Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Werklike Vredemaker
|
|
|
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81396 is 'n antwoord op boodskap #81248] |
Wed, 30 July 2003 07:10   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
O ek praat maar net van Internasionale reg. Die SA regering was 'n
wêrelderkende regering en hy het 'n mandaat gehou oor SWA. Wat hy in die
lande gedoen het, was wettig en enigiemand wat hom aanval.....sonder om
oorlog te verklaar.....is 'n terroris. Kom antie, noem jy vir my EEN
enkele geval waar die ANC sy stem dik gemaak het en 'n militêre teiken in SA
aangeval en daarmee geslaag het? Nie om bomme in die publiek te stel nie
en onskuldige mense op te blaas nie! Dis die lafaard se manier as hy te
bang is om mag teen mag te meet. Ek lees dat julle reken dat daar nie 'n
ander manier is om so 'n weermag aan te vat nie, maar dan weer erken julle
dat daar omstandighede is waaronder julle die basiese beginsels van menswees
omvergooi? So as Osama Bin Ladin de moer in genoeg is, kan hy mos maar
daai torings platvee?
"@rogers.com" wrote in message news:nb9Va.74028$vz%.56878@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Suidwester" wrote in message
>
>> Om in 'n oorlog betrokke te wees, moet jy formeel oorlog verklaar. Dit het
>> die ANC nooit gedoen nie en was daarom as sulks 'n terrroristiese
>> organisasie.
>
> O, nou verstaan ek. Ek ANC het nooit formeel oorlog
> verklaar nie, en was dus daarom 'n terroriste-organisasie.
> Dus, met dieselfde soort argument, was die apartheids-
> regering oor 'n terroriste-organisasie, want hulle het ook
> nooit formeel oorlog verklaar nie.
>
> Tant Hessie van die Spergebied.
>
|
|
|
|
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81399 is 'n antwoord op boodskap #81366] |
Wed, 30 July 2003 07:36   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hoewel ek totale begrip het met die sentimente dat die koloniale regerings
tot 'n einde sou moes kom, verskil ons duidelik wyd oor die manier waarop
dit gedoen moes word. Glo my, ek kan baie goed verstaan dat daar nie
eintlik 'n ander manier was vir 'n organisasie soos die ANC was om beheer
oor SA te kry nie, maar wat my eintlik pla is dat hulle nie die
verantwoordelikheid vat vir hul dade nie. Ek het al baie geskryf hier oor
die sogenaamde 'verlore geslag'. Dis swart mense wat kinders gedurende die
vryheidstryd was en deur hul politiesgeoriënteerde ouers verbied is om na
die onderdrukkers se skole toe te gaan. Die uiteinde was, na die ANC die
bewind oorgeneem het, het die politici vir hulleself en hulle trawante vet
geskep en hierdie klomp jong mense wat geen skool of werksondervinding het
nie, kan vandag geen werk kry nie en moet steel om te lewe. Die vraag is
nou hoe goed kan 'n regering wees wat nie sy sosiale verpligtinge teenoor AL
sy mense kan nakom nie? Glo my, hier op die grond in Afrika tussen gewone
mense wat nie almal so politiek bedonnerd is nie, gaan stemme al meer en
meer op dat wit apartheid net vervang is met swart apartheid en dinge het
vir die gewone man nie eintlik verbeter nie.
Wat die Boereoorlog aanbetref, dit was 'n verklaarde oorlog en die
Souties het vinnig vordering gemaak aanvanklik vanuit die Kolonie omdat
hulle die tegnologie tot hulle beskikking gehad het. Toe stel die boere
hulle voor aan guerillaoorlogvoering [die eerste in die wêreld] en skielik
weet Ingelsman g'n raad meer nie. Maar dit bly oorlog want Engelsman het
vir boer gesê ek gaan jou skiet en andersom. Die ANC het nooit oorlog
verklaar nie!
"Lorinda" skryf in boodskap news:3f26c593_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f262373.0@news1.mweb.co.za...
>> Dit kom
>> weer terug na ons storie toe.....as jy 'n wettige regering aanval sonder om
>> oorlog te verklaar, dan is jy 'n terroris. Aan jou kant van die tafel mag
>> dit slim lyk, want dan kan die regering wat geterroriseer word nie voortgaan
>> en die sakie vinnig klaarmaak nie.....maar van die anderkant af word dit
>> beskou as lafhartigheid om te bang te wees om die manne aan te vat en eerder
>> vrouens en kinders op te blaas.
