| Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81451] |
Wo., 30 Julie 2003 21:40  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Gister is 'n dogtertjie in Rustenburg gebore. Die ma is 'n
dogter van 'n swaer van my. Vanoggend kon ons die foto
van die twee dae oud babetjie op die hospitaal se webblad
sien. Ek twyfel of ons al hier in Ontario so gesofistikeerd
is.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81459 is 'n antwoord op boodskap #81457] |
Do., 31 Julie 2003 04:46   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Is daar 'n provinsiale hospitaal in Rustenburg?
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3f2854d4$0$225@hades.is.co.za...
> O, en die adres asb :-)
>
> E
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:gXWVa.2377$4UE.815@news01.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
>> Gister is 'n dogtertjie in Rustenburg gebore. Die ma is 'n
>> dogter van 'n swaer van my. Vanoggend kon ons die foto
>> van die twee dae oud babetjie op die hospitaal se webblad
>> sien. Ek twyfel of ons al hier in Ontario so gesofistikeerd
>> is.
>>
>> Gloudina
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81462 is 'n antwoord op boodskap #81461] |
Do., 31 Julie 2003 06:33   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Wat bedoel jy - nie die babatjie in die hospitaal kry nie, of nie die
babatjie se foto op die webblad nie?:)
Annette
"Chris" skryf in boodskap news:pan.2003.07.31.05.52.00.858031@netscape.net...
> On Thu, 31 Jul 2003 07:35:26 +0200, Chris wrote:
>
>> On Thu, 31 Jul 2003 00:16:46 +0000, @rogers.com wrote:
>>
>
>>> "Elaine" wrote
>
>>>> Watse hospitaal?
>
>>> Ferncrest hospitaal in Rustenburg.
>>
>> Ferncrest is 'n privaat hospitaal. Ek belowe jou jy sal dit nie op PTA
>> Akademiese Hospitaal se web blad sien nie, want hulle het nie eers een nie,
>> en ek glo ook nie jou swaer se dogter sal haar kind daar wil kry nie.
>
> Jammer my vout hulle het 'n web blad, maar ek glo nog steed sy sal nie
> haar kind daar wil kry nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81465 is 'n antwoord op boodskap #81463] |
Do., 31 Julie 2003 06:47   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Gaaf - maar ons het nou alreeds gehoor die haglike hospitaal was 'n privaat
een:)
Ek weet nie hoe lank jy al hier op die ng lees nie, maar as jy teruggaan sal
jy agterkom dat niemand vir Gloudina sal kan oortuig dat die toestande in
die provinsiale hospitale haglik is nie. Vir haar is 'n hospitaal 'n
hospitaal, privaat of te not.
Nou die dag in Karl Bremer hoor ek 'n gesprek tussen twee dokters. Die een
dokter beweer dat 'n sekere soort medikasie nodig is om 'n kind effektief te
help, en die senior dokter se antwoord was dat die dokter tog weet dat hulle
nie toegelaat word om daardie medikasie te gebruik nie, omdat dit te duur
is, en dus nie in voorraad is nie.
Die eerste dokter wou toe weet van wanneer af, en die antwoord was van die
vorige week af.
Annette
"Chris" skryf in boodskap news:pan.2003.07.31.06.39.48.416778@netscape.net...
> On Thu, 31 Jul 2003 06:46:26 +0200, Annette wrote:
> Ja Rustenburg Provinsiale Hospitaal
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81509 is 'n antwoord op boodskap #81490] |
Do., 31 Julie 2003 12:13   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dis waar - maar ten minste in 'n privaathospitaal is die vloere en mure
skoon, die pasiënte hoef nie hul eie kussings en komberse en koppies saam te
neem nie.
My oom is in Panorama by die harteenheid in hoësorg. Hy vra vir 'n radio, en
ons kry toe vir hom 'n walkman, sodat hy nie die ander pasiënte pla nie. Ons
gee die aand 7-uur die geskenk vir hom sodat hy die volgende dag kan rugby
luister - die volgende oggend om 7vm, toe is daardie walkman in stukke - 'n
verpleegster wou die ding werk terwyl my oom slaap, en toe sy nie regkom
nie, toe word dit gebreek.
Moenie dink dat koekie die walkman moes vervang of afgedank is nie.
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3f28e8c9$0$230@hades.is.co.za...
