Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Werklike Vredemaker
|
|
| Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81010 is 'n antwoord op boodskap #80984] |
Vr., 25 Julie 2003 12:56   |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek praat nie van privaat hospitale nie - ek praat van openbare hospitale.
Ek moes nou die dag 6 ure sit en wag vir 'n dokter toe my bediende gelyk het
asof sy beroerte wou kry. Dit was vuil, daar was nie lakens oor die beddens
nie, die kussings was vol bloed, daar was nie genoeg personeel nie, hulle
het nie genoeg handskoene gehad nie, en in die badkamers was daar een VUIL
toilet wat gewerk het.
Ek werk hard vir my geld - ek verdien hom lekker te leef. Ek sal nie dat jy
of enigiemand my laat skuldig voel oor dit wat ek het nie. Dieselfde geld
Annette, Suidwester, DD, en enigiemand anders op die groep wat geld het om
te spandeer op die goed wat vir hulle lekker is en saak maak.
Kom kyk eers hoe leef die mense hier - dan praat ons weer. As jy my vra is
daar nou meer mense wat swaarkry as jare terug.
BTW - my bediende leef so lekker want ek betaal haar so goed. Sy kry ook
gratis verblyf, kos en mediese uitgawes word deur my gedek. Weereens, kry
eers jou feite agtermekaar voordat jy vuisslaan.
Elaine
"@rogers.com" wrote:
>
> Sien, dis as mense soos jy so sit en praat dat mens net moeg
> word vir julle getjank. Ek het familielede in SA wat gesondheids-
> probleme het en in hospitale en klinieke behandel moet word,
> en sover ek kan sien, kry hulle uitstekende behandeling, net so
> goed of beter as wat ek hier in Ontario geniet. Ek weet dat daar
> hospitale in SA is waar dit nie so goed gaan nie, maar die private
> hospitale waarheen meeste witmense gaan, lyk dit vir my is nog
> sommer baie goed. En die mense wat so vrek van die honger -
> dis sekerlik nie die Annettes wat so by die wynproewerye en
> die kosfeeste kuier nie, of die Suidwesters wat vir my vertel hoe
> hulle morning noon and night net vleis eet nie. En as die mense
> nou so om jou doodgaan van die honger, hoekom het jou
> bediende en haar dogter dan selfone? Ek dink nie jy moet my
> tyd mors deur vir my 'n klomp snert te vertel nie. Die deursnee
> witmens lewe nog meestal in die land van melk en heuning (en
> dit nog met 'n bediende ingegooi) en baie swartes lewe ook nou
> beter as in die ou dae. As jy so bekommerd is oor die mense
> wat so krepeer van die honger, hoekom gee jy so baie geld
> uit om jou honde te voed. Skaam vir jou.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
>
|
|
|
|
| Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81018 is 'n antwoord op boodskap #81010] |
Vr., 25 Julie 2003 13:54   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Elaine" wrote in message
> Ek praat nie van privaat hospitale nie - ek praat van openbare hospitale.
Nou, my liewe Elaine, dan moet jy asseblief 'n bietjie meer
spesifiek wees en nie sulke wilde aantygings maak nie. En
ek kan jou verseker dat die openbare hospitale vir die man
in die straat wat nie kan betaal nie, in die ou dae nog erger
was. Jy het dit maar net nie gesien nie, want jy het mos lekker
in die apartheidslaer gesit. Daar was, onder die ou regime,
aparte wit regeringshospitale. Nou bestaan dit nie meer nie,
en jy sien watter ellende jou nie-blanke broers nog altyd
onder gely het. Maar nou kan swart mense wat genoeg geld
het soos jy, en wat privaat hospitale kan bekostig, ten minste
ook die goeie private hospitale geniet. En ek glo dat hulle
in SA ernstig is om die openbare hospitale ook te verbeter,
maar die kos massas geld en die ANC se fiskale beleid
is so konserwatief dat hulle omtrent net dinge doen wat hulle
weet hulle kan bekostig. En dis daarom dat jou belasting nou
minder is as gedurende die ou regime. So, my liewe Elaine,
hoekom sit jy so en kla. Jy sit nog altyd in die land van melk
en heuning. Wees bly dat jy nie in die see in gejaag is nie,
waar jy tussen die duiwel en die diep blou see moes swem.
Tant Hessie van die Baai
|
|
|
|
| Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81019 is 'n antwoord op boodskap #80953] |
Vr., 25 Julie 2003 13:57   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Tante jou siel is blootgelê aan almal om te sien! Jy praat twak in die
ergste graad. Maar laat ons terugkom. Regverdig vir my die gevolge van
die vryheidstryd op die ANC se eie mense. Sê jy vir ons hier kategories
dat jy reken geweld op en misbruik van jou eie mense toelaatbaar is vir die
politieke doelwitte wat jy wil bereik. Dis die enigste manier waarop jy
geloofwaardigheid kan behou!
