Nelson in 'n glaskas [boodskap #81072] |
Sat, 26 July 2003 08:07  |
Henri
Boodskappe: 69 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ek kan nie verstaan wat so spesiaal aan Nelson Mandela is nie. Vandag skryf
hulle in die Volksblad dat sy lyk moontlik eendag vir die nageslag bewaar
gaan word. (In die Uniegebou of Voortrekker monument) Dis darem bietjie vêr
gevoer.
Verdien hy regtig al die eer wat hy kry?
|
|
|
|
|
|
Re: Nelson in 'n glaskas [boodskap #81094 is 'n antwoord op boodskap #81089] |
Sat, 26 July 2003 12:51   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Jonas" wrote in message
> Mens moet maar versigtig wees om nie te veel goddelike eienskappe aan die
> man toe te dig nie.
Wat met Nelson Mandela in die 21ste eeu gebeur, is wat met
Francis van Assissi en met Moeder Theresa en met Sint Christopher
gebeur het. Mense begin die " goddelike eienskap" in hierdie mense
sien (dit wat die Boeddhiste " buddha" noem) en dan begin die
mense dit wat hierdie mens simboliseer vereer in die mens as hy nog
lewe, en as hy dood is, word hy in die geval van die Katolieke kerk
gekanoniseer en word later as Saint (Heilige) verklaar. In die geval
van St. Francis word die oneindige deernis met die fenomenale wereld,
veral die diere, ge-eer wanneer ons aan St. Francis dink, en hom
probeer navolg. Ons maak nie van St. Francis 'n god nie, maar ons
vereer die goddelike in hom, die buddha in hom, die christus in hom.
In die geval van Mandela word die element van vergewensgesindheid
seker vereer.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Nelson in 'n glaskas [boodskap #81109 is 'n antwoord op boodskap #81108] |
Sat, 26 July 2003 14:38   |
Glücklich
Boodskappe: 271 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Heel lekker vandag gewees. So 'n ander ene sê vir my so ewe nou die dag:
> "Ja, as jy geweet het dit so koud word hier, sou jy seker tweemaal gedink
> het voor jy geimmigreer het." Toe dink ek maar so by myself, "Ag, asseblief
> antie, jy weet nie waarvan jy praat nie." Hemeltjie weet, daar's koue plekke
> in SA.
>
>
Hier in Florida sê ek weer, "Hel weet, as ek geweet het dis so warm hier
het ek twee keer gedink"
Maar soortgelyk soos jy sê, daar is darem warm plekke in SA
|
|
|
Re: Nelson in 'n glaskas [boodskap #81110 is 'n antwoord op boodskap #81108] |
Sat, 26 July 2003 14:40   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Henri" wrote:
> Heel lekker vandag gewees. So 'n ander ene sê vir my so ewe nou die dag:
> "Ja, as jy geweet het dit so koud word hier, sou jy seker tweemaal gedink
> het voor jy geimmigreer het." Toe dink ek maar so by myself, "Ag, asseblief
> antie, jy weet nie waarvan jy praat nie." Hemeltjie weet, daar's koue plekke
> in SA.
Net nou die dag was daar 'n bespreking van hoe koud dit op een of
ander dorp in SA word. Ongelukkig kan ek nou nie die naam van die
spesifieke plek onthou nie, maar die ouens het gesê dit word kouer
daar as selfs Minnesota hier in die VSA? Brrrrr, dit moet nogal vrek
koud wees, want ek neem aan dat die meeste huise in SA het mos nie
sentrale verhitting nie, dus VOEL mens die koue daar - anders as hier
in Amerika, en seker daar by julle ook? Weens ons huise se sentrale
verhitting/verkoeling stelsel, kom mens nie juis agter hoe koud of
warm dit werklik buite is nie.
Ekself verkies koue/sneeu weer enige tyd bo hierdie geweldige hitte en
uiters hoë humiditeit van Noord Amerika.
Maar wag, laat ek ophou babbel en die gras gaan sny. :-)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|