Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Iedools - 2
Iedools - 2 [boodskap #81215] Ma, 28 Julie 2003 08:44
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
En daar word ek toe gisteraand verras - hierdie tweede groepie sing toe
almal goed, en die twee wat dit gaan maak is die gelukkiges.
Ek wonder net hoeveel sê die arme kinders het in die keuse wat hulle wil
sing - want verlede week het iemand iets gesing wat hy erken hy nog nooit
gehoor het nie, en hierdie week weer het van hulle liedjies gekies wat nie
hul stem heeltemal pas nie.
Sekerlik tog, as my toekoms daarvan afhang, sal ek iets sing wat ek goed ken
en wat ek weet my stem heeltemal sal pas.
Hoe op aarde kan iemand iets kies om te sing wat hy/sy weet nie heeltyd in
dieselfde toonaard gesing kan word nie.

Barry Ronge se beskrywing gister van Idols in Sunday Times was skreeusnaaks.

Annette
Vorige onderwerp: Afrikaans Volkslied
Volgende onderwerp: TJ - Help asb
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 16:40:10 MGT 2024