O, en ou dier, iets baie belangrik wat jy mis in jou argumente oor wie
nou eintlik 'die stryd' gewen het, mis jy een baie belangrike puntjie. Die
SA regering het vir baie jare gestoei met die probleem van hoe om sinvol mag
te DEEL met 'n groeiende meerderheid swart mense.
"@rogers.com" wrote in message news:a8UTa.66695$zwL.10456@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Suidwester" wrote in message
>
>> Sekerlik ja, politieke en sosiale druk is uitgeoefen op die publiek van
>> SA om hulle meer toeganklik te maak vir 'n volle demokratiese verkiesing.
>> Dit kon jy sien aan die stemme wat begin opgaan het van mense wat kla oor
>> 'kinders van SA' wat dan nou weer sou sterf op die grens, ens. Feit bly
>> egter staan, dat die ou regering en sy weermag, ten volle in beheer van die
>> land was. Die geweld wat daar was, het hulle vasgepen hoofsaaklik in die
>> opstanders se eie gebiede en as hulle enigsins bereid was om 'sake so 'n
>> bietjie aan te help', het jy en die ANC vandag vele minder kiesers gehad!
>
> Hoekom vind jy dit nodig om hierdie soort gepraat oor en
> oor te herhaal. Wat bewys dit wat " jou" standpunt regverdig en
> " my" standpunt veroordeel. Feit bly: die regime wat apartheid
> voorgestaan het, moes swig voor die nuwe bestel. Die pogings
> om 'n bestel te skep wat nog politieke mag in die hande van wit
> groepe sou laat, het gefaal. Morele denke het gewen. SA is vandag
> baie beter af as tien jaar gelede. Dit het 'n verantwoordelike
> fiskale beleid, anders as die sosiaal-ekonomiese konkelwerk van
> die apartheidsregime. Daar is geen gevegte in die strate nie.
> Die soldate van SA word oral gestuur in Afrika om " peace-
> keeping" te doen. (Net jammer dat sommige van die soldate
> met Afrikaanse name so skande maak in die Kongo.)
>
> Tant Hessie van Windhoek
>
|
|
|
|
| Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81020 is 'n antwoord op boodskap #80972] |
Vr., 25 Julie 2003 13:59   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Hie-hie-haaa-haa! So van onder uit die bed uit kan die antie darem vir jou
lekker blaf en probeer byt, maar haar ou tanne is stomp. Sy pruim nog net
en wens sy't mense gehad by sie sy kon aanklank vind......maar nou het sy
hulle verraai!
"@rogers.com" wrote in message
news:qaYTa.35083$Ii1.12082@news02.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Elaine" wrote in message
> .
>> En jy praat natuurlik uit persoonlike ondervinding nê?
>
> En van wanneer af is " persoonlike ondervinding" nou die
> enigste maatstaf van wat aan die gang is. Die feit dat jy in
> SA gesit het en nou nog sit, maak nie van jou 'n outoriteit
> oor dinge nie. Ek, byvoorbeeld, versorg my Afrikaans
> baie beter as jy, en ek sit in Kanada. Ek, anders as jy,
> het ondervinding van watter gruwelikhede die ou regime
> aangevang het, en hoeveel meer suksesvol die nuwe
> regime is in hulle fiskale balansering van die ekonomie.
> Want ek is baie seker dat ek meer oor SA daagliks lees,
> beide van die nuusblaaie wat dink dat die SA regering
> goeie werk doen, en daardie koerante wat hulle kritiseer.
> Al sit ek in Kanada, is daar oud-studente van my op
> die regbank en in die kabinet en aan die hoof van
> opvoedkundige instansies. Ek het dus, op die keper
> beskou, 'n groter aandeel aan wat in SA aangaan, as
> jy wat lyk my jou jollies voor die TV se fluff programme
> sit en vind. So hou op om vir my te preek oor die feit
> dat ek nie in SA is nie, en dus nie " kan praat" nie.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
>
|
|
|
|
| Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81021 is 'n antwoord op boodskap #80984] |
Vr., 25 Julie 2003 14:13   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ou antie, as ek heel dag vleis eet, wat het dit met jou of enigiemand anders
te doen? Sekerlik is dit so, maar ek werk vir my geld 'n klomp ure elke
dag en ek sien geen enkele rede hoekom ek vir jou 'politieke kinders' moet
geld gee sodat hulle minder honger moet wees nie. Hóéveel jy uit voeling
is met Afrika is in dié poging van jou om mense te byt, vervat. Na
onafhanklikheid is beide Namibië en SA se publieke dienste besig om
skokkende verwaarlosing te ervaar. Wat sal 'n eenogige soos jy ooit kan
oortuig? Feite soos dat jy jou eie beddegoed an die staatshospitale toe
moet vat? Dat die polisiemag erken dat hulle nie meer kan plan maak met
die misdaad nie en dat groter plekke soos Windhoek begin met 'n eie
Munisipale polisiemag? In kleiner dorpe doen die dorp se sekuriteitsfirmas
meestal van die polisie se werk want die het nie voertuie nie. Wat van
die algemene vuil toestand van publieke geboue? So kan ons aangaan en
aangaan.......