>
>
> As almal hierdie redenasie gevolg het het die koloniale magte nog die hele
> wereld besit.'n Groep mense in 'n gevoelige posisie kan nie oorlog verklaar
> teen 'n gesofistikeerde weermag nie, hulle sal uitgewis word (soos jy weet).
> Die eerste en tweede fases van die Boere oorlog bewys dit: die Engelse het
> die eerste fase, die konvensionele oorlog, blitsvinnig gewen. Die tweede
> guerilla fase het hulle met groot moeite gewen. Nou stel jou nou voor,
> gedurende hierdie tweede fase, as dit moontlik was vir die Boere om hulle in
> Engeland by te kom.... Dis nie 'n kwessie van bang wees om die manne aan te
> vat nie.
>
> Hier naby Camden Mark staan daar altyd 'n klomp mense van Tibet wat
> pamflette uitdeel oor hoe die Sjinese hulle land gevat het, watter onreg dit
> is, ens. Mense het nie baie tyd vir hulle nie, hulle word gewoonlik aangese
> om te "gaan baklei" vir hulle land. Ek glo nie die mense wat dit se bedoel
> hulle moet oorlog verklaar teen Sjina nie...
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f24ce60.0@news1.mweb.co.za...
>> Ter wille van
>> die politiek moes hulle hul kinders se lewe en opvoeding opoffer
>
>
> Daar is altyd ten minste een verlore generasie in 'n vryheids stryd; dit
> word gewoonlik aanvaar dat een (of meer) geslagte geoffer moet word, en dit
> was nog altyd so. As jy van 'n ander manier weet, is daar 'n hele paar mense
> in die wereld wat baie graag van jou sal wil hoor:-)
>
> Lorinda
>
|
|
|
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81402 is 'n antwoord op boodskap #81396] |
Wed, 30 July 2003 08:00   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Maar wat het ons in Angola gaan soek, en mense verbom in Botswana en London?
Beskerm jou gebied, ja.
Aanval in 'n ander land, nee - dan is jy 'n misdadiger/moordenaar.
Annette
"Suidwester" wrote in message
news:3f2775d8.0@news1.mweb.co.za...
> O ek praat maar net van Internasionale reg. Die SA regering was 'n
> wêrelderkende regering en hy het 'n mandaat gehou oor SWA. Wat hy in die
> lande gedoen het, was wettig en enigiemand wat hom aanval.....sonder om
> oorlog te verklaar.....is 'n terroris. Kom antie, noem jy vir my EEN
> enkele geval waar die ANC sy stem dik gemaak het en 'n militêre teiken in SA
> aangeval en daarmee geslaag het? Nie om bomme in die publiek te stel nie
> en onskuldige mense op te blaas nie! Dis die lafaard se manier as hy te
> bang is om mag teen mag te meet. Ek lees dat julle reken dat daar nie 'n
> ander manier is om so 'n weermag aan te vat nie, maar dan weer erken julle
> dat daar omstandighede is waaronder julle die basiese beginsels van menswees
> omvergooi? So as Osama Bin Ladin de moer in genoeg is, kan hy mos maar
> daai torings platvee?
> "@rogers.com" wrote in message
> news:nb9Va.74028$vz%.56878@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>>
>>> Om in 'n oorlog betrokke te wees, moet jy formeel oorlog verklaar. Dit het
>>> die ANC nooit gedoen nie en was daarom as sulks 'n terrroristiese
>>> organisasie.
>>
>> O, nou verstaan ek. Ek ANC het nooit formeel oorlog
>> verklaar nie, en was dus daarom 'n terroriste-organisasie.
>> Dus, met dieselfde soort argument, was die apartheids-
>> regering oor 'n terroriste-organisasie, want hulle het ook
>> nooit formeel oorlog verklaar nie.
>>
>> Tant Hessie van die Spergebied.
>>
>
|
|
|
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81432 is 'n antwoord op boodskap #81399] |
Wed, 30 July 2003 13:38   |
Raj
Boodskappe: 590 Geregistreer: May 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" skryf in boodskap news:3f2775e6.0@news1.mweb.co.za...