> My suster het in Febr. haar eerste baba by 'n privaat hospitaal gehad. Sy
> het 2-uur die oggend in kraam ingegaan. Toe sy by die hospitaal kom
> ondersoek die kraamsuster haar en hulle vind uit my suster is al 2 vingers
> ontsluit. Sonder dat 'n dokter haar gesien het sê die kraamsuster vir haar
> sy moet huis toe gaan en eers weer so 10-uur se kant terugkom, wanneer sy
> dan omtrent so 5 vingers ontsluit sal wees. Hulle het net eers gekyk of die
> babatjie te groot sal wees of niks nie. My suster was net by die huis toe
> breek haar water. 5-uur is sy terug hospitaal toe. By die hospitaal gekom
> sê dieselfde kraamsuster vir my ousus sy verbeel haar daar's nog baie tyd -
> sy moet maar teruggaan huis toe. Gelukkig het my suster kop gehou en 'n
> ander suster gevra om haar te ondersoek en daar vind hulle uit my suster is
> al 8 vingers ontsluit en reg om die baba te kry. Die dokter is laat kom, en
> daar sit die kleinding vas, en omdat hulle my suster nie behoorlik ondersoek
> het nie - was daar nie meer tyd vir 'n keiser nie. Al's in al's is die
> kleinding toe met 'n gesukkel daar uit en die dokter was glo erg ongelukkig
> met die hospitaal susters gewees. My punt is - 'n privaat hospitaal se
> personeel kan net so vrot wees soos 'n staatshospitaal s'n. Jy weet
> ongelukkig net nie, totdat dit te laat is nie.
>
> E
>
> "Chris" wrote in message
> news:pan.2003.07.31.06.44.02.924843@netscape.net...
>> On Thu, 31 Jul 2003 08:33:33 +0200, Annette wrote:
>>
>> Die web blad is nie sleg nie. Maar ek glo beide. Ek sal nie wil he my vrou
>> moet haar kinders daar kry nie.
>>
>> www.pah.org.za
>>
>>> Wat bedoel jy - nie die babatjie in die hospitaal kry nie, of nie die
>>> babatjie se foto op die webblad nie?:)
>>> Annette
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81518 is 'n antwoord op boodskap #81517] |
Do., 31 Julie 2003 12:45   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Was vanmiddag by een van my kliënte - Toe sy op haar Absa internetbank wou
ingaan met die nuwe nommer wat met die muis ingesit word, kry sy die
boodskap dat die nommer "revoked" is - by navrae word sy toe meegedeel dat
iemand 3 maal probeer het met raaiskote om op haar rekening in te gaan.
Nou moet sy 'n ander 'n ander PIN nommer gaan kry.
Sy het wel bepaal dat daar niks uit haar rekening geneem is nie, maar is
gevra om 'n staat te trek vanaf die begin van die jaar op onkoste van Absa
om te kyk of klein bedraggies onttrek is wat sy nie sou agterkom nie.
Annette
> skryf in boodskap news:3f290df9$0$227@hades.is.co.za...
> Passwords kan net 'n leek uithou. Met die regte sagteware (wat jy sommer op
> die Internet kan download) breek jy maklik deur. As jy regtig mense wil
> uithou praat ons hier van secure servers en encryption. Oor die algemeen
> dink ek hackers stel nie belang in kinders; maar ek sal, omdat ek die
> Internet so goed ken, nie die kans waag nie. Ek raai ook mense af om dit te
> doen - veral met ouer kinders, en veral as jou adres op jou site is. Ek het
> al te veel stelle af getrap met weirdos. Nou die dag gee ek my regte email
> adres vir 'n ou met wie ek al lank op die net kommunikeer, en net daar gaan
> soek hy my foon nommer op en bel my - sommer so asof hy die reg het. Wys
> jou net hoe vinnig kan dinge skeefloop.
>
> E
>
> "Glücklich" wrote:
>>
>> Daar is baie maniere om die fotos te beskerm teen ongewensde persone. 'n Web
>> blaai kan byvoorbeeld met 'n "password " beskerm word wat dan net aan die
>> familie beskikbaar gamaak word.
>>
>> Of hulle dit tot op daardie vlak neem sal ek nie weet nie. En soos jy sê dit
>> is nie verniet nie die 10-20 munute wat dit neem om die fotos te proseseer
>> word sekerlik ingewerk by die prys van die geboorte.
>>
>
|
|
|
|
| Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81519 is 'n antwoord op boodskap #81451] |
Do., 31 Julie 2003 12:49   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ja, maar daardie is tydelike vullis:))
In jou ma se tyd was daar nie 'n vakbond nie...
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3f2911fc$0$230@hades.is.co.za...
> Dis ook nie altyd so skoon nie. My Oupa het verlede week sy been gebreek en
> het in 'n privaat hospitaal hier gelê. Sy kateder het oorgeloop, en my Oupa
> moes maar besoekers ontvang so met die pie op die vloer. Die skoonmakers
> was klaar weg en die verpleegsters gaan nie hulle hande vuil maak deur net
> 'n mop te gryp en gou skoon te maak nie. Dit was absoluut walglik gewees.