Oor een ding is jy egter reg. Die blanke besigheidsmense leef in 'n
land van melk en heuning [as jy nou by die misdaad verby kan kyk!]. En
hoekom nie? Dit is mos vir enige mens om te besluit of hy vir 'n baas wil
werk of nie? En met al daai geld wat ek maak, as ek eerder vir my honde
kos wil gee, sal ek dit doen en niemand gaan vir my vertel ek moet dit vir
een van 'jou' honger kinders gee nie. Hoekom moet ek? Julle eie nuwe
regering doen dit dan nie? Ons volg mos net julle voorbeeld?
"@rogers.com" wrote in message
news:lc%Ta.37192$Ii1.5632@news02.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Elaine" wrote in message
>
> ons hospitale
>> het nie eers basiese behoeftighede soos ontsmetmiddels nie
> ons mense vrek van die honger
>
> Sien, dis as mense soos jy so sit en praat dat mens net moeg
> word vir julle getjank. Ek het familielede in SA wat gesondheids-
> probleme het en in hospitale en klinieke behandel moet word,
> en sover ek kan sien, kry hulle uitstekende behandeling, net so
> goed of beter as wat ek hier in Ontario geniet. Ek weet dat daar
> hospitale in SA is waar dit nie so goed gaan nie, maar die private
> hospitale waarheen meeste witmense gaan, lyk dit vir my is nog
> sommer baie goed. En die mense wat so vrek van die honger -
> dis sekerlik nie die Annettes wat so by die wynproewerye en
> die kosfeeste kuier nie, of die Suidwesters wat vir my vertel hoe
> hulle morning noon and night net vleis eet nie. En as die mense
> nou so om jou doodgaan van die honger, hoekom het jou
> bediende en haar dogter dan selfone? Ek dink nie jy moet my
> tyd mors deur vir my 'n klomp snert te vertel nie. Die deursnee
> witmens lewe nog meestal in die land van melk en heuning (en
> dit nog met 'n bediende ingegooi) en baie swartes lewe ook nou
> beter as in die ou dae. As jy so bekommerd is oor die mense
> wat so krepeer van die honger, hoekom gee jy so baie geld
> uit om jou honde te voed. Skaam vir jou.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
>
|
|
|
|
| Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81024 is 'n antwoord op boodskap #81018] |
Vr., 25 Julie 2003 14:51   |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ja antie....
"@rogers.com" wrote:
>
> Nou, my liewe Elaine, dan moet jy asseblief 'n bietjie meer
> spesifiek wees en nie sulke wilde aantygings maak nie. En
> ek kan jou verseker dat die openbare hospitale vir die man
> in die straat wat nie kan betaal nie, in die ou dae nog erger
> was. Jy het dit maar net nie gesien nie, want jy het mos lekker
> in die apartheidslaer gesit. Daar was, onder die ou regime,
> aparte wit regeringshospitale. Nou bestaan dit nie meer nie,
> en jy sien watter ellende jou nie-blanke broers nog altyd
> onder gely het. Maar nou kan swart mense wat genoeg geld
> het soos jy, en wat privaat hospitale kan bekostig, ten minste
> ook die goeie private hospitale geniet. En ek glo dat hulle
> in SA ernstig is om die openbare hospitale ook te verbeter,
> maar die kos massas geld en die ANC se fiskale beleid
> is so konserwatief dat hulle omtrent net dinge doen wat hulle
> weet hulle kan bekostig. En dis daarom dat jou belasting nou
> minder is as gedurende die ou regime. So, my liewe Elaine,
> hoekom sit jy so en kla. Jy sit nog altyd in die land van melk
> en heuning. Wees bly dat jy nie in die see in gejaag is nie,
> waar jy tussen die duiwel en die diep blou see moes swem.
>
> Tant Hessie van die Baai
>
|
|
|
|
| Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81026 is 'n antwoord op boodskap #81021] |
Vr., 25 Julie 2003 15:05   |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek het nou net gesit en wonder of die Antie vir haar kinders minder of
"slegter" kos sou gee sodat sy liewer vir iemand anders se honger "kind" kan
kos gee. Die antwoord is natuurlik nee. My honde is my kinders en daarom
kry hulle die beste wat ek kan bekostig. In ruil vergun hulle my hul
"blinde" liefde, eindelose plesier, 'n lekker "cuddle" op die bed, 'n
asempie om vas te hou wanneer ek 'n "scary movie" kyk, "geselskap" wanneer
ek alleen is en 'n skouertjie om op te huil as ek af voel. Ek wil nog sien
of ek dieselfde tipe dankbaarheid sal kry van 'n bedelaar op straat. Wat in
elk geval die kos wat ek gee weggooi, want hulle soek gewoonlik geld vir
"spirits" of 'n papsak. Ek sien mos hoe gooi hulle die brood of die vrugte
wat ek vir hulle gee weg wanneer hulle dink ek kyk nie. Nee, as jy iets vir
hulle doen kry jy net stank vir dank. En more kom pla hulle jou net weer
vir nog, en nog, en nog totdat jy lus kry om te skree van frustrasie.
