Survivor [boodskap #81401] |
Wed, 30 July 2003 07:42  |
Rachel Couch
Boodskappe: 45 Geregistreer: June 2002
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Die nuwe reeks het gisteraand begin. Ek het dit vreeslik geniet en my
huishouding kom tot stilstand wanneer dié program sy opwagting maak.
Die interaksies tussen die verskillende mense is vir my van die
wonderlikste! En gisteraand het die reeks verras met n vrouespan
teenoor n mannespan! Ek het werklik die eerste verskil tussen die
manne en vroue so geniet toe die manne n baie goeie skuiling begin bou
het en die vroue hulle wasgoed begin was het omdat dié glo gestink
het!
Werklik vir my skreeusnaaks.
:-)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Survivor [boodskap #81564 is 'n antwoord op boodskap #81548] |
Thu, 31 July 2003 17:27   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Rachel Couché" wrote
Nee wat Katryn, ek het steur my lankal nie meer aan die
> vrou met die vele name nie!
>
> Maar sal jy my glo as ek vir jou vertel dat sy 'n wonderlike suster
> hier in Suid-Afrika het met n sagte persoonlikheid? En sal jy my glo
> as ek vir jou vertel hoe moeilik ek dié twee persoonlikhede bymekaar
> uitbring.
En weet jy hoeveel keer op hierdie nuusgroep die einste
suster van my in absentia allerhande soorte name genoem
was, net omdat hulle aangeneem het dat ek my " foutiewe"
konsepsie van wat in SA aangaan, van my " familie" kry.
Dis natuurlik dan wat ook gebeur. Dis my oudste suster
wat vir my in die verlede gekalmeer het as ek vir die
soveelste keer vir haar wou oorreed om na Kanada te
emigreer, deels oor die snert wat in die verlede op hierdie
nuusgroep verkondig is.
Maar terwyl ons nou op die onderwerp is.My suster
sal, as sy op hierdie nuusgroep moes opereer, ook maar
kort-kort vir sommige kortvat oor die snert. She does
not suffer fools gladly.
Mag ek verder nog oor my oudste suster spog. Nie
alleen was sy al in primere skool ietwat van 'n letterkundige
child prodigy nie. Toe sy nog jonk was, het Anton Rupert
haar probeer afrokkel van die Christelike Studente Vereniging
waar sy gewerk het, deur aan te bied om haar salaris te
verdubbel. Jare daarna, toe sy na Pretoria verhuis het, het
Beyers Naude haar genooi om in Johannesburg by die
Raad van Kerke te kom werk. Sy het albei se aanbod
geweier. Anton Rupert s'n omdat hy met tabak sy
bestaan wou maak.
Op 'n ander noot, ek dink my suster hou ook
van Survivor, en laat ons altyd sweer dat ons nie vir haar
sal vertel wie die wenner is as die reeks begin nie.
Tant Hessie van Kakamas
|
|
|
Re: Survivor [boodskap #81671 is 'n antwoord op boodskap #81507] |
Sat, 02 August 2003 15:51  |
Glücklich
Boodskappe: 271 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek is nie op vakansie nie maar kry so nou en dan kans on te ontspan as ek
reis
My trippie Trinidad is nou al vir die 3de keer uitgestel, so vir eers gaan
ek nêrens.
|
|
|