> My ma sê toe sy verpleeg het moes hulle alles self skoonmaak. Die matrone
> sou dan met 'n wit handskoen loop en selfs bo-op die kosyne vryf om te kyk
> of dit daar skoongemaak is - deesdae doen hulle dit nie meer nie, en
> verpleegsters maak nie meer skoon nie.
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:bgb2gc$mfn7t$3@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>> Dis waar - maar ten minste in 'n privaathospitaal is die vloere en mure
>> skoon, die pasiënte hoef nie hul eie kussings en komberse en koppies saam te
>> neem nie.
>>
>> My oom is in Panorama by die harteenheid in hoësorg. Hy vra vir 'n radio, en
>> ons kry toe vir hom 'n walkman, sodat hy nie die ander pasiënte pla nie. Ons
>> gee die aand 7-uur die geskenk vir hom sodat hy die volgende dag kan rugby
>> luister - die volgende oggend om 7vm, toe is daardie walkman in stukke - 'n
>> verpleegster wou die ding werk terwyl my oom slaap, en toe sy nie regkom
>> nie, toe word dit gebreek.
>> Moenie dink dat koekie die walkman moes vervang of afgedank is nie.
>>
>> Annette
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81526 is 'n antwoord op boodskap #81490] |
Do., 31 Julie 2003 13:10   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
In Namibië gaan 'n mens net nog na die staatshospitale toe net as jy nie
anders kan nie. Jy moet in elk geval jou eie beddegoed saamvat en as jy
nie wil vrek van die hitte nie, sommer 'n fên ook. Daar is so ietwat van
'n fatalistiese houding.....take it or leave it. Die kwaliteit is maar
so-so. Is jy gelukkig, leef jy!
"Elaine" skryf in boodskap news:3f28e8c9$0$230@hades.is.co.za...
> My suster het in Febr. haar eerste baba by 'n privaat hospitaal gehad. Sy
> het 2-uur die oggend in kraam ingegaan. Toe sy by die hospitaal kom
> ondersoek die kraamsuster haar en hulle vind uit my suster is al 2 vingers
> ontsluit. Sonder dat 'n dokter haar gesien het sê die kraamsuster vir haar
> sy moet huis toe gaan en eers weer so 10-uur se kant terugkom, wanneer sy
> dan omtrent so 5 vingers ontsluit sal wees. Hulle het net eers gekyk of die
> babatjie te groot sal wees of niks nie. My suster was net by die huis toe
> breek haar water. 5-uur is sy terug hospitaal toe. By die hospitaal gekom
> sê dieselfde kraamsuster vir my ousus sy verbeel haar daar's nog baie tyd -
> sy moet maar teruggaan huis toe. Gelukkig het my suster kop gehou en 'n
> ander suster gevra om haar te ondersoek en daar vind hulle uit my suster is
> al 8 vingers ontsluit en reg om die baba te kry. Die dokter is laat kom, en
> daar sit die kleinding vas, en omdat hulle my suster nie behoorlik ondersoek
> het nie - was daar nie meer tyd vir 'n keiser nie. Al's in al's is die
> kleinding toe met 'n gesukkel daar uit en die dokter was glo erg ongelukkig
> met die hospitaal susters gewees. My punt is - 'n privaat hospitaal se
> personeel kan net so vrot wees soos 'n staatshospitaal s'n. Jy weet
> ongelukkig net nie, totdat dit te laat is nie.
>
> E
>
> "Chris" wrote in message
> news:pan.2003.07.31.06.44.02.924843@netscape.net...
>> On Thu, 31 Jul 2003 08:33:33 +0200, Annette wrote:
>>
>> Die web blad is nie sleg nie. Maar ek glo beide. Ek sal nie wil he my vrou
>> moet haar kinders daar kry nie.
>>
>> www.pah.org.za
>>
>>> Wat bedoel jy - nie die babatjie in die hospitaal kry nie, of nie die
>>> babatjie se foto op die webblad nie?:)
>>> Annette
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81533 is 'n antwoord op boodskap #81527] |
Do., 31 Julie 2003 13:25   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nou wat is dit met julle? Armpies lam? Kon julle nie maar self 'n mop loop
gryp het en oupa se piepie opvee nie?
Ek het dit al in Tygerberg gedoen toe ons my tannie besoek het.
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3f291565$0$225@hades.is.co.za...
> Ja, maar daai tydelik vullis kan siektes versprei en veroorsaak.