E
"Suidwester" wrote:
En met al daai geld wat ek maak, as ek eerder vir my honde
> kos wil gee, sal ek dit doen en niemand gaan vir my vertel ek moet dit vir
> een van 'jou' honger kinders gee nie. Hoekom moet ek? Julle eie nuwe
> regering doen dit dan nie? Ons volg mos net julle voorbeeld?
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81033 is 'n antwoord op boodskap #81026] |
Vr., 25 Julie 2003 15:37   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Dit laat my 'n klompie jare terugdink so middelin die woeste stryd van
onafhanklikheid en groepe mense wat mekaar se strooi probeer verstaan. Ek
het toe 'n bruin ou geken by 'n plek en hy waag toe om vir my te vra wat ek
sal doen as ek nog een stuk vleis oorhet en hy is daar en my hond is daar.
Vir wie sal ek die vleis gee? Hy was baie geskok toe ek vir hom vertel dat
die hond dit gaan kry......hy kon om die dooie dood nie verstaan dat die
hond MY hond is en hy nie my vernatwoordelikheid is nie. Maar ons leer
soos die jare verbygaan......terwyl die lafaards in die sneeu en die VSA
wegkruip!
"Elaine" skryf in boodskap news:3f214724$0$231@hades.is.co.za...
> Ek het nou net gesit en wonder of die Antie vir haar kinders minder of
> "slegter" kos sou gee sodat sy liewer vir iemand anders se honger "kind" kan
> kos gee. Die antwoord is natuurlik nee. My honde is my kinders en daarom
> kry hulle die beste wat ek kan bekostig. In ruil vergun hulle my hul
> "blinde" liefde, eindelose plesier, 'n lekker "cuddle" op die bed, 'n
> asempie om vas te hou wanneer ek 'n "scary movie" kyk, "geselskap" wanneer
> ek alleen is en 'n skouertjie om op te huil as ek af voel. Ek wil nog sien
> of ek dieselfde tipe dankbaarheid sal kry van 'n bedelaar op straat. Wat in
> elk geval die kos wat ek gee weggooi, want hulle soek gewoonlik geld vir
> "spirits" of 'n papsak. Ek sien mos hoe gooi hulle die brood of die vrugte
> wat ek vir hulle gee weg wanneer hulle dink ek kyk nie. Nee, as jy iets vir
> hulle doen kry jy net stank vir dank. En more kom pla hulle jou net weer
> vir nog, en nog, en nog totdat jy lus kry om te skree van frustrasie.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote:
>
> En met al daai geld wat ek maak, as ek eerder vir my honde
>> kos wil gee, sal ek dit doen en niemand gaan vir my vertel ek moet dit vir
>> een van 'jou' honger kinders gee nie. Hoekom moet ek? Julle eie nuwe
>> regering doen dit dan nie? Ons volg mos net julle voorbeeld?
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81210 is 'n antwoord op boodskap #81096] |
Ma., 28 Julie 2003 07:16   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Maar my antie, jy's die een wat nie lekker lees nie......of verstaan nie!
Om in 'n oorlog betrokke te wees, moet jy formeel oorlog verklaar. Dit het
die ANC nooit gedoen nie en was daarom as sulks 'n terrroristiese
organisasie. En hulle het dinge gedoen wat terroriste doen! Bomme
geplant en sy eie werkers op die grond geterroriseer sodat hulle druk op die
bestaande stelsel sal plaas. Ek kan onmoontlik nie die syfers onthou nie,
maar in daardie jare het ons weekliks gekyk na die syfers van wat in SA aan
die gang was en een ding kan ek jou verseker, daar het veel minder swart
mense aan die hand van die SA weermag en die polieise gesterf as aan eie
swart hand. Soos ek jou gesê het, die ANC het nie oorlog verklaar nie en
daarom kon die weermag nie uitgaan en hulle in hulle moer in blaas nie.
Hulle moes wag vir 'n aanval en net in reaksie optree.
Dit sal jou duidelik verstom, maar die gemiddelde swart mense en blanke
mense het net een ding ten doele, en dit is om vreedsaam en sinvol te lewe.
