Dr. Kelly selfmoord en die media [boodskap #81596] |
Fri, 01 August 2003 06:45  |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Tydens 'n BBC-program "Reporters" ongeveer 10 dae gelede merk 'n Amerikaanse
joernalis op dat Dr. David Kelly gereeld met die media gepraat het oor sy
insae mbt WMV in Irak. Volgens die joernalis het die betrokke
BBC-verslaggewer vir Dr. Kelly verhef tot 'n "koverte" bron - soortgelyk as
Watergate se "deep-throat". Die BBC-verslaggewer het egter sy "koverte"
informant se inligting so aangewend dat Kelly se kollegas hom as die
BBC-informant herken het. Kelly was 'n lam ter slagting.
Wie beheer die media om soortgelyke gevalle te voorkom? Wie waak oor die
wagte?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Dr. Kelly selfmoord en die media [boodskap #81661 is 'n antwoord op boodskap #81654] |
Sat, 02 August 2003 07:30  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Miskien is dit bietjie gou om te praat, maar ek dink Dr Kelly gaan lank
onthou word as die eerste persoon wie se selfmoord gelei het tot 'n eerste
minister se openbare ondervraging.
Annette
"Jonas" skryf in boodskap news:bgf88c$prr$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Katryn - na watter sg. "feitelikhede" verwys jy waar die fout(e) gemaak is?
> Of reflekteer "ons" bloot op ons eie tekortkominge hier ;-))
> "Katryn" wrote in message
> news:elhlivsm1l8nooctj3rndeji984gtoutkh@4ax.com...
>> "Lorinda" wrote:
>>
>> Jonas: Daar was onlangs 'n soortgelyke geval in die VSA (Washington
>> Post ?) waar die verslaggewer blykbaar oor 'n tydperk vals inligting
>> gepubliseer het.
>>
>> Katryn: Dalk bedoel jy Jayson Blair van die New York Times?
>>
>> Lorinda: Dit is wat ons bedoel. Dankie Katryn.
>>
>> Katryn: Plesier. Ek kon net nie langer op my hande sit nie. :-))
>> Vals inligting is darem ook baie anders as plagiaat. Wees maar altyd
>> versigtig vir Jonas se "feite". :-))
>>
>
|
|
|