> Wat die Boereoorlog aanbetref, dit was 'n verklaarde oorlog en die
> Souties het vinnig vordering gemaak aanvanklik vanuit die Kolonie omdat
> hulle die tegnologie tot hulle beskikking gehad het. Toe stel die boere
> hulle voor aan guerillaoorlogvoering [die eerste in die wêreld] en skielik
> weet Ingelsman g'n raad meer nie. Maar dit bly oorlog want Engelsman het
> vir boer gesê ek gaan jou skiet en andersom. Die ANC het nooit oorlog
> verklaar nie!
Nee, die ANC het nooit oorlog verklaar nie, soos die meeste
vryheidsbewegings orals in die wereld, huidig en verlede, en die rede is in
'n vorige pos bespreek. Ek stry nie met jou oor of die ANC hulle volgelinge
na die stryd voldoende beloon (het) of nie, dis 'n ander saak. Jy het egter
die beginsel as verkeerd aangewys, wat allerhande implikasies het.
Oor die Boereoorlog, wat maak jou siening van sake van die Kaapse rebelle?
Of van die 1914 rebellie? Jy mis ook die punt omtrent die guerilla fase van
die oorlog - die punt was dat dit baie beter gewerk het in die posisie
waarin die Boere hulle bevind het as 'n konvensionele oorlog.
As die mense van Tibet nou oorlog sou verklaar teen Sjina, hoe lank dink jy
sal die oorlog duur? Een uur? Twee ure? Sjina sal 'n paar missiele hulle
kant toe stuur en dit sal die einde van die saak wees. Watter advies sou jy
hulle gee, volgens jou standpunt?
Jy praat van die "souties", maar jou standpunt is presies dieselfde as die
van Engeland, dieselfde een wat hulle nog altyd gebruik het om te klou waar
hulle nie hoort nie. As die Iere jou standpunt gehad het, het die Ierse
Republiek nog aan Brittanje behoort (om maar net een voorbeeld te noem). Die
kere wat die Iere in die verre verlede wel oorlog verklaar het het amper
hulle uitwissing beteken.
"Suidwester" skryf in boodskap news:3f2775d8.0@news1.mweb.co.za...
> Ek lees dat julle reken dat daar nie 'n
> ander manier is om so 'n weermag aan te vat nie, maar dan weer erken julle
> dat daar omstandighede is waaronder julle die basiese beginsels van menswees
> omvergooi? So as Osama Bin Ladin de moer in genoeg is, kan hy mos maar
> daai torings platvee?
Die toekoms sal wys of Osama bin Laden 'n "vryheidsvegter" of die bendeleier
van 'n groep psigopate is. Ek stem saam dat die dade die twee nie altyd
onderskei nie, net konteks en geskiedenis doen dit. Die geskiedenis van alle
volke bevat allerlei verskriklike dade, gepleeg in die naam van een of ander
ideologie. Baie van die "psigopate" word selfs deur die geskiedenis as helde
aangewys. Dit beteken nie dat ek sulke dade goedkeur nie, dis slegs 'n
waarneming. Soos dit ook 'n waarneming is dat die geaardheid en sukses van
vryheidstryde oral in die wereld jou siening uitsluit, al wens ek uit die
diepte van my hart dat dit nie die geval was nie.
Lorinda
|
|
|
|
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81439 is 'n antwoord op boodskap #81432] |
Wed, 30 July 2003 15:59   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wat was die Kaapse rebellie? Dit was Boere wat in opstand gekom het teen
die regering. Hier is nou 'n fyn skeidingslyn. As jy binne die land se
wette optree om jou protes te wys teen die regering se beleid en so druk
daarop sit, dan is jy 'n rebel, betoger, of wat ook al jy dit wil doen.
Tree jy buite die wet op, of jy mense doodmaak en of jy geboue opblaas, dan
is jy 'n misdadiger, of terroris, of wat jy dit ook al wil noem. Verklaar
jy oorlog is dit 'n ander storie.
Guerillaoorlogvoering was voorheen nog nooit in die wêreld gebruik nie.
Die Boereoorlog was die eerste en dit was nie uit 'n situasie gebore nie.
Die boere het in die veld gelewe en het die veld geken. Die Souties het
met doedelsakke en wit beentjies opgeruk.