Vir baie van die swart mense wat in daardie tyd verkies het om eerder
passief te wees en werk toe te gaan om geld te verdien om so vir sy kinders
'n opvoeding te gee [sekerlik die primôre verantwoordelikheid van enige
ouer?] moes hulle eerder maak soos wat julle spul voorskryf. Ter wille van
die politiek moes hulle hul kinders se lewe en opvoeding opoffer vir 'n
groep mense wat op die ou end net hard sit en lag dat mense so stupid kan
wees. Vandag skep hulle diep en die miljoene jong swart mense vir wie
misdaad die enigste uitweg is, hou julle by verby! Hoekom? HULLE IS
DIE DIREKTE GEVOLGE VAN JULLE DADE!! Nou sê jy met jou gediggie-brein
vir my dat julle het hulle nie doodgemaak nie, maar wat anders doen jy met
'n mens wat jy heeltemal toekomsloos gelaat het? Nee, julle bliksems vlug
mos die land uit en ons sit met die gevolge............
"@rogers.com" wrote in message
news:X3vUa.49780$vz%.28501@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Suidwester" wrote in message
> .
> Hordes en hordes swart
>> mense is deur swart mense vermoor 'omdat hulle saam met die wit man
> gepraat
>> het'.
>
>
> Nog 'n produk van die geskiedenis-herskryf-industrie is om te praat
> van die " hordes" mense wat deur die ANC vermoor is "omdat hulle
> met die witman saamgewerk" het. Daar was natuurlik wel sulke
> gevalle, waar dit duidelik was dat swart mense hulleself vir 'n pot
> lensiesop verkoop het. Maar daar was nooit hordes en hordes nie.
> In 'n burgeroorlog sneuwel mense. In die Boere-oorlog was daar
> ook baie mense wat met die Engelse saamgewerk het, en van
> hulle is met die dood gestraf. Nee wat, ou Suidwester, jy kan maar
> ophou om die ANC te probeer demoniseer. Al julle ouens wat so
> gesit en stik het tien jaar gelede en al die voorspellings gemaak het
> van hoe die " kommuniste" die land in die afgrond sou laat duiwel,
> julle moet nou julle woorde sluk.
>
> Tant Hessie van die Nossob
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81233 is 'n antwoord op boodskap #81223] |
Ma., 28 Julie 2003 11:49   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Elaine, in vandag se Huisgenoot se brieweblad het 'n dame die volgende te
vertel.
Sy was glo na jare se getroude lewe siek en sat vir die ou huwelikstakies en
so twee maal per maand was vir haar meer as genoeg.
Toe, op 'n dag besluit sy om stil te bly, oë toe te knyp, en elke dag ten
minste eenmaal vir manlief toe te laat om sy luste te bevredig.
Nou beweer sy hy is skielik 'n ander mens - hy het nou goed reggemaak
waaroor sy al 'n jaar tevore oor gekla het, hy help nou die eerste keer met
skottelgoed, bed opmaak, en neem haar selfs uit vir romantiese etes. Hy het
glo ook die eerste maal in 30 jaar vir haar 'n blomplant present gegee. Sy
beweer sy kry nou net wat haar hart begeer deur net elke dag vir so 5 minute
op die meeste stil te lê met haar oë toe.
Nou - mens kan hieruit 'n hele boel afleidings maak:
Van hulle kan wees:
1) Jy vry nie met jou oë toe nie:))
2) Manlief sal nie die foute raaksien as hy sonder steen des aanstoots sy
dingetjie kan doen nie:)
3) Mens kan redeneer dat daar nie 'n verskil is wat die dame doen en wat 'n
prostituut doen nie.
4) Mans is inderdaad eenvoudige wesens met baie basiese behoeftes.
Annette
"Elaine" wrote in message
news:3f24ffcf$0$230@hades.is.co.za...
> Weens besigheid is my man gereeld van die huis af weg - dis hoekom hy vir my
> die honde gekry het. My man geniet ook nie rillers nie, maar my Chow gee
> nie om, om langs my op die bank te lê as ek dit kyk nie (ek's mal oor
> horrors). My man is ook nie baie lief daarvoor om "bal" te speel nie, hy sê
> dis onhigiënies om met 'n bal in jou mond rond te hardloop. Ons het al baie
> daaroor baklei. En geen mens se liefde is blind nie. Hulle vind altyd
> fout, al is dit net met jou nuwe haarstyl. My honde vind nooit fout met my
> nie, hulle gee nie om hoe my hare lyk of watse klere ek aanhet en of ek
> stink nie...
>
> E
>
> "@rogers.com" wrote:
>>
>> Dierbaarheid. My man vervul hierdie funksies
>> in my lewe.
>>
>> Tant Hessie
>>
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81245 is 'n antwoord op boodskap #81241] |
Ma., 28 Julie 2003 12:43   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Beloon hom elke keer as hy nie vir jou iets koop nie;))
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3f251619$0$225@hades.is.co.za...
> Dit werk nie vir my man nie :-)) Maar hy't nog altyd gehelp met die
> huistakies, en hy dra gereeld tjoklits aan. Nou sit ek met die probleem dat
> ek vinnig besig is om gewig aan te sit. Hoe sê ek nou vir die ou dier hy
> kan nie meer vir my sweets koop nie?
