Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sosiale kultuur?
Sosiale kultuur? [boodskap #8012] Sa, 11 Januarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Wouter du Plooy  is tans af-lyn  Wouter du Plooy
Boodskappe: 1
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
So van wanneer het ons, soos gesien in die nuusgroep, meestal blank
afrikaners 'n sosiale kultuur. Ek is 'n ses en twintig jarige blanke man en
al wat ek weet van die afrikaanse kultuur is tweespalt, moord en
verneukery. Enbowendien sit ek ook met al die snert wat my afrikaner
voorsate vir my gelos het. Geen toekoms en totale diskriminasie. Dankie
Verwoerd etcetra vir julle deurligte besluite. In plaas daarvan dat ons
mense na iemand soos Jannie Smuts geluister het, het ons mos maar die Vrees
Malans gevolg. As die nuwe 'regime' miskien 'n goeie opveoding gehad het
soos wat Smuts voorgestel het was ek nie in die posisie waar ekdie land
gaan verlaat nie. DANKIE ALLE SUPER AFRIKANERS, BROEDERS EN REGSES
Re: Sosiale kultuur? [boodskap #8067 is 'n antwoord op boodskap #8012] Ma, 20 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tierkat  is tans af-lyn  Tierkat
Boodskappe: 12
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Nee o hel Wouter..... te veel depressie vir 'n hele blerrie leeftyd. Sit
tog die rooskleurige bril op en oordink dinge bietjie.....

Afrikaner kultuur bestaan nie net uit politiek nie.... lees 'n paar van
Gloudina se gedigte....veral die meer huidige en waardeer jou taal:
Luister na bietjie Afrikaanse musiek en waardeer die fyn humorsin wat jou
erfenis is.....dis nou as jy dit wil he. Gaan kyk krieket of rugby en wees
mens en gooi iemand met 'n nartjie - verkieslik 'n vrotterige een..:-) -
en raak asseblief van van die frustrasie ontslae. O ja en eet die anner
nartjies net omdat hulle vrek lekker is en jy sulke lekkeres kan kry in
Suid Afrika. Kry vir jou 'n rugsak en loop stap in die berge en waardeer
die pragtige land wat jou erfenis is en tot groot mate deur die insig van
jou Afrikaner voorsate bewaar en aan jou nagelaat is. Besoek die
Kaap/Weskus..... koop 'n snoek van 'n klein vissersboot en gesels met jou
landgenote.... jy sal vind hulle haat jou nie, maar maak 'n hele nuwe
wereld van menswees en leef vir jou oop... LAG SAAM MET HULLE..... en lag
my vriend....die kom ge"guaranteed".....:-)).
Doen dieselfde ding op die blomme mark in die Kaap..... / die groente
venter langs die straat.... en die ou wat jou worsrolletjie( met regte
boerewors) oor middagete aan jou verkoop.... en sien hoe lekker die lewe
kan wees.

'n Gedagte oor die politieke erfenis.....Ek soos baie ander jong
Afrikaners het nie Apartheid daar gestel nie..... het altyd my individuele
bydrae gemaak om daarvan ontslae te raak.... probeer leer daaruit om
sodoende nie foute van die verlede te herhaal nie..... MAAR weier om 'n
persoonlike skuldgevoel daaroor te he. DIT maak jou net depressief.... en
minder ontvanklik vir die goeie dinge wat rondom jou gebeur. Hou op om te
wonder wat kon wees en leef vir dit wat kan wees

Einde vannie spiets....:-)
Hoop vandag is die eerste van verskeie wonderlike dae in sonnige Suid
Afrika

Hester
Re: Sosiale kultuur? [boodskap #8172 is 'n antwoord op boodskap #8012] Sa, 25 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
GJJ Korf  is tans af-lyn  GJJ Korf
Boodskappe: 9
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ons verstaan- maar u moet die kultuur behou- daar moet nie skuldigheid
wees nie...

Afrikaners die dink aan die verlede regering en die skuldigheid sal gek
woord...

Daar is 'n plaas in die nuwe RSA, en die Afrikaners moet sy eie toekoms
vind.

Vergiet Aparthied, Malan en die anders. Hulle is dood- maar u oorbly...
Sal u dood wees met Apartheid ook? Niet!

Tot siens Afrikaner
(van 'n amerikaner)
Vorige onderwerp: Re: Afrikaans wedding greetings
Volgende onderwerp: wat beteken "geskiedenis"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 23:31:57 MGT 2024