Enige land wat in opstand wil kom teen sy land se regering, sal moet
besef hy het 'n keuse om te maak. Binne of buite die wet. As jy buite
die wet gaan, dan gaan baie mense blootgestel word aan misdaad [onder die
dekmantel van 'n oorlog is daar steeds die morele dekmantel van dat alles 'n
oorlog is] en dit is baie baie moelik vir enige mens wat deelgeneem het aan
misdaad om weer later na normaal terug te keer. Kyk maar in
Afrika.....orals staan die bewyse vir jou om te sien. G'n mens kan van een
dag 'n moordenaar oorstap na die volgende dag 'n persoon van aansien en
respek nie.
Wat jou Iere-storie dink ek dis 'n pot stront in elk geval. Hulle moet
'n kordon om Ierland gooi en 20 miljoen liter sterk drank gratis
bedien....plus 'n klomp byle en messe. He-he! Eintlik is dit 'n grappie,
maar ek dink solank as wat daar twee Iere is, gaan hulle mekaar moer.
Hulle's so geteel!
"Lorinda" skryf in boodskap news:3f27c918_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f2775e6.0@news1.mweb.co.za...
>> Wat die Boereoorlog aanbetref, dit was 'n verklaarde oorlog en die
>> Souties het vinnig vordering gemaak aanvanklik vanuit die Kolonie omdat
>> hulle die tegnologie tot hulle beskikking gehad het. Toe stel die boere
>> hulle voor aan guerillaoorlogvoering [die eerste in die wêreld] en skielik
>> weet Ingelsman g'n raad meer nie. Maar dit bly oorlog want Engelsman het
>> vir boer gesê ek gaan jou skiet en andersom. Die ANC het nooit oorlog
>> verklaar nie!
>
> Nee, die ANC het nooit oorlog verklaar nie, soos die meeste
> vryheidsbewegings orals in die wereld, huidig en verlede, en die rede is in
> 'n vorige pos bespreek. Ek stry nie met jou oor of die ANC hulle volgelinge
> na die stryd voldoende beloon (het) of nie, dis 'n ander saak. Jy het egter
> die beginsel as verkeerd aangewys, wat allerhande implikasies het.
> Oor die Boereoorlog, wat maak jou siening van sake van die Kaapse rebelle?
> Of van die 1914 rebellie? Jy mis ook die punt omtrent die guerilla fase van
> die oorlog - die punt was dat dit baie beter gewerk het in die posisie
> waarin die Boere hulle bevind het as 'n konvensionele oorlog.
> As die mense van Tibet nou oorlog sou verklaar teen Sjina, hoe lank dink jy
> sal die oorlog duur? Een uur? Twee ure? Sjina sal 'n paar missiele hulle
> kant toe stuur en dit sal die einde van die saak wees. Watter advies sou jy
> hulle gee, volgens jou standpunt?
> Jy praat van die "souties", maar jou standpunt is presies dieselfde as die
> van Engeland, dieselfde een wat hulle nog altyd gebruik het om te klou waar
> hulle nie hoort nie. As die Iere jou standpunt gehad het, het die Ierse
> Republiek nog aan Brittanje behoort (om maar net een voorbeeld te noem). Die
> kere wat die Iere in die verre verlede wel oorlog verklaar het het amper
> hulle uitwissing beteken.
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f2775d8.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek lees dat julle reken dat daar nie 'n
>> ander manier is om so 'n weermag aan te vat nie, maar dan weer erken julle
>> dat daar omstandighede is waaronder julle die basiese beginsels van menswees
>> omvergooi? So as Osama Bin Ladin de moer in genoeg is, kan hy mos maar
>> daai torings platvee?
>
> Die toekoms sal wys of Osama bin Laden 'n "vryheidsvegter" of die bendeleier
> van 'n groep psigopate is. Ek stem saam dat die dade die twee nie altyd
> onderskei nie, net konteks en geskiedenis doen dit. Die geskiedenis van alle
> volke bevat allerlei verskriklike dade, gepleeg in die naam van een of ander
> ideologie. Baie van die "psigopate" word selfs deur die geskiedenis as helde
> aangewys. Dit beteken nie dat ek sulke dade goedkeur nie, dis slegs 'n
> waarneming. Soos dit ook 'n waarneming is dat die geaardheid en sukses van
> vryheidstryde oral in die wereld jou siening uitsluit, al wens ek uit die
> diepte van my hart dat dit nie die geval was nie.