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:bg33gq$k0ja1$3@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>> Elaine, in vandag se Huisgenoot se brieweblad het 'n dame die volgende te
>> vertel.
>> Sy was glo na jare se getroude lewe siek en sat vir die ou huwelikstakies en
>> so twee maal per maand was vir haar meer as genoeg.
>> Toe, op 'n dag besluit sy om stil te bly, oë toe te knyp, en elke dag ten
>> minste eenmaal vir manlief toe te laat om sy luste te bevredig.
>> Nou beweer sy hy is skielik 'n ander mens - hy het nou goed reggemaak
>> waaroor sy al 'n jaar tevore oor gekla het, hy help nou die eerste keer met
>> skottelgoed, bed opmaak, en neem haar selfs uit vir romantiese etes. Hy het
>> glo ook die eerste maal in 30 jaar vir haar 'n blomplant present gegee. Sy
>> beweer sy kry nou net wat haar hart begeer deur net elke dag vir so 5 minute
>> op die meeste stil te lê met haar oë toe.
>> Nou - mens kan hieruit 'n hele boel afleidings maak:
>> Van hulle kan wees:
>> 1) Jy vry nie met jou oë toe nie:))
>> 2) Manlief sal nie die foute raaksien as hy sonder steen des aanstoots sy
>> dingetjie kan doen nie:)
>> 3) Mens kan redeneer dat daar nie 'n verskil is wat die dame doen en wat 'n
>> prostituut doen nie.
>> 4) Mans is inderdaad eenvoudige wesens met baie basiese behoeftes.
>>
>> Annette
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81249 is 'n antwoord op boodskap #81248] |
Ma., 28 Julie 2003 13:05   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sed bat troe antie.
Hulle was terroriste in Suidwes en Angola.
Hier in SA het hulle probeer beskerm wat hulle dog beskerm behoort te word.
Annette
"@rogers.com" wrote in message
news:nb9Va.74028$vz%.56878@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Suidwester" wrote in message
>
>> Om in 'n oorlog betrokke te wees, moet jy formeel oorlog verklaar. Dit het
>> die ANC nooit gedoen nie en was daarom as sulks 'n terrroristiese
>> organisasie.
>
> O, nou verstaan ek. Ek ANC het nooit formeel oorlog
> verklaar nie, en was dus daarom 'n terroriste-organisasie.
> Dus, met dieselfde soort argument, was die apartheids-
> regering oor 'n terroriste-organisasie, want hulle het ook
> nooit formeel oorlog verklaar nie.
>
> Tant Hessie van die Spergebied.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81307 is 'n antwoord op boodskap #81248] |
Di., 29 Julie 2003 07:09   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Nee, duidelik verstaan jy juis nie, antie! Die SA regering was 'n wettige
regering met 'n verkeerde beleid, maar tot 'n wêrelderkende regering.
Anders as wat Annette hieronder probeer sê, was hulle net so wettig in SWA
gewees want hulle was die houers van die mandaat oor die gebied. Dit kom
weer terug na ons storie toe.....as jy 'n wettige regering aanval sonder om
oorlog te verklaar, dan is jy 'n terroris. Aan jou kant van die tafel mag
dit slim lyk, want dan kan die regering wat geterroriseer word nie voortgaan
en die sakie vinnig klaarmaak nie.....maar van die anderkant af word dit
beskou as lafhartigheid om te bang te wees om die manne aan te vat en eerder
vrouens en kinders op te blaas.
"@rogers.com" wrote in message
news:nb9Va.74028$vz%.56878@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Suidwester" wrote in message
>
>> Om in 'n oorlog betrokke te wees, moet jy formeel oorlog verklaar. Dit het
>> die ANC nooit gedoen nie en was daarom as sulks 'n terrroristiese
>> organisasie.
>
> O, nou verstaan ek. Ek ANC het nooit formeel oorlog
> verklaar nie, en was dus daarom 'n terroriste-organisasie.
> Dus, met dieselfde soort argument, was die apartheids-
> regering oor 'n terroriste-organisasie, want hulle het ook
> nooit formeel oorlog verklaar nie.
>
> Tant Hessie van die Spergebied.