>
> "Annette" wrote in message
> news:bgb3r4$mdt1j$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>> Ja, maar daardie is tydelike vullis:))
>> In jou ma se tyd was daar nie 'n vakbond nie...
>> Annette
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81536 is 'n antwoord op boodskap #81535] |
Do., 31 Julie 2003 13:30   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Elaine - wat vir my eienaardig is, is dat ons borde tuisgemaakte gekookte
kos na familie daar neem - en dan kry al die ander pasiënte wat daar is -
gewoonlik deur die bank bruines en swartes, van hul families winkelkos -
Spur, KFC, Nando's, Ocean Basket, ens.
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3f291945$0$227@hades.is.co.za...
> In daai dae was dit ook nogal snaaks vir 'n vrou om van 'n ginekoloog
> gebruik te maak vir 'n kraam geval. Dis meestal deur gewone huisdokters
> hanteer. Deesdae verplig die mediese fondse (en die wet), 'n mens om van 'n
> ginekoloog gebruik te maak vir jou bevalling. Dis seker sodat die arme
> uitgehongerde ginies ook werk kan kry :)
>
> E
>
> "@rogers.com" wrote:
>>
>> Ek het my eerste twee kinders in Pretoria se staatshospitaal
>> gekry. Dit was omdat my ginekoloog vir my laat belowe het
>> om te probeer om daar in te kom.( In daardie dae was die
>> staatshospitaal vir wittes natuurlik verskillend van die een vir
>> swartes.) En die staatshospitaal het net 12 plekke vir
>> " betalende" pasiente gehad. Die ander beddens was vir die
>> mense wat nie kon betaal nie. My ginekoloog se argument was
>> dat daar baie beter fasiliteite in daardie hospitaal is as in die
>> Katolieke kraaminrigtings waarheen meeste vrouens gewoonlik
>> gegaan het.
>>
>> Gloudina
>>
>
|
|
|
|
| Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81538 is 'n antwoord op boodskap #81465] |
Do., 31 Julie 2003 13:31   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Annette" wrote
> Ek weet nie hoe lank jy al hier op die ng lees nie, maar as jy teruggaan sal
> jy agterkom dat niemand vir Gloudina sal kan oortuig dat die toestande in
> die provinsiale hospitale haglik is nie. Vir haar is 'n hospitaal 'n
> hospitaal, privaat of te not.
Gloudina het natuurlik, anders as 'n hele klomp van julle,
ondervinding gehad van hoe agterlik en onderbefonds
die nie-blanke hospitale in SA was. Ek neem aan dat
daardie skeiding tussen wit en swart hospitale nou nie
meer bestaan nie, en dat staatshospitale en provinsiale
hospitale nou maar daardie hospitale is wat eers net
nie-blankes bedien het, of 'n amalgamasie van beide.
Vir julle klomp wat so oor die staatshospitale sit en
tjank, julle is net spoilt brats wat nie geweet het wat
in die wereld aangaan nie, en nou nog na julle private
hospitale gaan, maar op hierdie nuusgroep sit en
kweel oor " hoe sleg dit gaan in SA se hospitale."
Die waarheid is heelwaarskynlik dat die deursnee
nie-blanke persoon baie beter daaraan af is as tien
jaar gelede. As hy kan betaal, kan hy na 'n privaat
hospitaal gaan. As hy nie kan betaal nie, word
daar nie meer geld gemors op aparte wit en swart
hospitale nie, en kan mens aanneem dat die hospitale
algaande beter en beter gaan word. En die staat
betaal al klaar vir die sorg van verwagtende vroue
en babas. Vir almal. Die twee wit vrouens en die
ag swart vrouens uit elke tien vrouens in die straat.
Ek is moeg vir julle spoilt brats se getjank.
Tant Hessie van Waterval Boven
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81550 is 'n antwoord op boodskap #81536] |
Do., 31 Julie 2003 14:33   |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek verstaan nie hoekom dit eienaardig is nie, behalwe dat dit nie vreeslik
gesonde kos is nie. As jy siek is het jy tog voedsame kos nodig? Miskien
verstaan die mense nie dat hoe sieker jy is, hoe gesonder moet jou kos wees
nie? Of miskien kan hulle nie kook nie - soos ek, ek sal seker ook maar
take aways aandra.
E
"Annette" skryf in boodskap news:bgb6l9$mga6h$3@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Elaine - wat vir my eienaardig is, is dat ons borde tuisgemaakte gekookte
> kos na familie daar neem - en dan kry al die ander pasiënte wat daar is -
> gewoonlik deur die bank bruines en swartes, van hul families winkelkos -
> Spur, KFC, Nando's, Ocean Basket, ens.
> Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|