>
> Lorinda
>
|
|
|
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81440 is 'n antwoord op boodskap #81402] |
Wed, 30 July 2003 16:11   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Praat jy van Angola ten tyde van die Angolese oorlog of die tyd toe
Swapo-basisse van tyd tot tyd aangeval was? Tydens die oorlog was dit om
die FNLA en Unita te steun [in koalisie met die VSA] teen die MPLA wat die
steun van die Russe en die Kubane gehad het. Later jare is Swapo-basisse
aangeval sodra dit as 'n afspringpunt vir terrorisme teen Owamboland te
effektief begin raak het. Blote strategie en nie teen Angola gemik nie.
Angola was ook in kennis gestel van sodanige aanvalle.
In Botswana? Daar was selektief aanvalle op huise en eiendomme wat
deur die ANC gebruik was op pad deur na SA. Misdaad? As jy inligting het
dat die bomme wat in jou land se publieke plekke afgaan en die publiek dood,
gaan jy net sit en handjies vou en kyk en sê haai foeitog, ons kan mos darem
nou niks aan hulle doen nie want dan is ons misdadigers? Ek sou graag die
publiek se bekke wou gehoor het as 'n rêrig groot bom wat so 'n paar duisend
in 'n groot stad van SA opgeblaas het destyds en die weermag was bewus
daarvan in Botswana en het toe maar verkies om niks te doen nie!
"Annette" wrote in message
news:bg7u49$ls085$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Maar wat het ons in Angola gaan soek, en mense verbom in Botswana en London?
> Beskerm jou gebied, ja.
> Aanval in 'n ander land, nee - dan is jy 'n misdadiger/moordenaar.
> Annette
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f2775d8.0@news1.mweb.co.za...
>> O ek praat maar net van Internasionale reg. Die SA regering was 'n
>> wêrelderkende regering en hy het 'n mandaat gehou oor SWA. Wat hy in die
>> lande gedoen het, was wettig en enigiemand wat hom aanval.....sonder om
>> oorlog te verklaar.....is 'n terroris. Kom antie, noem jy vir my EEN
>> enkele geval waar die ANC sy stem dik gemaak het en 'n militêre teiken in SA
>> aangeval en daarmee geslaag het? Nie om bomme in die publiek te stel nie
>> en onskuldige mense op te blaas nie! Dis die lafaard se manier as hy te
>> bang is om mag teen mag te meet. Ek lees dat julle reken dat daar nie 'n
>> ander manier is om so 'n weermag aan te vat nie, maar dan weer erken julle
>> dat daar omstandighede is waaronder julle die basiese beginsels van menswees
>> omvergooi? So as Osama Bin Ladin de moer in genoeg is, kan hy mos maar
>> daai torings platvee?
>> "@rogers.com" wrote in message
>> news:nb9Va.74028$vz%.56878@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>>>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>>
>>>> Om in 'n oorlog betrokke te wees, moet jy formeel oorlog verklaar. Dit het
>>>> die ANC nooit gedoen nie en was daarom as sulks 'n terrroristiese
>>>> organisasie.
>>>
>>> O, nou verstaan ek. Ek ANC het nooit formeel oorlog
>>> verklaar nie, en was dus daarom 'n terroriste-organisasie.
>>> Dus, met dieselfde soort argument, was die apartheids-
>>> regering oor 'n terroriste-organisasie, want hulle het ook
>>> nooit formeel oorlog verklaar nie.
>>>
>>> Tant Hessie van die Spergebied.
>>>
>>
>
|
|
|
|
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81442 is 'n antwoord op boodskap #81439] |
Wed, 30 July 2003 17:06   |
Raj
Boodskappe: 590 Geregistreer: May 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" skryf in boodskap news:3f27eb79.0@news1.mweb.co.za...
> Wat was die Kaapse rebellie? Dit was Boere wat in opstand gekom het teen
> die regering. Hier is nou 'n fyn skeidingslyn. As jy binne die land se
> wette optree om jou protes te wys teen die regering se beleid en so druk
> daarop sit, dan is jy 'n rebel, betoger, of wat ook al jy dit wil doen.
> Tree jy buite die wet op, of jy mense doodmaak en of jy geboue opblaas, dan
> is jy 'n misdadiger, of terroris, of wat jy dit ook al wil noem. Verklaar
> jy oorlog is dit 'n ander storie.
Ek volg nie jou redenasie nie. Hoe verdedig jy die Kaapse rebelle wat aan 'n
oorlog deelgeneem het teen hulle eie regering (in die boereoorlog) volgens
jou standpunt. Hoe verdedig jy die 1914 rebellie, wat die opneem van wapens
was teen die wettige regering? Hoe het hulle binne die land se wette
opgetree?