>
|
|
|
|
| Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81309 is 'n antwoord op boodskap #81255] |
Di., 29 Julie 2003 07:33   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Haai ou vrou, ek verveel jou so dat jy amper 'n boek gorrel en enkele
gevalle uittrek. Wat jy beskryf is kleingeld teenoor dit wat in die
townships aan die gang was.....swart man op swart man! Jy baseer jou
syfers op die koerante, maaar glo my vry, die koerante kon net skryf wat
militêre en nasionale intelligensie aan hulle verskaf het. Die syfers
waarvan ek praat, kom uit die perd se bek uit. Hieronder in jou tierade
tjank jy oor Biko wat papgeslaan is, maar hoe vergelyk jy dit met 'n
straatbom wat tientalle onskuldige mense doodmaak? Jy sit met jou
protespamflette uit die verlede en droom nog duidelik in die hede, want een
ding verstaan jy nie so lekker nie: Die SA regering het nie net teenoor
die blankes van die land 'n beskermingstaak gehad nie. As 'n bom geplant
word, of iemand word verkool met 'n motorband, word die skuldiges
gesoek.....snaaks dat dit altyd lede van die ANC was en Biko ook! Jy sit
mos op die kantlyn en kekkel, maar jy't geen idee hoe voel dit om na die
stukkende lywe van onskuldige mense te staan en kyk nie en dan sien jy die
ou wat dit gedoen het.....selfbeheersing op sy uiterste graad! En ja, die
weermag het in biede Botswana en Swziland opgetree....maar vra vir jou pêl
bietjie van hulle ANC aliansie en wat hulle gedoen het om die ANC se
deurgang na SA te ondersteun. Dalk sou sy lekkerder kon geslaap het?
"@rogers.com" wrote in message
news:Gk9Va.74075$vz%.28794@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Suidwester" wrote in message
>
>> maar in daardie jare het ons weekliks gekyk na die syfers van wat in SA aan
>> die gang was en een ding kan ek jou verseker, daar het veel minder swart
>> mense aan die hand van die SA weermag en die polieise gesterf as aan eie
>> swart hand.
>
> Moenie my verveel met jou opgekookte argumente nie. Jy kon nie
> weet hoeveel swartmense daar gesterf het aan die hand van swart
> mense nie, want dis nie in die koerante genoem nie. Net soos jy ook
> nie kon weet hoeveel swartmense aan die hand van die wit apartheids-
> masjinerie gesterf het nie. Omdat jy dit ook nie in die koerante gelees
> het nie. Het jy geweet van die mense wie se lyke op Vlakplaas opgesny
> en verbrand is. Het jy geweet van Biko wat papgeslaan is in PE en
> toe opgery is na Pretoria om daar in 'n tronk te sterf. Het jy geweet van
> al die swartmense wat in nagtelike aanvalle vermoor is deur die
> sogenaamde veiligheidsmagte, nie net in SA nie, maar ook in Swaziland
> en Botswana en wie weet waar ook. Ek ken 'n vrou hier in Ottawa wat
> vir jou kan vertel hoe sy in Swaziland in die middel van die nag wakker-
> gemaak was deur mense wat die voordeur van die huis waarin sy gebly
> het, inskop. 'n Klomp mans met duidelike Afrikaner-aksente is met
> gewere deur die huis en het een of twee van die bewoners doodgeskiet.
> Tot vandag toe weet sy nie hoekom daardie mense dood is nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
| Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81313 is 'n antwoord op boodskap #81307] |
Di., 29 Julie 2003 08:19   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hei!! Stadig met die oumens - moet nie haar drome vernietig nie. Dis elke
mens se voorreg om gelukkig te kan sterf.
Annette
"Suidwester" wrote in message
news:3f262373.0@news1.mweb.co.za...
> Nee, duidelik verstaan jy juis nie, antie! Die SA regering was 'n wettige
> regering met 'n verkeerde beleid, maar tot 'n wêrelderkende regering.
> Anders as wat Annette hieronder probeer sê, was hulle net so wettig in SWA
> gewees want hulle was die houers van die mandaat oor die gebied. Dit kom
> weer terug na ons storie toe.....as jy 'n wettige regering aanval sonder om
> oorlog te verklaar, dan is jy 'n terroris. Aan jou kant van die tafel mag
> dit slim lyk, want dan kan die regering wat geterroriseer word nie voortgaan
> en die sakie vinnig klaarmaak nie.....maar van die anderkant af word dit
> beskou as lafhartigheid om te bang te wees om die manne aan te vat en eerder
> vrouens en kinders op te blaas.
> "@rogers.com" wrote in message
> news:nb9Va.74028$vz%.56878@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>>
>>> Om in 'n oorlog betrokke te wees, moet jy formeel oorlog verklaar. Dit het
>>> die ANC nooit gedoen nie en was daarom as sulks 'n terrroristiese
>>> organisasie.
>>
>> O, nou verstaan ek. Ek ANC het nooit formeel oorlog
>> verklaar nie, en was dus daarom 'n terroriste-organisasie.
>> Dus, met dieselfde soort argument, was die apartheids-
>> regering oor 'n terroriste-organisasie, want hulle het ook
>> nooit formeel oorlog verklaar nie.
>>
>> Tant Hessie van die Spergebied.
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81362 is 'n antwoord op boodskap #81352] |
Di., 29 Julie 2003 14:55   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
En jy my ou antie, moet leer om dinge dieper te onderskei. Sekerlik was
die politieke beleid van die SA regering aan die verloorkant want die een of
ander tyd sou daar moes oorgegaan geword na 'n een-man-een-stemsituasie.
