, 22 January 1997 00:00  |
Danie Martins
Boodskappe: 37 Geregistreer: September 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ek het op my tuisblad (http://www.pix.za/nakkie-die-nar)
vir my lesers gevra wanneer dat die volgende eeu begin.
Ek het lekker terugvoering ontvang. Gaan loer bietjie daar
in en lees wat die ouens dink. Sommige sweer op 1.1.2000
en ander sê: "Aikona, dit moet 1.1.2001 wees."
Wanneer dink jy moet jy jou klappers gaan koop om die
nuwe eeu te verwelkom?
Stuur my asseblief jou mening na dm...@pixie.co.za
Groete,
Danie Martins
|
|
|
|
|
|
Re: EINDE VAN DIE EEU [boodskap #8166 is 'n antwoord op boodskap #8115] |
Fri, 24 January 1997 00:00   |
Dries Venter
Boodskappe: 299 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jonnie (jon...@anon.ac.za) wrote:
: In article ,
: "Antiochus" wrote:
: >jy vergeet dat mens die jaar 0 uitgelaat het. ons nuwe gregorianiese
: >kalender was in die sestiende eeu saamgestel, deur baie geleerde mense,
: >maar hul het ook foute gemaak: hulle het eenvoudig 'n jaar vergeet.
: >
: Beteken dit nou dat die hele res van die wêreld vir alle ewigheid soos
: poepholle moet redeneer net omdat een poephol in die sestiende eeu n fout
: gemaak het? Is inteligente mense dan nie veronderstel om die foute in die
: verlede te probeer regmaak nie?
: --
: Jonnie
:
Glo my vry, die foutjie wat ou Gregorius gemaak het deur die weglating van
jaar 0 is nie een wat jy sommer ligtelik sal wil regmaak nie - die
implikasies is ongeloofliok kompleks. maar iets wat interessant is is dat
die stelsel wat hy uitgewerk het eintlim vrek goed werk, en as jy nou dink
aan die tipe wiskunde wat en wetenskap waarop hy hom kon verlaat, is dit
hoogs akkuraat gedoen (sekerlik het hy nie alles uitgewerk nie, daar was 'n
astronoom ook in die prentjie), soveel so dat dit nog slegs nodig was om 'n
paar baie klein verstellings aan die kalender te maak ('n paar sekondes op
'n slag). Hy's die een wat die stukkie bygelas het van 'n "skrikkeleeu" -
as die jaar deur 400 deelbaar is, is daar geen skrikkeldag in daardie jaar
nie.
Kan iemand vir ons verduidelik hoe die Moslem-kalender werk? Die
verduideliking wat ek in Encarta gesien het, is soos 'n Boeing by my verby -
ver bo my kop.
Dries Venter
Pretoria
|
|
|
|
Re: EINDE VAN DIE EEU [boodskap #8179 is 'n antwoord op boodskap #8115] |
Sat, 25 January 1997 00:00  |
Antiochus
Boodskappe: 5 Geregistreer: January 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Jonnie wrote in article
...
> Beteken dit nou dat die hele res van die wêreld vir alle ewigheid soos
> poepholle moet redeneer net omdat een poephol in die sestiende eeu n fout
> gemaak het?
niemand dwang ons om te redeneer nie, nie waar nie?
> Is inteligente mense dan nie veronderstel om die foute in die
> verlede te probeer regmaak nie?
>
meen jy werklik dat dit so belangrik is? ek dink ons het vandag genoeg
gewigtige probleme en hoof nie ook nog die kalender waaran ons lank gewoon
is te verander nie. ek is nou 19 en dit sou vir my nie van belang wees as
ek nie 1977 egter 1976 gebore sou wees nie. (hoop _ek_ het nie te veel
foute gemaak nie... het 'n paar dae gelede begin om in dié nuusgroep te
lees en te skryf en dis eerste keer dat ek probeer om afrikaans nie net te
praat maar ook te _skryf_... het dit ook byna 10 jare nie gepraat nie,
nadat my ouma gesterf het)
>
> --
> Jonnie
>
>
clement j w zeitlhofer-adderton, wenen, oostenryk
cz...@blackbox.at
|
|
|
Re: EINDE VAN DIE EEU [boodskap #8180 is 'n antwoord op boodskap #8115] |
Sat, 25 January 1997 00:00  |
Jan Grootenhuis
Boodskappe: 16 Geregistreer: May 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In article , ven...@ilink.nis.za (dries venter) writes:
> Kan iemand vir ons verduidelik hoe die Moslem-kalender werk? Die
> verduideliking wat ek in Encarta gesien het, is soos 'n Boeing by my verby -
> ver bo my kop.
>
> Dries Venter
> Pretoria
Die FAQ oor kalenders bevat alles en nog wat oor die ontwikkeling van
ons kalenders (Islam, Joods, Juliaans, Gregoriaans, ens.). Dit is
beskikbaar by
ftp://rtfm.mit.edu/pub/usenet-by-hierarchy/soc/history/
Calendar_FAQ,_v._1.6_(modified_26_Dec_1996)_Part_1_3
Daar is ook 'n Part_2_3 en Part_3_3. Soos alle FAQ's is die naam
belaglik lank. Dit word van tyd tot tyd in news.answers, sci.astro, en
soc.history gepos. Daar is wonderlike stories in soos die
volgende:
: Sweden has a curious history. Sweden decided to make a gradual change
: from the Julian to the Gregorian calendar. By dropping every leap year
: from 1700 through 1740 the eleven superfluous days would be omitted
: and from 1 Mar 1740 they would be in sync with the Gregorian
: calendar. (But in the meantime they would be in sync with nobody!)
:
: So 1700 (which should have been a leap year in the Julian calendar)
: was not a leap year in Sweden. However, by mistake 1704 and 1708
: became leap years. This left Sweden out of synchronisation with both
: the Julian and the Gregorian world, so they decided to go *back* to
: the Julian calendar. In order to do this, they inserted an extra day
: in 1712, making that year a double leap year! So in 1712, February had
: 30 days in Sweden.
:
: Later, in 1753, Sweden changed to the Gregorian calendar by dropping 11
: days like everyone else.
-- jaco
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 18:25:58 UTC 2025
|