> Wat jou Iere-storie dink ek dis 'n pot stront in elk geval. Hulle moet
> 'n kordon om Ierland gooi en 20 miljoen liter sterk drank gratis
> bedien....plus 'n klomp byle en messe. He-he! Eintlik is dit 'n grappie,
> maar ek dink solank as wat daar twee Iere is, gaan hulle mekaar moer.
> Hulle's so geteel!
Waarvan praat jy? Die voorbeeld wat ek gebruik het was die Republiek van
Ierland (onafhanklik van Brittanje vanaf 1921, na bloedige rebellies ens.
waarin die Iere nooit oorlog verklaar het nie). Daar is geen moeilikheid
daar nie, inteendeel, dit gaan met die land baie goed. Dit was nie altyd so
nie, na onafhanklikswording het dit bars gegaan vir jare, een van die groot
redes was die "verlore geslag". Verwar jy dit dalk met Noord-Ierland, wat
nog steeds aan Brittanje behoort, en waar daar inderdaad groot probleme is
tussen die "katolieke" (Iere) aan die een kant en "protestante"
(afstammelinge van Engelse en Skotse settelaars) en die Britse weermag aan
die ander kant?
Lorinda
|
|
|
|
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81470 is 'n antwoord op boodskap #81442] |
Thu, 31 July 2003 07:15   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Miskien het ek dit nie reg uitgespel nie? Vergeet van die rebellie. As
jy ontevrede is met die politieke of sosiale toestand van jou land en jy
besluit dis tyd om 'n verandering te bewerkstellig dan is daar mos vele
moontlikhede. Natuurlik kan jy 'n politieke party stig en probeer om
verkiesings te wen. As jy voel dat jy nie 'n duik gaan maak nie, kan jy
besluit om oor te gaan tot drastieser stappe en as 'n groep in opstand kom
in verset teen die regering. Gewoonlik sal dit begin met proteste en
verspreiding van inligting oor die sondes van die regering, alles net om die
mense aan bewind onder druk te sit en om die gewone kieser te laat besef
daar is 'n ander politieke uitweg beskikbaar.
Dis egter hier waar die skeidslyn lê tussen politiekery en misdadiger
word. Enige mens, maak nie saak aan watter politieke party hy behoort nie,
is ooit verhewe bo die wette van sy land nie [dis nou natuurlik behalwe die
diktators van Afrika!]. As jy met jou politieke aksie begin mense doodmaak
en eiendom vernietig, dan word jy en jou mede-verantwoordelikes gewone
misdadigers en strafbaar volgens die wette van die land. Dis mos maar
gewoonlik omrede die sogenaamde 'terroristegroepe' die opstande wen dat
hulle mense van die moorde en ander geweld vrygeskeld word, maar hierin lê
vir my een van die kernoorsake van die probleme hoekom meeste lande in
Afrika nie werklik vordering tot werklike voorspoed vir al sy mense kan maak
nie. As 'n mens oor daai streep getrap het, kan jy nie eintlik weer terug
nie. Jy kan jouself nie 'ont-misdadiger' nie. Ook die donners wat lekker
in die buiteland gesit het terwyl die ploerte hulle geveg vir hulle baklei
het....die ou wat die opdrag gegee het, is net so skuldig aan die daad soos
die ou wat die sneller getrek het. Ongelukkig is hulle na oorname aan't
beheer van die land en moet onder andere nou morele riglyne ook gee vir die
res!
"Lorinda" skryf in boodskap news:3f27f9ba$1_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f27eb79.0@news1.mweb.co.za...
>> Wat was die Kaapse rebellie? Dit was Boere wat in opstand gekom het teen
>> die regering. Hier is nou 'n fyn skeidingslyn. As jy binne die land se
>> wette optree om jou protes te wys teen die regering se beleid en so druk
>> daarop sit, dan is jy 'n rebel, betoger, of wat ook al jy dit wil doen.
>> Tree jy buite die wet op, of jy mense doodmaak en of jy geboue opblaas, dan
>> is jy 'n misdadiger, of terroris, of wat jy dit ook al wil noem. Verklaar
>> jy oorlog is dit 'n ander storie.