Maar dis ook waar die weermag aan die wenkant was. Daar was geen manier
waarop die ANC 'n direkte gewapende stryd kon wen met die SA weermag nie en
'n burgeroorlog was nie die oogpunt van die ou regering nie, maar dit het
genoeg tyd gekoop vir die politici om 'n sinvolle en amper geweldlose
oorgang van mag te bewerkstellig. Daardeur is twee dinge bereik, naamlik
'n bloedlose magsdeling en die ANC is die geleentheid ontsê om in die
eforiese waas van ''n militêre oorwinning' die land in te wals en te dink
hulle kan dalk nou die witmense gas gee. Dit sou natuurlik dieslefde
gevolge as 'n burgeroorlog gehad het want omtrent elke blanke man in SA had
weermagopleiding en was paraat. Bloed sou strome dik geloop
het..........nou nie dat jy sou omgee nie, ou vrou, want jy sit en Kanada en
jy keur geweld as dit jou pas mos goed!
O. Onthou van die Sperrgebiet. Hou op steel by ander.
"@rogers.com" wrote in message
news:zFuVa.1118$rsJ.993@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
>
> "Suidwester" wrote in message
>
> Wat jy beskryf is kleingeld teenoor dit wat in die
>> townships aan die gang was.....swart man op swart man! Jy baseer jou
>> syfers op die koerante, maaar glo my vry, die koerante kon net skryf wat
>> militêre en nasionale intelligensie aan hulle verskaf het.
>
> As mens aan die verloorkant van 'n saak is, dan is dit seker
> natuurlik om te probeer verskonings soek en die anderkant
> te beswadder soveel jy kan. Dis wat die Engelse in die
> Boere-oorlog gedoen het om hulle slegte beleid teen die
> Boere te probeer regverdig. Jy ken egter duidelik nie
> teveel van die gedokumenteerde feite uit die laat tagtiger-
> jare nie. Selfs die Goldstone kommissie (wat aangestel
> is deur die De Klerk-regering en waar een van die lede
> van die Kommissie 'n familielid van my was) het bevind dat
> daar elemente in die regime self was wat swart oorlopers
> gewerf en gefinansieer het om moord en verwoesting te
> saai, soos die geskietery op die treine, wat ooglopend deur
> swart manne gedoen was, maar mense was wat betaal was
> deur wit geld.
>
> Tant Hessie van die Spergebied.
>
|
|
|
|
| Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81366 is 'n antwoord op boodskap #81307] |
Di., 29 Julie 2003 19:11   |
Raj
Boodskappe: 590 Geregistreer: Mei 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" skryf in boodskap news:3f262373.0@news1.mweb.co.za...
> Dit kom
> weer terug na ons storie toe.....as jy 'n wettige regering aanval sonder om
> oorlog te verklaar, dan is jy 'n terroris. Aan jou kant van die tafel mag
> dit slim lyk, want dan kan die regering wat geterroriseer word nie voortgaan
> en die sakie vinnig klaarmaak nie.....maar van die anderkant af word dit
> beskou as lafhartigheid om te bang te wees om die manne aan te vat en eerder
> vrouens en kinders op te blaas.
As almal hierdie redenasie gevolg het het die koloniale magte nog die hele
wereld besit.'n Groep mense in 'n gevoelige posisie kan nie oorlog verklaar
teen 'n gesofistikeerde weermag nie, hulle sal uitgewis word (soos jy weet).
Die eerste en tweede fases van die Boere oorlog bewys dit: die Engelse het
die eerste fase, die konvensionele oorlog, blitsvinnig gewen. Die tweede
guerilla fase het hulle met groot moeite gewen. Nou stel jou nou voor,
gedurende hierdie tweede fase, as dit moontlik was vir die Boere om hulle in
Engeland by te kom.... Dis nie 'n kwessie van bang wees om die manne aan te
vat nie.
Hier naby Camden Mark staan daar altyd 'n klomp mense van Tibet wat
pamflette uitdeel oor hoe die Sjinese hulle land gevat het, watter onreg dit
is, ens. Mense het nie baie tyd vir hulle nie, hulle word gewoonlik aangese
om te "gaan baklei" vir hulle land. Ek glo nie die mense wat dit se bedoel
hulle moet oorlog verklaar teen Sjina nie...
"Suidwester" skryf in boodskap news:3f24ce60.0@news1.mweb.co.za...
> Ter wille van
> die politiek moes hulle hul kinders se lewe en opvoeding opoffer
Daar is altyd ten minste een verlore generasie in 'n vryheids stryd; dit
word gewoonlik aanvaar dat een (of meer) geslagte geoffer moet word, en dit
was nog altyd so. As jy van 'n ander manier weet, is daar 'n hele paar mense
in die wereld wat baie graag van jou sal wil hoor:-)
Lorinda
|
|
|
|
|
|
| Bladsye (3): [ 2 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 17:30:31 UTC 2026
|