>
> Ek volg nie jou redenasie nie. Hoe verdedig jy die Kaapse rebelle wat aan 'n
> oorlog deelgeneem het teen hulle eie regering (in die boereoorlog) volgens
> jou standpunt. Hoe verdedig jy die 1914 rebellie, wat die opneem van wapens
> was teen die wettige regering? Hoe het hulle binne die land se wette
> opgetree?
>
>
>> Wat jou Iere-storie dink ek dis 'n pot stront in elk geval. Hulle moet
>> 'n kordon om Ierland gooi en 20 miljoen liter sterk drank gratis
>> bedien....plus 'n klomp byle en messe. He-he! Eintlik is dit 'n grappie,
>> maar ek dink solank as wat daar twee Iere is, gaan hulle mekaar moer.
>> Hulle's so geteel!
>
> Waarvan praat jy? Die voorbeeld wat ek gebruik het was die Republiek van
> Ierland (onafhanklik van Brittanje vanaf 1921, na bloedige rebellies ens.
> waarin die Iere nooit oorlog verklaar het nie). Daar is geen moeilikheid
> daar nie, inteendeel, dit gaan met die land baie goed. Dit was nie altyd so
> nie, na onafhanklikswording het dit bars gegaan vir jare, een van die groot
> redes was die "verlore geslag". Verwar jy dit dalk met Noord-Ierland, wat
> nog steeds aan Brittanje behoort, en waar daar inderdaad groot probleme is
> tussen die "katolieke" (Iere) aan die een kant en "protestante"
> (afstammelinge van Engelse en Skotse settelaars) en die Britse weermag aan
> die ander kant?
>
> Lorinda
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81481 is 'n antwoord op boodskap #81471] |
Thu, 31 July 2003 09:19   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
O ek weet! Selfs in die aanloop tot die 'groot praat' het mense vir my
gesê ek's mal. Ek voel egter net daar is net twee kante, links of regs.
Hierdie grys areas tussenin is alles wat die kak in die wêreld veroorsaak.
Dit veroorsaak net onsekerheid by die mens. Miskien moet mens nie vergeet
dat hierdie onsekerheid juis die teelaarde is waarin die politici en ander
magbeheptes in floreer? Ek meen, wat is die kans dat die gemiddelde mens
van SA, swart of wit of wat ook al, as jy vir hom sê ons gaan nou protes
maak teen die regering en ons gaan bomme in die publiek stel wat honderde
onskuldige mense gaan opblaas net om die regering te dwing om toe te gee en
jy sal vind dat 95% van die gem. publiek sal nie daarmee saamgaan as hy
direk betrokke moet raak nie. Die politiekeopgewerktes soos onse Antie se
naaste ruik aan 'n bomontploffing was seker 'n lekker poep onder 'n warm
kombers, maar in my jare moet ek nog een swart man vind wat die
straatbomontploffings eens net probeer goedgepraat het.
"Lorinda" skryf in boodskap news:3f28ca01$1_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f28c262.0@news1.mweb.co.za...
>> Miskien het ek dit nie reg uitgespel nie?
>
> Dit het jy nou gedoen. Ek het belang gestel in hoe jy jou siening sou kon
> regverdig in die lig van Afrikaner - en wereld geskiedenis en gebeure, maar
> dis dieselfde een as die van die Engelse, Sjinese ens. ens. Met ander woorde
> almal wat 'n ander groep mag wil ontneem. Daar was tye in die Afrikaner
> geskiedenis waneer jy nie baie gewild sou gewees het nie :-) Om 'n politieke
> party te stig, of ander politieke moontlikhede, was en is nie werklik 'n
> moontlikheid in die meeste plekke in die wereld waar 'n vryheidstryd
> plaasvind nie.
>
> Lorinda
>
|
|
|
|
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81544 is 'n antwoord op boodskap #81481] |
Thu, 31 July 2003 13:39  |
Raj
Boodskappe: 590 Geregistreer: May 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" skryf in boodskap news:3f28e596.0@news1.mweb.co.za...
> O ek weet! Selfs in die aanloop tot die 'groot praat' het mense vir my
> gesê ek's mal. Ek voel egter net daar is net twee kante, links of regs.
> Hierdie grys areas tussenin is alles wat die kak in die wêreld veroorsaak.
> Dit veroorsaak net onsekerheid by die mens.
In die lig van jou siening, is die Sjinese links, of regs?
Lorinda
|
|
|
Bladsye (3): [ 3] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:47:06 UTC 2025
|